Koffie-shop
deur Isis
Daar is ‘n oulike klein koffiewinkel in Brooklyn. Dit is een van die bes bewaarde geheime in hierdie groot stad. Daar is elke dag ‘n harwar van mense wat in en uit beweeg, dit is nooit stil nie. Dis donker, half geheimsinnig daarbinne en het ‘n eklestiese kombinasie van ondersteuners. Die vrou met die dreadlocks wat elke dag daar in stilte sit en skets, die dramastudente wat tot laat elke aand daar sit, goedkoop wyn drink en filosofeer oor die toestand van kuns in ons land. En dan is daar hy. Hy lyk soos ‘n sakeman en pas eintlik glad nie in by die vreemde klomp wat daagliks daar uithang nie. Hy het donker hare, netjies kortgeskeer en donker, intense oë wat alewig op sy skootrekenaar se skerm vasgevang is, met ‘n diep frons wat nou en dan tussen sy oë inkruip wanneer hy hard konsentreer. Ek sit ook meeste dae daar en vergryp my aan die bodemlose koffie terwyl ek vir ure aaneen sit en skryf. Dit is een van die enigste plekke waarvan ek weet wat nog bodemlose koffie gee.
Ons beloer mekaar al vir maande vanuit ons teenoorstaande hoeke van die rokersarea. Eintlik is dit nie ‘n rookarea nie – daar is net so ‘n kralegordyn wat die rookarea van die res van die tafels skei. Ons het nog nooit met mekaar gepraat nie, hy lyk nie juis soos die tipe mens wat wil aldag wil geselsies aanknoop nie. Hy groet met ‘n knik wanneer hy instap en dan gaan sit hy, niks meer nie. Dit keer my nie om nou en dan oor my rekenaarskerm te loer na hom wanneer hy verby my loop nie. Hy is lank en skraal, met ‘n blas vel wat my laat wonder of hy ‘n buitelewe mens is. Ek is mal daaroor om buite te wees en is gek oor enige sportsoort.
Ek het tussen vier broers grootgeword, so ek was maar van altyd af bietjie van ‘n rabbedoe en het ‘n voorliefde vir enigiets wat vinnig ry. Met my klein bou en my blonde, kort haarsyl kan ek soms ‘n bietjie grof voorkom, daarom probeer ek altyd om vroulik aan te trek. Oor die loop van die laaste paar maande het ek meer en meer oggende aan die man in die koffiewinkel gedink wanneer ek aantrek. Ek het gewonder wat hy van my romp sou dink en of daardie bloes wat alles toemaak, maar tog die vorm van my klein borsies perfek aanneem, dalk sy aandag sou trek. Tog het hy nog nooit met meer as algemene belangstelling vir my gekyk nie. Ek het al oorweeg dat hy dalk gay is, maar ek het hom nog nooit met die gay crowd wat ook gereeld daar uithang, sien praat nie. Hierdie man was vir my heeltemal onleesbaar. Dalk is dit wat my so fassineer, want ek voel al hoe meer aangetrokke tot hom, asof ek stadig ingetrek word in sy wêreld in. Ek staar soms na sy hande en wonder hoe hulle op my lyf sou voel. Ek kan amper glad nie meer op my werk konsentreer waneer ek daar sit nie en besef dat ek dalk ‘n ander plek sou moes soek om te sit en werk.
Na my vierde koppie koffie neem ek my eerste badkamerbreek vir die dag. Ek stap by die rooi deur in en af met die gangetjie tot by die badkamer. Daar is een toilet aan die punt van die gang, vir gebruik deur mans of vrouens. Ek stap by die deur in en voor ek die deur agter my kan toemaak, voel ek hande op my skouers. Ek hoef nie om te kyk nie, ek weet aan wie die hande behoort. Ek voel warm asem in my nek en my hele lyf slaan in hoendervleis uit, my tepels hard en duidelik sigbaar deur die dun material van my bloes. Die hande beweeg stadig voor my lyf af en hy vat my borste in altwee sy hande, hard en intens, die atmosfeer is elektries en ek voel sy ereksie teen my rug. Hy is baie langer as ek. Ek voel ‘n hand agter by my romp inbeweeg. Hy trek my romp en broekie af en buig my oor die wasbak, sodat ek gebukkend daar staan. Ek kyk nie om nie en gee my oor aan die sensasie van sy hande wat my boude liefkoos en stadig vryf. Ek voel hoe een vinger by my nat,warm vroulikheid inglip en ek snak na my asem soos wat die sensasie oor my spoel. Stadig werk hy my binneste tot my asem begin jaag en ek nader aan klimaks beweeg. Dan hou hy op. Hy is baie langer as ek en hy tel my effens op oor die wasbak sodat my voete van die grond af is. Hy vryf weer my boude en hou my met een hand in plek terwyl hy my met sy ander hand liggies piets. Eers saggies en dan harder, op en af oor my boude sodat ek naderhand kan voel hoe my vel onder sy hande gloei. Die sensasie is verwarrend. Dit is nie seer nie, maar ek raak bewys daarvan dat die opgewondenheid al uit my uitloop en af by my bene. Dan is hy in my. Hy maak my vol en begin ritmies in en uit beweeg. Eers stadig en dan hou hy op. Dan begin hy weer, ek kan dit nie meer uithou nie en fluister met dringendheid in my stem “naai my!”Hy doen dit, hard en diep tot ek hoor hoe sy asem begin jaag en my eie klimaks is baie naby. Dan kreun hy en ek kom ook, meer intens as wat ek nog ooit ervaar het. Versigtig tel hy my van die kassie af en ek staan regop voor hom. Toe fluister hy in my oor…”kan ek jou vat vir koffie?”. Vir die eerste keer kyk ek om en sien hy glimlag sy perfekte kuiltjie glimlag. Nou sal ek beslis ‘n ander koffieplek moet kry om te werk..