Juliette (2)
deur Wille Will
Na haar wonderlike ontlading het sy tuis in haar woonstel ‘n stukkie toast ge-eet en afgespoel met Jacobs Krönung koffie en nakend, soos sy altyd slaap, in die bed gespring.
Sy het ‘n diepe nagrus gehad en aangesien sy die volgende dag “af ” was kon sy goed uitrus en laat slaap.
Toe sy so teen tienuur wakkerskrik en haarself genoeglik uitgerek het sien sy die A5 koevert op haar bedkassie lê en haal weer die skets uit. Sy dink skielik by haarself wat die konnotasie van die erotiese skets met die professor se nota en die roosknoppie is ?
Sy tel haar selfoon op en skakel sy nommer. Sy gooi haar bos swart hare oor haar skouer wanneer sy die foon teen haar oor druk.
Die diep fluweelstem is egter geblik met ‘n boodskap: “Jammer. Ek is huidig besig met my studente, maar sal u na vier terugskakel. Mynhardt.”
Sy besef sy is effens teleurgestel, maar besluit om ‘n paar inkopies te gaan doen en by die Waterfront iets gaan eet en miskien strand toe ry.
***
Sy was net op pad terug van die strand toe haar foon “unknown number” flikker.
“ Juliette?”
“ Hallo, jy’t vroëer vandag na my gesoek?”
“O … professor. Ek’t besluit om u offer te oorweeg.”
“ Noem my Mynhardt … ek is bly. Dans jy vanaand?”
“Nee is my dag-af.’”
“Uitstekend! Sal dit vir jou geneë wees om my so sesuur by die Rhodes standbeeld op kampus te ontmoet? Ek sal sommer vir ons ‘n eet- en drink dingetjie gereed kry in my ateljee.”
“Maak so pro … ek bedoel Mynhardt (giggel).”
“Sien jou dan later.”
Sy loer op haar polshorlosie en besef daar is nie genoeg tyd om eers woonstel toe te gaan nie aangesien die middagverkeer toeneem en sy nog om die berg moet ry Universiteit toe.
Nadat sy haar Mini Cooper S parkeer het huppel sy met die baie trappe op na die standbeeld toe. Sy was eers skepties oor haar kleredrag by die Professor. Sy het net ‘n baie kort mini rokkie aan, ‘n panty, geen bra en kaal bene behalwe die hoë kurk-haksandale. Soos sy egter die baie trappe bestyg merk sy dat van die studente wat verbystap nog skameler geklee is!
By Cecil Rhodes se voete het sy eers asem geskep en toe om haar begin rondkyk of sy dalk die professor kan eien. Sy stel haarself voor dat hy seker lank en maer sal wees, gekleë in ‘n drie-stuk pak, met raamlose brilletjies en wit-grys hare.
Die diep fluweelstem by haar skouer laat haar omswaai.
“Jammer as ek jou laat wag het?”
Hy is kort en effens bonkig gebou met groen oë en ligbruin hare wat effens yl is bolangs. Hy het ‘n T-hemp aan met ‘n styfpassende sweetpakbroek en loafers aan sy voete.
“Profess … ek bedoel Mynhardt?” vra sy.
“Einste, ek is so bly jy kon kom, kom ons stap aan.”
Binne minute sluit hy ‘n glasdeur oop en wys haar om voor te stap.
Sy neem die vertrek met een oogopslag waar. Oral staan eselborde versprei, sommige met halfvoltooide werke nog daarop. Die vloer is bedek met ‘n verfgesmeerde seil. Voor die eselborde is ‘n klein verhogie met ‘n enkel kroegstoel daarop. (seker vir die modelle, dink sy.) Die plafon is hoog met groot hanglampe wat daarvan af hang. Sy merk ook twee verhoog-staanlampe wat ‘n skerp straal op die verhoog gooi. Agter al die eselborde staan ‘n tafel met ‘n waterkraffie en ‘n paar sketse daarop en agter dit ‘n gewone houtstoel en ‘n kas.
“Kom ons eet eers iets,” sê hy en stap tot agter die houtstoel en maak die kasdeur oop. Hy pak twee borde met vars toebroodjies op die tafel neer, vee die sketse af op die grond en ontkurk ‘n bottel rooiwyn wat hy uit die kas haal met twee wynglase. Hy skink die wyn, bied haar ‘n glasie aan en beduie sy moet op die stoel sit. Sy gaan sit en probeer die mini-rokkie bietjie aftrek vir ordentlikheid.
“Baie dankie,” sê sy.
Hy gaan sit op die kant van die tafel dat sy een been los swaai en bulder ‘n diep lag uit.
“Ek weet nie hoekom jy so stil en preuts is nie, jy’t vergeet dat ek jou nakende lyf vir amper ‘n driekwart uur onbeskaamd bewonder het? Relax net.”
Sy voel vir die eerste keer in jare hoe ‘n blos van haar nek tot by haar gesig opkruip.
Sy kyk in sy groen oë en antwoord: “Jy’s seker reg.”
“Ek is in my beroep ‘n mentor, maar ook nog steeds ‘n kunstenaar. Jou beroep met sensuele bewegings, suggestiewe gebare en verfynde ontkleëaksies om jou liggaam naak ten toon te stel, is vir my ook ‘n kunsvorm.”
Hy neem ‘n slukkie wyn en sit die glas op die tafel neer.
“Komaan, eet iets,” sê hy terwyl hy ‘n toebroodjie optel.
Sy kyk op in die groen oë wat haar oë nooit verlaat nie en sê: “Indien ek vir jou enige danspassies of bewegings moet wys, sal ek verkies om eers daarna iets te eet. Maar die wyn is heerlik.” Sy neem ‘n groot sluk.
“Okay. Aangesien my voorbarige nota jou nuuskierigheid geprikkel het en jy nou hier voor my sit, is daar twee elemente wat ek vir jou wil uitlig.”
Sy broodjie is klaar geeet en hy staan op en met sy arms uitgerek bo sy kop, rek hy homself uit voor hy amper teen haar kom staan.
In daardie oomblik kon sy die afbeelding van ‘n baie dik knop tussen sy bene sien in die sweetpakbroek en ‘n fladdering het deur haar lende gespoel.
Hy buk en neem haar gesig by die ken in sy een hand. Sy ruik ‘n aangename seebries geur aan sy vel. Sy gesig is nou so dertig sentimeter van hare af. Die groen oë lyk asof dit skitter as hy sê: “Eerstens is jou choreografie-roetine meesterlik beplan, maar daarin lê ook jou eerste fout. Jy beweeg , alhoewel soepel, met robotbewegings wat jou liggaam ten volle ten toon stel. Met ander woorde jou passies en stappies kom tussen jou kop (hy vryf deur haar hare met sy ander hand) … en jou pragtige lang bene se ko-ordinasie. Tweedens is jou voorstelling soos ‘n gestilleerde foto, daar is geen passie in nie.”
Hy plaas ‘n sagte kus op haar voorkop en staan weer regop en terug.
Haar oë vang weer die bult in sy broek aangesien sy heupe nou direk in lyn is met haar oë. Sy kyk egter gou op na sy gesig en merk ‘n speelse glimlag om sy mondhoeke asof hy haar gedagtes gelees het. Sy voel weer ‘n blos opkruip, maar staan dan vinnig op en sê: “Mynhardt, daar maak iets sin in jou waarnemings, maar wat stel jy voor om dit te korrigeer ?”
“Ek het ‘n verrassing vir jou …” hy stap oor na die verhogie en gaan sit op sy hurke by ‘n CD-speler wat sy nie eers raakgesien het nie. Hy druk ‘n knoppie en haar musiek wat sy tydens haar vertoning gebruik, dawer skielik uit luidsprekers wat sy nie eers kan sien nie.
Sy voel die adrenalien bruis deur haar are. Hy skakel af en met ‘n afstand beheerder in sy hand skakel hy al die ligte ook af sodat net die twee fel ligte op die verhoog aan is. Hy kom weer oorgestap na haar toe.
“Ek wil jou versoek om jou hele roetine vir my te doen … ek is gewillig om jou fooi te betaal, sou jy verkies,” sê hy met ‘n laggie.
“Maar die verskil is dat jy eers nadink oor wat ek waargeneem het en dat jy dan, eerstens, met ingebore instink (hy raak aan haar wang) en in koordinasie met jou sielsgevoel en uiting daarvan (hy druk met sy vinger tussen haar borste op haar hart) jou passies doen. Tweedens moet jou uitvoering gemik wees op elkeen, individueel, in jou gehoor, asof jy dit net vir daardie een persoon doen. Dit moet vloei uit jou oë, jou mond, jou borste, jou koekie … jou hele lyf wat jy stelselmatig ontbloot. Ek is die gelukkige solo-ontvanger hierdie keer.”
Hy gee ‘n drukkie met altwee hande op albei haar skouers en draai om en gaan haal die stoel en plaas dit drie meter van die verhoog af nadat hy een eselbord geskuif het. Sy beweeg oor tot op die verhoog se een sy en laat sak haar kop in diep bepeinsing. Hy gaan hurk weer by die CD-speler, maar sit bewegingloos terwyl hy vir haar kyk in haar nadenke. Wanneer hy sien sy lig haar kop op, druk hy die ‘aan’ knoppie en gaan sit op die stoel.
Die polsende musiek bars skielik uit die luidsprekers en vul die hele ateljee. Dis asof dit Mynhardt intrek en los laat om net op die verligte verhoog te fokus. Soos ‘n mot om ‘n kers volg sy oë elke beweging van Juliette se suggestiewe passies totdat sy skielik in die middel van die verhoog met haar rug na hom staan. In sinchro het die musiek na ‘n rommelende sagte dromspel bedaar. Haar bene is effens van mekaar geplaas en met ‘n gooi van die bos hare loer sy oor haar linkerskouer na die gehoor (net hy!) en trek die rok se bandjies af oor haar arm … dan waai die hare anderkant toe en sy loer oor die regterskouer en die bandjies word weer afgesak. Hy sit vorentoe op die stoel met vrywende hande waar sy arms op sy bene rus. Sy kyk nou voor haar en haar duime hak weerskante van die afgesakte rok in en skuif dit af tot laag oor haar heupe. Dan kom haar palms bymekaar bo haar kop, amper soos in die Lotus-beweging. Sy wag vir die musiekrammeling wat nou opbou na ‘n crescendo en wanneer die simbale slaan swaai sy om en sluip soos ‘n kat tot op die punt van die verhoog voor met albei haar borste wat sy in haar hande aanbied met skerp gepunte tepels. Haar oë vlam deur die donker asof sy diep in sy oë kyk en hom uitdaag om hulle te neem.
Mynhardt blaas sy ingehoue asem uit en sit weer terug in die stoel. Hy besef skielik dat ‘n ereksie al vinniger groei in hom en skuif met sy hande daaroor deur die sweetpakbroek.
Sy het intussen met lang hale en rondomtalies oor die hele verhoog heen-en-weer beweeg, die trotse borsies wippend en uitdagend met elke beweging. Sy gaan sit op die kroegstoel met een uitgerekte been grond toe en die ander been gevou dat die voet op die stoeltjie rus. Op die panty tussen haar bene kan jy die gleuf en volle omlyning van haar genotsvrug sien. Sy maak die sandaal los en kyk dan weer op na hom voordat sy dit uittrek en oor haar skouer gooi in een beweging. Haar bene kruis in die lug en dan is die nader been uitgestrek en die sandaal roetine word herhaal. Sy oë is vasgenael op die opgehewe vol vrug tussen haar bene wat nou amper nat vertoon onder die panty.
Sy staan weer orent en met ‘n artistiese beweging plaas sy die kroegstoel by die sy van die verhoog en gaan staan weer in die middel. Haar hande vryf weer oor haar erekte tepels en dan af oor haar lyf terwyl sy terselfdertyd haar kop laat sak tot op haar op haar knieë, vorentoe gebuig dat die swart hare soos ‘n gordyn hang oor haar bene. Haar hande beweeg agter oor haar boude en af verby haar kuite dat sy haar enkels vashou. Haar lyf lyk soos ‘n kokon met die peersfere van haar boude aan die bo-kant.
Die musiek sny skerp af na ‘n ademlose stilte van bykans tien sekondes en as dit weer met ’n simbaalslag uitbasuin, wip sy pen orent, gooi haar kop na agter en haar arms uitgestrek weerskante van haar liggaam. Sy beweeg een been ongemerk ‘n halwe trëetjie na die kant en Mynhardt besef dat sy uit haar panty stap! ( Baie slim dit afgestroop, dink hy met ‘n glimlag.) Sy hand klem deur die sweetpakbroek om sy erekte voël as sy nou haar volle naaktheid vertoon. Haar poes bult soos ‘n afgekilde mango in haar lende en die pêreltjies sweet daarop vra om gelek te word.
Die musiek neem ‘n skielike Karibeaanse ritme aan en sy buig haar rug na agter en begin ‘n Limbo dans vorentoe na die gehoor toe. Die limbo se oorsprong word gekoppel aan die Karibië toe slaweskepe in Trinidad ge-anker was. Die slawe se mans en vrouens was van mekaar geskei en as die mans se lus dit nie meer kon hou nie, moes hulle onder baie laag en noue skeepsbalke op hul rug probeer deurkom sonder dat hul liggame aan die vloer raak. In die 1950’s het dit ‘n volksdans geword in Trinidad en Tobago. ‘n Dwarslat van bamboes (soms aan die brand gesteek) is geplaas tussen twee pale. Jongmans het dan gekompeteer, soos die dwarslat na elke rondte al hoe laer laat sak is, wie agteroor gebuig net op hulle gebuigde bene onder die lat kon deurkom met spronge of danse sonder om met hul ru-ens of hande aan die grond te raak.
Hierdie stukkie geskiedenis flits deur Mynhardt se gedagtes soos Juliette op die verhoog vorentoe beweeg op die ritme van die musiek. Haar oopgesperde poesie wat reg in sy gesig is, is soos ‘n genotsgrot se skeur wat groter word soos sy naderkom. Hy besef skielik dat sy dik voël nou in sy vuis is, uit die broek, en dat hy op en af daaroor skuif met sy vingers.
Die musiek eindig wanneer sy op die rand van die verhoog, drie meter van hom af op haar rug neersak. Hy los sy voël as sy van die verhoog afspring en een treë gee tot reg voor hom. Hy kyk op oor haar lyf waar haar maagspiere nog hard beweeg soos sy haar energie terugkry, verby die parmantige tieties tot in haar bruin oë.
“Het ek my oudisie geslaag,” vra sy met ‘n skalkse glimlag, terwyl sy ooglopend af kyk na sy skoot waar sy baie dik, semi-erekte voël, maar nie juis lank nie, soos ‘n wagtende dier op sy prooi lê en pols.
“Soos jy kan sien was dit asemr …” probeer hy opstaan, maar sy druk hom met ferme hande op sy skouers terug dat hy weer sit op die stoel. Sy trek die T-hemp op en uit oor sy bors. Haar donker, nog steeds erekte tepels is sentimeters van sy gesig af. Haar lippe omvou skielik sy mond en hy voel haar hande affladder oor sy lyf en by sy pesiertier huiwer. Sy trek haar mond effe terug en fluister: “Mag ek?”
Sy antwoord is om haar mond in syne te neem en met sy tong te stoei met haar tong terwyl sy vingers hale af trek oor haar rug. Haar hande wat sy voël gemasturbeer het, hou dit skielik net regop en sy sit haar een been aan die anderkant van sy stoel en begin afsak.
“Ek kan nie meer hou nie,’ sê sy.
Sy hande is blitsig om haar gewrigte en trek hulle weg van sy penis.
Sy is verward en die vraagtekens reflekteer uit haar oë in syne.
“Wat’s fout?”vra sy.
“Ek gaan jou maksimum plesier gee, jy verdien dit.”
Sy eie hand is nou om sy penis en met sy ander hand begin hy haar een bors se tepel vryf tussen sy vingers terwyl sy tong die ander tepel rol met sy tong. Sy plaas haar hande knypend op sy twee skouers.
“Okay sak nou af,’” sê hy.
Skielik dink sy aan Mark en sy nou spinnerakvingers en onthou hoedat sy (dunner as Munhardt s’n ) maar bo-gemiddeld lang voël haar altyd seer gemaak het tydens seks, want dit het agter teen haar cervix gestamp.
As sy groot voëlkop tussen haar poeslippe begin ingaan en sy dit voel rek, stoot haar korrasie vlak weer op. Dit is egter net so vyf sentimeter in toe sy Mynhardt se vingers wat sy voël omring voel.
“Ry hom nou so hard jy kan,” fluister hy terwyl sy voël heen en weer en in die rondte binne haar begin maal.
Sensasies wat sy nog nooit ervaar het nie, stroom meteens deur haar en sy ry nog harder. Sy voël vryf snel oor haar klit wat haar laat sidder van lekker maar terselfdertyd raak die kop aan iets binne in haar koek aan die bokant elke slag wat haar laat ril van ekstase.
“E-e-k gaan kom,” hyg sy uit in sy oor. “Kom saam, asseblieeeeeef !”
Hy voel sy eie klimaks opstoot en vat sy hand weg en stoot sy stok so diep moontlik in haar in,
Hulle klimakse ontplof tegelykertyd en hulle lywe stamp ongenadiglik teen mekaar dat hul afval van die stoel maar net omrol om die orgasme te voltooi. Uiteindelik bedaar hulle en lê net met hygende asems en vinnigkloppende harte maar hy nog steeds in haar. Hy lig homself stadig uit haar uit en lê langs haar as hy van die swart hare uit haar gesig vee en haar op haar toe oë liggies soen.
“Die skets by die nota wat ek gestuur het, was my eie hunkering wat ek voortydig op papier vasgelê het.”
Sy maak haar oë oop en vat aan sy wang. “En die roosknoppie?”
“Dis joune wat ek in my gedagtes geruik het.”
“Ek het ook ‘n bekentenis,” sê sy. “Ek het tydens my vertoning verskeie amper orgasme’s gehad soos ek my ingeleef het vir jou.”
Hy glimlag en sê: “Jy het ook verfkolle op jou neus van hierdie seil waarop ons lê.”
Hul bars altwee uit van die lag wanneer sy haar kop op sy bors laat rus.
1 COMMENT
Nice…