‘n Gouelokkies nag

deur Desiree

Hulle noem dit ‘n Gouelokkies-oomblik wanneer alles saamwerk om ‘n sprokies-perfekte ervaring te skep. Niks is te warm of te koud, te sag of te hard, te klein of te groot nie. Alles is net reg.

Dit was so ‘n aand.

Eintlik het die aand met ‘n leer begin – in my sykous.

Ek sit op my bed en kyk hoe die leer teen my been af hardloop. Ag hemel, wat gaan ek nou doen? Ek gaan nie gereeld uit nie so my klerekas is beperk. Hierdie rompie wat so twee vingers bo my knieë eindig saam met my swart bootse en my swart bloes is al wat ek het om vannaand te dra. Miskien het ek nog ‘n ou paar sykouse in my kas … Dis hoe ek die paar swart stockings, wat ek ‘n jaar gelede gekoop het, herontdek. Hulle is ragfyn met ‘n effense blinkerigheid en word deur twee kantstroke bo gehou. Perfek!

Ek gly dit versigtig teen my been op, streel my hande daaroor en dink aan hoe jammer dit is dat net ek gaan weet hoe sexy ek onder my klere lyk. Dan glimlag ek vir myself in die spieël en gryp my handsak. Die nag wag!

– o –

Hoe het dit gebeur dat ek so baie mense ken? Of dat so baie mense my ken? Dit voel asof almal by die geleentheid my groet of ‘n rukkie met my kom gesels. Hannes het my eerste nader gewink en gewys dat hy vir my by sy tafel plek gehou het. Nou sit hy hier met sy been wat elke nou en dan per ongeluk aan myne raak. Hannes is ‘n gentleman. Hy sorg dat ek iets drink en maak seker dat ek iets eet en vra my wat ek van die sprekers dink. Wanneer ek van my ander vriende op die stoep gaan groet, bring hy sy baadjie sodat ek nie koud kry nie. Hy gesels met my vriendin en haar metgesel wat ons tafel deel net soveel as met my, maar wanneer ek my bene kruis, verloor hy die draad van sy storie en as hy oor my buk om iets vir my te fluister, gly sy oë oor my hals. Hannes is ‘n gentleman, maar hy is nog steeds ‘n man.

Die lig binne die restaurant skyn goue reghoeke op die vuil stadsypaadjie buite. Hier binne maak mense-asems en mense-stemme alles warm. Wyn trek deur my lyf en laat, soos dopamien, die wêreld net so bietjie mooier lyk as wat dit dalk regtig is.

Die een spreker vra my mening oor die onderwerp, iemand waai vir my van die deur af, my vriendin se hare reflekteer die kerslig en ons lag saam vir die wêreld. Die aand is magic en ek wonder wanneer my pampoenkoets in duisend stukke gaan spat.

– o –

Ek is nog steeds onder die invloed van die aand, maar nou, hier agter my kar se stuurwiel, voel dit so onwerklik. Die oorvloedige aandag en drie glase wyn het ‘n roekeloosheid in my wakker gemaak en toe Dries die laaste paar mense na sy huis genooi het, het ek die uitnodiging aanvaar. Nou besef ek egter dat dinge dalk ingewikkeld kan raak. Ek kyk in my tru-spieëltjie na Hannes se motor se ligte. Hy volg my om te seker te maak dat ek veilig is. Hannes, my nuwe vriend, en Dries, my ou vriend, het albei al vanaand woorde van begeerte vir my gefluister. Wat gaan ek doen as hulle gelyk met my praat?

– o –

Die goud van die restaurant moes ons agtervolg het, want dis nou binne Dries se huis. Dit is in die dowwe lig wat in die tafelblad blink en daar dryf stukkies goud in my wynglas rond. Ek trek diep aan die Hubbly wat in die middel van die tafel staan en voel hoe stukkies goud in my longe gaan sit. Ons is ses mense. Vier mans en twee vroue. My vriendin, met die hare wat aan die brand is, soen haar kêrel sonder skaamte en met oorgawe. Dries gly sy regterhand oor my linkerbeen. Hannes lag aan my anderkant en fluister iets in my oor. Daar is musiek: Nick Cave: Ek trek my bootse uit, loop nou op my sykouse. Dries se hand skuif hoër oor my gladde kouse. Hy is nie ‘n gentleman nie. Hy is rou energie. Hannes sien dit, maar lag argeloos en begin met een van die ander mans politiek praat. Nirvana: “Kom ons dans!” sê sy en trek my op. Ek en sy dans terwyl die mans vir ons kyk. Sy soen my terwyl die mans vir ons kyk. Sy is mooi en sag en wanneer sy lag kry jy hoendervleis, want dis sexy-hees.

Ek wonder hoe laat dit is, maar gee amper dadelik nie om wat die antwoord is nie. Waits: Dries dans met my. Hannes sit by die tafel. Hy gesels met die ander man, maar ek weet hy kyk ook vir ons. Dries se hand onder my rok ontdek my kouse se bo-kant. Ek hoor hoe hy kreun wanneer sy vel skielik vel in plaas van sy voel. Sy asem is in my oor en ek draai my gesig na sy kant toe en dan soen hy my. Dries is honger. Sy hand en mond is honger en wanneer hy sy onderlyf teen my druk kan ek voel dis ook honger.

Hy kyk in my oë, glimlag en steek dan sy hande onder my hemp in. Met een beweging trek hy my hemp oor my kop. En dan knip hy my bra agter my rug los.

Die goud is nou op my lyf. Dit blink op my borste wat Dries voor almal onbloot het. Dit skiet soos elektrisiteit deur die kamer. Dit vloei saam met Dries se soen in my lyf in.

“Wag.”

Dries kyk vraend na my.
Ek kyk oor my skouer na Hannes wat nog langs die tafel sit.
Hy verstaan – en staan op.

Dries draai my om wanneer Hannes by ons kom asof hy my borste vir hom aanbied. Maar gentleman Hannes vou sy hande om my gesig en soen my terwyl ons weer op die maat van die musiek begin wieg. Dries voed sy honger met sy hande van agter af op my borste en sy begeerte teen my boude. Saam beweeg ons op die musiek. My kaal bo-lyf tussen hulle manslywe. Ek voel hoe Dries my romp begin oplig en hoe sy vingers soek tussen my bene. My asem steek in my keel vas. Almal kan sien wat hy doen. Die rompie is al om my middel en Hannes staan effens terug sodat hy ook kan kyk hoe Dries sy vingers om die rand van my broekie glip en dit dan stadig deur my nat poesie gly.

“Shall we dance?” vra Hannes en neem my weer in sy arms terwyl Dries se vinger my klit ontdek.

En dan gee my bene in.

– o –

Dis Dries wat die deur van die hoofslaapkamer oopstoot, maar Hannes wat my soontoe dra en op die spierwit bed neersit.

Dries trek my romp af en Hannes my broekie. Ek het nou net my sykouse aan. As ek wil praat, maak hulle my stil.

“Sjuut. Moenie worry nie, ons sal vir alles sorg.”

Dan trek die mans hulle eie klere blisig uit.

Dries lê links van my en Hannes regs. Twee mans wat teenoorgesteldes van mekaar is. Die een is rustig, stadig, intiem, sag. Die ander is passievol, dierlik, rof, hard.

Albei eis my lyf op sy manier op, maar hulle doen dit gelyk.

Terwyl Hannes my diep soen en soet woorde fluister, skuif Dries my bene wyer uitmekaar sodat hy tussen dit in kan pas. Hannes soen my nek, hals, borste en Dries steek sy vingers weer in my op. Hannes suig my tepel en Dries suig aan my klit. Vir nie een oomblik is albei mans se volle aandag nie by my en my liggaam nie.

Ek kom binne oomblikke. En weer. Aanhoudend. Ek weet later nie meer wanneer een orgasme begin en ‘n ander ene eindig nie.

As jou lyf voel asof hy hierdie wêreld vir die volgende ene wil ruil omdat hy gaan overdose op sensasie, soek hy oorloopplek vir al daardie “voel”.

Jy maak jou bene wyd oop om die een wie se beurt dit by jou poesie is vrye toegang te gee. Jy kreun en prewel en lag en maak geluide wat jy nog nooit gemaak het nie. En jy roep gode aan waarin jy nie eens glo nie.

Ek doen al daardie.

Albei penetreer my met speelgoed (wat Dries iewers gaan kry het), tonge, vingers en penisse. Verskeie kere. Elk. En elkeen op sy manier. Maar albei noem my naam wanneer hulle kom.

Dries laat my dink aan ‘n weerwolf. ‘n Dier. Hy paar met my. Hy naai my hard en diep en sy glimlag lyk soos wanneer ‘n wolf sy tande ontbloot net voor hy jou gaan verskeur. Hy druk sy arm teen my keel. Wat doen hy? My liggaam begin sweef terwyl hy in my instamp. Ek wil hê hy moet harder, dieper. Sy voorarm teen my keel steel my suurstof en ek word bang, maar ek wil nie hê hy moet dit wegvat nie. Hierdie intense ervaring het nou-net meer intens geword. Hannes is nog hier. Hy soen my wang, streel oor my hare, sy been is om my een been gekrul asof hy my help oophou vir Dries. Sy teerheid gelyk met Dries se hardhandigheid maak my rasend. Ek kry nie meer asem nie. Dalk sal ek so doodgaan met Dries se arm teen my keel en Hannes se mond teen my wang. Dalk sal ek hel toe gaan, want hierdie is reeds hemel. Kolletjies voor my oë voel ek hoe Dries harder word in my en dan kom ek weer met my laaste asem.

Dries kom kort na my lyf homself uitgewoed het. Hy lag tevrede en skuif teen my linkersy op. Hannes gee my ‘n vinnige soen voor hy teen my ander sy afskuif. Ek is al so teer, maar ek maak my bene vir hom oop soos ek dit vir Dries oopgemaak het. Dries speel met my borste, soen my lui in my nek – vir eers tevrede, maar blykbaar nog nie bevredig nie. Hy vryf my tepels tussen sy vingers. Hannes laat sak sy kop tussen my bene. Sy tong! Dis orals! Hy lek elke stukkie van my sensitiewe poesie. Van voor na agter. Hy lek oor my klit wat nog steeds voel asof dit aan die brand is en ek beweeg my heupe om weg te kom, maar hy druk my net stywer onder hom vas. Dis seer so sensitief is ek. Ek wil iets sê, vir ruskans pleit, maar Dries steek sy vingers in my mond. Ek proe my poesie se soet terwyl Hannes harder en dieper lek. Wyer en wyer druk hy my bene van mekaar af weg. Dries kneus my borste en kneus my mond en help om my stil te hou wanneer die sensitiwiteit my laat kerm en wegruk en dan steek Hannes sy vingers gelyk voor en agter in my op.

“Ek kan nie inhou nie. Ek voel of ek gaan ontplof,” hyg ek.

“Moenie inhou nie,” sê hulle presies gelyk.

Hannes hou nie in nie. Sy een hand se gekromde vingers pomp in my poesie en sy ander hand se vinger is (tot my skaamte) diep agter in my in.

Dries hou nie in nie. Met nuwe energie maak hy my borste in sy hande bymekaar.

Dan gee ek oor.

Dit is nie moontlik om te verduidelik wat ek voel nie. Geen woorde kan dit beskryf nie. Dis hoe die oerknal vir daardie eerste atoom moes gevoel het. My liggaam ontplof in triljoene stukkies goud wat so baie energie bevat dat dit sterre tot stand kan bring. Elke sel van my lyf bars oop. Daar is goue liggies agter my oë en my brein maak nuwe sinapse wat uit pure goud bestaan en ‘n fontein van vgesmelte goud vloei uit my poesie uit en deurdrenk alles.

– o –

Dis baie, baie later. Die eerste lig van die dag skyn dof deur die kamer se gordyne. Ek lê op my sy met my gesig na Hannes toe. Ons gesels saggies, want Dries slaap teen my rug. Dries se arm is oor my lyf gegooi, sy hand op my bors. Een van sy voete is tussen myne. Hannes streel vir oulaas my lyf. Sy vingers loop paaie oor my mond, skouers, borste, maag, boude, poesie, bene. Dit voel asof ek dieper in die sagte bed wegsak. Hannes trek die duvet hoër teen my lyf en vee saggies oor my oë. En dan raak ek aan die slaap.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

4 thoughts on “‘n Gouelokkies nag

  • April 21, 2017 at 12:36 pm
    Permalink

    Fook dis n goeie storie

    Reply
  • October 11, 2016 at 1:09 am
    Permalink

    Ek het die storie vreeslik geniet
    Pragtig geskryf geensins afstootlik nie
    Ek het gewens dit was ek wat sulke ekstase kon ervaar!

    Reply
  • October 9, 2016 at 8:04 pm
    Permalink

    Meesterlik en maak mens sommer lus om iets mal te doen.

    Reply
  • January 31, 2015 at 7:07 am
    Permalink

    Baie goed geskryf. Digterlik mooi en passieval. Het dit regtig geniet.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)