Jasmin (3)

deur Nostradamus

So bevind ek my op ‘n sypaadjie buite ‘n pub en terwyl ek lekker aan my pyp staan en trek wonder ek wat hierdie aand gaan inhou. Ja, ek rook pyp. Sigarette stink vir my en sigare maak dat jy die essensie van die rookproses verloor. Met pyprook is dit ‘n proses om elke pyp gestop te kry, jy beleef die tabak en die reuk en smaak is meer intens. In elk geval, hier staan ek en wag vir Jasmin om by my aan te sluit. Met die uitkomslag is elke oog in die plek weer op haar en sy weet dit, besef ek toe sy sexy vir my knipoog nadat die kelner omtrent in ‘n pilaar vasgeloop het met ‘n skinkbord vol drankies omdat hy na haar gestaar het. Sy sê haar meenthuis is nie ver van hier af nie, en ek moet sommer agter haar aanry – dis sy met die Mini Cooper. Hoekom het ek geweet sy is nie ‘n Polo of ‘n Golf girl nie?

Sommer met die wegtrek besef ek die girltjie hou van vinnig ry en die 3.0 Ranger se perde werk oortyd om by haar te bly. Na ‘n paar draaie en rooi ligte wat vir ons nog liggroen was, draai ons by ‘n netjiese kompleks in, en sy moes seker vir die sekuriteit gesê het ek is saam met haar, want hy laat my sonder vrae ingaan. Met haar Mini in haar motorhuis en my Ranger voor die deur, stap ek agter haar haar huis is, terwyl sy haar handsak en wat nog op ‘n tafel by die deur neersit. Netjiese meubels, pragtige skilderye en ‘n diep leerbank waarop ten minste drie mense kan pas versier die sitkamer. Sy stuur my na die bank toe terwyl sy self kombuis toe gaan en terugkom met ‘n whisky op crushed ys vir my en ‘n martiniglas met vloeistof in vir haar. Dammit, moét sy nou juis ‘n martini glas gebruik? Want dit laat dit bloed na benede tuimel en kort voor lank moet ek haar vra om haar sin te herhaal, want ek het nie ‘n idee wat sy met haar sensuelke mondjie gesê het nie en uit haar liggaamstaal en stilte neem ek aan sy het my ‘n vraag gevra. Sy herhaal haar vraag, en sê in die mooiste Indiese-Engelse aksent: “Whil jy ‘n speletjie speel?”

Nou kyk, nie vandat ek en die bure se dogter op sewejarige ouderdom wys-my-joune-dan-wys-ek-jou-myne gespeel het was ek al só opgewonde oor ‘n speletjie nie! Sy verduidelik toe dat sy my baie aantreklik vind (ek dink sy wou net in my onderbroek kom – yeah right wishfull thinking! Sy is só ver uit my liga uit ek speel vir Diggers en sy vir die All Blacks) en dat sy êrens gelees het van ‘n speletjie wat ons twee kan speel. Sy verduidelik dat dit behels dat ‘n man en ‘n vrou op vyf verskillende afsprake gaan terwyl daar telkens op net een sintuig gefokus sal word, met die doel om die opbou en voorspel uit te rek tot iets wat lovers multi-sensories moet beleef of so iets. Sy het my al by speletjie gehad! Wie is ek om nee te sê? Sy verduidelik dat ons seker vanaand en vandag as die eerste date kan sien en dat ons vandag op die oë en sig fokus.

“Jasmin,” antwoord ek, “ek het vandag my oë gebruik en ek moet bieg ek het jou al seker ‘n honderd keer uit jou rokkie uit gedop en geëet soos ‘n ertjie!”

Met haar sexy lag en ‘n vonkel in haar oë verduidelk sy vir my hoe dit gaan werk. Vanaand mag ek kyk, en sy mag kyk, maar ons mag net kyk. Nie proe nie. Nie vat nie. Nie ruik nie. Nie hoor nie. Net kyk. Sy bring ‘n paar oorpluisies te voorskyn en verduidelik dat een of ander ou erens by een of ander universiteit wat nie afgebrand word nie, meen dat wanneer ‘n mens net een sintuig toegelaat word om impulse na jou brein te stuur, jou gewaarwording verhoog word. Nou kyk, ek weet van iets wat hoog word, orraait! Sy verduidelik dat sy oorkant my op die stoel gaan sit, en ek mag nie verby die koffietafel beweeg nie, en sy ook nie. Ons gaan albei oorpluisies inhê en dinge moet dan natuurlik volg. Met die sit sy haar oorpluisies in en beduie vir my om dieselfde te doen.

Stadig gee sy twee klein treëtjies terug totdat die stoel haar bene van agter af knak. Sy val agteroor en kyk my stip in die oë terwyl sy stadig met haar hande in haar hare bokant haar kop begin speel. Liggies streel sy oor haar gesig, nek en ken totdat sy skielik met haar regterhand se vingerpunte onder haar rokkie in verdwyn na haar linkerbors toe. Ek kan sien hoedat sy haar tepel terg, en sy haal skielik haar hand onder die materiaal uit en stryk dit plat teenaan haar borsie sodat ek haar tepel duidelik afgeëts kan sien. Bliksem!

Sy glimlag skalks en sê iets onhoorbaars, terwyl sy met haar een hand agter haar rug die rokkie se ritsluiter losmaak. Daar is nou meer beweegruimte vir haar hande hier in die buuste-area en sy speel nou duidelik met albei borsies terwyl sy my steeds diep in die oë kyk. Ek weet nou hoe voel ‘n ringkhals se prooi as hy hom hipnotiseer met sy bewegings voordat hy toeslaan, want voor ek besef wat aangaan spring sy regop en trek die rokkie oor haar kop terwyl sy so effe skuis gedraai na my toe staan. Sy gaan sit terwyl sy haar borsies met haar hande toeskulp en al wat ek kan sien is dat sy duidelik nog nie die moeite gedoen het om ‘n broekie aan te trek nie.

Haar sy en heup maak die mees sensuele lyn waar dit by haar bobeen aansluit en sensueel horisontaal voor my my oë van links na regs op haar bo-been draai soos wat sy skuinsgedraai voor my sit. Na wat soos ‘n ewigheid voel kyk ek haar weer in die oë en met ‘n vraag op haar gesig beduide-vra sy of sy haar hande moet wegneem. Ek knik opgewonde my kop om seker te maak sy verstaan my gierigheid en besef eers na die tyd dat ek soos een van daai hondjies in die Oos-Rand op mense se dashboards moet lyk. Stadig vou haar vingers oop en onbloot die mooiste, perfekste tepel wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Haar areola is omtrent so groot soos ‘n R5 stuk en haar tepeltjie self so dik soos ‘n HB potlood se uitveer en omtrent net so lank ook. Sy streel en terg hierdie tepetjies en speel met haar hele borsie, bo, onder en langs die kant. Shit! Hoekom wil ‘n mens altyd doen wat jy nie kan nie? Ek wil so graag elke vierkante milimeter van haar borsies verken met my tong, maar nou ja, ‘n deal is ‘n deal!

Skielik stop sy en hou weer toe en verbaas wonder ek of ek dalk een van haar reëls gebreek het, maar besef gelukkig gou dat sy eintlik net wil hê dat ek ook moet uittrek. Nou kyk, die vorige keer toe ek probeer het om ‘n striptease te doen het dit geëindig met my op my rug en my broek wat my enkels vasknoop soos ‘n luislang op ‘n hoender. Maar ek staan op en haal my mansjetknope af en sit dit op die tafeltjie langs my glas neer. Een vir een knoop ek my hempsknope ook en trek my hemp uit en hang hom oor die bank se ruglening. Ek is nie meer die 70kg waarmee ek matriek geskryf het nie, maar nie alles wat bygekom het is vet en drillerig nie – daarvoor het ek goeie gene en fietsry te danke. Ek sit en maak my skoene los voordat ek hulle saam met my kouse uittrek en langs die bank neersit – niks is so grillerig soos ‘n man met net sy kouse aan nie! Ek maak stadig my belt los en laat my broek stadig oor my onderbroek afgly nadat hy effens vasgehaak het oor my knop. Ek dra vandat ek kan onthou die stywe boxer soort, en ek sien dat sy met haar oë stokstyf staar na, wel, iets wat ook besig is om stokstyf te word. Want êrens terwyl ek besig was om my klere uit te trek het sy haar regterhand laat sak en agter haar bo-been begin speel. Vol bravade haak ek my duime by my onderbroek in en die eerste keer toe my voëlkop die lug aanskou kon ek sweer ek hoor haar na haar asem snak – die oorpluisies ten spyt.

Kaal sit ek terug op die bank terwyl my een hand so lui-lui met my voëlkop speel. Ek is nie die langste of dikste nie, maar ook nie die kortste nie – seker maar gemiddeld as mens al die tydskrifte glo. Ek besluit dat ek darem ook my stem wil laat geld en hou op en gemaak skaam toe totdat sy weer oogkontak maak. Ek beduie dat sy haar onderlyf ook na my moet draai sodat ek daardie pragtige varkoor martini darem mooi kan sien.

Nou kyk, ek is nie snaaks nie, maar die oomblik toe sy na my toe draai en haar voete langs haar op die stoel se kussing sit, toe glimlag sy vir my met daardie vertikale glimlag soos net ‘n dame kan. Roospienk blaartjies kom sku na buite terwyl sy steeds haar genotknoppie met haar middelvinger terg. Ek kan myself nie meer hou nie en begin stadig en saam met haar op dieselfde ritme aan my piel trek en ek is nie seker wie nou die vinnigste op pad is na fyndraai nie – ek wat na haar sit en kyk toe sy ‘n vinger stadig by haar genotgrot laat indraai terwyl sy daardie klitoris speel soos ‘n banjo op ‘n boeremusiek konsert, of sy wat kyk hoe ek riemruk soos ek laas in standerd sewe gedoen het toe ek die meisieskoshuis se storte afgeloer het.

Met haar oë stip in myne voel dit of ons tegelyk in mekaar se siele in kyk en terselfdetyd ook sien hoe die ander een se hande die eeue-oue ritme van liefde en lus op ons liggame uitspeel. Ek sien sy is op pad om te kom en ruk omtrent my riem af om saam met haar te kom, maar voordat ek kan bykom sien ek hoe sy oor die afgrond stort en haar lyfie onwillikeurig aan die ruk gaan. Ruk, die ruk ek ook, en vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde is ek paniuekbevange, want ek weet nie waar ek my saad gaan skiet nie, maar besluit dat ek eerder maar my maag sal gebruik as haar mat – mens wil ook nou nie vir moeilikheid soek nie.

Die laaste gedagte voordat ek uitgeput en rustig op die bank terugsak en sien hoe Jasmin steeds met haar kop agteroor op die stoel se rugleuning lê, bene oopgespalk en haar hand in haar poesie, is dat daar nog vier sintuie oor is!

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

2 thoughts on “Jasmin (3)

  • October 31, 2016 at 8:15 am
    Permalink

    Wow, dit was baie lekker om te lees……

    Reply
  • October 25, 2016 at 1:25 pm
    Permalink

    hel, Nostradamus, ek kannie wag vir die ander vier nie !
    Is een van hulle dalk seksteksing…..hahahaha
    Briljante bydrae hoor, dankie ?
    WilleWill

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)