Gemeenskap

Julle is te vinnig vir my! 🙂 Nog voor ek dit amptelik aangekondig het het van julle al die link in diemenu hierbo ontdek. Ek sal so bietjie later ‘n ordentlike post oor Gemeenskap kom maak, maar hy is oop. Ek het als getoets wat ek kon met my eie naam en ‘n vals profiel en dit het gisteraand gewerk. Maar ek kan nie sweer dat dit so gaan aanhou sonder goed wat ek sal moet uitsort of beter maak nie.

Die belangrikste wat ek nou wil sê voor ek later nog belangrike goed sê is dat ek dink nie die lidmaatskap is dadelik oop as jy betaal nie. Ek sukkel om dit te toets maar ek dink ek as administrateur moet eers ‘n verstelling aan jou profiel maak voor dit oop gaan vir jou. As jy in my bank inbetaal gaan dit in elk geval eers oop na die geld ontvang is hierdie kant.

Ok hierdie was net ‘n kort boodskap om te sê jy moet my net kans gee. Ek is meeste van die dag voor my rekenaar en dan sal ek dit amper dadelik sien en oopmaak, maar soms moet ek gou kos gaan koop of oefen of sing en soms slaap ek. 😉 Dan doen ek dit sodra ek terug is.

(As ek dit eendag kan toets/regkry dan behoort mense wat met Zapper – ‘n WONDERLIKE APP! – of Payfast betaal dadelik toegang te kry sonder dat ek iets hoef te doen eers.)

Geniet en praat met my asseblief. Julle is of die deelnemers van ‘n failed eksperiment of die heel heel eerste lede van iets amazing. 🙂

Lus en liefde

Annelise

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

6 thoughts on “Gemeenskap

  • August 14, 2018 at 11:10 am
    Permalink

    Hoe werk ons nou met die van ons wat reeds lede is op vreesloos – en vooruitbetaal het? Kies mens dan net die Gemeenskap opsie alleen? Of nog steeds die Gemeenskap en Vreesloos kombinasie?

    Reply
    • August 14, 2018 at 11:28 am
      Permalink

      Nee jy kies net die gemeenskap ene. Mense hou nie van paypal nie so wanneer lidnaatskap van vreesloos verval sal hulle dalk deur Gemeenskap wil betaal

      Reply
    • August 14, 2018 at 11:28 am
      Permalink

      Ek is amper terug by rekenaar dan sal ek meer inligting vir julle gee 🙂

      Reply
  • August 14, 2018 at 10:03 am
    Permalink

    Jip, dit bestaan reeds en jy kan deur die menu hierbo daar uitkom. Ek moet net gou uitgaan maar sal na elf dit ordentlik aan julle bekend kom stel. 🙂

    Reply
  • August 14, 2018 at 10:00 am
    Permalink

    Die gemeenskap? Dis nou iets soos ‘n Chat-site…Geselsforum. En…ledegeld is betaalbaar. Wat goed sla wees…om trolle uit te hou,ens. Maar jy sla ons op hoogte hou van verdere verwikkelinge??
    Dankei! Mooi loop. Arauna

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)