Met liefde aan julle: Gemeenskap
Liewe leser,
As jy ‘n gereelde leser van Kombiekiehier is, sal hierdie aankondiging nie as ‘n verrassing kom nie. Ek bied vir julle met liefde ‘n EKSPERIMENT IN LUSUITLEWING (wat dalk kan faal) of die BEGIN VAN IETS HEERLIKS.
Ek gee vir julle Gemeenskap, Kombiekiehier se sosiale netwerk.
Gemeenskap is ‘n uitvloeisel van Kombiekiehier, die eerste en enigste en beste en grootste 😉 Afrikaanse sekswebruimte in die hele wêreld. Kombiekiehier se lesers het gevra vir ‘n ruimte waar hulle “openlik” en ook privaat met mekaar kan gesels. Dis asof hierdie begeerte iets is wat in elk geval nie onderdruk kon word nie, want die kommentaar-afdelings van Kombiekiehier het soms soos ‘n geselsgroep begin lyk sonder dat dit so beplan was.
Hierdie webwerf kan nog baie ontwikkel. Daar is opsies wat ek nie nou dadelik aktiveer nie. Ek dink dit moet groei soos Kombiekiehier gegroei het. Almal proe en ruik en lek en voel en neem deel en kom so bietjie en dan maak ons hom saam al beter soos ons aangaan.
Vir nou is dit ‘n plek waar jy vry kan vry. Hier kan jy flikkers gooi en charf en raad vra en raad gee en ondersteuning kry en vriende maak.
Lede van ‘n gemeenskap wat uit ‘n erotiese webwerf ontstaan het, behoort te verstaan dan almal wat hier inskryf soortvan op dieselfde manier dink. Ek kan nie dink dat iemand wat issues oor seks of kaal liggame het hier sal wil wees behalwe om probleme te maak nie. Hierdie is nie facebook nie – hier word die mense wat te liggeraak is, wat geaffronteerd voel deur ‘n kompliment of selfs ‘n voorstel, wat enigsins oordeel, wat politiek of geloof hier wil insleep of wat wil spioeneer eerder afgegooi. (Op facebook word daarde tipe mense juis beskerm.) Jy WEET MOS dat mense hierheen gekom het omdat hulle oor seks gelees het op Kombiekiehier. Alhoewel ek hoop en glo dat mense hier ook net vriende sal kan word wat selfs oor ander dinge wil gesels en mekaar oor ander dinge wil ondersteun, verwag ek ook dat mense hier (classy) seksuele kommentaar sal wil lewer en dit moet aanvaarbaar wees vir die ontvanger ook.
Selfs belangriker is dat ‘n vryer gemeenskap nie beteken dat ‘n mens nie iemand respekteer nie. Wanneer seks betrokke is is dit JUIS belangriker om versigtig te wees. As iemand nee sê vir ‘n voorstel of selfs vir flirt of gesels dan dink ek Kombiekiehierlesers sal dit met grasie aanvaar en nie daaroor “bitch” of aanhou kerm of skimp nie. Woorde soos hoer of slet is net in seker seksuele kontekse aanvaarbaar en daardie kontekse sal waarskynlik net in private gesprekke tussen julle plaasvind.
Ek is eintlik seker ek hoef nie hierdie vir die meeste van julle te sê nie. Op Kombiekiehier het ek nog net positiewe interaksie gesien. Die paar vroue daar word op die hande gedra. Ek moet egter hierdie sê vir mense wat dalk nie van daar af hier uitgekom het nie. 🙂
Hieronder gaan ek so paar tips vir julle gee oor privaatheid. Lees darem een keer daardeur sodat jy weet wat jy dalk nie geweet het nie. 🙂
Die verwelkomingsblad sowel as die voorwaardes sal geskaaf word soos die webwerf groei. Hierdie is die eerste kossies om net die baba aan die gang te kry.
Om onaangename mense te help uithou sal Gemeenskap R100 per maand kos. Ek moes geld leen om genoeg van die funksies wat julle wou hê te koop (gaan dit jaarliks moet hernu). Gemeenskap is soos ‘n dating site, sosiale netwerk, gesprekforum en fetlife gemeng, maar hopelik met baie minder reëls en issues.
ALLES wat ek nou hier skryf kan verander. 🙂 Ek kan die inskrywingsfooie ook minder maak. Ons kyk net eers wat werk en wat nie.
Laat my asseblief weet wat jy anders sou wou hê.
Laastens, omdat Kombiekiehier Vreesloos en Kombiekiehier foto’s van boobs (en meer) op het sukkel ek om ‘n betaalsisteem daarop te sit wat nie Paypal is nie. Die ander laat my nie toe nie, want seks en issues en die samelwing en ou tannies. As jy hier met die makliker betalingsmetodes wil inskryf vir Vreesloos ook dan sal ek so gou as moontlik na jy ingeskryf het die webwerf vir jou gaan oopmaak met dieselfde bynaam en adres as wat jy hier gebruik het.
MAAK SEKER JY KIES DIE REGTE OPSIE. KOMBIEKIEVREESLOOS IS NIE VIR ALMAL NIE. AS JY GEMAKLIK EN TEVREDE IS MET KOMBIEKIEHIER, KOOP NET DIE GEMEENSKAP OPSIE.
Liefde en lus.
Annelise
(Ek sal aanhou om op hierdie post te antwoord as julle vrae het. Ek sal dit in die comments antwoord, maar ook die Gereelde vrae bywerk.)
Voorsorg: Gemeenskap se reëls en voorwaardes
Privaatheid en sekuriteit
Vanoggend op die radio in ‘n onderhoud hoor ek weer hoe daar nie iets bestaan soos privaatheid op die internet nie. Dis soos diewe – as hulle by jou huis wil inbreek gaan niks hulle keer nie. Op die meeste kan jy dit net moeiliker maak om by jou in te breek as by jou buurman.
Dit werk so met jou foto’s ook. Selfs al is jy slim is hulle blykbaar slimmer.
Tips oor hoe om foto’s van jouself met min of geen klere rond te stuur:
- Kyk dat jy nie leidrade oor jou identiteit weggee wat jy nie wil nie, byvoorbeeld om voor jou motor te “pose” waar mens die registrasienommer kan sien of in jou slaapkamer waar jou man jou bedsprei kan herken of so iets.
- As jy regtig angstig is dat niemand mag weet jy is deel van Gemeenskap nie (soos as jou geliefde op jou kop sit 😉 ) kan jy ‘n gmail adres onder ‘n totale vals naam maak en jouself daardeur en met die vals naam op die webwerf registreer. Nie eens ek sal dan weet wie jy is nie. Ek weet nie wie baie van my gereelde skrywers en kommunikeerders is nie omdat hulle dit so doen.
- As jy betaal word geen van jou betalingsinligting hierheen gestuur of op my werf of server gesave nie. Die stelsel kry net ‘n boodskap wat sê jou rekening is betaal. Jou account profile word wel op my server gesave – die ene wat jy skep wanneer jy registreer. JY KAN DIT MET VALS INLIGTING INVUL. Dis die stelsel wat dit vra, maar daardie hoef blykbaar nie met jou Payfast details of Zapper ooreen te stem nie. Wanneer jy kliek op die betaalfunksie en na jou kredietkaarte toe gelink word is dit weg van Gemeenskap af. Daardie inligting is net op jou eie plek. Al wat ons van daar af ontvang is ‘n boodskap wat sê dat die vals naam betaal het en die produk oopgestel kan word.
- Ek het dit gaan stel sodat die inskrywing as “GOEDERE” op jou kredietkaart aangedui sal word. Ek is nie seker op hierdie stadium of hoe dit op Zapper sal lyk nie.
- Onthou selfs al stuur jy op snapchat vir iemand ‘n foto kan hulle steeds ‘n screenprint maak. Of mens kan jou rekenaar se skerm save en so kan iemand die foto hou.
- Soos ek al voorheen in HIERDIE artikel op Kombiekiehier geskryf het, neem net dele van jouself af. Neem jou boob of jou bene of jou boude of so af. Dan gaan niemand jou herken of afpers nie, want hoe gaan hulle weet dis jy?
- Daar bestaan foto’s van my waar ek heeltemal kaal is en my gesig ook wys. My trick is om nie om te gee nie. 😉 As die foto nie lelik is of ek skaam gaan wees oor my maag of boude of iets nie, dan moet hulle dit nou maar wys vir die wêreld. (En ek maak seker dat ek nie foto’s deel waarmee ek nie tevrede is nie 😉 )
- Moenie soveel stress dat jy bang word en niks kan geniet nie. Mens moet darem ook realisties en gebalanseer oor die dinge bly. As jy nie bekend of ryk is nie, waarom sal iemand jou wil afpers?
- As jy afpersbaar is dan is ek seker jy is nie onder jou eie naam hier nie.
- Die meeste mense met wie jy ‘n verhouding opbou is nie varke wat die foto’s sal deel nie. Mens vertrou sekermaar elke dag mense en die meeste is eintlik heel ordentlik en opgevoed.
- Dit sal nice wees as Gemeenskap en Kombiekiehier darem nie vir almal ‘n vuil geheim is nie. Dis nie asof ons sulke vieslike goed hier doen of kyk nie. (Jy kan jou Kombiekiehier Vreesloos lidmaatskap maar verswyg as jy wil.) Dis soms vir my erg dat mense so erg bang is iemand weet hulle is hier of praat met my, maar dis seker maar hoe julle wêrelde werk. 🙁
*Aangesien alles op Gemeenskap nog vars en onvoltooid is sal enige ander tips wat julle kan voorstel waardeer word.
Profielfoto’s
Moet asseblief nie (sover, aan die begin) liggaamsdele as profielfoto’s gebruik nie. Daar sal binnekort plek wees vir foto’s op elke persoon se profiel. Ek is net vir eers bang dat ek weer die betaalsisteem gaan verloor as die profielfoto’s so iets is. Jou gesig as jy nie hoef weg te kruip nie, of enige ander foto is vir eers verkieslik.
Ordentlike maniere
Vra is vry, veral hier. Iemand behoort nie in die moeilikheid te raak oor hulle iets vra nie, selfs al is dit vir ‘n foto of seks.
Aanvaar ‘n “nee” met grasie.
Sê nee met grasie en ‘n dankie.
Kontak my asseblief as jy deur iemand geteister word sodat die persoon gewaarsku of anders verwyder kan word. Skryf vir my hier in Gemeenskap of by kombiekiehier@gmail.com
As jy jouself aan teistering skuldig maak en nie na waarskuwings luister nie behou ek, Annelise, die reg voor om jou van Gemeenskap af te verwyder.
Net ek, Annelise, het toegang tot Kombiekiehier@gmail.com
Volwassenes
Aangesien almal hier volwassenes is, hoef ek dit seker nie eens te noem nie, maar dis dalk beter: Jy is verantwoordelik vir jou eie dade. Jou besluite is net joune. Kombiekiehier, Annelise of Gemeenskap is nie ‘n bewaker van sedes nie en ook nie die duiwel wat mense iets laat doen nie. Jy kan hier vriendskappe maak, deel wees van ‘n like-minded gemeenskap, ondersteuning kry of ‘n eggenoot of ‘n minnaar kry, maar jy kan so iets enige plek kry. Dis jou besluit hoe jy hierdie ruimte wil gebruik – geen oordeel, maar ook net jou verantwoordelikheid.
Foto’s
Moet asseblief nie foto’s hier deel wat op enige manier kinders ophet nie. Moenie eens hier vir jou vriend(in) wys hoe jou kind lyk nie. Ruil epos adresse of telefoonnommers uit as jy oor jou kroos wil spog. Hierdie webwerf het tog deur Kombiekiehier ‘n seksuele konnotasie (al gebruik jy dit dalk anders) en daarom is dit onvanpas om enige, enigiets oor kinders hier te wys of bespreek. (Kinders is vir die doeleindes van hierdie webwerf onder 18.) Ek het hierdie les geleer toe ek foto’s van naakte ma’s wat hulle baba’s vashou op Kombiekiehier gepost het. Dis maak nie saak dat dit vir my mooi en nie seksueel was nie – my website het amper permanent verdwyn daaroor. Ander (siek) mense koppel die twee en ons moet sekermaak dat dit nie hier gebeur nie. Help my asseblief ook oplet daarvoor.
Moet ook asseblief gaan foto’s van bestialiteit hier deel nie. Ruil dit ook liewer deur ‘n ander medium uit. Die daad is onwettig al is stories daaroor nie. Maar ons sal liewer nie ‘n kans vat nie.
Gereelde Vrae
Hoe kom ek by Gemeenskap uit?
Die link op hierdie stadium is https://koopbiekiehier.kombiekiehier.co.za/ as jy dit direk in jou browser wil intik. Ek sal julle laat weet wanneer ek ‘n domein het en dit beter gemaak het. Jy kan ook direk deurkliek na die site toe in die menu hierbo van Kombiekiehier. Al drie die sites het links na mekaar toe in die menu.
As wat gaan Gemeenskap op my bankstaat of by Payfast aangedui word?
As “goedere” – laat weet my asseblief as dit nie so is nie.
Ek moet dan my besonderhede invul om te registreer, hoe beskerm dit my identiteit?
Vul jou vals naam en vals posbus of adres daar in. Die res van die wêreld hoef nie bekommerd te wees dat iemand nie moet weet hulle is op ‘n spesifieke site nie, so die stelsel is ongelukkig so opgestel dat dit vra vir registrasie besonderhede. Dis een van die goed wat ek sal probeer regmaak. Sal julle laat weet as dit verander.
10 COMMENTS
Hi
Ek het as Bietjielekker met n verwysing van 2429 direk in jou FNB rekening inbetaal maar daar gebeur niks. Kan nie ingaan by gemeenskap nie.
Hello daar, ek het so halfuur gelede my bankrekords gecheck maar niks nuuts daar gesien nie. Ek sal oor so uur weer by my rekenaar wees. Ek moet die site vir jou oopmaak sodra ek bewys van betaling kry of die geld sien. Sal vir jou n mail stuur sodra ek dit gedoen het. Jy sal ook ander mails ontvang. Dankie intussen vir die ondersteuning. 🙂
Ek probeer vir jou ‘n mail stuur maar dit wil nie deurgaan na die email adres wat jy aangedui het hier en in Gemeenskap nie? Wil jy nie asseblief vir my skryf by kombiekiehier@gmail.com sodat ek vir jou kan verduidelik wat aangaan nie? 🙂
As jy vir Gemeenskap geld in my bankrekening inbetaal het, laat my aaseblief weet? Daar is so twee betalings sonder verwysings. Een is vir ‘n vreemde bedrag soos R193 of so iets. Ek moet vir julle Gemeenskap gaan oopmaak, maar is nie seker wie se geld ek ontvang het nie.
Hoorie almal, 🙂 Ek gaan skielik as ‘n verrassing die naweek weg. Daar gaan geen sein wees nie en ons ry more (Vrydagoggend) vroeg. Ek sê hierdie omdat julle nou (vandag) moet registreer en my betyds wys dat julle betaal het as julle die naweek in Gemeenskap wil rondhang. Ook: ek gaan niks daar kan dophou terwyl ek weg is nie, so wees nice, ok? 🙂
Inkopies, oefen, sing, skryf, events reel en dan hou jy ons ook nog gelukkig! En jy kry tyd om so lang bekendstelling met gedetaileerde instruksies vir ons te skryf. Ongelooflik. Net jammer my kop het vasgehaak by die kaalfotos met jou gesig… What was that middle thing again?
😛
hahahaha! 🙂
Set up is goed, sal beslis in die nabye toekoms aansluit
Julle moet my asseblief laat weet as julle aansluit en iets nie werk nie, veral aan die begin. Ek het dit getoets met ‘n aparte profiel, maar daar kan nog foute insluip. Ek het julle nodig om die tandekryprobleme uit te sorteer.
Mooi! Ek gaan nou aansluit by Gemeenskap. Die Vreesloos sal ek maar eers ‘n “verbygaan” gee.Dankie Annelise! Goeie werk. Arauna