Hekelwerk met gemiste steke (5)
deur Tiptop
Taalversorging deur Lusman
(Lees vorige episode HIER)
Tom diep nou meer herinneringe uit Londen op terwyl hy die een slap draai na die ander van die pas takel.
Hy het later, ‘n ruk na die kontak met Leigh, verhuis na ‘n meer gegoede deel van Londen. Hier woon nogal baie Suid-Afrikaners in die omgewing en gou is hy bevriend met ‘n klompie. Dis ‘n interessante mengeling van mense: van uitsonderlike kloosterkoeke tot girls wat die lamppaal sal spyker as daar nie iets met ‘n hartklop naby is nie. Gou sien Tommie wie die lekker losserige girltjies is. Sy planne om in hierdie area te bly lyk belowend, het hy toe gedink.
Een aand loop Tommie vir Julia raak, by ‘n nagklub. Sy is een van die meisies in die eerste huis waar hy gebly het. Dit lyk of sy reeds goed gespat is. Sy is kort en bietjie mollig met ‘n oulike gesiggie. Lekker geselskap, dink Tommie nadat hulle ‘n paar drankies saam gedrink het.
Toe Tommie aanstaltes maak om huis toe te gaan, maak Julia dit duidelik dat sy saam met hom wil gaan. Hulle besluit egter om eers nog ‘n bietjie te dans. Die twee vry op die dansvloer, dan op die banke en ook in die kroeg. Al vryend loop hy saam met haar badkamers toe, toe sy sê sy soontoe wil gaan. Maar hy wag en hy wag; sy kom nooit weer uit die badkamers uit nie.
Later is hy maar druipstert huis toe. Al geselskap daar, toe hy in die bed klim, was mev. Palm en haar vyf eensame dogters.
Julia het glo in die badkamer uitgepaas, het hy later by een van die ander meisies in haar kommune gehoor. Iemand wat Tommie gevra het om te gaan kyk, het nie daaraan gedink om binne-in die toilethokkies te kyk nie.
‘n Paar weke later is daar ‘n braai so ‘n paar huise van Tommie s’n af. Hy hoor Julia gaan by die braai wees. Later gaan loer hy in en sien haar daar. Hulle gesels lekker en hy stap ná die braai met haar na haar huis toe. Nadat haar huismaats gaan slaap het, lê die twee op die bank en speel dokter-dokter.
Tommie ontdek Julia het merke onder beide haar borste. Hy vra daarna en sy verduidelik sy het ‘n borsreduksie-operasie gehad. Hy suig haar tiete dat sy hyg na haar asem. Sy trek sy draad dat sy kom met ‘n boog tot teen die gordyne spat. Sy vinger vind ook die middelpunt van haar onderlyf. Dis vrek nat daar.
Die volgende aand laat klop Julia vir Tommie op. Sy kom nou eers van die werk af en wil graag koffie kom drink. Die gentleman wat hy is, maak hy vir haar die deur oop. Hy bedien koffie in die sitkamer.
Dit gaan sommer gou oor in ‘n warm vryery. Op ‘n stadium vra Tommie of sy na sy kamer wil gaan waar hulle die “gesprek” kan voorsit. Julia kan nie gou genoeg ja sê nie. Sy gaan egter eers pie in die onderste badkamer. Tommie waarsku haar om stilletjies te loop. Hy wil nie hê die dames saam met wie hy bly moet haar sien nie. Hulle kan nogal katterig wees as ‘n girl by “hulle” Tommie kom kuier.
So sluip Tommie en die uiters jagse Julia uiteindelik die drie vloere se trappe op tot in sy enkelkamer. Vinnig trek hy haar langbroek af. Pêntieloos! Haar hemp en bra swig ook gou onder die invloed van sy handehulp en swaartekrag.
Julia se koekie het so ‘n dun landingstrokie. Tommie voel dadelik sy is papnat. Hy trek ‘n laai oop en haal ‘n kondoom uit en stop dit in haar hand. Julia stoot hom tot op die bed. Hy gaan lê op sy rug. Behendig klim sy op hom en sleep haar nat parra oor sy snotsambok. Sy gly so ‘n rukkie met haar sloot heen en weer oor hom totdat hy haar ongeduldig aanpor om die kondoom aan te sit. Pappa wil nou naai!
Met die kondoom behendig oor sy voël gerol, gaan sit Julia oor hom. Sy tril is diep in haar in. Sy wikkel haar onderlyf heen en weer terwyl sy op en af beweeg. Met sy voël steeds in haar, skuur sy haar dooslippe teen sy lyf, so asof sy sy lyf by sy piel se basis met haar dooshare wil skoon skrop.
Later maak Tommie vir Julia in die hondjieposisie staande en penetreer haar van agter af. Haar mollige lyf is nie alte soepel nie en sy kan nie lank so op hande en knieë staan nie. Haar bolyf sak af en sy gaan lê plat op haar borste, haar boude steeds in die lug. Tommie leun met sy bolyf vorentoe en oor haar rug. Hy begin haar weer spyker, sy onderbuik met elke afwaartse haal intiem vouend om haar opgestote boude. Hy is soos ‘n padda agter haar en oor haar terwyl sy piel se kop in die voorste deel van haar vagina heen en weer beweeg. Hy het gelees dat die voorste een derde die eroties sensitiefste deel van die vagina is. Hy is nogal trots op homself dat hy sy posisie so effektief by hare kon aanpas!
Vir een of ander rede vat Tommie lank om te kom, maar Julia geniet ooglopend die paddastyl-spykery. As sy uiteindelik diep kreunend inmekaarsak en hy langs haar gaan lê, raak sy in sy arms aan die slaap. Die volgende oggend sluip hulle vroeg by die huis uit. Hy vergesel haar na haar huis. Tommie gaan dan werk toe – taamlik moeg.
H’m, ‘n steek nie heeltemal so vrot nie, dink Tommie by homself terwyl hy sy lyf so ‘n bietjie gemakliker versit agter die stuur. Ek sal haar darem net nie elke keer as ek haar van agter naai, in die paddaposisie wil naai nie. Ook maar goed ek is nou ver van haar.
Tommie het in sy gedagtes min of meer sy aangename en minder aangename sekservarings in Londen uitgeput as hy die liggies van die snelwegvulstasie op Van Reenen sien verskyn. Hy kyk vlugtig waar staan die brandstofmeter en besluit om aan te stoot tot in Harrismith.