
Die lank en kort daarvan (variasie 1)
deur Geriatrix
Ons is ‘n los versameling van so dertig, soms meer soms minder; sommige is getroud, sommige woon saam, ander is in vaste verhoudings en ander, soos ek, spyker maar in die bondel soos en wanneer die geleentheid hom voordoen. Wat ons wel almal in gemeen het, is dat ons almal oopkop is – soos die Engelse uitdrukking lui: Anything goes.
Die meeste van die mans is tipiese Suid-Afrikaners en die afwyking in hulle gemiddelde lengte van die aanvaarde norm is so 10 tot 15 mm. Ek is dus baie goed bewus van wat om te verwag. Daar is egter een uitsondering – ‘n vriendin se man het ‘n instrument wat strek van hier tot in die ewigheid en nog ‘n dag – as die Amerikaners dit sien, sal hulle dit onmiddelik as ‘n “Weapon of Mass Destruction” klassifiseer. Sy deel hierdie instrument met ons, soms saam in die groep en dan ook weer sonder om deel te neem.
Omdat hy so bewus is van die omvang van die WMD, is hy ook baie versigtig en berei die speelveld eers baie goed voor voor hy tot die stryd toetree; die intreeslag is stadig en gemete – om die waarheid te sê so stadig dat mens soms wonder hoe ver die inval nou verloop het. Met die voordeel van die lengte bereik hy plekke waar die gewone man of vinger nie kan bykom nie – dit veroorsaak ander sensasies as gewoonlik. Aan die ander kant, het die lengte nou ook die nadeel dat hy heeltemal verby die gevoelige deel by die binnerand verbygaan en dan eers in trurat moet gaan om daar ook by te kom en amper met afstandbeheer moet werk om die punt te plaas waar dit saak maak. Die hefvoordeel van die afstandbeheer maak dit dan moeilik om nou kontak te hou en as dit nou by die fyndraai kom en die hefboom oor die knakpunt gaan, het die WMD nogal ‘n lang stuk om te gaan – wat jou oë amper uit hulle kaste laat spring as hy die buffer aan die einde tref. Laat ek baie eerlik wees, lengte het sy voordeel en dit is en was nog altyd baie lekker as die man jou spyker! Soos die werktuigkundiges sê: ‘Al die valves is nou weer oop.’
Om in die bondel te spyker is lekker, maar soms soek mens na iets anders. Kom hier een van die vriendinne se broer kuier – hy is in sy laat twintigs of vroeë dertigs en is gebou soos so ‘n man moet wees – alles is in plek; die spiere perfek in pas met die lyf en alles simmetries. Sy suster het ons aan
mekaar voorgestel – hy soek hulp met statistiek en ek is ‘n dosent in statistiek. Hy boer glo saam met sy pa en blykbaar is hulle nogal suksesvol. Ons twee begin gesels en vind toe uit dat ons heelwat in gemeen het; hy het provinsiale kleure in pistoolskiet, ry fiets en nog alles. Ek was darem al by geleentheid die klubkampioen in skyfskiet (toe die heersende kampioen met kraamverlof was), maar ek ry nogal redelik professioneel fiets.
Dit is Vrydagaand en na ‘n ete beland ons toe in my huis waar ons die gemeenskaplike gesprekke voortsit. Ons weet albei waar die gesprekke gaan eindig; maar dit is Vrydagaand en niemand moet more gaan werk nie so ons vat dit maar langsaam. Op die soenskaal van 1 – 10 kry hierdie man ‘n 11
en dan is sy hande ook baie handig; hy weet watter snaar om te speel en hoe hard of sag dit gepluk moet word. Wat skeer betref, is die gevoel tussen ons groep so half-en-half, sommige skeer alles af, ander hou so ‘n ietsie oor – ek self verkies om darem iets te los sodat wie ook al na die teiken toe op
pad is, naasteby weet hoe ver hy of sy nog het om te gaan. Nog nooit besef dat iemand hier ook die snare kan tokkel nie, maar hy kan.
Teen die tyd het hy al darem my 36B tiete ontdek en hy speel ook dié kitaar baie fyn, die nippel wat regop staan, kry net ‘n ligte aanraking en dan is die hand of vinger weer op pad na ‘n ander teiken toe. Sy hemp kom sommer so vanself af en ek kan op sy ses-pak trommel slaan. Skoene en kouse is ook gou uit en toe sy broek. Die knop in sy onderbroek lyk nie baie groot nie, maar ek aanvaar maar dat dit is omdat ons nog nie ver gevorder het nie. Ek volg die rigtingwyser van sy borshare na die bokant van die onderbroek en lig dit so effens op. Maak toe en volg eers ‘n ander pad terwyl hy goed op pad is om al drie die teikens te ondersoek.
Steek my hand by sy onderbroek in; jong nou is hier groot fout, want wat ek in my hand voel, is nie ‘n vuurwapen met ‘n loop nie – as daar so iets was, sou dit die kortloop ekwivalent van ‘n 45 Magnum gewees het! Die ‘kolf’ met sy twee dele pas mooi in my hand, maar die loop is heelwat dikker as my
duim maar ook net effens langer. Ek haal toe maar die wapen uit om te kyk of daar iets met die loop skort. Ek het twee, nee drie keer gekyk en moes my inhou om nie na ‘n denkbeeldige vergrootglas te gryp nie.
Ek kyk na die man om sy reaksie te sien, maar hy gaan rustig voort om te tokkel en streel met al die instrumente wat voor hom is. Trek die voorvel terug en hier voor my oë verskyn die grootste sampioen wat ek nog ooit gesien het – baie meer rond as die gewone koppe waaraan ek gewoond is en met ‘n beduidende rand. Hoe meer ek met die sampioen speel, hoe groter word die sambreel, maar die stingel word nie veel dikker as wat dit was nie. Ek skat die dikte van die skag op so ongeveer 80 % van die norm waaraan ek gewoond is; sy knaters is ook volgens maat, maar die kop se omtrek is seker 150 % van die norm en dan is dit amper meer plat en rond as die wat ek ken– elke keer as ek nou sampioene voor my sien, kom hierdie beeld by my op en dikwels moet ek dan gaan skoon aantrek.
Lang storie; die ou het baie seker gemaak die pad is goed geolie en toe hy na seker twee of drie uur (my muurholosie is binne my sig) se spelery uiteindelik die wapen op die teiken rig, het die teiken sommer vanself vorentoe gebeur om alles in te neem. Omdat sy loop so kort is, is die meeste van
die aksie by die gevoelige plekkie net aan die binnerandjie en dan ook die ertjie wat so elke keer ‘n raps van die sampioen se rand kry. Die kop maak ook alles mooi vol en die gevoelige plekkie is naderhand al amper seer van al die aandag.
Posisies: Bo, onder, onderste-bo en boonste-onder, noem dit en ons was daar – sommer baie keer. Gekom? Lankal opgehou tel en nog gaan die ou aan en aan! Sy knaters is in my hand en ek voel daardie bekende styging en geklop – hy gaan nou uitpluk, piel in die hand neem en dan die hele wêreld vol kom – behalwe op die regte teiken – my nippels wat soos jong dennestompies regop staan en skreeu om besproei te word. Dis tog snaaks hoe al die mans weet dat ons daarvan hou as hulle oor ons tiete kom, maar met die uitrukslag vat hulle daardie vuurwapen soos ‘n pompaksie haelgeweer vas en pomp dan die loop dat die koeëls die hele wêreld vol spat terwyl hy probeer mik. Dit help ook nie dat jy sy wapen probeer rig nie, want teen daardie tyd tel net een ding. Die koeëls moet by die loop uit!
Maar, hy pluk nie sommer uit nie – hy ontkoppel! Nie vinnig nie en die hele tyd gebruik hy daardie kop om die gevoelige plekkies aan die binnerand te treiter – soveel so dat ek nog ‘n hele klomp merkies op die muur moet maak. Na ‘n lang ruk het hy uiteindelik die kortloop Magnum in sy hand en begin jy stadig beweeg na waar ek my tiete vir hom uithou. Gaan hy links of gaan hy regs? Nie een van die twee nie – die bliksem moet nou eers met sy voël voel waar my naeltjie is – nie daar nie man, hoër op – enigeen van die twee!
Die meeste mans gebruik hulle hande om die pramme te speel, maar hierdie ou gebruik sy wapen soos ‘n elfde vinger. Ek meet so met die oog en sien dat die 36B’s darem te groot is vir die kort vingertjie, maar dit pla hom niks; hy gebruik die elfde vinger soos ‘n pro en meet elke kurwe en kromme van die wêreld voor hom – en die 36B’s beweeg ook saam om alles moontlik te ontdek. OK, ek weet die korrekte Afrikaans vir die wiskundige term is kromme en vrouens het kurwes, maar wat maak dit saak? Dit is lekker!
Na baie wik en weeg – hy wik na links of regs en ek weeg sy knaters – besluit hy op een die twee heuweltjies en begin stadig sy voël in dié rigting beweeg. Goed, nou weet ek watter tiet hy gaan werk. Maar nee, net toe ek dink hy gaan sy riem begin ruk en dan oor daardie pram spuit, trek hy weer terug en mik vir die ander een. Hel man ‘n girl kan net soveel vat dan moet dinge begin gebeur!
Die hand wat nie die wapen vashou nie begin weer sy verwoestende werk om my klit doen – ek dink my klit is so ook al amper so groot soos sy voël en hy speel hom so tussen die twee vingers soos ‘n yo-yo. Ek sweer ek kan sien hoe die kom by my klit se punt uitspuit! Hier is hy nou by die een pram – ek weet nou al lankal nie meer of dit links of regs is nie; hy trek sy voorvel terug en sit die moerse kop op my stewige nippel. Nippel se kind beur sommer vanself hoër om al die vog van sy nat piel op te vang. Daar is baie, want ek produseer baie.
Sy voël se punt is nou op my nippel – dit voel of sy voëlkop oopmaak en die hele nippel in die opening in gly. Heerlik en het nog nooit so gevoel nie, dan vat sy hand sy voorvel en begin dit stadig oor sy voël en my nippel te skuif – dit voel kompleet of hy met sy voorvelpoes my nippelpiel naai!
Op en af en heen en weer; sy pisopening doen ook sy deel en knyp die nippel vas soos wat ek sy voël met my poesknypers vasgegryp het. My oog vang die muurhorlosie – hy is al amper tien minute besig om my nippel met sy voorvel te naai! Onthou, oog op die teiken, vinger liggies op die sneller, haal diep asem, blaas uit en net toe ek dink dit kan nie nog erger gaan nie, klap die skoot en daardie 45 Magnum se koeëls tref my nippel met ‘n spoed KOLSKOOT, of soos my Nederlandse vriendin sou sê: ‘Een schot in de roos.’
12 COMMENTS
Geriatriz – absoluut uitmunted gedoen. Jy mag maar gou weer skryf.
Geriatrix het nog ‘n twist op hierdie storie geskryf. Ek sal hom volgende week vir julle post. X
Knap geskryf. Ek het dit baie geniet.
Interessante siening van lank en kort Geriatrix. Ons manne wens so altyd jyt nog n ekstra stuk by…asof dit nooit lank genoeg kan wees nie. Tog is dit nie die geheim om ‘n vrou se genot te prikkel nie. Daar is baie meer in die tegniek verborge as die brutale mate. Meer manne kan hiervan kennis neem.
Maar hoe sal ons ook nou weet as julle ons nie vertel nie ne? lol
Sjoe Annelise, die foto boaan het my so vasgevang, ek kon amper nie die storie lees nie….pragtig!
Ek is bly julle hou van die foto ook – dis een wat al elders op ‘n bloumaandag verskyn het. 🙂
Wow…..dis nou n erotiese storie…pragtig en siedaar, selfs die kort mannetjie kan sy ding doen en n vrou baie gelukkig maak. Mooi geskryf…maar jy kon maar voluit gese het wat jy regtig wou….
Hahaha…ek het ook n storie oor n kort mannetjie…
Dankie, kan jy dalk uitbrei op ‘wat jy regtig wou’. Ek probeer om nie kru te wees nie.
Annelise – die foto: Jirre dis mooi, sommer lus om die kierie weg te gooi
Ons gee nie om vir kry nie?
Geriatrix, as ek jou storie lees dan kan mens aanvoel jy wil graag dit vertel soos jy voel. Jy kon maar meer eksplisiet wees wat nog nie kru is nie. Later af in jou storie “ontwaak” jy wel en dit is pragtig en deel van die erotika van skryf in Afrikaans. Skryf gerus weer.
Hahah ek stem saam oor die foto… dankie Annelise….pragtige foto
“n Rare storie, maar uiters genotvol !
Wie se mooiste TIETE is dit daai? Ek wil ook deel van daai bondel wees!