Kinky-krieket
deur Annelise
Na ‘n mistroostige, koue winter waarin langbroeke en baadjies my lyf teen die elemente moes beskerm, voel dit amper asof ek kaal is wanneer ek net met ‘n sonrok aan, die huis se deur agter my toetrek. Dis ‘n warm lentedag en orals is dooie-geel Hoëveldgras besig om met groen vervang te word. Die motor se gebakte sitplek raps my kaal bene en my hande vat-los-vat die stuurwiel tot dit nie meer brand nie. Ek is oppad krieket toe.
Dit is my vyfde jaar langs my seun se krieketveld en die paar gereelde kykers ken mekaar al te goed. Ons ken mekaar se kinders, mans, vroue, karre, krieket-kennis, slegte buie, vreugdedanse en geite. Maar ons ken nie mekaar se geheime nie. En dis eintlik die opwindende dele.
Ek het baie geheime wat my mede-toeskouers nooit sal raai nie, maar vandag s’n is ‘n fisiese ene. Vandag is my geheim dat my wit sonrok inderdaad al is wat ek aanhet. Dis een van daardie soort geheime wat mens kan prikkel as net jy dit weet, maar jou moontlik meer kan prikkel as iemand anders dit agterkom.
Ek parkeer onder Jakarandabome wat pers begin bloei en stap na die pawiljoen. Langs die pad stop ek by my seun en sy span en sy onnie wat ek ook al jare ken.
“Hallo Salomi,” sê Gert se stem. “Ek hou van jou cleavage,” sê sy oë.
Drie pappa’s sit reeds op die pawiljoen wanneer ek daar aankom. Hulle sit so drie trappe van onder af en ek groet hulle terwyl ek buk om my kussing op die onderste trap neer te sit. Hulle kan ver by my hals insien – ek weet dit. Hulle kan duidelik sien dat ek nie ‘n bra aanhet nie en hulle kan met net so bietjie verbeelding selfs ‘n skaduwee van my nippels teen my wit rok sien afsteek. Maar ek glimlag onskuldig wanneer ek regop kom en regmaak om die wedstryd te kyk.
Dit voel vreeslik sexy om ‘n rok sonder onderklere te dra. ‘n Mens is heeltyd bewus daarvan. Dit laat mens waaghalsig en weerloos en begeerlik voel. Verskillende teksture vlei teen jou kaal boude aan – die sagte kussing op die pawiljoen, die leersitplek van die kar wat vasplak, jou rok wat daarteen waai terwyl jy loop, die growwe sement … en as jy net so effens vorentoe leun dan skuur of druk hierdie teksture teen meer as jou boude. En dan maak dit lus, en nat.
Iewers wanneer iemand ‘n ses slaan en ons almal opstaan om te juig, gly my rok se bandjie van my skouer af. Ek dink aan hoe net een dun stukkie materiaal tussen my en heeltemal kaal is voor ek dit stadig terugskuif. Die idee is opwindend. Ek verbeel my die oomblik wanneer my rok afgly en ek dit vang net voor dit oor my heupe gly. Die prentjie in my kop laat my onrustig op my kussing skuif. Ek ontkruis my bene, ala Sharon Stone, en kruis dit weer. Die beweging laat die glibberige materiaal van my rok oor my bo-been afgly tot net daar waar my broekie sou uitgesteek het as ek een aangehad het. As die tellinghouer skuins voor my by sy tafeltjie nou omkyk … maar hy doen nie en ek gee nie eintlik meer om nie, want ek konsentreer op die pols tussen my bene. En die kussing druk net reg as ek vorentoe lê en ek voel hoe die hitte van my af in die kussing indrup en die bandjie gly weer van my skouer af en dan kom ek, net wanneer die volgende ses oor die grenslyn trek.
2 COMMENTS
Inderdaad ‘n geilmakende episode – ‘n ode aan die sensualiteit van naby-naaktheid as ‘n voorspel tot heerlike volle lyfontbloting. Die storietjie kon my verbeelding heerlik aan die loop kry met haar nie so deeglik bedekte klowasie en die momentane ontbloting van dele van die bobene aangrensend tot die area van toenemende vogtigheid. Vir my as waarnemende man op die pawiljoen sou daar beslis goeie wisselwerking kon plaasvind tussen die aanvlying van haar rokmateriaal aan haar agterkant en die sterker aanvlying van my broekmateriaal aan my voorkant.
Smeulend! Jy speel speletjies met die leser se verbeelding. Teen die einde laat jy meer as net jou karakter nat!