Hennepartytjie
deur Sneeuwitjie
“My fok, man! Ek het jou betaal om te strip, nie om vir die bruid ‘n donnerse blowjob te gee nie!”
Ek hoop nie een van ons vriendinne in een van die ander kamers word wakker midde-in my half-dronk woedebui nie. Hy vee sy mond aan sy voorarm af, trek sy vingers deur sy blonde kuif, en kom stadig orent van waar hy kniel langs die bed tussen Lana se bene. Elke spier aan sy naakte, jong, bruingebrande lyf is gedefinieer. Breë skouers, six-pack, smal heupe, bultende bobene, stywe boude en mooi kuite. Die resultaat van ure in die gimnasium. Die pakket is afgerond met stewige voël wat stokstyf staan, effe na links tot teenaan die onderste blokkies van sy maagspiere. Ek het al gehoor alle manlike ontkleedansers is eintlik gay en doen die dansery net vir die geld. Wel, duidelik is hierdie meneertjie nie jou stereotipiese stripper nie.
“As ek nie hier ingekom het nie het jy haar wragtag seker gespyker ook. Maak dat jy wegkom!”
Lana kyk my met wasige oë aan van waar sy op haar rug op die bed lê. Haar arms is ontspanne bo haar kop uitgestrek en haar rok is opgetrek tot by haar middel. Haar dye is wyd oop, sy is skoon geskeer en blink gelek. Die prentjie trek my oë soos ‘n magneet. Moenie verder kyk nie, moenie verder kyk nie, moenie verder kyk nie … Jy is reeds besig om jou kop te verloor hier, dink ek by myself.
Die stripper trek sy denimbroek aan, prop die res van dit wat hy saamgebring het in ‘n sak en strompel deur toe.
“Hey, dis nie nodig om so ‘n bitch te wees nie! Chill net. By the way, sy het nog nie eers gekom nie.”
“Fokof net!” snou ek hom toe en hy is soos blits uit by die deur.
Lana het intussen haar rok afgetrek en sit op die rand van die bed. Sy spring skielik op en hardloop na die luukse en-suite badkamer. Ek hoor hoe sy ‘n paar keer naar word en dan die toilet spoel.
“Daar is nou niks in my maag oor nie.” Sy gaan sit bleek en bewerig op die bed. Ek is nog verbaas-geskok oor die toneel wat hom pas voor my afgespeel het. Al wat ek kan uitkry is: “Ek dink jy moet gaan tande borsel en stort. Ek gaan maak koffie.”
Ten minste het die vyfster-lodge dit goedgedink om sterk koffie beskikbaar te hê. Terwyl die Nespresso-masjientjie in die oopplan-kombuis dreun, bekyk ek die oorblyfsels van die legendariese partytjie in die sitkamer. Tanya lê en slaap ‘n dooie slaap op een van die leerbanke. Sy is gewoonlik die opstoker wat deurnag kuier, maar sy het haar kapasiteit vanaand ‘n bietjie oorskat. Ja, so kom die heldinne tot ‘n val. Bliksemse tequila. Tanya het jare terug getrou vir geld met ‘n man twintig jaar ouer as sy en sy was vanaand besonder opgewonde oor die jong manlike ontkleedanser. Sy en Lana het om die beurt ‘n héle paar body shots gedoen. Elke keer die sout ekstra stadig van die stripper se gespierde lyf afgelek voor hulle ‘n glasie tequila afsluk en ‘n hap vat van die suurlemoenskyfie wat hy tussen sy tande vasbyt.
Ek het net met ‘n whiskey in die hand teruggesit en myself verlustig in die spektakel. Spiertier-manne was nog nooit regtig my tipe nie – en ek het weereens heimlik die vermaak gereël om die res van die vriendinne se reaksie te sien. Verál die van die sexy Lana. Elke keer wat Lana die sout van die stripper se lyf aflek het ek my verbeel sy lek mý met haar flukse tong, en dan my bene effens toegeknyp om my lus vir haar te probeer beheer. Ek moes omtrent heel aand kruisbeen sit. Die kunssinnige Lana met haar boheemse klere en juwele en golwende donker hare het geen idee hoeveel wilde gedagtes sy deur die jare al in my wakker gemaak het nie. Wanneer ons partytjie hou, dans sy altyd kaalvoet en vrygeestig, flankeer en kuier met oorgawe, maar sy ken tog altyd haar perke. Behalwe vanaand…
As ek geweet het dat ‘n stripper en toekomstige bruid ‘n aand so kan laat ontspoor! Hoe gemaak met hierdie totale katastrofe? Ek weet al uit ervaring dat ons groepie vriendinne sal swyg soos die graf oor die stripper. Ons ken die reëls – geen foto’s of bewyse van enige gefuif of rinkink nie. Die probleem is – volgende week hierdie tyd hou ons troue! Dan moet ek die middag soos ‘n stroopsoet bruidsmeisie voor in die kerk staan. Johan is ‘n ou varsity-pel. Ek gaan hom in die oë moet kyk, en daar staan langs Lana met haar trourok aan. Liewe Lana wat nou nét ‘n blowjob by die stripper gekry het. Die stripper wat ék gereël het, wat die aanstaande bruid toe verder dronk gemaak het nadat almal gaan slaap het, met die tequila wat ék gekoop het. Die fokker. Die koffie is klaar en ek kies koers terug na haar kamer toe met die twee bekers.
Die leë koffiebekers staan op die bedkassie. Lana kyk my met groot oë aan.
“Hoekom het jy hier ingekom?” vra sy.
“Wel,” antwoord ek, “julle twee het die deur half oopgelos. Ek was op pad kombuis toe vir ‘n glas water, toe sien ek … uhm … wat ek sien.”
Ek beduie na die bed. Ek besef ek sit presies waar Lana ‘n rukkie terug met oop bene gelê het. Die blote gedagte daaraan maak my gek van lus. Sy lyk bekommerd.
“Johan mag nóóit hiervan uitvind nie! Belówe my jy sal stilbly?”
Ek verkyk my aan haar slanke nek en die krulle wat nat oor haar skouers hang.
“Belówe my … as ek …” Sy bly stil.
Ek frons. “As jy wat?” vra ek.
Sy knoop die wit handdoek om haar lyf los.
“Ek is nie stupid nie …”
Sy leun vorentoe en ek voel haar stywe tepels deur my satyn nagrokkie teen my borste druk. Ek lig my arms op en sy glip my nagrok van my lyf af. Haar lippe is sag teen myne en sy ruik na amber en sandelhout. Aards. Ek voel die gewig van haar vol borste in my hande terwyl ons tonge oor en weer in mekaar se monde speel. Sy druk my teen die stapel kussings vas en werk haar mond teen my lyf af tot tussen my bene. Sy kyk my in die oë terwyl sy my lieste en binne-dye lek, en doelbewus die res van my vroulikheid vermy. Ek voel hoe ek natter word met elke haal van haar tong. Sy streel haar hande oor my heupe en vou dan my hele poesie toe in haar hemelse, warm mond. Terwyl sy suig beweeg sy haar tong met my spleet op, terg my klit met die punt van haar tong en gly dan weer af haar tong af tot net-net binne-in my. Sy kyk stip na my terwyl sy die beweging oor en oor herhaal. My lyf begin net saamtrek in aanloop tot ‘n klimaks, toe sy my regop trek na haar toe. Ons lywe smelt saam. Mond teen mond, lyf teen lyf, vingers wat met ‘n dringendheid holtes soek. Ek proe myself aan haar mond. Haar vingers glip in my in en ek klem haar ferm bors met my een hand vas. Ek druk twee vingers dieper in haar nat warmte in terwyl die orgasme beheer neem oor my lyf, my kop agteroor in ekstase. Sy suig-byt my nek terwyl ek ‘n tweede keer kom. Ek laat my twee vingers in en uit haar gly terwyl my duim haar klit vryf. Sy druk haar heupe vorentoe en byt al harder in my nek in. Met die eerste sametrekking van haar poesie, glip ek my ringvinger tussen haar boude in. Sy snak na haar asem en haar orgasme pols ritmies om my vingers. Ons lywe sak deurmekaargevleg op die bed neer. Vir ‘n lang tyd lê ons woordeloos na mekaar en staar.
“Ek belowe,” fluister ek vir haar.
Lana streel oor die bytplek in my nek: “Ek hoop dit lyk beter teen Saterdag”.
17 COMMENTS
Sjoe
Sneeuwitjie,
Jou storie is goed geskryf. Dit smeul van die erotiek; die sensuele mens wat jy is, natuurlik! Jou woordkeuse en sinsbou is wonderlik en jy ken jou metafore. Ek waardeer ook jou goeie spelling; kan net nie lekker lees aan goed waar die spelling nie reg is nie. Ek kan sien jy is ‘n ywerige leser ook, want dit is mos maar so: as jy nie baie lees nie, kan jy nie goed skryf nie.
Ek het lekker opgegeil geraak!
Lusman, is jy nie dalk bereid om my te help om die stories se taalversorging te doen voor ek dit plaas nie? 🙂 So vyf per week op die meeste. Dit sal my so help, want soos jy al van die begin af duidelik maak, laat ek steeds te veel foute deurglip. Dis dalk oor ek eerder ‘n skrywer as ‘n taalversorger is. Of dalk oor ek baie foute regmaak in sommige stories en daardie dan die is wat ek steeds nie raakgesien het nie. Dit sal vir my so baie help en ook Kombiekiehier vir die lesers wat soos jy deur taal en spelling afgesit word, ook baat. Is jy dalk bereid?
Ek kan probeer, maar wil nie waarborg dat ek altyd beskikbaar sal wees om dit betyds te doen nie. Stuur gerus een aan my e-pos-adres, dan kyk ons hoe dit gaan. Groete.
Dankie ek maak so 🙂
Sneeuwitjie
Ek het dit nogal geniet laat my soms wonder oor vroue. ?ek vind myself meer en meer lees en kort video’s kyk oor net vrou…
Niks fout daarmee om bietjie nuuskierig te wees nie. X
Waar was ek tog daardie aand? Dit klink baaaie lekker.
Dit was… 😉
Baie goed geskryf Sneeuwitjie,nou lekker jags……
My plesier!
Bliksem Sneeuwitjie, ekt jou storie gister gelees maar was vandag eers in staat om kommentaar te kan lewer. Absoluut jagsmakende verbysterend fantasties. Ou Will en Ramkat hulle moet nou lig loop hiers nou nog n swaar gewig skrywer op KBH.
Dankie, Ysbeer! Ek is bly jy het lekker gelees.
Baie baie jags
😉
Fok dit maak my jags
Mooi so!