Is ED die EDP?

Hoe lank gaan ek lees: 6 minute

deur Geriatrix

Ek wil dit baie duidelik stel dat hierdie nie ‘n ‘storie’ in die gewone sin van die woord is nie; ek het dit ook aanvanklik oorweeg om dit onder my eie naam te publiseer, maar ongelukkig ontbreek die wil nog.

Die manne van my ouderdom (en seker baie wat veel jonger as ons is), ken die afkorting ED of dan in mooi Afrikaans, erektiele disfunksie, maar die term EDP is nie bekend nie – dit is my skepping vir Einde van die Pad en het goed in die opskrif geklink. Kom ons wees eerlik, ED klink darem baie beter as ‘impotent’ wat by definisie ‘kragteloos’ beteken – ons het dalk nie meer die krag van jare gelede nie, maar kragteloos is ons beslis nie.

Toe ek jonk was, het die manne wat weet, gesê dat as jy elke keer gedurende die eerste jaar van jou huwelik ‘n droeë ertjie in ‘n bottel gooi as julle spyker en dan na die eerste jaar die ertjies begin uithaal, sal die bottel nooit leeg word nie! Noudat ek daaraan terugdink, ons moes twee keer ‘n groter bottel gaan koop!

Met verloop van tyd, het die bottels met die vele verhuisings weggeraak, maar ek is seker daar is nog genoeg ertjies in die bottels om vir baie jare in die winter ertesop te kook. Sonder dat jy jou hand op die plek en datum kan lê, het daar by geleentheid ‘n probleempie ontstaan met die nodige veerkragtigheid om die genotgrot te penetreer. Met die beste wil ter wêreld kan die ou net nie verby die ingang kom nie. Aan die begin maak jy maar ‘n grap daaroor en sommer gou is alles weer klopdisselboom. Stadig, baie stadig, maar ongelukkig seker, begin die frekwensie (en intensiteit) van hierdie insidente toeneem. Gelukkig is daar nou Dr. Google, maar lank terug was daar net een uitweg, pak jou trots in jou sak, vertel ‘n paar wit leuens by die werk van een of ander vergadering wat jy moet bywoon en glip gou uit om die dokter te sien – onvermydelik is die huisdokter ‘n baie aantreklike dame (‘n ou kan mos kies na wie jy wil gaan) en sy luister mooi, vra uit en dan reël sy vir jou die afspraak – onvermydelik by ‘n kollega van haar wat urologie gestudeer het en met wie sy dikwels in die Drakensberg gaan stap so sy weet hoe goed die kollega is. Sy sê jou natuurlik nie dat Dokter So en So ‘n vrou is nie.

As jy dan by die spreekkamer instap, sit hierdie nog meer aantreklike dame as die huisdokter voor jou en vra vrae wat jy nie behoorlik kan of wil antwoord nie, want jy voel te skaam, maar sy hou vol en uiteindelik het sy al die antwoorde. As daar een vraag is wat ek graag aan die dekaan van die mediese fakulteit wil vra, is ‘hoekom kies julle die meisies met die mooiste bene wat die kortste mini’s kan dra om in urologie te spesialiseer?’

Dan is dit tyd: Ons het al almal van hierdie ‘ondersoek’ gehoor. Dit is nie daardie een van die mediese ondersoek voor diensplig toe jy moes hoes en natuurlik elke keer moes die suster jou weer weeg nie. Hierdie een is: Lê op jou linkersy, kyk na die muur, trek jou bene op. Ter wille van die ordentlikheid het jy net jou broek laat sak, maar die onderbroek aan gehou. Dan, daardie
vreesaanjaende klap van chirurgiese handskoene wat oop gerek word en oor die hand geskuif word. Sonder enige seremonie word jou laaste beskerming, naamlik die onderbroek, ook afgetrek en dan die koue van petroleumjellie wat aan jou hol gesmeer word.

Voor jy nog kan probeer om protes aan te teken of dalk ‘n grap probeer, maak dat jy nou nie eintlik vir die soort van ding ingaan nie, het die meisie met die mooi bene en die kort mini haar vinger in jou hol en sy voel rond – dit wil amper lekker voel en jy dink nog om dit vir haar te sê, maar dan is haar vinger uit jou hol uit, die handskoene in die asblik en sy sê dat jy maar jou broek kan optrek terwyl sy na haar lessenaar stap.

Soos sy gaan sit en vorente buig, gaap haar bloes onvermydelik oop en jy kyk vas in die mooiste paar tiete wat jy nog gesien het en sy het nie eers ‘n bra aan nie! Terwyl jy nog dink aan die amperse lekker gevoel toe sy jou klier bevoel het sodat jy amper gekom het en hoe jy darem daarvan sal hou om jou hande op daardie spul te kry, bring sy jou met ‘n moerse slag aarde toe.

“Meneer, my kollega het jou na my verwys omdat sy dink dat jy dalk probleme met die prostaat het, soos dat jy sukkel om te urineer, sukkel om die blaas heeltemal te ledig en ook probleme met nie meer ‘n volledige ereksie kan behou nie. Dit dui alles op moontlike vergroting van die prostaat en dalk ook prostaatkanker. Ek het jou prostaat ondersoek en dit is vergroot, ons sal toetse moet doen om jou PSA telling te bepaal, maar ek is redelik seker dat u prostaatkanker het. Daar is een ligpunt, ‘n Amerikaanse dokter het die stelling gemaak ‘More men die with prostate cancer than from prostate cancer.’ Kom ons wees eerlik, prostaatkanker is dodelik en baie mans sterf weens hierdie kanker, maar baie meer kan deur behandeling dit oorkom.”

Jy het al baie kere slegte nuus in jou lewe gekry, soos die keer toe jy absoluut seker was dat jy daardie bevordering sou kry en selfs al vooraf plek in die spogrestaurant bespreek het waar jy en jou vrou die aand die bevordering sou vier net om via die kantoortelegraaf te hoor dat daardie gatkruiper vetter van finansies nou jou nuwe baas sal wees. Jou senior stap verby sonder om eers na jou kant toe te kyk en sê ook niks nie, maar daardie ‘nuus’ van die dokter met die mooi bene en fraai tiete is soos geen ander nuus nie. Dalk was jy daarop voorbereid, maar nogtans is dit verpletterend.

Dit gebeur mos net met ou manne! Jy hoor nie regtig wat sy sê nie – ook nie eers van die operasie om jou kwaadaardige prostaat te verwyder nie en dat jy daarna chemoterapie sal moet ondergaan nie, maar dat jou lewe in byna alle opsigte normaal sal wees nie. Sy belowe jou dat jy dalk nie meer so ‘n stewige ereksie sal hê nie, maar dat jy nog jou vrou sal kan penetreer.

Hel, dokter jy praat nou van as ek my vrou naai en nie meer kan kom nie en jy laat dit so klinies klink; fok jou! Haai, dit is dalk nie so ‘n slegte idee nie! Dan kan ek haar sommer wys dat alles nog werk – onvermydelik begin die ou man ook sy steun wys. Sy kyk en sê dan: “U sal my waarskynlik nie glo nie, maar omdat ek in my praktyk so baie met mans te doen het, het ek ‘n algehele afkeer aan mans en ek is tans baie gelukkig in ‘n lesbiese verhouding.”

Wat ‘n donnerse mors van goeie vleis! Nog nooit het die ou so vinnig slap geword nie.

Sy bepreek die behandeling en verduidelik hoe dit gaan werk, maar jy luister nie regtig nie en al waaraan jy kan dink, is dat jy nou ook saam met die ou manne kan praat oor hoe jy soos ‘n jakkals voor die gat sit en huil.

Die operasie is verby en die verligting om weer normaal te kan pis sonder om straaltjie vir straaltjie uit te druk en dan nog steeds te sukkel om jou baadjie oor jou broek te hou om die nat kol toe te maak, is darem amper die moeite werd. Laat een bliksem net weer daardie storie van die wet van Moses vertel, ‘maak nie saak hoeveel keer jy skud nie, die laatste paar druppels beland altyd in jou onderbroek.’ Ek sal hom persoonlik na daardie dokter met die mooi bene en die pragtige tiete toe vat dat sy hom behoorlik kan vertel!

Goed, daardie dae van moerse lang spyker, naai, of wat jy dit ookal wil noem, sessies is miskien verby en die vreugde van die feit dat die kinders uit die huis is en jy nou regtig die betekenis van ‘n Sondagmiddagknippie verstaan, is nou nie meer so lekker nie, maar saam met hierdie swaard wat oor jou kop hang, is die lekker van sommer net langs die meisie van jou jeug (sy is miskien nie meer so jonk as jare gelede nie) te lê en haar lyf wat jy so goed ken, weer van voor af te leer ken.

Ek kan nie hierdie kolletjie op haar bors onthou nie, was dit altyd daar? Kyk hoe begin haar tepel opstaan as ek voel of die kolletjie regtig is of dalk net ‘n spatsel grimering wat daar geval het. Of, ek het nie besef dat haar dosie so gevorm is nie! Ek het nog nooit so hieroor gedink nie – weet jy hoe lekker is dit om haar te vry sonder om bekommerd te wees oor of sy dalk haar tyd gaan mis. Het ons regtig ons daaraan gesteur; ek dink nie so nie. Sy begin ook nou om te besef dat as sy jou voël so of so hanteer, hy dalk nog kan regop kom – daar is nie meer die druk om te presteer nie. Soms is julle gelukkig en die ou man wys nog sy krag en gaan al die pad, maar kom ons wees eerlik, daardie geleenthede word al hoe minder en die blou pilletjies werk ook net so lank dan is hulle ook deel van die geskiedenis.

Ek het ook die geleentheid gebruik om vir haar chirurgiese handskoene te koop sodat sy nou net soos die uroloog met die mooi bene en die tiete my prostaat kan ‘ondersoek’ – dit het haar so ‘n rukkie geneem (en ek vermoed ‘n besoek aan die huisdokter se kollega) gevat voor sy die moed bymekaar geskraap het om die ‘ondersoek’ te doen. Laat ek nou vir julle manne wat nie weet nie
vertel, as sy eers die tegniek onder die knie gekry het, gaan sy jou laat wonder hoekom jy so lank gevat het om vir die ‘ondersoek’ te gaan!

Gebruik hierdie tyd om die meisie in jou lewe regtig te leer ken en dan sommer ook op die Bybelse wye te beken. Laat ons eerlik wees, ED beteken nie EDP nie.

One thought on “Is ED die EDP?

  • JACK

    Baie mooi beskryf met n lekker skeut humor

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)