Kinky in Kampsbaai
deur Max Lombaard
Vanaf my balkon lyk hul soos miere. Die son gebotterde bikini-lywe oor Kampsbaai se strand. Ek staan sonder ‘n hemp en die hitte streel oor my lyf – my sterk lyf na die sesmaande joga-opleidingskurses. Ek glimlag. ‘n Lus wat my al vir ‘n jaar tart blyk om vandag tot ‘n klimaks te kom. Ek hoor my foon en gaan in.
“Ons ry nou die Kaap binne, ek belowe ek sal vandag kom kuier,” koggel Anna se boodskap.
Ek het vir stoute Anna ontmoet deur haar webtuiste waar sy deur die jare my hygverhale publiseer. Sy is braaf, ‘n vrou wat alleen in konserwatiewe Pretoria diep moet grawe om te doen waarvan sy hou en waarin sy glo. Dit verg krag om bo die poel van eng konserwatiewe Afrikaanse denke uit te styg. Dis hierdie gees van waagmoed, wat haar onweerstaanbaar maak. Dit en haar groot borste en lekker kurwes, wat ek nog net op foto’s kon bekyk. Haar oë helder soos kristal, haar voortand effe skeef en bekoorlik. Die stories wat sy skryf gaan oor rowwe bondige en ek fantaseer om haar blonde krulle in my vuis te klem en rof haar jeans van haar boude af te skeur. Nou is ons gedeelde lus binne bereik.
Die boodskap wat sê sy’s amper hier het die lont aangesteek, daar wag ‘n plofbare situasie. Ek wil skaamteloos haar mond se warmte voel, ek wil proe hoe proe haar tepels. Ek smag daarna om hierdie cougar se reuk te ruik, van af haar nek, stadig af tot tussen haar dye.
Daar kom nie nog boodskappe nie.
Ek gaan sit by my rekenaar. My hart stammer as die foon net lyk of hy gaan “piep.” Ek en Anna het op ‘n kol seksspeletjies oor die foon gespeel. Daar was baie genot, soos die aand toe sy langs haar man lê – wie reeds slaap – en skelm foto’s van haarself neem onder die lakens. Daarmee saam het sy bely wat sy alles met my wil aanvang … en nou is die werklikheid hier. Die oomblik waarvoor ons al ‘n jaar lank wag.
My asem steek vas in my keel as ‘n nuwe boodskap in “piep.”
“Kom bietjie hier, dat ek iets stouts in jou oor kan fluister.”
“Wat?”
Sy stuur ‘n foto wat onder haar bloes inloer en ‘n fyn getekstuurde kantbra en verleidelike vol cleavage wys.
“Wanneer kom jy?” tik ek uitasem, maar die vraag hang onbeantwoord vir ‘n halfuur.
Ek probeer onsuksesvol konsentreer op ‘n voorlegging op my laptop, dan roep die klank van die foon:
“Ek is in ‘n restuarant met my familie en kan nie weg kom nie. Maar ons bly in verbinding.”
Dit gaan nie gebeur nie. Ek moet probeer om van ons beloofde dag saam te vergeet. Ek gaan maak tee voor ek weer myself agter my rekenaar tuis maak. ‘n Uur later vlam ‘n oorywerig boodskap in die foon langs my op. Ek hou my asem,
“Ek is op pad na Kampsbaai.”
“Reg, ek kry jou by Vida.”
Vanaf die woonstel is dit afdraand al die pad en die Mazda rol moeiteloos tot voor die bekende koffiewinkel. Ek styg uit die kar en swiep oor die pad. Daar sit sy maar, ongelukkig – ja, haar glimlag is warm, haar borste en lyf lustig, die rimte van haar praat vloei opgewek uit haar – sit sy saam met twee mans.
“Hello, Anna” kondig ek myself aan.
“Hallo-hallo,” sy skiet op, omhels my liggies – ek hunker na ‘n stywer greep, ek wil haar borste en heupe teen my voel, maar sy behou ‘n veilige afstand.
“Dis my man Henk, en sy vriend Johan.”
“Hallo, ek is Biko,” skud ek blad met die twee boepens ooms.
Teleurgesteld mik ek om te sit, maar sy raak liggies my arm.
“Ag, Henk verskoon ons, gesels jy en Johan. Ek en Biko gaan bietjie opvang.”
Sy trek ‘n stoel uit by die tafel langsaan. As ek oor haar lyf kyk, vanaf die bloes na die Jeans, begelei haar voluptuous kurwes my oog met die gemak van ‘n vloeinde stroom. Sy is korter en kleiner as wat ek haar verbeel het.
“Dis so lekker om jou eindelik te ontmoet,” hou sy die interaksie saaklik.
“Ja, ek is bly ons kan mekaar sien.”
Sy sit oorkant my en die energie van haar seksualiteit dra sy met grasie, soos ‘n puma. Sy maak ligte geselsies maar kyk my stip aan asof sy my lus peil. Ek staar net so diep en in die kyk sien ek hoe ek die bloes stadig oop knoop, nuuskierig om ‘n volledige beeld van die bra te kry. Ek vee die katoen weg oor haar groot borste en bestudeer kwylend die fyn wit bra, gretig om te wil sien wat onder dit skuil.
Die kelnerin verbreek my onderlangse verbeeldingsvlug en ons bestel koffie. Ons bestellings geplaas dra Anna in die vars seelug na my met lippe wat glinster. ‘n Skok vonk deur my lyf as sy haar tekkie styf teen my kuit druk.
“Ag, dis lekker om in die Kaap te wees. Die kinders is aquarium toe,” sê sy doodluiters.
“Dis lekker,” beaam ek. “Hoe lank is jy … eh, julle, hier.”
“Nog tot die einde van die week.”
Sy kry haar latte en lig dit in stadige aksie, terwyl haar oë stadig oor my bolyf voel. Sy vat ‘n romerige sluk en dit voel asof sy aan my proe. As sy die latte neersit lek sy liggies met haar tong oor haar lippe. Daar’s so klein bietjie skuim bo haar bolip en alles in my wil vorentoe leun en dit aflek, maar ek raak bewus van haar man en die se vriend wat net hier langs ons sit en praat oor finasieële sake.
“Ons is net vandag in die Kaap, dan gaan ons Hermanus toe.”
“Aggenee.”
“Jy bly hier in Kampsbaai? Dis lekker.”
“Ja, in ‘n woonstel. Ek sou jou graag wil wys.”
“Het jy daai digbundel gebring?”
“Ja, ek trek my rugsak nader.”
“Wag,” beveel sy en haar voet onder die tafel gee my ‘n ligte skop.
Sy draai na haar man.
“Skattie, Biko het daai bundel wat hy my wou gee vergeet, ons gaan dit gou moet gaan haal. Ons los sommer ons goed hier, hou gou ‘n ogie asseblief.”
Soos sy praat kom sy op en sy gee haar snorlip man ‘n soen.
“Nou weer hier, hoor.”
Hy lyk of hy nog iets wil sê, maar sy stap reeds in die rigting van my kar. Die ligte beweging van haar boudrondings is begeerlik. Sy dra gemaklike tekkies, haar bolyf dryf bo haar heupe. Ek ruik ‘n soet lelie parfuum. Dalk te soet, maar dit maak dit meer bekoorlik. Sy draai na my, haar groot oë lyk heel onskuldig, sy is nie beeldskoon nie, maar dis juis die punt, ek begeer iets in haar wat onsigbaar is, haar vuur.
Te veel mans pootjie hulself met oppervlakige skoonheid. Vriende van my praat oor meisies en dit klink of hul smaak nooit verby hul begeertes as tienerseuns gegroei het nie. Dis hoogs vervelig. Hier kan my siel raak aan ‘n unieke aweregse wese. Haar waagmoed maak haar die verleidlikste vrou wat ek vanjaar ontmoet het.
“Kyk hoe mooi is die see,” staan sy oor die baai en kyk terwyl ek vir haar die kardeur oopsluit.
Sy kry skaars haar sit of ek klim flink aan die ander kant in. Ek draai die sleutel en is bly as die ou motortjie saamwerk.
“Hel, dit moet lekker wees om in Kaapsbaai te kan bly,” sê sy en dit klink of sy ‘n gesprek probeer maak.
Ons spoed weg en draai die lang kronkelende bult op en meteens ontspan sy.
“Ag, god, ek’s bly ek kan wegbreek. Jammer hieroor, Biko. Ek sal graag tyd met jou wil spandeer.”
Sy plaas haar hand op my been, haar naels effe lank en goed versorg. Ferm druk sy my dy en vryf af in die rigting van my balle.
“Ek is jammer, ek is met die familie, dis moeilik om weg te kom, maar ons het nou ‘n kort tydjie saam. Dalk kan ons … ”
Haar hand rus oor my zip en sy druk nuuskierig teen my hardheid. Ek kyk na haar en haar oë blink as sy my hard-on voel. Met haar wysvinger trek sy al om die vorm wat my stam teen die Jean druk.
“Ja, dalk kan ons hierdie tydjie nuttig,” kom my stem in ‘n fluister.
Ek swaai die kar in voor die woonstel en parkeer moeiteloos. Dit voel onwerklik dat sy hier is. Haar hand beweeg weg van waar dit die kop van my voël bo die materiaal gekielie het en sy druk die veiligheidsgordel se knoppie. Ek hou dop as dit met ‘n ‘klik’ loskom en die blinksilwer stang opgly oor haar borste. My hand beweeg na haar tiete.
“Wag tot ons in die woonstel kom,” druk sy my hand weg en klim uit.
Met ‘n brandende begeerte om die hitte van haar kaal lyf teen my te voel, om die wonder van haar naakte lyf te aanskou, om al my drange en lus in haar in te lanseer, stammer ek oorhaastig uit die kar en ‘n aankomende motor moet swaai om my nie om te ry nie.
Ons lag as die ou skel terwyl hy wegry.
“Daar teen die derde stel trappe op,” beduie ek sy moet vooruitstap.
Die drieverdiepinggebou is stil, almal is by die werk. Sy stap op die paadjie tussen die gebou en die grasperk en loer om. Haar oë staar diep en ek volg soos ‘n verblinde haas. Ek weet nie wat sy ingedagte het nie, maar ek is die lam na haar naakte slagpale. Die horing in my broek klop. Ek het die syserp in my broeksak en het beelde gehad waar ek haar vasbind en rof hier op begelei, maar sy is tenvolle in beheer.
“Hier op?” vra sy. “Onthou ons het nie baie tyd nie.”
“Die laaste deur heel bo, nommer 15,” beaam ek.
Met ‘n onsigbare halsband trek sy my agterna en ons bestyg die eerste tweede stelle trappe. Ek is kort op haar hakke, my oë geniet die swaaiende ritme van haar agterstewe. Ek wil my gesig tussen haar boudwange begrawe. In die stap, nes ons draai om die laaste trappe te klim, draai sy onverwags om en haar blonde krulle val om my kop. Ons lippe vind mekaar en geleidelik raak die ferm soen sagter. Haar tong penetreer my mond. Haar borste druk vir die eerste keer teen my en ek beur vorentoe en druk my knie tussen haar dye.
“Kom,” draai sy uitasem van my af weg en klim haastig vooruit.
Haar mooi boude lyk of hul deur die Jeans wil bars. Ek kan dit nie meer weerstaan nie, buk af en bekruip haar rats van agter. Ek gryp die dun leergordel om haar Jean vas en hou haar van agter vas net voor sy die laaste trap bestyg. Ek druk my neus tussen haar boude af en ruik af af tot in die mik van haar lyf, hier waar haar parfuum nie haar oerlus se reuk kan verbloem nie. Ek kry ‘n ligte geur van haar poesie. Elke vrou het ‘n unieke reuk. Anna ruik na gebakte fudge gemeng met peper en ‘n vars geurtjie van tuna.
“Oe,” lag sy verbaas en maan dan: “Onthou ek hou van donker, maar geen merke nie.”
“Kodewoord?”
“Vida.”
“Reg.”
My instem is skaars koud of ek vlieg verby haar en klem haar hare in my vuis.
“Hoekom is jy laat? Ek wag al die heel dag. Kom hier bitch!”
Haar mooi nek is ontbloot as ek haar hare terug trek. Sy lag met minagting en ek besef ek is nie rof genoeg nie, so ek rem haar kop af soos ek terugval teen ons voordeur en druk haar gesig oor die bult wat my piel maak. Vee rof haar lipstifie af teen my verbloemde hardheid. Sy kyk op en ek kan sien ek het haar nou. Ek het die toets geslaag, sy gaan saamspeel.
“Bly hier, op jou knieë,” beveel ek.
Ek haal die serp uit my Jean se sak en bind haar hande agter haar rug.
“Jy is uitasem? Is dit van jagsheid of van trappe klim?”
Sy gluur teenstrydig op na my en sê niks.
“Kom pragtige vrou, kom my slavin,” trek ek haar bekkie op, buk af en soen haar hard. Proe gretig die hitte en natheid van haar mond. Ek trek my ritsluiter vinnig af, sukkel om my harde fallus uit te trek. Sy hou die ritsopening gretig dop. Glimlag as ek my hardepiel meteens uitkry en hou dop hoe die blink pers kop onder haar neus klop.
Ek druk hom in haar mond. Haar lippe koel, rond om my stam en dis heerlik om haar op en af te voel beweeg, maar ek pluk my voël weg. Draai weg van haar waar sy nog honger agter my fallus aan hunker. Met my piel wat op punt tussen my broek se gulp sluit ek oop.
“Kom,” trek ek haar op en boender haar by die blokkiesvloergang af. My deur is heel aan die einde, maar voor ek my kamerdeur oopsluit, druk ek haar teen die muur en hou haar gesig teen myne. Sy kyk my wild aan. Ek byt liggies haar wang. Lek tot by haar oor en kry haar oorlel in my mond. Dit terwyl my hande die volheid van haar borste bewonder. Ek vind die knope en die bloes val oop. My asem jaag. Ek treë weg,
geniet elke oomblik van die stadige onthulling as ek liggies die bloes wegskuif. Haar oë het sagter geword, sy geniet my waardering.
“Uiteindelik,” ek leun af en lek haar tepel deur die bra se materiaal, ek voel hoe dit opstoot onder my tong.
“Mmmm, harder.”
Ek byt liggies.
Haar oë gaan toe en sy byt haar onderlip.
“Nog,” kreun sy. “Eina, dis lekker.”
Haar arms agter haar rug bring haar borste meer na vore en altwee beweeg op en af soos haar asemhaling harder word.
“Mmmm, wat is hier tussen jou bene?” vra ek en vryf met my vier vingers saam tussen haar bene. Sy druk haar geslag vorentoe teen die Jean se materiaal en ‘n klein “aaah” klankie breek op uit haar keel.
“Ek is nat,” sê sy en draai haar kyk op asof sy my tot iets uitdaag.
“Is jy nat genoeg? Ek sal moet inspeksie doen,” sê ek en druk my deur oop.
Ek sleep haar aan die arm na binne.
“Wat wag hier binne op jou, mevroutjie?”
Die kamer is sonnige met ‘n koperdubbelbed wat meeste van die spasie opneem. Ek gooi haar gesigeerste op die bed. In die vorentoe val fladder die bloespunte om haar op. Ek kom vorentoe oor haar en trek haar boude die lug in. Sy draai haar kop kanttoe, haar mond oop asof sy reeds begin orgasme. Ek verlustig my aan haar mooi agterstewe wat voor my optroon, buig oor haar, my hande om haar middel. Die gordel maak ‘n sshlik-klank as ek die pen uit die gatjie lig en dit hard los trek. Ek knie haar lekker sagte maag wat teen die broek druk los. Voel om haar naeltjie en gryp dan die twee bo-punte van die broek onder haar maag en trek die hele ry knope. Ek is ‘n opgewonde kind wat sy kersgeskenk oop maak. Ek treë terug en hou dop hoe die growwe Jean materiaal oor haar boud af beweeg. Haar fyn panty vol krulletjies en
draaitjies pas by die patroon van haar bra. Die twee boudwange soos twee ryp pawpaws. Ek staan trots terug en met blydskap kry ek die lang rietrottang.
“Nee, nee, oop met daai dye.” Ek tik met die punt van die stok haar binne dye sodat sy hul oper sper. “Tyd vir inspeksie.”
Haar boudwange voor my maak ‘n diep donker gleuf wat lyk of dit na ‘n misterieuse plek lei. Ek trek haar boudwange weg van mekaar. Die panty is dun en het in die gleuf in gegly. Ek trek die sagte materiaal maklik weg en bewonder die bruin ring van haar anus. ‘n Vrou se anus is die mooiste blom. Ek soen haar bruin blom liggies. Lek met my tong liggies om haar sfinkter. Daar is ‘n rikking van lekkerkry deur haar lyf. Ek trek die panty meer weg en kan die spasie sien tussen haar groot dye. Hier waar die sappige rondings, van die buite labia tot die binne lippe van haar poesie nat blink af na die matras. Ek trek met my wysvinger haar spleet oop en sien die helder pienk natigheid.
“Mmm,” trek ek haar boude nog meer oop en ruik, beweeg my fyn neus af, oor haar anus. Moet my kop draai om te ruik aan die hipnotiese honger geur van haar spleet. Ek bring my tong nader en proe. Sy maak weer ‘n klein kerm geluid van lekkerte.
“Lyk my dis tyd vir siep sop braai boud.”
“Siep sop braai boud?” vra sy met ‘n lag.
“Jy sal nie meer lag as die houe begin val nie.”
“O, ja, try my.”
“Madam, wat vang jy hier aan terwyl jou man vir jou daar onder wag. Ek dink dit verdien vyf houe.”
“Vyf?”
Ek streel oor die rottang. Anna is dalk nie meer jonk nie, maar ek put meer genot uit elke ekstra ronding en merk van ‘n vrou wat al geleef het.
“Wanneer jou boudjies lekker rooi geklits is, gaan ek in jou ingly en jou hard naai.”
“Ja,” sy sug en ontspan haar bolyf heeltemal dat haar rug nog meer hol raak en haar boude nog meer prominenet opreik na my.
Ek lig die rotang, onthou wat sy gesê het oor die merke, so ek gee ‘n ligte wiks wat ‘n pragtige rooi haal onder die klein broeke los.
“Harder, my man sal nie daar sien nie.”
Ek wiks harder.
“Ja, net so.”
“Shut-up!” slaan ek weer.
Sy gee ‘n kreun-gil.
“Wag so bietjie.” Ek trek haar panty heeltemal af tot by haar knieë. “Mmm, nou’s jy lekker nat, kom ons gee die laaste straf ekstra woema.”
In my bedkassie hou ek speelgoed. Ek bring ‘n klein vibrator uit ‘n leersakkie te voorskyn. Skakel hom aan en druk die vibrerende fallus in tussen haar nat spleet se lippe.
“Aah,” moan sy lekker.
Ek lig die rottang en gee die twee houe suiwer. Die vibrator zzzzzzz onophoudelik met net sy agter steeltjie wat uitsteek en na die houe geval het kerm sy onophoudelik van genot.
“Ek wil in,” sê ek en maak gretig my gordel los.
“Haha, nope,” swaai sy haar boude tartend links en regs en die agterant van die vibrator loer na my soos haar poesie my harde piel ontduik. Die zzzzzz-klank raak meer intens.
Waar ek oor haar leun stamp my piel teen haar boudwange en druk teen haar anus. Dit klink of sy orgasme en ek leun oor en maak die sylap los. Haar arms val langs haar en haar hande trek saam. Ek kom regop,
“Ek oorweeg dit om my piel in jou anus in te gly.”
“Jy sal maklik in kan glip.”
Ek vryf met my voël se harde sampioenvormige kop oor haar anus wat kloppend teen my beweeg weens haar orgasme. Ek het ‘n groter begeerte om haar groot kaal boste te voel, so ek bedink die anus fok en draai haar om dat sy op haar rug land, haar dye in die lug. Sy maak haar oë toe as die vibrator sulke zoezoezoe-klanke begin maak. Ek val vorentoe in haar naakte vel in. Elke gryntjie van haar naakheid geniet ek teen my. Ek suig haar tepels wat op punt na die plafon, skuur my wang oor haar vol borste.
My hand voel desperaat af en ek vind die agterkant van die vibrator, soos ek hom vasvat begin sy weer orgasme. Ek hou die vibraor daar en maak klein sirkelbewegings sodat hy binne haar om en om beweeg en orals kan stimuleer. Haar hele lyf trek teen myne saam, elke spier kry lewe. As sy geleidelik begin bedaar druk sy my hand met die vibrator dramaties van haar onderlyf af weg. Die zzzzooezzzende
fallus slurp uit. Sy gryp my heupe en trek my in haar in.
“Jou piel, ‘n paal, ek voel hoe skuur ek teen jou rante. Voel hom opbeur diep diep binne. Voel hoe hy puls.”
“So lekker Anna, ek wens die gevoel kan nooit ophou nie. So lekker.”
Sy lek haar lippe, haar oë raak waserig en sy begin weer ril van lekker.
“Stamp in my,” beveel sy. “Nog”
My heupe beweeg rats tussen haar dye met sloepsloep klank
“Kom in my, asseblief.”
Ek druk my lippe teen hare. My hand hard agter haar kop klem haar hare vas. Ons monde teen mekaar gaan geleidelik oop. Ek voel my orgasme soos ‘n verterende wit lig. Ons asem mekaar se orgasme, asem en gil in mekaar. Ek hou haar so, ons oop mond teen mekaar. As die rukkings van plesier begin bedaar voel ek die sonlig oor ons bolywe. Ek streel oor haar gesig en kyk teer in haar oë.
“Nee, man, kom staan op, as jy so na my staar gaan ek mos verlief raak of iets, Simpel,” stoot sy my van haar weg.
Ek lag
“Ons moet gou maak, my man sit seker al en wonder waar ons so lank bly.”
Ek soek haastig my klere.
“Jy kan nie daai Jean aantrek nie, kyk hoe lyk die zip vol van my lipstick. Het jy nie ‘n ander Jean nie?”
“Ja.”
“Okay, kom ons gaan.”
“Ek voel nou lus vir rooiwyn.”
“Jy is stout, kom ons moet gaan … Wel, dit was so lekker, dalk kan ek weer wegglip, weer kom kuier.”
Die karrietjie rol met die styl afdraand tot by Vida. Die son sit bietjie laer oor die see.
“Skatie, Biko het daai bundel vir my gegee. Kyk.”
Sy sit my biundel voor hom en plant ‘n vet soen op sy lippe.
“Gesels julle nog lekker?”
“Ja, my skat ek en Johan vang lekker op.”
“Kom Biko, ons bestel nog ‘n koffie,” trek sy my aan die arm na binne.
Voor die toonbank knyp sy liggies my boud en vra dan: “Kan ek asseblief ‘n latte kry?”
Sy leun nader en fluister” “Jou room drup uit my poesie.”
“Espresso vir my,” bestel ek en my hart glimlag oop en kalm soos die horison waarheen die son stadig mik.
8 COMMENTS
Dit het my nou mal jags gemaak!
Ek dink ek ken die vrou….. dankie goeie storie!
Lekker! Sy was al in ‘n motorhuis in Swakopmund ook aangehou…
“Sy” is baie bly om te sien dat jy darem nog na al die jare se stilte hier rondhang, Petrus. “Sy” onthou ook die motorhuis en mis dit op ‘n weird manier.
Jare se stilte – die lewe gebeur soms met mens. En o ja – ek wonder of die kleine Lilly kind dalk nou in daai motorhuis is…
You wish, ne? 😉 Maar nope, sy is al weer weg uit Swakop, maar ek het nog nie vir julle vertel hoe nie. Ek sal ‘n plan moet maak anders gaan sy nooit haar vryheid kry nie, ne? (Anders moet jy dalk vir Kombiekiehier of Vreesloos ‘n uitskieter episode vertel van haar in daai garage …)
Maar dit sal uit Oom Petrus se oogpunt wees…
Natuurlik, as jy dit skryf. Afhangende van wat gebeur kan dit ‘n deel van die storie wees – want sy is sover ek weet nog op die sypaadjie in Swakop? Maar dit hang af in hoe toestand en of sy daar gaan uitkom of dit in Vreesloos gaan verskyn en deel van die chronologiese storie kan/gaan wees. Anders is dit net ‘n uitskieter episode.