‘n Studie in Sies
deur Ann Boroway
O my fok, ek soen hom! Daardie gedagte crash deur jou brein wanneer hy sy tong in jou mond steek. Jy laat jouself nie veel meer toe op daardie stadium as bloot om ’n spectator te wees nie. Jy’s nie “in” dit nie. Nie wanneer hy sy hande oor jou skuur of vat-vat voordat jy jou oë toemaak nie. As daar nugterheid betrokke is, sien jy als in slow-motion gebeur soos ’n glas wat val. My brein was die commentator. “Jy soen hom. Daar’s tong. Dit hou steeds aan. Shit gaan iemand ons sien!” En stop.
Half “outomaties-opgewonde,” tog giddy, jags, skaam hou julle mekaar vas. “Jy moet jou skoene uittrek.” Ek’s langer in hoëhakke as hy. Ek besef ek het vir ’n oomblik myself net laat gaan. Geen beheer toegepas nie. Om ’n milli-sekonde daarna eerder ’n internal fight op te sit tussen my brein om stil te bly en myself toe te laat om die indringendheid daarvan te ervaar met my lyf.
Hy wil na my huis toe kom, môre.
Als in my sê dis te vinnig, nee, ok – so ek gaan dus nou ’n affair begin met ’n getroude man? Ek’s nie gemaklik met my huis nie. Ek weet nog nie of ek gemaklik is om ’n affair te begin nie. Ek gee ’n treë weg, nog een. Ek besef nou eers ek’s nat.
“Nie my huis nie, maar iewers fun. Dis dit. Ek’s gatvol vir kak. Ek wil fun hê.”
Afgespreek.
Sy skouers gee hom eerste weg. Ek volg sy arms tot by sy hande wat te ver en te groot by sy belt gehou word. Daai is ’n probleem. Ek begin lag. Hy druk sy hand in sy broek om “die probleem” minder opsigtelik te maak. Ek wil weet hoe de fok hy by my kantoor gaan uitloop sonder dat die mense (net buite my kantoor) nie om die paal van ’n penis moet loop nie. Hy kry dit reg met wat ek sweer ’n nuwe heupvervanging sou kort as sy jagsheid hom nie regop gehou het nie. Niemand sien iets nie.
Sy aftershave bly in my neus rondhang vir die res van die middag. Ek wou hierdie gehad het. Ek het die gedagte al ’n ruk lank entertain. Aanvanklik wil ek nie dink daaraan dink nie. Hoekom nie? ’n Sexy man vind my irresistible, wil my naai en ek voel sleg, want hy’s getroud.
Hoeveel huwelike is ’n duisend persent suiwer? Of eerder die geval van “daar was temptations, maar ek het volhard en met ’n horing “nee” gesê?” Ek het affairs verafsku. Nie net vir morele redes nie, maar omdat my pa en ma beide “oor die lyn” getrap het. Beide vir valid redes soos kommunikasie, druk, verwarring, selfs arrogansie en self-entitlement. Ek het die seer gesien en dit was ’n verdere confirmation vir morele waardes se campaign hoe verkeerd dit is want, kyk en voel hierdie seer. Kyk hoe lank vat dit om te herstel daarvan. Haar vernedering. Sy vernedering. Daai skouer-optrek-hande-in-die-lug-ja-dit-het-met-my-ook-gebeur-praatjies met jou vriende en familie. Maar al daardie redes is êrens connected met iets moreels. ’n Gesonde huwelik het gesonde kommunikasie. Dis nie net morele redes nie. Daar’s Big Brother, naamlik society ook. Dis ’n mengsel van die twee en als laat jou skuldig voel as jy nie die paal haal binne daardie konteks en limiete nie. Weens studies, weens geskiedenis, weens opvoeding, weens religie, basiese riglyne tot ’n gelukkige lewe wat aanvaarbaar is vir die groepe waaraan jy behoort. Getroude vrou, geskeide vrou, single ma, ongetroude vrou (en teen ’n sekere tyd, veral as jou hare kort is, dink mense jy is ’n closet lesbian na 30).
Die’s wat hul buite daardie groepe vind, kry name: Cougar, Slet, die Ander vrou, Golddigger of hul “persoonlikheid” word beskryf as “maklik”, “desperate”, “oop”. In kort – Nee.
In ’n wêreld wat hoofsaaklik vir die man ontwerp is, moet vrouens nie net dubbeld so hard werk om ernstig opgeneem te word, gerespekteer te word, nie net as “sag” en/of “moederlik” ervaar te word nie, hulle moet baie meer diskreet wees oor seks. Begeertes mag net moreel wees anders kry dit ’n naam.
Hy teks my later die aand: “Een soen kan als verander.”
Hy het geen idee hoe het dit verander nie! Ek dink aan daardie soen en ek weet ek kan beter. Ek probeer weer seks imagine met hom, maar dis reeds anders. Ek weet reeds hoe voel dit om jou oë toe te maak en alles wat jy dink jy weet in sy mond met jou tong rond te rol. Nog ’n vraag duik by my op. Gaan hierdie net oor seks gaan? Of some form of emotional support? Ek besef dadelik ek hoef dit nie te vra nie. Dit kan gaan waaroor dit moet gaan vir so lank dit ’n begeerte gaan wees. Sodra dit bereik is of nie bereik is nie of die chemistry fade of een of ander morele waarde skop in, sal dit stop. Ek het geen illusies oor ’n blywende verhouding nie. Inteendeel, ek vermoed dit kan dalk selfs net ’n one-time offer wees. Wie weet behalwe tyd en hormone?
Voel ek, ek verdien ’n affair vir een of ander rede of aandag of vleiende woorde? Nee. Ek wil dit eenvoudig net doen, want dis excitement en anders as wat ek nog ooit gedoen het en dis immoreel.
– O –
Dit syfer stadig in vanoggend, die woord – vandag. Shit. Sien, lekker grootbek, want kyk hoe lyk my boude. Dis steeds net velle. Egskeiding, is die beste dieët, maar dit vat flippin maande om mens se ass in iets te verander. Daar is al ’n ligte verbetering. Nogtans. Selfbewus. Immoreel en selfbewus. Ek besef ek kan hierdie net doen as ek alles gaan geniet of ek moet dit los. Ek besluit verder ek sal bietjie oefeninge ook geniet vanoggend..
Volgende op die lys van paniek – Die term “Skeer”. Ek weet nie. “Aan” of “Af” of daardie landingstrokie wat ek al op porn films gesien het? Ok tydens die proses gaan ek toe maar skeef en later net “Af”. Net beter so. Ek dink.
Ek besluit ook my huis is perfek. Ons ken mekaar al ’n paar jaar. Hy ken my eks en my dogter. I’m doing this. Met ’n tikkie doubt. Ek gee die tyd en plek. Deal. Eers ietsie drink, dan my huis.
Dit vat tyd om die rok te kies. Nie sletterig nie, maaaaaar… Wat sê jy met daardie eerste jy-weet-afspraak? Of eerder hoe? Ek kies dadelik my ligte pienk kort rok wat ek nog nooit aangehad het nie, omdat ek nog nooit die guts gehad het nie. Ligte pienk. Die onskuld vanself. En dit was vir ’n rukkie ook so. Hy wag reeds vir my met ’n bottel Rose.
Wanneer dit oor werk gaan het jy my volle aandag. Altyd. Die projek is belangrik en iets wat ek al lankal wou doen. Dis die ooreenkoms tussen my en hom. Ons is beide creators in dit wat ons doen as ’n inkomste. Daar’s ’n passie. Hierdie projek is no games. Hy noem heel toevallig iets wat my credo is. Dit kom neer op dit werk=hard=speel. Dis nodig om dit te sê vir mekaar wanneer julle nou saam gaan werk en dinge verander. Ons klink ons glasies. Werk afgehandel.
Ons praat hier en daar oor frustrasies tussen hom en sy vrou. Vandat ek hulle ken was hulle nog altyd ongelukkig. Die frustrasies het oor die jare op so ’n manier vererger, dit is ’n nuwe normaal vir al hulle vriende as hulle mekaar openlik skel. Daar’s altyd drama van een of ander aard op ’n gereelde basis. Ek weet hierdie is nie sy eerste affair nie. Ek voel geen simpatie daaroor nie. Dit pla my ook geensins nie. Hy praat altyd gemaklik oor sy kinders. Veral sy jongste. Hy is sy pa se ewebeeld. Jy vergeet op daardie oomblik van alles om jou, want beide van ons geniet dit om ons kinders groot te maak en hul ontwikkeling te sien. Hoe hulle bewus word van dinge om hulle. Dis vir my mooi hoe ons kinders als vir ons is. Kinders hou ons aanhou glo in die mooi van goed. My dogter is ’n morele saint alhoewel ek soms ’n tikkie realisme byvoeg. Dis haar keuse eendag om dit te ondersoek.
Hy vat liggies aan my hand. Ek vryf stadig met my duim oor sy kneukel. Hy maak sy oë toe. Ek hou daarvan om te sien hoe ek hom affekteer. Nie lank daarna nie is ons op pad na my huis toe.
Ek is bang vir hoogtes en sal maklik my oë toemaak maar my oë bly die hele tyd oop. Alles gebeur natuurlik. Niemand is ongemaklik nie. Hy merk op hoe klein ek is. Hy is nie. Hierdie is nie ’n love scene nie. Ons vrae mekaar vrae. Hy sê ek gaan hom ’n hartaanval gee. Ek weier om aan enig iets te dink. Ek wil net voel. Hy kyk in my oë terwyl hy my teen hom vashou, my op my rug draai en harder naai. Dis presies wat ek wil hê.
Sy selfoon lui en dis sy vrou. Hy is al twee ure weg.
Hy stort haastig, trek aan. Ek trek net my onderklere aan en soengroet hom by die deur. Hy vra ek moet hom later teks. Ek merk hy het vandag geen aftershave aangespuit nie.
Ek stuur later ’n boodskap wat bedoel was om snaaks te wees, maar ek hoor niks weer van hom nie.
Ek besluit om ekstra versigtig te wees en koop die morning-after pil met ’n hengse uitmergelende plan om dit vir my dogter weg te steek die volgende dag. Die apteker waarsku my dat ek dalk newe-effekte kan toon soos naarheid en selfs bloeding. Al wat die oordosis hormone suksesvol regkry is om my van my kop af jags te maak. Ek probeer sexy wees en teks ’n laaste probeerslag. ’n 4/10 risiko, in of uit?
Niks.
Ek verkrag myself byna en maak plegtige beloftes om nooit weer myself in te boet as gevolg van morele waardes nie alhoewel daar ’n voorkeurlys opgestel word. Hierdie gaan nie oor liefde nie en die risiko alreeds is groot. Mense kan seerkry. Wanneer so iets op ’n publieke platform ’n verleentheid veroorsaak, kan dit waarvoor jy lief is betrek word daarby en dit mag nooit gebeur nie. Om immorele keuses uit te oefen, beteken nie jy gee nie om vir wat saam met daardie persoon vasgemaak is nie.
Hierdie ervaring het my so baie geleer oor myself. Dit voel soos iemand wat jy bitter lanklaas gesien of van gehoor het en dan eendag uit die bloute in ’n ander provinsie raakloop. Daar’s iets anders, iets wat ek nog altyd oor gewonder het, maar nog nooit die guts gehad het om dit eers hardop te sê nie. Ek wonder, met my nuutgevonde waagmoed, of so ’n geleentheid oor my pad sal kom.
Ek het geen idee wat volgende voorlê nie. Ek weet net die excitement, die thrill, die bevrediging gaan my weer sien. Ek kan verstaan hoekom mense sosiale aanvaarding soek. Niemand hou daarvan om alleen te wees of in die minderheidsgroep nie, want society leer ons sulke “loners” is daar iets mee fout. Hierdie is ’n uitweg om antwoorde te ondersoek vir my. Jy kan nie iets create wat perfek is nie. Sou ek kon verf, sou ek impressionisties wou skep. Die ongekartelde stukke kleur aan mense voorhou en sê: “Voel net iets vir ’n slag.”
Dis ’n pad wat eerlikheid vra terwyl jy kaal is. Vir my is dit ’n rush.
1 COMMENT
Briljant !