
Middel van die week perv-stop vir die girls
kombiekiehier hou van sport en sports. Want baie sexy.
Dis nou rugbyseisoen in ons land en enige warmbloedige vrou sal weet dat ons nie net rugby vir die spel kyk nie. Vroue kan meer as een ding op ‘n slag doen en ons doen daai nooit beter as wanneer ons rugby kyk nie. Dit is moontlik om vir jou span te skree terwyl jy oor die “vyand” se ferm boude en mooi voorarms drool. Dis eintlik maklik.
Op die vooraand van die eerste wedstryd van die jaar wat ons eie groen-en-goud manne gaan speel, gee ons vir julle so ‘n paar drool-worthy foto’s van die Franse rugbyspelers. Wens julle nie ons ouens was ook so dapper nie?