Gastehuis Gunsies (5)
deur Wille Will
(Lees vorige episode HIER)
Martha vee vir die soveelste keer met die sweet-deurweekte bandana wat oor haar een skouer hang, haar hele gesig af. Sy staan by die groot Agga-koolstoof en roer aan ‘n groot pot sop wat Adolf besig is om te kook. Daar is egter bestanddele in wat opklont in hitte en daarom moet dit voortdurend geroer word tot die sop roomglad is.
Sy vee oor haar nek en skouers ook, want haar geblomde uniform kom net met twee bandjies oor haar skouers vas.
Sy loer vinnig oor haar een skouer na die glaskantoortjie in die een hoek van die kombuis, maar is gerus as sy sien Adolf is gefokus besig by sy rekenaar. Hy’s seker besig met voorraad bestellings per e-pos. Sy skuif die twee bande oor haar skouers dat die bo-soom van die uniform afskuif en haar groot waatlemoenborste amper tot by die swart tepels ontbloot is. Sy dra nooit onderklere by die uniform nie, dis te warm in die kombuis. Eish !
Sy vee die lap oor die ontblote dele en voel sommer koeler alhoewel sy ‘n sweet stroompie tussen haar tiete voel afkielie. Sy kyk af met skrik as sy sien dat sy ophou roer het. Die bandana val sommer op die vloer soos sy ywerig hervat. Daar is egter ‘n moontlike klontjie en sy konsentreer hard om dit te laat oplos.
Soveel so, dat sy skrik toe Adolf se stem skielik agter haar praat: “Martha, ze new gardenman asks for ze bottle of wasser. Hav you met him?”
Sy skuif die pot van die hitte weg en swaai om. Gravitas kry die oorhand en een volle, groot bruin bors wip uit die uniform uit dat die dik swart tepel orent staan. Adolf skater van die lag en neem die bors bruusk in sy een groot hand.
“Look she offers ze welcome-geschenk to you!“
Hy bulder weer van die lag terwyl Martha terugstaan en die uniformbande weer oor haar skouers kry.
“Igama, baba?” vra sy sy naam terwyl sy haar een hand uithou.
“Simon, mama … ehwe?”
“Martha,” antwoord sy en loop na die inloop-yskas toe.
Sy bied hom met ‘n glimlag ‘n tweeliter bottel, gevul met yskoue water, aan.
“Siyabonga,” bedank hy haar. “So bona tambame.” (Sien jou vanaand.)
Hy en die sjef draai om en loop by die kombuis uit.
Met ‘n bonsende hart skuif Martha weer die pot oor die warm plaat en begin dit weer roer en neurie by haarself.
***
Heleen kom stadig orent van die mat, vee die trane af met haar hand en met ‘n diep snuif staan sy op. Sy trek die t-hemp oor haar kop en trek daarna die kniebroek aan, wat bietjie knap sit. Sy tel die kamersleutels op, stoot vinnig in die spieël haar hare agtertoe, ontsluit die deur en stap ontvangs toe.
Simon en sy kom sekondes uit mekaar by André se toonbank aan.
“Aha, jy’s mos Simon, né?”
“Dis reg, mevrou,” antwoord hy met ‘n spierwit glimlag.
Sy plaas die kamersleutels op die toonbank en sê: “André, gee my sommer jou glasie om saam te vat en my sonbril, onder by die swembadsleutels, ek en Simon gaan nou innie bloedige son werk en ek gaan sy water met hom deel.” Sy gee ‘n ‘in-beheer’ laggie.
Hulle stap saam by die voordeur uit.
“Bring ‘n graaf en ‘n pik na agter die ruigtes aan die bo-kant van die swembad se grasperk, Simon,” sy stap aan en hy swenk weg.
Die paadjie van die grasperk tot by ‘n sementtafeltjie en -bankie is al effens toe gegroei, maar sy skuur daardeur en gaan sit op die bankie. ‘n Groot sambreel in die middel van die tafelblad deurgesteek bied welkome koelte. Sy hoor Simon aankom, maar sien hom eers as hy deur die paadjie verskyn, so dig is die ruigtes en plante daarom.
“Simon, ek wil ‘n Russiese tuintjie, vier meter x vier meter hier om die tafel uitlê. Die grond is hard, ek wil dit sag hê en met gras begroei.”
Hy kom vorentoe, lê die gereedskap langs die tafel neer en skuif die yswater oor na haar toe.
“Mevrou moet asseblief drink, as ek eers vlam vat stop ek nie vir water nie.”
Hy knoop die boonste knope van die oorpak los en lig sy bo-lyf daaruit. Hy knoop die moue om sy middellyf vas en tel die pik op. Wanneer hy met rëelmaat begin kap in die grond, swaai sy om op die bankie dat haar rug teen die tafel leun. Sy skink van die water en plaas die sonbril oor haar oë. Sy sak effens af dat haar wit bene uitgestrek voor haar op die grond rus vir bietjie son. Sy neem ‘n slukkie, sit die glasie neer en skuif dat sy nou met haar rug op haar elmboë en teen die tafel rus. Die swart bespierde lyf verander nou in ‘n ritme en dans van koper, vloeiende spiere wat met blink flikkers van die son op die sweet in ‘n ballet van grasie en krag verander. Elke spier kan sy sien beweeg, selfs die blokkies op sy maag net bokant die oorpak se vasbindplek. Sy kyk af na haarself en sien dat haar hande wat op haar bo-bene rus erg bewe. Sy voel ontsettend eroties en dis asof haar onderlyf wil brand en saam met die pik se slaanslae in en uit beweeg.
Hy bring die pik skielik tot rus teen sy dybeen en vee met sy twee voorarms die sweet uit sy gesig. Hy kyk op na haar en ‘n skelm glimlag wil by sy mondhoeke vorm. Haar boude op die bankie het vir ‘n oomblik nog vorentoe en agtertoe beweeg toe hy opkyk en die nou broek het in haar gleuf opgetrek en daar is duidelik ‘n nat streep in die gleuf. Haar vingers speel met die some van die broek reg naby die bultende gleufwangetjies. Sy oë streel op na haar gesig en hy merk dat daar dik tepels is wat teen die t-hemp uitdruk. Die sonbril is geplaas asof sy oor hom na die bome kyk, maar die oë is beslis nie daar nie. Hy dink skielik aan Martha se pragtige bors en tepel v’more en voel, voel hoe hy ‘n ereksie ontwikkel. Hy stap vorentoe en vra: “Mevrou kan ek ‘n slukkie water kry?”
Sy sit dadelik regop en swaai om en vat die bottel en glasie.
“Los die glasie ek sluk sommer uit die bottel.”
As sy terugdraai is hy nou amper teen haar bene en sy ruik sy aardsheid soos ‘n dwelm. Sy sien sentimeters voor haar die kepe van sy binne-heupe wat in die oorpak verdwyn en die strepie kroeskrulletjies wat van sy naeltjie af begin dikker en breër raak ook in die oorpak in. Hy het intussen die bottel voor sy lippe gesit en neem diep teue.
Hy gee die half-lëe bottel vir haar terug en sê: “Dankie mevrou. As mevrou nie omgee nie gaan ek nou my oorpak heeltemal uittrek … ( ek het ‘n PT-broekie onder aan), want ek gaan hurk by die uintjies en die ander vuilgoed en ek kry ontsettend warm.”
Sy weet nie eers of sy geantwoord het nie, maar die volgende oomblik trek hy die oorpak heeltemal uit vanaf sy bene. Hy haal ‘n tuinvurkie uit die een sak en gooi dan die oorpak by die graaf neer.
Haar oë staar ‘n oogwink na die dik en lang duidelike omlyning in sy PT-broekie, maar trek dan haar asem in en dink dis seker die materiaal.
Hy gaan sit op sy hurke, gesig na haar en begin behendig onkruid loswoel met die vurkie. Sy sit nou regop en neem weer ‘n slukkie van die water “sommer uit die bottel.” Haar bene is nou opgebuig teen haar bors en sy besef skielik dat sy sopnat is onder! Het hy dit gesien, bloos sy by haarself . Hy draai dwars en net een been is gebuig en die ander word agtertoe gestoot vir vastrapplek soos hy worstel om ‘n kakiebos se wortels los te kry voor hom. Op daardie oomblik spring sy besnede dik voël uit die gulpie van die PT-broek en hang soos ‘n be-aarde ploegskaar tussen sy bene. Dit voel haar asem slaan weg in angs en onverwagse lus gelyktydig. Sy spring op terwyl hy ook regop kom asof hy dit self besef het.
Sy sê: “S-s-imon ek gaan eers binnetoe, die son raak nou baie warm, ek los dit vir jou, jy werk uitstekend.”
Sy swaai vinnig om en verdwyn by die paadjie opening uit. Simon kry ‘n belustige glimlag op sy gesig en dink aan hom en Martha vanaand met haar mooi borste. Hy neem sy harde voël in sy hand en begin daarmee vinnig en met mening speel terwyl Martha se lyf bokspronge maak in sy gedagtes met flitse van sy werkgewer se pragtige wit, dik dye
(Lees volgende episode HIER)

Mooi Will – En toe hol die madame! hahahaha
Hy moet haar nou nou lekker steek!!