
Eens in ‘n leeftyd
deur Charlie
Dit was ‘n Donderdagaand toe ek die sms kry, ek was besig om by goeie vriende koffie te drink. My vrou was op daardie stadium vir ‘n week al weg op besigheid, ek het die sms verwag, maar nie so gou nie. Ek het dit gelees, daar het ‘n gevoel van oh fok, hoe nou, wat nou oor my lyf gegaan. Dit is wat ek wou gehad het so wat nou? Ek sal moet verskoning maak om te gaan regmaak. Ek het vir my vriende gejok en gesê ek is genooi vir ete en myself verskoon, goed wetend dat ek klaar geëet het.
Ek het by die huis aangekom. Ons het so blok weg gebly van die vriende af. Ek het die sms weer gelees: “Kan ons dalk ontmoet, ek wil jou graag by my in die bed hê?”
Ek het nog nooit so iets gedoen nie, ek is getroud, moet ek of moet ek nie, het deur my kop gegaan. Ag, wat de fok, jy lewe net een keer.
“Sekerlik, sê net waar en wanneer,” het ek teruggestuur.
Dit was nie lank nie toe kom die antwoord terug: “Wat van sommer nou in Blouberg?”
“Enige tyd. Gee net die adres en ek ry deur.”
Dit was so halfuur toe stop ek by die McDonalds in Blouberg. My mond is droog, ek voel deurmekaar, maar tog opgewonde. Sy het gesê iemand gaan my daar ontmoet in hulle voertuig. Ek sien die voertuig staan daar, nou nog meer op my senuwees stap ek nader. Ek klop aan die ruit. ‘n Man in sy laat dertigs rol die venster af en noem my naam. Al wat ek kan uitkry is ‘n knik om te wys ja dit is ek. Hy sluit die voertuig oop en ek klim in. Ons begin deur te groet en hy gee vir my sy naam. Ek wag vir hom om te sê hoe hy verwant is aan die vrou wat ek nou moet ontmoet. Toe kom die woorde uit sy mond uit, hy is haar man. Ek sit so oomblik en dink o fok, wat gaan hy nou aan my doen? Gaan hier ‘n hele klomp mense aangestorm kom met kameras soos ek sien op die TV? Ek bedaar myself en luister verder, hy laat haar toe om sulke dinge te doen en dit maak hulle ‘n beter egpaar.
Voor ons vertrek vra hy nog so paar vrae en sê vir my ek moet haar asseblief baie sag hanteer, want sy is baie fyn en slank gebou. Ek sê toe vir hom dit is doodreg ek sal haar met respek hanteer. Hulle huis is nie baie ver van die McDonalds af nie. Toe ons daar stop begin my hart eers vinnig te klop. Ek dink by myself wat as sy nie van my hou nie, wat as dit alles ‘n hele flop is? Soos ons instap by die sy-ingang is my gemoed nog steeds angstig.
Sy het op die rusbank in die sitkamer/kombuis gesit en wag vir ons. Sy was ‘n baie mooi en maer vrou gewees, nie so maer dat sy benerig was nie, maar net genoeg. Terwyl ek naderkom om myself voor te stel en ‘n drukkie te gee ruik ek aan haar. Sy ruik skoon gestort. My hart voel of dit in my mond sit op hierdie oomblik, ek gee nou die vrou wat ek moontlik binne oomblikke gaan spyker ‘n drukkie. Ons praat vir so vyf minute oor dit en dat voor sy haar man beveel om buite te gaan wag terwyl ek en sy boontoe gaan na die kamer. Die hele huis is eintlik een oop vetrek. Ek het by myself gedink ek sal nie dit kan doen as haar man hier onder sit nie, maar hy het buitetoe gegaan.
Bo gekom gaan lê sy op die bed en begin haar klere uittrek. Toe kom die verbasende vraag: “Sal jy om ee as ons dit doen sonder ‘n kondoom? Jy kan maar binne my kom.”
Ek staan eers vir so oomblik en allerhande beelde van siektes kom by my op, maar dan oorweldig die gedagte van my piel binne haar sagte poes te kan druk sonder ‘n kondoom en om haar warmte te kan voel, ek sê toe “seker geen probleem.” Ek kan my opgewondenheid nie hou nie, ek was hier om stout te wees en nou kry ek nog seks sonder ‘n kondoom ook.
Sy lê al klaar kaal op die bed en wag vir my, ek begin my klere uittrek. Met elke stuk wat ek verwyder raak ek effe meer bewus van my liggaam en die foute wat ek sien daarmee. Ek gaan lê langs haar op die bed. Sy begin aan my te vat en vra of ek sal omgee as ons nie soen nie, dit is vir haar iets wat sy hou vir mense wat sy baie goed ken of lief is voor. Ek stem in, solank ek jou gaan naai gee ek nie om nie, dink ek by myself. Sy vat en bevoel my arms en dan my bene en soen my orals waar sy gevat het. Ek vat my een hand en beweeg dit stadig nader aan haar – te bang om iets verkeerd te doen. Ek voel nog asof ek droom. Ek vryf haar boude en dan haar rug. Sy kom sit toe bo-op my en begin my bors en six-pack vryf. Nou het ek toegang om haar poeslippe en klit te vryf soos sy op my sit. Met my ander hand vat ek aan haar klein tog sagte en ronde borste en vryf dit. Skielik voel ek sy vat haar hand en gly my klipharde piel binne haar poes in. Dit is ongelooflik nat binne en ek gly sommer maklik in. Die warm gevoel van haar wande en glibberige nat is so intense dat ek myself moet reg skuif op die bed. Sy begin ritmies op en af beweeg en maak al hoe meer geluide. Die gevoel raak so erg vir my dat ek sommer binne haar kom sonder om te eers agter te kom, die orgasme het my net oorval van al die lekker.
Sy klim van my af en maak haarself so bietjie skoon en gaan lê op haar rug op die bed. Sy maak haar bene oop en sprei hulle so asof om te sê ek is gereed vir jou om bo te wees. Teen hierdie tyd het ek alweer ‘n klipharde ereksie en druk my stywe piel binne haar. Sy maak so steungeluid van lekkerte toe ek dit indruk. Sy is nog steeds nat van my kom en haar eie sappe. Ek begin eers stadig in en uit beweeg. Haar poes is so lekker soepel. Dan gryp ek haar skouers en begin hard te stoot. Ek kan voel hoe sy lekkerkry en begin kriewel onder my. Ek gaan laer en rus my mond regs langs haar regter oor. Ek begin dit saggies te soen. Ek kan hoor hoe sy kreun van die lekker en begin rondbeweeg van die orgasme wat sy begin kry. Haar poes trek styf om my piel en met dit voel ek ook hoe ek kom. Ons altwee maak nog sulke beweegings na die orgasme met ons nat geswete lywe styf teen mekaar.
Ek val langs haar op die bed neer en dink by myself: my fok, dit was lekker, ek het nog nooit so iets ervaar nie.
Ek is nie baie ervare as dit by slaapkamersake kom nie, maar dit was iets anders. Na dit het ons altwee gaan stort en haar man het my na my voertuig terug geneem, natuurlik nie sonder een of twee vrae oor hoe dit was nie. Ek het effe ongemaklik gevoel om dit met hom te bespreek, maar ek het gesê dit was baie lekker en sy is spesiaal. Tot dusver het ek nog nooit weer so ‘n ervaring kon kry nie.
1 COMMENT
knap geskryf.