Kaptein, o my Kaptein 1 (Secundus)
deur Ramkat Erasmus
Ek sit in die biblioteek van die Universiteit van Pretoria en fok rond op die Internet. Varkie het my genooi vir ‘n dop en hy’s ‘n professor-tipe by die Universiteit. Toe ek by sy kantoor aankom, sê hy vir my hy moet gou by die biblioteek aangaan om ‘n boek te kry. Ek loop saam en hy laat my by ‘n computer sit. Hy tik sy kode in en sê ek kan bietjie surf as ek wil. Ek mag net nie porn kyk nie. Dan verdwyn hy tussen die boeke in.
Vandat ek en Khumalo ons eie besigheid begin het, het ek nogal baie geleer van die Internet, maar porn is nou nie iets wat ek gereeld doen nie. Ek like om dit te doen, nie om te kyk nie. Ek begin bietjie rondkyk en kry Buzzfeed, ‘n site vol grappe en snaakse politiek. Ek sien een ding wat sê: Fun sex facts. Ek wonder of dit sal deurgaan as porn, maar ek maak oop want Buzzfeed doen nie die kaalgat ding nie.
Ek scroll af en lees so hier en daar ‘n ding. Dan vang my oog die juweeltjie: 9% of librarians have had sex in an elevator.
My fok. Hoe weet hulle dit? Hoe toets mens vir so iets? Terwyl ek so sit en wonder maak iemand keelskoon agter my. Ek vlieg om en die antie staan met haar hande in haar heupe oor my skouer en kyk na die skerm. Sy’s lank, met ‘n wit stofjas aan. Sy’t so ‘n bos grys hare wat in ‘n bondel bo-op haar kop vasgemaak is. Die stofjas maak alles toe so ek kan nie sien hoe haar lyf lyk nie. Aan haar voete het sy sulke plat skoentjies wat niks doen vir ‘n vrou se bene nie.
“Ekskuus?” kry ek uit.
Sy wys na die skerm. Haar vingers is lank, maar sy’t nie Cutex aan nie. Ook nie ringe nie.
“Wie skryf sulke twak?”
Ek wonder of ek vir haar moet tannie sê, maar dog toe ek moet nie my kak verder boek nie. Toe maak ek maar my keel skoon.
Gelukkig kom Varkie op daai oomblik om die hoek en hy glimlag vir die vrou. “Dankie vir my boek, Bertha. Ek het jou in jou kantoor gaan soek.”
“Alles reg Professor,” sê sy, en gee hom die boek wat in haar en arm lê.
Sy gee my ‘n vuil kyk en verdwyn weer tussen die boeke in.
Ek maak die computer dood en ek en Varkie loop. Op pad uit is daar g’n teken van die gryskop-antie nie.
-0-
Ons sit op die square en drink ‘n varsetjie. Ou Varkie praat oor sy klasse en die nuwe girls wat begin swot het. Hy’t my eenkeer vertel dat dit die vinnigste manier is om by die Universiteit gefire te word. Om met ‘n student rond te fok. Dit was voor ek en hy twee van sy kollegas se vrouens gaan naai het in ‘n huis in Waterkloof.
Ek vra hom oor die gryskop en hy sê haar naam is Bertha en sy’s al jare in die bib – soos hy dit noem. Verder weet hy nie veel van haar nie. Ek vertel hom wat in die bib gebeur het en hy wil sy gat af lag. Hy dink ou Bertha moes ‘n kwaai skok gekry het. Ons praat bietjie oor die ding van bibliotekers wat in huisbakke naai en ons wonder hoe hulle hulle navorsing gedoen het.
Dan sit ons weer vir die girls en kyk wat verbyloop. Dis hoogsomer in Petoorsdorp en die meisies is mooi, met dun rokkies en lang bene. Van hulle groet vir Varkie en een of twee smile vir my ook. Dan sien ek haar.
In die bib was sy in ‘n stofjas en plat skoene. Nou’t sy ‘n bloes en ‘n romp aan. Die bloes is toe tot by haar keel en die skirt sit net bo haar kniëe. Sy’t hakskoene aan, maar die hake is nie te lank nie. Net genoeg om haar kuite te laat saamspan as sy loop. Haar lyf lyk okay, maar daai grys hare sit nog steeds in ‘n bondel op haar kop.
“Check”, sê ek vir Varkie en hy kyk. Dan haal hy sy donkerbril af en kyk weer.
“My fok. Dis die eerste keer dat ek haar sonder daai wit jas van haar sien… Nie sleg nie!”
Sy sien ons, en ek kan sien hoe sy wil-wil verby hou, maar Varkie waai vir haar en sy kom nader. Hy groet en hulle praat bib-goed. Ek check haar uit. Van haar nek af boontoe is sy ‘n tannie met die moerse bos grys hare. Van haar nek af ondertoe is sy doenbaar, heel doenbaar.
Ek hoor my naam en kyk vir Varkie. Hy’t my alweer as ‘n besoekende professor voorgestel. Ek traai hom onder die tafel skop maar hy verwag dit en het sy bene weggetrek.
“Ag so Professor,” sê Bertha, terwyl sy my in die oë kyk. “En wat is u veld? Seksologie?”
Varkie wil hom doodlag en ek sweer ek fokken bloos.
“Uhmm,” is al wat ek uitkry, en Varkie vertel haar ons het lekker gelag oor sy my so uitgevang het. Ek kyk anderpad en belowe myself ek gaan vir
Varkie donner sodra die vrou weg is.
Hulle twee gesels nog so ‘n bietjie en dan stap sy weg, maar nie voor sy my haar besigheidskaartjie gee nie, net ingeval ek iets in die biblioteek nodig het tydens my besoek.
“Lyk my jy’t die kuise Bertha se voete onder haar uitgeslaan”, sê Varkie.
‘’Foggof”
-0-
Ek en Khumalo werk ons gatte af. Ons het ‘n groot dienskontrak gekry en ons diens lorries dag in en dag uit. Ons stel nog ‘n dieselmack aan en na ‘n maand nog een. Dit gee ons kans om elkeen ‘n dag af te vat. Een ou vat Vrydag en die ander ou Maandag en op die manier het ons elke naweek ‘n lang naweek. Ek klap eendag ‘n Vrydag en ‘n Maandag volgens die rooster en besluit dis sulke tyd. Ek Skype my Kapteintjie en sy sê ek is welkom, en ek moet versigtig ry.
Vieruur Vrydagoggend klim ek op die Busa en vat die pad Kaap toe. Dis nog helder oordag as ek voor haar huis stop. Sy bly in ‘n buurt met die naam Kuilsrivier, in ‘n stil straat met baie bome en sulke wit sand waarin die gras hulle gatte afsukkel om te groei.
Dis fokken lekker om ‘n bike so te ry. Maar dis taai op die lyf. Jy konsentreer heeltyd want jy fokkof baie vinniger as die res van die verkeer. Teen daai spoed gee die Busa my ok nie meer as 250 kilo’s op ‘n tenk nie. So jy ry van Ultra City na Ultra City en stop net vir petrol. So nou en dan drink jy ‘n Coke en eet ‘n paai en een of twee keer gaan pis jy gou. Dan’s dit weer jy en die Busa en die lang pad.
Ek skop die side stand uit en klim styf-styf af. Dan kom my kapteintjie uit die huis uitgehardloop en tackle my amper van my voete af. Sy’s in my arms en sy vryf haar lyfie teen myne en daar’s trane op haar wange.
-0-
Ek lê langs haar op die bekende dubbelbed. Sy’s kaalgat en ek is kaalgat en ons is vodde. Ons het mekeer byna doodgenaai en ek kyk hoe die laaste sonstrale donker word agter die gordyne. Ek druk haar in die ribbes met ‘n vinger, en sy kyk vir my deur haar deurmekaar hare.
“Ek’s nogal honger”
“Okay”
Sy rol van die bed af en loop badkamer toe. Ek check daai perfekte gatjie uit en die dipstiek wil-wil weer op aandag staan, maar die tyd op die bike en die tyd in die bed het al my diesel opgebruik.
Ek hoor die shower oopgaan en na ‘n ruk draai sy weer toe. As sy uitkom het sy ‘n handdoek om haar lyfie en handdoek om haar kop.
“Toe, soldaat. Roer jou gat. Anders kry ons niks meer oop nie.”
Ek salueer en val in die shower in. Ek was al die taai plekkeis en al die skoon plekkies en dan klim ek uit. My kapteintjie het ‘n denim aan met sulke bootsies wat tot onder haar kniëe kom, met ‘n sexy toppie en ‘n leerbaadjie.
“Jy vat jou tyd,” brom sy, en ek maak my sak oop en tjoef-tjaf is ek aangetrek.
Ons ry Kaapstad toe en sy vat my na die Waterfront toe.Die plek kook en ons kry sitplek in ‘n bier plek. Ons eet hamburgers en tjips n drink draft bier wat hulle sommer daar maak.
Ek vertel haar van die besigheid en hoe goed dit gaan, en sy wil weet of dit nie tyd is dat ek ‘n kar of ‘n bakkie kry nie. Ek sê die werk het ‘n bakkie as ek een nodig het en dis goed genoeg vir my.
Dan vertel sy my sy gaan een van die dae ‘n majoor word en ek wens haar geluk. As ons klaar is, ry ek teen die berg op en ons sit en kyk na Kaapstad se liggies. Ek laaik nie die plek baie nie, maar dis fokken mooi.
Die res van die naweek ry ons met die Busa die hele Kaap plat, drink wyn op die wynroete, naai vir dood, ry weer, drink weer, naai weer…
Maandag oggend groet sy my met trane in haar oë en teen laatmiddag klim ek baie styf van die Busa af voor my flat.
-0-
Disdagoggend stap ek vroeg-vroeg by die workshop in en Lilly groet my vriendelik en hou ‘n paar stukkies papier na my toe uit. Dis alles telefoonboodskappe en ek wonder hoekom mense my nog steeds na die kantoor toe bel. Ek antwoord nooit, want as jy onder ‘n lorrie lê met ‘n spanner in die hand wil jy nie ‘n foon antwoord nie. As ek nie by die workshop is nie het ek my selfoon. Fok.
Die een boodskap is van Big Joe, ons klub se president. Hy wil my sien oor papierwerk van die army af. Dis nie belangrik nie, maar hy wil my en Khumalo sien. By die klub sal ook reg wees.
Dan’s daar een of twee boodskappe van kliënte wat my of bedank of moan oor hulle karre of lorries. En dan is daar een wat sê: Please call this lady. She phoned on Friday. Twice. Her name is Bertha. En dan ‘n selnommer.
Ek kliek fokkol. Ek gaan soek vir Khumalo en dan bel ek vir Big Joe en vra of ons elfuur by sy kantoor kan wees. Hy sê dis sharp. Ek bel die kliënte en praat of mooi of sê dankie. Dan bel ek die Bertha vrou.
Vir eers is ek ‘n bietjie gegooi as sy my op my naam noem. Dan vra sy of ek weet met wie ek praat. Ek het nie ‘n fokken clue nie en sê so. Dan vertel sy my dat sy my gaan Google het en dat daar nie ‘n professor met my naam by die Universiteit van die Oranje Vrystaat werk nie. Ten minste nie in die Ingeneurswese department nie. Ek begin lekker pressure opbou oor die vreemde vrou wat so kak praat eerste ding in die oggend en dan noem sy Varkie se naam. Sy regte naam, met Professor vooraan en skielik besef ek, ek praat met die gryskop-antie van die bib.
Sy sê dat dit ‘n ernstige misdryf is “om jouself voor te doen as ‘n professor by ’n Universiteit en selfs al is dit as ‘n grap bedoel, kan die ernstige reperkussies hê” en nog ‘n klomp kak op dieselfde trant.
Ek sit maar en luister en as sy klaar is vra ek wat sy wil hê. Sy sê ek moet haar in die bib kom sien sodat ons kan besluit wat om te doen omtrent die situasie. Fok my.
-0-
Ek park my Busa voor die bib en loop in. Daar’s ‘n security laaitie en ek vra hom waar ek vir Bertha kan kry. Hy beduie na ‘n toonbank toe en ek gaan vra. Hulle sê ek moet wag. Ek staan vir omtrent tien minute rond, dan kom sy in die gang af met haar wit jas aan op die plat skoentjies van haar. Sy swipe ‘n kaart en ek kan deurgaan. Ek loop agter haar aan in die gang af. Sy maak ‘n deur oop en ek loop in ‘n kantoor in. Daar’s allerhande sertifikate en diplomas en kak op die mure, en boeke net waar jy kyk. Sy wys ek moet sit, en ek sit my helmet op haar lessenaar voor ek in die rooi plastic stoel gaan sit. Sy maak die deur toe en vra of ek iets wil hê om te drink. Ek hou myself vol kak en sê whisky en water sal lekker wees. Ek dog sy gaan my uitkak, maar sy maak ‘n laai oop en trek ‘n bottel Johnny Black uit. Sy kry twee glase en gooi ‘n dop in elkeen. Dan haal sy water uit ‘n klein fridgie wat in die hoek staan.
Ek vat die dop en sê dankie. Verder sê ek fokkol. Dis wat jy in die army leer. Hou jou bek as jy in die kak is tot jy verstaan presies hoe diep die kak is voor jy iets sê. Selfs dan moet jy maar mooi dink.
Sy gaan sit n vat ‘n klein slukkie terwyl sy oor die rand van die glas vir my kyk.
“So, Van…”
Ek knik. Dis hoe mense my noem. Van the Man.
“Jy wonder seker hoe ek jou opgespoor het?”
Ek sê fokkol. Trek net my skouers op.
“Die voordeel wat ek gehad het is dat ek jou regte naam gehad het. Die res was maklik. Na ek myself vergewis het dat jy nie regtig ‘n professor by Kovsies is nie het ek maar net na motorfietsklubs in Pretoria begin soek. Almal weet jou maatjie ry oor naweke saam met ‘n klub rond. Dis hoekom hy so hard moet werk aan sy reputasie op kampus. Die ou omies en tannies wat die plek beheer is nie baie mal oor bikers op kampus nie, selfs al is hulle briljant in hulle vakgebied.”
Ek vat nog ‘n sip. Ek begin sien waarheen sy gaan met die ding. Varkie loop op dun ys omdat hy saam met ons ry. Vir een of ander rede wil die gryskop-antie my daaroor aanvat. Wadefok?
“Jy onthou my gladnie.” En sy smaail daai selfde smaail wat my kapteintjie altyd gebruik net voor sy my begin uitkak.
Ek knik nie. Ek skud nie my kop nie. Ek vat net nog ‘n sluk en kyk haar.
Sy staan op en haal ‘n boek van ‘n rak af. Sy sit dit voor my neer. Dis my matriekjaarboek van my ou skool. Ek kyk na die ding en dan kyk ek na haar.
Sy buk oor en blaai ‘n paar blaaie. Dan laat sy die boek lê. Daar sit ek in die voorste ry langs die onnie, meneer Koekemoer.
“Kyk mooi”, sê sy.
Ek wonder weer wadefok aangaan en dan tref dit my soos ‘n weerligstraal. Aan die ander kant van meneer Koekemoer sit Bibi Beetge. Die slim, lelike, vet girl van die klas. Bibi, bynaam vir Bertha.
Ek ruk amper my nek af soos ek opkyk. Sy lag.
“Onthou jy my nou Van?”
“Jy’s Bibi. Bibi Beetge”
Sy knik.
“Maar jou besigheidskaartjie het gesê jou van is Claasen?”
“Getroud, geskei… Te veel moeite om al die papierwerkte verander. So Bibi Beetge is nou Bertha Claasen.”
Ek kyk na die foto en dan kyk ek na haar en as jy die bril by Bibi wegvat en vir haar lang hare gee wat in ‘n bondel op haar kop sit, sien jy dadelik vir Bertha. Fokkit.
“So? How do you like me so far?”
-0-
Ons gesels tot laat, en dan is die Johnny Black op. Sy staan op en trek haar wit jas uit en hang dit oor ‘n haak. Sy’t ‘n losserige rok aan van ‘n sagte material.
“Ek is nou terug”, sê sy en gaan uit.
Ek dink aan ons gesprek. Op skool was sy vet en kort. Sy’t dik bril gedra. Maar sy was die slim een in die klas. Na matriek het sy eers technicon toe gegaan en later universiteit toe. In haar twintigs het sy skileik begin groei en al die vet afgegooi. Ongelukkig het haar hare ook begin grys word, Sy’t die bril weggemoer en kontaklense gekry en skielik het mans na haar begin kyk. Sy’t met die eerste ou getrou by wie sy geslaap het. Dit het twee jaar gehou…
Sy kom terug en sit iets in haar wit jas se sak, voor sy dit weer aantrek.
“Kom” sê sy en loop weer uit.
Ek loop agter haar aan en wonder wat volgende gaan gebeur. In die gang af is daar ‘n ander gang wat twee geboue aanmekaar verbind. Daar is min mense in die bib en nog minder in die gebou langsaan. Ons kom by ‘n spul lifts en sy druk die knoppie. Na ‘n ruk kom een aan en die deure gaan oop. Sy loop in en ek agterna. Sy druk ‘n knoppie vir die boonste vloer en die ou lift begin krakerig opstyg. Dan kyk sy my reg in die oë.
“Jy kan nee sê as jy wil.”
Nou is ek lekker deur die kak. En die bottle Jonny Black help nie.
“Nee? Waarvoor?”
Sy trek ‘n sleutel uit haar wit jas se sak en druk dit in ‘n sleutelgat langs die knoppies wat die lift op en af laat gaan. Sy draai die sleutel en dieding gaan staan.
“Ons kan die hyser stop as ons boeke moet in en uitlaai. Ek kan hom ook tussen vloere laat stop.”
Sy draai haar rug na my toe en begin haar wit jas oopknoop. Stadig besef ek wat aangaan. Die lift kraak en beweeg effens. Dan laat sy die jas val. Sy draai om en trek haar rok oor haar kop. Sy’t ‘n wit bra en pantie aan.
“Ek wil deel wees van die 9%”
Eers kan ek nie ‘n fok uitmaak wat sy proober sê nie en dan kliek ek. Ek smaail.
Ek begin my hemp uittrek en die ou dipstiek staan op aandag. Ek trek haar nader en dop haar uit die pantie uit. Dan vat ek haar hande en sit hulle agter haar rug sodat sy self die bra kan losmaak. Daar’s fokol wat ‘n ou se spoed so breek soos ‘n bra wat jy nie kan loskry nie. Ek vat een nippel in my mond en die ander in my hand en ek werk haar tot haar asem goed jag. Dan drop ek my hand van haar nippel af tot by haar boksie. Sy‘s so nat soos ‘n Mini gearbox wat olie lek. Ek vryf eers saggies dan bietjie harder en dan druk ek ‘n vinger in haar in. Sy suig haar asem in en byt my in die nek. Ek werk ‘n tweede vinger in haar in en dan moet ek vasklou want sy begin ruk en skud soos ‘n armylorrie op ‘n kak pad. Sy kreun en steun en byt my harder. Ek hou haar tot sy bietjie bedaar en dan lig ek haar been op tot haar knieg teen haar bors raak.
Met my ander hand werk ek ou pielman uit my broek uit en druk hom tussen haar bene in. Sy probeer help met haar een hand en dan is ek in. Ek druk haar teen die kant van die lift vas en buig my bene effens. Gelukkig is sy langer as meeste ander meisies anders kak ‘n man se kniëe voor jy by fyndraai kom. Ek stoot haar hard en sy kreun. Haar naels druk in my rug in. Haar kop begin teen die kant van die lift kap en ek druk my hand in haar hare om te keer dat sy haarself lights-out stamp. Dan kom ek wild.
Ons sak af en sit op die vloer. Ek vat haar gesig in my hande en soen haar. Sy kyk na my en ek kan sweer sy wil huil.
“Doen my ‘n guns?” vra ek.
“Wat?”
“Raak ontslae van daai plat skoentjies as jy my weer in ‘n lift wil naai…”
Ons lag, en dan raak sy ernstig.
“Van?” En nou is daar trane in haar oë. “Dit was altyd jy. Van standerd agt af, was dit jy. Net jy.”
Ek hou haar vas dat sy tjank. En dan dink ek. “Fokkit. Some guys have all the luck…”