
’n Hotelkamer is overrated (2)
deur Annanina
Die son wink in die koue winterslug. Alles is stil op die plaaspad. Verweg sien sy die karre verby ry. Die engin se gewrrr-wrrr raak stil.
“Kom. Klim uit.”
“Wat? Hier? Is jy van jou kop af? Sien jy nie die plaashuis nie?”
“Kom.”
Sy klim uit. Oorgegee al klaar. Loop tot voor hom. Hy trek haar nader aan haar boude en druk haar rug teen die kardeur vas. Sy is al van sy in die kar geklim het nat.
“Dis beter.”
Sy tong vind hare en met albei sy hande trek hy haar heupe tot teen hom. Druk die harde knop in sy broek teen haar vas. Haar bene gaan outomaties oop.
“Wat doen jy aan my?” kry sy gefluister in sy oor.
Die rek van haar spanbroek is maklik om weg te trek. Met sy een hand stut hy haar teen die kar, en druk sy vingers in haar op. Sy verslap en vergeet van die son agter die wolke, die plaashuis in die verte, die karre wat op die hoofpad verby ry.
Met lus wat elektries tussen hulle hang, ry hulle al ’n uur lank rond. Soekend. Vir mekaar. Vir ’n plek om mekaar te proe.
Hy lig haar been op en druk sy vingers nog dieper in haar in. Haar onderlyf brand soos vuur. Vir hom ín haar.
“Maak los jou broek.” Sonder om haar op te hou soen, maak hy sy belt los, haal sy ereksie uit en hy is in haar. Haar belofte om te keer, vergete.
“Weet jy hoe lekker voel dit?” sy stem is hees in haar oor.
Dringend en hard. Weer en weer en weer. Met elke stoot kap haar rug teen die kar, maar die pyn maak dit net meer intens. Haar bene vou om hom en hy hou haar met sy arms vas terwyl hy homself diep in haar bêre. Die son skyn op haar lang donker hare wat oor die kar val as haar kop agtertoe kantel. Sy blou oë deurboor hare.
Sy kyk na die pad en sien ’n kar wat luier.
“Shit. Daar’s ’n kar!”
Soos stout kinders is hulle, los broeke en al, terug in die kar. Asems wat jaag, hande wat handig alles vasknoop en regtrek. Die kar het weer gery. Hy sit sy eie kar aan en kyk uitasem vir haar.
“Ek is nog nie klaar nie,” merk hy laggend op.
“Jy is insane!” maar sy stop hom nie.
Nog ’n paar meter op in die pad, bring hy die kar weer tot stilstand.
Klim uit. Leun in. “Kom híér.”
Hy tel haar agter op sy Jag se boot en is ín haar. Vul haar heeltemal. Sy is sopnat en vou haar lyf slap om hom. Daar is geen einde of begin of môre of gister. Daar is net nou.
“Kom nader,” trek sy hom aan sy nek.
“Draai om.” Hy trek hom uit haar uit en tel haar af. Sy draai gewillig om. Lig haar boude op en hy stoot hom hard in haar in. Sy snak na haar asem en hak haar hande in by die boot se bokant. Sy moet styf vashou om regop te bly. Sy hande is op haar heupe, oor haar lyf, haar borste, sy gooi haar kop terug en hulle koppe is teenmekaar terwyl hy soos ’n second skin oor haar vou. Weer en weer en weer stamp hy hom hard in haar in. Haar krete weerklink in die stilte van die veld.
Sy voel hoe haar spiere styftrek om hom en hy hom in haar uitstort. Sy bewegings raak stadiger, luier, tot hy tot stilstand kom en hom versigtig uit haar uithaal. Sy voel die natheid teen haar bene plak.
Met ’n smile wat haar laat smelt draai hy haar om en soen haar hard en dringend.
“’n Hotelkamer is overrated, né?” lag sy voor sy omdraai en in die kar klim.
Hy gaan sit langs haar. Haal drie keer diep asem.
“Is jy genees?”
“Alles behalwe. Ek wil jou kom oor my laat droograak en die hele dag herinner word jy was in my.”
“Mooi.”
En die woorde van Killing me softly vul die kar.
3 COMMENTS
Ek het al vantevore Palmtakke geswaai oor jou ” skrywes ” Annanina…..
but you’re killing me softly with your…stories !
Pragtig, hoor, gee ons meer v jou gedagtes ☺
Sjoe –
Sjoe sjoe sjoe