
Liedjiestorie: Tequila Sheila
deur Ramkat Erasmus
Ek het ‘n roetine voor ek casino toe gaan. Eers boek ek in die hotel in, dan gaan stap ek ‘n draai deur die casino om te sien of daar iemand is wat ek ken. Dan gaan stort ek, mediteer vir ‘n ur, doen hoofrekene oefeninge en dan trek ek my aandpak aan. Ek doen ook grimering. ‘n Vals snorretjie of baard. Stop my wange op, kleur my hare, ‘n dik bril.
Casino’s het die beste “game plan” in die wêreld. Hulle hou alles dop deur geslotekring televisie. Al die voordeel is by hulle. Daar is net een spel waarmee die dobbelaar ‘n geringe kans staan om te wen en dis Black Jack. As jy die spel verstaan en kaarte kan tel, kan jy vir jouself ‘n effense kans gee om die casino te uitoorlê. Maar as jy dit te veel doen en hulle besluit jy wen te veel geld, verban hulle jou. Jy word eenvoudig uitgesmyt en mag nooit weer terugkom nie. En dis heeltemal wettig. Hulle kan die “odds” aanpas om vir hulself ‘n onregverdige voordeel te gee, maar jy mag nie. Aldus die grimering.
Ek reis van casino na casino en speel vir ‘n aand of twee voor ek aanbeweeg. Ek lyk nooit dieselfde nie en gaan nooit terug as ek groot gewen het nie, tot ‘n paar maande vergaan.
Sun City is nie my gunsteling dobbelhool nie. Te veel toeriste wat nie weet wat hulle doen nie en kwaai sekuriteit. Ek kyk na die skyfies voor my en maak gou ‘n som. Dit moet ongeveer honderd-en-veertigduisend rand wees. Ek sien hie die “pit-bosses” begin naderstaaan. Hulle het my deler nou al drie keer omgeruil in die laaste twintig minute. Ek weet wat gaan volgende gebeur.
By die put base staan ‘n vrou in ‘n rooi rok. Sy is die gesigkenner. Sy spesialiseer daarin om gesigte te onthou. Ek is feitlik seker sy het my nog nooit in die rooi pruik, met die snorretjie gesien nie, maar besluit eerder bang Jan as dooie Jan en ek skraap my skyfies bymekaar. ‘n Kelner gee vir my ‘n emmertjie en ek beweeg vinng na die kasiere toe. Ek vra vir vyfduisend rand in note en ‘n tjek vir die res.
Ek vat die kontanttjek en stap na ‘n bankmasjien toe. Dis buite werking. Ek kyk oor my skouer en sien hoe die sekuriteitspersoneel nader beweeg. Ek stap hastig uit en soos die geluk dit wil hê wag die hotelvervoer buite die deur. Ek klim in en die kar trek weg. Ek kyk oor my skouer. Die vrou in die rooi rok staan op die sypaadjie en kyk my kar agterna.
By die hotel vat ek die rekening, wys een van verskeie ID dokumente wat ek besit en bestel ‘n bottel Tequila, met suurlemoen en sout. Ek klim in die hysbak en ry boontoe. In my kamer haal ek die pruik af en sit dit weg, dan trek ek die snorretjie af en sit dit weg. Ek vat ‘n waslap en seep en was die gom van my bo-lip af. Dan trek ek die klere uit en pak dit in ‘n tas wat ek in die hangkas wegsteek. Ek trek die hotel se japon aan, kam my hare en gaan sit in die hoek in die gemakstoel. Ek blaai deur die TV-kanale en kry ‘n dokumentêr oor die Serengeti. Ek sit agteroor en wag.
Die klop aan die deur kom na omtrent vyf minute. Ek staan op, trek die japon reg en gaan maak oop. Die meisie met die rooi rok staan voor my deur met ‘n skinkbord. Daar is ‘n bottel Olmeca Gold op, twee suurlemoene, ‘n soutpot, snybord en mes.
“Jy’t die bestel, meneer?”
“Ek het.”
En ek prober die skinkbord by haar vat, maar sy loop by my verby die kamer binne. Sy sit die skinkbord neer, reik na twee glase en vra of sy maar kan skink. Ek knik.
Sy maak die bottel oop, skink en sny dan twee skyfies suurlemoen. Sy gee my drankie aan, die skyfie suurlemoen bo-op die glas. Dan hou sy die soutpot vir my. Ek lek my hand, gooi sout op en wag vir haar om dieselfde te doen. Dan lig ek my glasie, lek die sout, gooi die drankie in my keel af en byt in die suurlemoen in.
Soos altyd gee die Tequila my ‘n skop wat terselfdertyd sleg is, maar heerlik brand in my keel af. Ek kyk vir haar wat die glas neersit en ‘n diep asemteug neem.
“Jy’s nie die kamerdiensmeisie nie. Ek het jou in die casino gesien.”
“In die casino het jy rooi hare gehad en ‘n snor.”
Ek skud my kop.
“Ek dink jy maak ‘n fout.”
Sy kyk my lank aan, dan glimlag sy.
“Nog een?”
Ek knik en sy gaan weer deur die ritueel. Weer sluk ons. Die keer is dit makliker.
“So? Wat kan ek vir jou doen?” vra ek.
Sy kyk rond, loop na die bedkassie toe en tel die koevert op. Sy maak dit oop en haal die vyfduisend rand kontant uit. Sy sit dit eenkant. Dan haal sy die casino se tjek uit uit.
“Jy’s ‘n professionele kaartteller.”
Ek sê niks.
Sy sit die kontant neer en hou die tjek op.
“Gee my die en ek sal jou nooit weer herken as jy hier inkom nie.”
Ek gee ‘n innerlike kreun. Daai tjek is vir meer as ‘n honderdduisend rand.
“Jy kan die tjek in twee aande verdubbel as ek jy nie uitwys nie.”
Ek sê steeds niks.
“Deal?” vra sy.
Ek knik stadig my kop.
Sy glimlag fyntjies, vou die tjek op en druk dit by haar rok se bo-stuk in. Dan loop sy nader en soen my op die mond.
“It’s a pleasure doing business with you …”
Soos sy verbyloop gryp ek haar arm en trek haar terug. Sy staan met haar lyf teen myne en kyk na my met groot oë.
“Nie so haastig nie …” sê ek en soen haar met mening. Vir eers wil sy haar teësit, maar dan verslap sy skielik in my arms en begin terug soen. As sy haar arms om my nek gooi en haar hande in my hare begin invleg laat sak ek my hande en omvou haar boude deur die dun rokmateriaal.
Sy kreun en druk haar bekken teen myne aan. Sy skuur haar middellyf teen myne en my horing begin regop staan. Dan druk sy my weg en draai om. Vir ‘n oomblik dink ek sy gaan koue voete kry en loop met my tjek, maar sy lig haar arms agter haar rug en trek die rooi rok se ritssluier af.
Sy het swart satynonderklere aan.
Sy draai na my toe en haar oë is groot en vol belofte en wellus. Ek trek haar weer nader en vryf al die kaal vel wat ek kan bykom terwyl ek haar hard soen. Ek glip my hande onder die broekie se rekkie in en voel haar ferm kaal boudjies onder my hande.
Dan is dit my beurt om haar weg te stoot. Ek laat die hoteljapon van my skours afgly en sien hoe sy na die knop in my onderbroek kyk. Sy glip uit haar bra uit en trek dan die broekie af. Ek laat my onderbroek ook gaan, steek my hand uit en trek haar nader. Haar warm lyf druk teen myne en sy omvou my piel met haar hand. Ek glip myne tussen haar bene in en voel dat sy sopnat is.
Ek trek haar agteruit tot by die bed en val agteroor met haar bo-op my. Teen die plafon is ‘n spieel en ek kan sien hoe haar spiere onder haar vel beweef soos sy teen my opkruip. Sy wil my voël in haar indruk maar ek keer en trek haar hoër op tot sy oor my gesig sit. Ek begin met my tong in haar soet poesie rondspeel en sy begin kreun en haar asem halingword harder. As dit vir my voel of sy amper reg is om te kom hou en op en beweeg haar weer af. Die keer druk sy my in haar in en begin my ry.
Baie vrouens dink as hulle bo sit moet hulle op en af hop. Party weet dat hulle die plesier kan opskerp en langer laat aanhou as hulle net hulle heupe vorentoe en agtertoe beweeg en nou en dan heen en weer.
Hierdie rooirokmeisie verstaan die werk en ek voel hoe golwe van plesier oor my spoel. Ek hou haar in die plafonspiëel dop en dit maak die hele saak net meer eroties. Dan buig sy haar rug agteroor en kom met ‘n diep siddering. Met die sien sy haarself in die spiel en verstyf. Vir lank sit sy so. Dan begin sy weer haar heupe beweeg en haar naels druk in my borskas in terwyl sy haarself in die spiëel bekyk.
“Fok. Dis mooi.” Fluister sy.
Ek begin harder werk met my heupe en ons albei se asems begin jaag tot ons weer kom. En die keer kyk ons albei in die spiëel.
– 0-
Sy gooi nog tequila. Ons drink en sy vat my piel in haar mond. Ek is gou weer hard en dan gaan lê sy op haar rug met haar bene oop. Ek beweeg tussen hulle in en druk myself in haar warm, nat spleet in.
Ek is bewus daarvan dat sy vir haarself (en seker vir my) in die spiëel kyk. Haar naels krap my rug. Haar bene omvou my middellyf en sy smeek my om haar hard te naai terwyl sy heeltyd met oopgesperde oë na ons liefdesspel in die plafonspiëel kyk.
Sy kom twee keer sonder om haar oë toe te maak voor ek weer kom.
-0-
Ons drink nog Tequila en dan lê ons op ons rue en kyk na onself in die spiëel. Sy het my slap voel in haar hand en speel lui-lui met hom terwyl ek haar haarlose poesie vryf. Ek glip my vinger tussen haar lippies in en begin haar klit vryf. Sy rol my piel in haar hand rond en hy word so effens styf. Maar die aandag wat ek aan haar klit gee hou haar aandag vasgenaels op die beeld in die spiëel. Dan rol ek om en gly met my gesig tussen haar bene in.
Ek vat daai nat koekie met my mond en gebruik al die tegnieke wat ek deur die jare geleer het om haar op te werk to ‘n orgasme. Ek weet sy kyk daarna in die spiëel, want sy vertel my heeltyd wat sy sien en hoe dit haar jagser en jagser maak. Dan kom sy met ‘n tamaai bokspring van haar heup. Sy klem my kop met haar bene vas en kreun keer op keeer terwyl die rillings deur haar rol.
-0-
Ons drink nog tequila en dan raak sy in my arms aan die slaap.
-0-
Ek pak haar rooi rok, saam met haar onderklere in die tas wat ek vir my vermommings gebruik. Dan druk ek die kontant en tjek in my beursie, vat my bagasie en glip by die deur uit terwyl sy rustig slaap en effens snork. Ek trek die deur agter my toe.
Die hyser gaan in die portaal op. Daar is niemand agter die toonbank nie. Ek loop vinnig uit en draai na die parkeerterrein. ‘n Halfuur later trek ek deur Rustenburg op pad Botswana toe. En ek onthou DAAI liedjie.
Ek lag. Ek het darem vir haar die Tequila as troosprys gelos …
9 COMMENTS
Nice man. Sal wag vir n opvolg op die een. The morning after…
Flippin lekker storie
Dankie! Ek waardeer dit.
Bly jy’t dit geniet.
Nie eens Ian Flemming kon laat ou 007 met sy Martinis dit met Pussy Galore regkry nie.
Jislaaik knap storie wat weereens wys dat als leKkerder is in afrikaans!!!! Dankie agent Kat . Wonder nou net watter afrikaanse woorde mens aan die storie kan koppel.
Baie dankie.
” only the best ” is die liedjie wat by jou skryfwerk pas. Dankie, soos altyd. Wille Will
En dankie, soos altyd, vir die kommentaar.
‘n Man wat nie skaam is om sy geld te sit daarwaar sy mond tjeks uitskryf nie. Pragtig! Goed geskryf! En só goed beskryf!