Iggie en die mooie Kaap
deur Wille Will
Iggie (kort vir Ignatius) was klaar met universiteit (BA graad ) en 18 maande op die grens (verpligtend) plus ‘n jaar wat hy vir ‘n firma gewerk het om ‘n beurs terug te betaal. Die werk was uiters vervelig en hy het besef dat hy vir Boekhou nie veel aangelê is nie. Hy wou wegbreek uit sy dobberende vervelige daaglikse roetine en het besluit om Kaap toe te gaan aangesien hy nog nooit daar was nie en die ‘girls’ glo baie mooier is as die Noorde s’n.
Hy het ‘n maand kennis gegee, sy opgehoopde pensioengeld en sy bietjie spaargeld getrek en in sy Volla geklim met al sy klere ingepak.
Hy het alles wat hy bymekaar gemaak het soos meubels, TV reeds verkoop en die pad gevat Kaap toe.
Hy het ‘n ryloper buite Drie Susters opgelaai en in Kaapstad aangekom, het diè hom verwys na ‘n billike losieshuis in Loop Straat om voorlopig in te bly (hedendaags is die losieshuis al gesloop vir die Waterfront).
Dit was ‘n oer-oue Jood en sy vrou wat hom sy kamer gewys het nadat hy twee maande losies sommer vooruit betaal het.
Die eerste week het hy in die middestad rondgeloop en die winkels en uithangplekke verken. Wanneer hy in die aande tuiskom, watter tyd ookal, vroeg of laat, was die ou Jode nooit te sien nie. Hy’t sy aandete uit die lou aand gehaal, ge-eet en met die krakerige ou houttrap opgegaan na sy kamer, gebad en gaan slaap.
Die eerste Vrydagaand in die Kaap kom Iggie af op ‘n helderpers neon advertensiebord met ‘n prominente pyl wat flikker na onder. “The Purple Cage.” Daar is ‘n een-deur ingang, wat oop is, met trappe wat afgaan klaarblyklik na een vlak ondergrond.
Met ingehoue afwagting stap hy met die trappe af. Onder is dit egter sterk donker met slegs pers neonligte teen die mure en in die dak. Oorverdowende musiek doef-doef deurentyd uit versteekte luidsprekers. Die enigste verligte area is die volle sirkel kroegarea wat moontlik in die middel van die vloer is. Daaragter dartel ‘n jongman rond met ‘n pers ge-sequinde onderbaadjie en ‘n Pompadour kuif uit die ‘30’s wat nou weer sterk mode is.
Iggie gaan staan langs ‘n oop stoel om eers sy dop te bestel.
“Helloooo , Gorgeous! When did you fly in from heaven ? What’s your poison?”
Iggie weet nie of hy bloos of hoog die moer in raak nie.
“Net ‘n Castle,” sê hy.
Hy kyk om hom rond. Hy gaan sit vinnig as hy op die een draai van die kroeg twee meisies sien wat in ‘n vurige omhelsing is wat indringend mekaar soen en die een se hand is oop en bloot besig om die ander se een bors te vertroetel waarvan die tepels deur die materiaal styf staan. Langs hulle sit ‘n man, oop bolyf, bo-op ‘n ander man se skoot en knibbel aan die ander een se oor. Bliksem ! Wat se kroeg het hy nou ingestap ?
“Ha-ha-ha-ha,” lag ‘n diep stem by sy regterskouer. Hy swaai om op sy draaiende kroegstoel terwyl hy sy bierglas na sy lippe bring.
Langs hom staan ‘n baie netjies geklede heer in ‘n drie-stuk pak met grys om die slape van sy donker hare. Hy het’n Apèritif kelkie in sy een hand met ‘n drywende olyf in die deursigtige inhoud. Sy pinkie met ‘n robynsteen goue ring daaraan, wys weg van die glasie wat hy vashou.
“Ek hoor jy’s Afrikaans en lei af dat dit jou eerste keer hier is en dat jy baie ongemaklik voel?”
“My naam is Cecil,” steek hy sy ander uit na Iggie.
Ter stonde vloei hulle gesels gesellig en Iggie vou soos hy soms lag vir Cecil se spitsvondigheid en op- en aanmerkings oor van die karakters in die kroeg. Hy kyk op sy polshorlosie en skrik toe hy sien dis al amper middernag! Hy het ‘n hele paar biere alreeds agter die blad, waarop Cecil aangedring het om voor te betaal, aangesien hy Iggie se gasheer en beskermengel is vir die aand.
“Ek moet gaan, Cecil, kyk hoe laat is dit, baie dankie vir jou gasvryheid!”
Cecil se een wenkbrou gaan dramaties op, maar hy glimlag terug: “Hier’s my visite kaartjie, bel my asb. môre, ek het dalk ‘n goeie proposisie vir jou?”
“Maak so, dankie vir ‘n lekker aand, totsiens.”
Na ‘n heerlike Joodse brêkfis van gekrummelde Matsoz met roereiers gemeng en ‘n lang lou stort, het Iggie se babelas begin verbeter en toe hy aantrek val Cecil se kaartjie van die vorige aand uit die hempsak van die henp wat hy in die wasgoedmandjie wou gooi.
Hy gaan sit op sy bed en bel die nommer. Cecil se sonore stem be-antwoord die oproep. Hy nooi Iggie om die dag by “hulle” te kom kuier, hy sal John stuur om hom te kom haal.
Na vyftien minute, toe hy al reeds by die voorhekkie staan, hou “n pragtige rooi, afslaankap Alfa Spyder daar stil. Hy beduie die lenige donkerkop man om te bly sit en maak die passasiers deur oop. Op die pad van vele draaie en ‘n stukkie snelweg leer hy dat John ‘n boorling uit Engeland is en ‘n restouranteur van beroep is. By Kenilworth draai hulle af en tussen boomryke lane deur draai hul uiteindelik by outomatiese hekke in van ‘n herehuis wat imposant vertoon. John spring uit en skree “volg my” soos hy met lang hale langs die huis verby met ‘n paadjie tussen baie vetplante en struike op hardloop. Toe Iggie bo kom is dit op ‘n patio langs ‘n sprankelskoon, nier-vormige swembad. John het blykbaar van sy klere ontslae geraak en ingeduik, want hy trap water met ‘n groot glimlag op sy gesig, in die middel van die ‘bad.
Langs die swembad op dek-stoele onder ‘n veelkleurige, groot sambreel, lê Cecil geklee in ‘n oop, bont Hawïese hemp en ‘n styfpassende swembroek. Mens kan die omlyning van sy penis deur die broek sien. ‘Gemiddeld ’ dink Iggie by homself en grinnik, want wat op dees aarde het hom daaraan laat dink? Langs Cecil lê ‘n middeljarige, blonde man met donkerbrille op sy gesig en teug aan een of ander Tropiese mengeldrankie met baie vrugte in. Hy is net in ‘n Speedo geklee maar selfs dit verklap nie veel onder sy effe boepmagie nie.
“Aha … my jong vriend, welkom by ons!” kom Cecil oor die gras aangestap en omarm Iggie in ‘n ferme druk. “Jy’t vir John reeds ontmoet en gaan sê hallo vir Chris, hy’s ook Afrikaans. Hulle twee bly by my aan huis en is ‘n couple. Ek moet ongelukkig middestad toe vir ‘n vergadering op ‘n verdomde Saterdag, maar ek los jou in hulle hande, hulle sal mooi na jou kyk en vermaak tot ek vanaand terugkeer en dan kan ons gesels oor die proposie wat ek vir jou het. Jy slaap natuurlik oor.”
Voordat Iggie kan antwoord, draai Cecil om en stap verby die swembad in die huis in.
“Daar’s swembroeke in die laai onder die drankrondomtalie in die hoek,” beduie Chris hoek toe “…of jy kan sommer kaal inspring soos John as … jy wil?” Die sinistêre, seksuele ondertoon van Chris se lispende stem maak dat Iggie net glimlaggend die voorstel, knopknikkend erken, maar hy bly doodstil staan en vra vir John: “Is the water not cold, John?”
“Not at all,” John draai in die water na Chris se kant toe en Iggie kan die swart kol hare tussen sy bene met ‘n wit stingel daartussen duidelik in die helder water sien.
“Chris, this guy is from up-country, maybe we should take him to the beach?”
“Clever man! Dis hoekom ek vir jou lief is!” met die woorde stap Chris ook in die huis in.
John trek homself aan sy arms uit die swembad uit en met sy spierwit, besnede penis wat heen en weer swingel terwyl hy ‘n handdoek gryp en sy gesig droogvee, sê hy: “Get yourself a drink, I’m going to help Chris to get a few things ready to take with to the beach.”
Iggie knak ‘n yskoue blikkie Castle oop en neem ‘n lang teug. Hy leuen sommer op die toonbank terwyl die koue bier diep in sy maag in gôr en sy lyf heerlik afkoel. Voordat hy die laaste sluk vat, kom die twee gashere uitgestap met ‘n groot koelerboks, sambrele, handdoeke en ‘n nutssak oor een se skouer.
“Is jy reg?” vra Chris en hulle stap af met die paadjie, kar toe.
Ondergekom stap John weg na ‘n drie-deur motorhuis en spoedig kom hy met ‘n silwer Range Rover aangery tot waar hulle staan.
“Die Alfa is te klein vir drie van ons met bagasie,” lispel Chris terwyl hulle inpak en inklim om te vertrek.
Dit is ‘n helder, wolklose, somersdag in die Kaap. Die soort dag wat Kaapstad een van die vyf mees gesogte toeristeplekke maak in die wêreld. Iggie verkyk hom aan die asemrowende uitsigte soos hulle om Leeuwkop ry en mettertyd afdaal see toe. Toe hulle uiteindelik stilhou agter ‘n lang sandwal wat al met die see en pad afloop, waaragter jy die see nie kan sien nie, is daar ‘n geniepsige windjie wat waai. Elkeen gryp iets om te dra, maar John het die koelerboks en die strandsambreel en Chris die handdoeke en die nutssak. Iggie stap maar net agterna soos John oor die sandwal verdwyn. Wanneer Iggie oor die sandwal wil afsak val sy mond oop. Die wit sand tot by die see lyk asof daar goud inskitter. Daar is midde van die sand ‘n strook fynbos en heide en twee palmbome. Hulle stop egter aan die onderpunt van die wal met die soetgeur van die struike wat meng met die see se eiesoortige reuk. John en Chris sit alles neer op die sand en begin ontklee.
“You better get undressed, young man, this is Sandy Bay,”sê John.
“Weet jy van Sandy Bay, Iggie?” vra Chris terwyl hy sy onderbroek uittrek.
Iggie het intussen ook ontklee en staan net in sy onderbroek.
“Dit is ‘n nudiste strand, jy mag net naak hier rondloop.”
Iggie kyk vinnig oor die hele strand. Dit is seker ‘n stil dag, want hy sien net ‘n ou paartjie wat naak voorkom in die verte by die rotse en ‘n dame wat tussen die palmbome en die wal op haar rug, op ‘n handdoek lê, met wydgesperde bene en slegs ‘n groot sonbril op haar oë … en niks anders nie!
Chris gooi ‘n handdoek by sy voete neer en as Iggie opkyk sien hy net hul twee paar wit boude wat aanstap deur die sand in die rigting van die palmboom strook.
Hy buk af en trek sy skants uit en is nie verbaas om te sien hy het ‘n semi-ereksie nie. Die verskuilde erotiek agter hierdie skielike nudisme het hom sowaar jags gemaak! Hy gooi die handdoek oor sy een skouer en soos hy afkyk na sy half-dik voël stap hy agter die ander twee aan. Skielik is daar twee vroue voetjies voor hom op die sand en hy steek viervoet vas. Sy oë volg die paadjie van die voete af op, verby die geskeerde nat poes tot oor die pragtige borste en dan die gesonbrilde gesig. Haar lyf is nie bruin gebrand nie, eerder ‘n diep donkerbrons wat weerspiëel dat dit nie die eerste keer is, want sy naak sonbrand nie. Daar is ‘n nat effense sweet glim of sonbrandroom wat haar hele liggaam laat gloei in die son. Sy oë gaan weer af na haar koek. Die buitelippe maak ‘n definitiewe, nat swart strepie tot op die handdoek. Maar hoog op naby die opening het die buitelippe weerskante oopgeval en dit lyk soos twee vlinder vlerkies weerskante van die spleet en is ‘n pragtige ligpienk, binnepoes kleur. Hy sien sy dik voël is nou stokstyf, uitgerek erek, en are klop op die buitehuid soos dit in die lug opbeur.
Op hierdie oomblik sien hy hoe sy die sonbril afhaal en met byna swart oë opkyk na hom. Daar is ‘n intieme glimlag om haar lippe as sy vir hom sê: “Met só’n mooi meneer is dit seker die eerste keer wat jy naak op ‘n publieke strand loop, of is jy dalk ook gay soos die vorige twee ouens wat hier verby is?”
Met ‘n lae stem skor Iggie: “Nee ek is beslis nie gay nie, ek het maar net saam met hulle gekom.” Terselfdertyd probeer hy die handdoek oor sy stywe piel vou.
Sy gee ‘n kloklaggie en laat haar kop weer rus op die handdoek en sit die sonbril terug op haar neus. “As hulle jou nie gaan gryp of verkrag nie, kan ons twee dalk later bietjie gesels. Mens vermors nie sulke suiwer skoonheid nie.”
“I-g-g-ieeee,” roep Chris se stem van die palmbome af. “Gaan jy nie by ons kom sit n-i-eee?”
Hy knoop die handdoek om sy middellyf en stap na hulle toe. Sy horing maak egter nog steeds tent daaronder. Toe hy naby hulle is probeer hy ongesiens sy ereksie wat effens bedaar het, platstoot bo-oor die handdoek. Die twee lê styf langs mekaar op hul rúe en leuen op hul elmboe, poedelnaak. John kom skielik orent met ‘n glimlag en plaas sy naaste hand intiem op Chris se bo-been naby sy knaters: “The rules demand that your towel must come off.”
Die opgekropte, soms verwarrende emosies en ervarings van die afgelope surrealistiese 24 uur met Cecil en sy twee maatjies, bars skielik oop in Iggie en hy pluk die handdoek met een ruk van sy lyf af.
Sy ereksie het verbasend weer tot vol sterkte gegroei en sy dik, groot voël klap regop teen sy maag.
“Luister nou mooi en vertel vir Cecil ook. Ek is nie gay nie en ek het geen voorneme of behae om met ‘n man seks te hê nie. It’s not my scene, I love fucking women. Maar julle al drie was baie gasvry en vriendelik met my en ek kan opreg sê dat julle die enigste vriende is wat ek nou het en ek sal graag julle vriendskap wil behou. As dit julle behaag en lekker kry gee kan julle die meneer sien in al sy glorie … maar no touching”
Hy neem sy voël in sy hand en gee dit ‘n paar trekke dat dit nog stywer word en die voorvel halfpad afrem oor die groot pers kop. Die twee voor hom masturbeer nou albei met hul oë vasgenael op sy penis.
“Is it a deal ?”
Chris kyk op na sy gesig: “No probs … ons aanvaar … maar sal jy sy voorvel aftrek dat ons die hele knop kan sien?”
Iggie glimlag en trek met lang hale sy voël op en af en dan trek hy die huid af dat die glans soos ‘n groot pers okkerneut in die son ontbloot is.
“Glory me!” roep Chris en die semen spat in klein aanhoudende straaltjies uit sy penis uit in Chris se vinnige hand. John plaas egter op hierdie oomblik sy liggaam bo-oor Chris en soen hom met gulsige slurpe terwyl sy penis onder by Chris se anus wil ingaan.
Iggie swaai om weg van hulle vir hul privaatheid en tree na die ander palmboom toe. Sy oë dwaal na waar die vrou gelê het, maar hy sien net hoe haar handdoek se een punt in die wind wapper.
“Dit was nogal ‘n scene wat jy daar gegooi het, ek het alles gevolg,” sê ‘n sagte vroue stem van agter die boom.
Hy stap om en sy staan met haar rug geleuen teen die boom met haar hande wat bo haar die boom vashou. Haar een been is gebuig met die voetsool teen die stam. Haar swart oë brand in syne.
“Mens vermors nie sulke suiwer skoonheid nie,” refrein haar woorde in sy ore as hy haar om haar boude optel en laat af- en insak op sy kloppende penis en een van die verruklike tepels in sy mond neem.
3 COMMENTS
Dankie Dol ! Was seker biekie aweregs vir ander lesers.
Hoe lyk dit met ‘n storie van jou af ? ☺
Beslis eroties
A nee A, ouens en girls ! Lewer asb. kommentaar, al is dit die negatiefste denkbaar ! Ek voel soos ‘n Atëis wat gestrand is in die woestyn met net ‘n Bybel by hom……