
Joe se Botswana-driesaam
deur Safari Joe
So teen 10-uur die aand, na ‘n vol dag van wildkyk en ‘n bietjie te veel kos en drankies, was dit tyd om te gaan slaap. Tim en Robin was eerste om goeienag te sê en kies koers na hulle tent. ‘Hoor hier, wag, Tim, voor jy loop,” sê die kampbestuurder. ‘Ek kry net iemand om julle te vergesel.’
‘Ag nee wat,’ sê Robin. ‘Ons is oukei, moenie oor ons bekommerd wees nie, ons het die paadjie nou al ‘n paar keer heen-en-weer geloop.”
‘Ja, dis wat die laaste jong paartjie gesê het en ons het hulle nooit weer gesien nie,’ spot die gids, Deanna, en staan op, flitslig in haar hand. ‘Ek stap saam met julle.’
En daar gaan die drietjies toe, aan’t gesels oor alles wat vroeër die dag gebeur het.
Die naam van die kamp waar ons onsself bevind – Dumatau in die Linyanti area van noordelike Botswana – is nie verniet Setswana vir ‘gebrul van die leeu’ nie. Net voor sundowners het ‘n jong wyfieleeu ‘n koedoe net buite die kamp platgetrek. Dit was dus logies om te verwag dat daar meer leeus in die omgewing sou wees. En dit was toe inderdaad die geval. Ongeveer tien minute later is Deanna terug en sy knik haar kop. ‘Net soos ek gedink het – daar’s ‘n trop van nege leeus in die kamp – julle moet almal baie versigtig wees vanaand.’
Joe en Kate is nog lus vir kuier en vertoef ‘n wyle. Dis darem te lekker om so na die vlamme te staar onder ‘n sterrebelaaide hemel. Hulle gesels land en sand met Deanna, saam met wie hulle nou al etlike dae reis. Deanna is seker so in haar laat twintigs met ‘n innemende geaardheid en sy is pragtig van kop tot tone. Sy is klaarblyklik mal oor die bos en vertel dat sy Botswana aanvanklik besoek het as ‘n toeris, maar toe besluit het om langer te vertoef. Twee ‘Amarula on the rocks’ later besluit Joe om ook maar die katel op te soek. More gaan weer ‘n lang dag wees.
Hy kyk vir Kate en beduie dat dit tyd is om te gaan slaap. “Gereed?”
‘Ja,’ sê sy en hulle staan altwee op. Joe voel in sy sak rond vir die klein flitsliggie wat hy altyd snags op safari gereed hou.
‘Wag ‘n bietjie, julle twee,’ sê Deanna en sluit by hulle aan. ‘Dis my taak om julle veilig tot by julle kamer te vergesel.’
Sy glimlag en loop vooruit. ‘Volg my en laat my weet as julle iets verdags sien.’
Ons sien jou lekker gatjie, dink Joe, maar hy sê niks. Selfs in die halfdonker is Deanna se perfekte vorm onmoontlik om te ignoreer. Haar ferm boudspiere span styf onder die kakie-kortbroek soos sy loop en Joe se flitsligstraal speel oor haar soepel kuite. Joe kan sien dat Kate ook stip na Deanna se wulpse, wippende boudjies staar. Joe ken Kate al lank genoeg om te weet dat sy na ‘n paar drankies onvoorspelbaar kan optreë – veral ten opsigte van haar seksualiteit.
Terug in hulle ruim kamer met ‘n reuse dubbelbed met ‘n romantiese wit muskietgordyn bo-oor, knik Deanna instemmend in antwoord op Joe en Kate se uitnodiging om te vertoef vir ‘n nagdop. Hulle bespreek die dag se verrigtinge en Deanna stel voor dat hulle die volgende dag die bos per voet aandurf.
‘Bring julle stewels en waterbottels – ons sal seker so agt tot tien kilometer ver loop.” Joe is in sy skik.
‘Ek sien uit daarna, dit sal fantasties wees om uit die voertuig te kom en te loop.’
Die noordelike Botswana bos is allermins ‘n plek vir hardloop en dit tesame met die algemene gebrek aan fiksheid-apparate by die safari kampe, veroorsaak ‘n kroniese tekort aan oefengeleenthede.
Hullet sit en gesels vir tien minute of so, voor Kate opstaan.
‘As julle my sal verskoon, ek wil net iets meer gemaklik aantrek,’ sê sy en sy loop na die ander kant van die lang tent, waar die badkamer is. Sy verdwyn vir n oomblik of twee agter ’n dun skermpie, maar toe sy ‘n lig agter haar aanskakel, verskyn haar silhoeët so duidelik soos die maan op ‘n donker nag. Joe and Deanna sien hoe Kate eers haar t-hempie en daarna haar bra verwyder. Skoene, kouse en haar kortbroek is volgende. En uiteindelik haar kleinbroekie. Die uitlokkende silhoeët-vertoning is interessant genoeg, maar toe Kate begin om haar hande liggies oor haar tepels te vryf, besef Joe dat die aand dalk op ‘n meer opwindende noot gaan eindig as wat hy aanvanklik gedink het. Toe Kate se regterhand afsak tot tussen haar bene en sy begin on haar poesie ligtelik te streel, voel Joe hoe die bloed skielik in sy penis opstoot. Hy maak oogkontak met Deanna en hy kan sien dat sy op dieselfde golflengte is. Haar mond is half-oop, sy het reeds een of twee knopies in haar hemp los en sy vat-vat so aan haar eie bo-bene.
Joe en Deanna se woorde het opgedroog, maar hulle besef altwee dat die nag nou ‘n heeltemal ander koers gaan inslaan. Toe Kate weer haar verskyning in die slaapkamer maak, is sy gekleë in die kleinste van klein bikini-broekies en ‘n deursigtige bo-stukkie wat baie min verbloem. Haar twee styfgeswelde tepeltjies staan uit soos kersies op ‘n koek. Deanna laat nie op haar wag nie.
‘Ek dink ek het te veel klere aan,’ fluister sy vir Kate terwyl sy die laaste paar knopies in die kakiehemp losmaak. Die hemp gly oor haar skouers en oomblikke later staan sy daar in net haar bra. Joe vergeet amper om asem te haal toe Deanna haar arms terugstoot om die gespe agter haar rug los te maak. Haar groot, ferm borste met prominente pienk tepels peul dramaties uit, net toe sy buk om van die res van haar klere ontslae te raak.
Teen hierdie tyd is Kate se een hand reeds in haar pajama-broekie en haar vingers is besig om haar poes te vryf met haar blik stip in die rigting van Deanna se asemrowend mooi, atletiese lyf. Sommer gou staan Deanna daar in al haar naakte glorie, sonder ‘n draad klere aan. Sy trek die muskietgordyn weg, sit terug op die bed en leun agteroor. Haar lang, lenige bene val half oop en selfs in die flouerige lig van die twee lees-liggies kan Joe en Kate sien dat Deanna bedeeld is met ‘n eg blonde bos. Haar fris heupe en plat magie, wat op-en-af beweeg soos sy liggies asemhaal, aksentueer ‘n prominente mons Venus, oortrek met liggeel skaamhare. Deanna se ligpienk poeslippies steek net-net uit, alreeds nat en blink.
Kate wip op die bed langs Deanna. Sy speel eers met haar hande oor Deanna se manjifieke tiete, maar sommer gou span sy haar gretige mond en lippe ook in.
‘Oe ja, Kate ja, dit voel heerlik,’ prewel Deanna terwyl sy en Kate mekaar se warm lywe begin verken, terwyl hulle mekaar lustelik soen, oopmond met tonge wat krul en stoot, so eroties as in enigiemand se wildste droom.
Kate buig oor tussen Deanna se bene met haar boudjies in die lug, en laat sak haar kop. Die punt van haar tong sirkel eers rondom Deanna se naeltjie voor dit ‘n slympstrepie maak oor haar plat magie. Joe kan sien hoe Deanna verstyf toe Kate se tong haar delikate poesie bereik.
‘Eet my Kate, eet my,’ sê sy skor en druk Kate se mond ferm teen haar witwarm poes. Deanna maak haar bo-bene wawyd oop en lig haar knieë op. Kate laat nie op haar wag nie en sy lek en troetel Deanna se klit en haar stywe skaamlippe soos ‘n dors kat op ‘n piering melk.
Joe se broek is op sy knieë en sy stokstywe piel wip op tot byna by sy naeltjie. Hy was lanklaas tot so ‘n uiterste mate gestimuleer. Joe het Kate se fantastiese boudjies al etlike kere van agter gesien. Maar nog nooit soos vandag nie, nie met haar kop tussen ‘n ander vrou se oopgespreide bene nie. Deanna kreun van plesier soos Kate se tong haar poes liefkoos en dit klink of sy baie naby aan ‘n klimaks is.
Die effek op Joe was soos ‘n seksuele tsunami. ‘n Golf van wellus en begeerte breek oor hom en sy piel is so hard soos nooit voorheen. Hy trek haar bikini-broekie eenkant toe, posisioneer sy dikgeswelde voëlkop teen Kate se vulva en steek sy tril diep in haar harige nat poes. Kate se poesie is so glad soos botter en Joe se lang, dik voel gly in tot by sy ballas. Die warm kolk van haar stywe vagina veroorsaak die perfekte mate van druk en weerstand en Joe ervaar ‘n bykans ongelooflike mate van genot soos hy haar stadig en ritmies naai. Hy’t naderhand ‘n hand op beide haar heupe en konsentreer uitsluitlik op die heerlike gevoel van sy piel in haar kont. Joe weet nie meer waar om te kyk nie: af na waar sy glinsterende, harde voel wegkruiper speel tussen Kate se skouspelagtige, gespierde boude, of op na Deanna se gesig, haar oë toe van genot. Deanna knyp en trek haar prominente tepels terwyl Kate se besige tong haar al nader na die randjie van orgasme stoot.
Dit word net te veel vir Joe. Hy besef hy is hopeloos te jags en probeer nie eers om sy orgasme te vertraag nie. Soos ‘n kortsluiting in sy brein, vlieg die een na die ander golf van lekkerkry al met sy rugmurg langs tot in sy stywe voël. Joe ervaar die mees intense gevoel van haas onbeskryflike plesier en al wat hy kan doen is om te kreun en sug: ‘Sjit, Kate, ek gaan kom, ek gaan kom, ek gaan binne in jou kom!’
Met sy knieë wat knak, spuit die eerste straal kom uit Joe se harde piel tot diep in Kate se poesie. Sidderend met sensuele genot, stort Joe vlaag na vlaag semen in Kate se stywe doos. Hy weet beter, maar dit voel soos ‘n liter kom as gevolg van die intensiteit en duur van sy orgasme.
Vir ‘n oomblik of twee lig Kate haar kop op en sy kyk terug na Joe met ‘n groot glimlag op haar gesig. En dan spits sy weer haar aandag toe op Deanna se blonde poesie. Sover Joe weet of kan onthou, is Kate ‘n relatiewe nuweling met die gee van cunnilungus. Oënskynlik is ondervinding nie noodsaaklik nie, dink hy, Kate weet presies wat om te doen. Deanna kreun en druk haar mik al hoër; sy geniet dit klaarblyklik baie om ‘n ander vrou se warm mond en tong op haar poes te voel. Deanna is baie naby aan ‘n klimaks. Haar vinnige asemhaling en stokstywe bobene is ‘n voorloper van die uitbarsting wat gaan volg. Haar orgasme kom vinnig en hard en sy laat ‘n gedempte gilletjie of twee uit.
‘O my jissus Kate, dit was fantasties,,’ sug Deanna terwyl sy ligtelik haar vingers deur Kate se donker hare streel.
Die drie van hulle ontspan vir ‘n wyle, maar dit is nie lank voor hulle gereed is vir die tweede rondte nie. Joe se voël begin weer swel, veral wanneer Deanna oorleun en sy piel in haar hand vasvat. Sy begin om liggies sy draad te trek en dit is genoeg om Joe weer tot sy volle 20cm te laat groei.
‘Sjoe, Joe, jy’s so hard – en groot!’ Deanna se lippe omring Joe se voelkop en hy voel hoe haar warm, nat tong en sagte mond hom begin bewerk. Joe besef dat hy seksuele Nirvana bereik het: hier lê hy met sy stokstywe piel diep in die mond van ‘n pragtige blondine, terwyl sy brunet vriendin skynbaar gefassineerd aankyk, baie in haar skik met die verloop van sake.
In sy lewe tot dusver het seker so tien of twaalf meisies Joe se voël in hulle monde gehad. Hierdie keer kan hy homself kwalik beding, terwyl Deanna se flink tong flikker oor die mees sensitiewe kol op sy piel, net onder die kop. Haar lippe gly oor sy pielkop soos ‘n platanna tussen jou nat vingers.
‘Geniet jy dit, Joe, hmmm? Wat sê jy?’
‘Ja, ja,’ prewel Joe en kreun weer toe Deanna ophou praat en sy stywe orgaan terugsit in haar warm mond.
Net toe skuif Kate nader en maak haar bene wawyd oop vir Joe om die swart bos hare tussen haar bene beter te kan sien. Haar harige poes het nog nooit mooier gelyk nie. Die uitermatig groot binne-lippe hang behoorlik uit, amper pers geswel van pure lus. Kate besef maar al te goed wat die effek op Joe is. Hulle het al genoeg genaai in die verlede vir haar om te weet dat Joe homself nie kan help om te kom wanneer sy haar oop koek en vlesige dooslippe so blatant ontbloot nie. Kate se vingers wikkel oor haar klit terwyl sy kyk na waar Deanna se mooi mond Joe se lang piel omklem.
Deanna lig haarself op en laat sak haar sopnat spleet oor Joe se ereksie. Dit was iets manjifiek om te beskou. In wat Joe ken as die ‘cowgirl’ posisie, kan hy absoluut alles sien: haar oopgesperde bene met sy piel stewig en diep in haar blonde poesie, terwyl haar groot borste wip en skommel soos sy op-en-af beweeg. Hy voel en sien hoe haar poeslippe oopsper soos sy afsak oor die dik skag van sy klipharde piel en hy voel en hoor hoe haar anus klap op sy nat balsak.
Joe het lanklaas iets so eroties ondervind. Hier, reg voor sy oë gly Deanna se vars, egte blonde poesie op-en-af al langs sy glinsterende paal. Hy kan skaars die hitte en die sterk greep van haar poesie hanteer, dit voel net te lekker. Joe is bykans gehipnotiseer en kyk van een na die ander: Deanna se beeldskone gesig met haar mond oop en oë toe van plesier, haar wiegende borste met stywe tepels, en haar gapende blonde poes. Hy weet hy is net sekondes weg van ‘n tweede orgasme en toe hy nog ‘n slag na Kate se donker bos en groot poeslippe loer, is hy die kranse oor. Met ‘n tamaaie gekreun ontlaai Joe sy laaste bietjie saad diep in Deanna se kont, terwyl haar vagina ritmies oor hom saamtrek te midde van haar eie orgasme.
Dit was nou ‘n aand om nooit te vergeet nie!
4 COMMENTS
Sal like om so 3some te ervaar eks horinjag
Onvergeetlik en baie netjies geskryf !
Safari Joe, jy kan ons nog meer vermaak met sulke skryfwerk.
Encore.
Joh it’s my first time reading your stories don’t stop…….
Dit is n storie om nooit te vergeet nie! Baie mooi baie dankie