
Elani
deur Saffie
Hierdie tyd op ‘n Vrydagmiddag is nie goed vir enige mens op kantoor nie. Nog ‘n volle twee ure voor ek om 17h00 deur daai glasvoordeur kan uitstap. Die instant message op my rekenaarskerm flikker. Ek kyk eers versigtig rond of iemand nie dalk in die oop kantoor na my skerm kyk nie. Elani ..
Dis byna elke Vrydagmiddag se stront. Dit moet ophou. Hulle sê mens leer deur jou foute. Dit is die grootste leuen. Ek’t al voorheen die “fout” gemaak om ‘n vrou op kantoor te spyker en glo my, ek sal elke keer teruggaan vir nog. Die ding is, Elani is in ‘n klas van haar eie. Ek praat nie van looks nie. Sy’s wat ek sal beskryf as aantreklik, maar beslis nie ‘n poppie nie. Daar’s egter een ding wat haar, in my opinie, in ‘n ander kategorie plaas – sy’s jags. Niks wat my ou knoppie so druk as die wete dat ‘n vrou my Karoo-wortel soek nie!
… hies n paki vi j in di poskamr kom haal dt 4 uur. ek ht ok n paki vi j is warm nat met ‘n knopi en is fkn lus …
Shit die jonger geslag tik somtyds ‘n taal wat ek byna nie verstaan nie. Ek voel ‘n knop in my broek opbou onder lessenaar terwyl ek tik … sien jou 4 uur …
Elani werk in die maatskappy se posafdeling. Dit is ‘n funksie wat ons besigheid uitkontrakteer. Sy is in beheer van ‘n span van drie wat sorg vir die hantering van alle inkomende en uitgaande posstukke. Sy’s oorspronklik van Beaufort-Wes. Ek’s oortuig in ‘n ander lewe en sonder die kettings van apartheid, sou sy makliker een of ander professionele kwalifikasie kon bekom.
Op 32 jarige ouderdom is sy besig met haar derde jaar in die Regte. Hoe sy dit alles hanteer met ‘n voltydse werk en nog sports tussenin ook, is vir my onverstaanbaar. Ons het ontmoet laat een middag op ‘n Vrydag. Sy’t sit en swot toe ek aan die poskamerdeur klop om te verneem van ‘n kliënt se dokumente. Ek was onmiddelik aangetrokke tot haar nice smile, daai lieflike bruin bene in die kort somersrokkie en haar hardegat houding.
Sy’t my later vertel toe ek daardie dag my hand uitsteek om haar te groet, het sy ‘n hol kol op haar maag gekry en sy kon nie haar oë van my donker pak en swart skoene afhou nie. Minute nadat ek uit die kamer was, het sy die blindings voor die vensters getrek en haarself bevredig deur haar klitoris te skuur op die kant van die lessenaar en te fantaseer hoe sy my piel suig deur die gulp van daardie swart broek.
Ek daarenteen het ure daarna steeds haar reuk in my neusgate ervaar. Die aand voor ek uit was op pad na vriende, het ek my stywe stronk in die stort met toe oë gepluk en my verbeel ek pomp Elani met haar bene in die lug op die lessenaar in die poskamer.
Weke later lewer sy ‘n pakkie by my lessenaar af, ‘n bruin koevert. Agterop is daar ‘n klein geskrewe nota – “Maak oop wanneer jy alleen is en laat weet wat jy dink”. Ek’s met die eerste geleentheid na die manstoilette. Met bewende hande maak ek die pakkie oop, dis ‘n rooi vroue deurtrekker. My bene is lam van jagsheid. Ek druk die deurtrekker teen my mond en neus en asem haar geur in. My hart klop in my keel en ou jakob druk teen my onderbroek soos ek ‘n horing opbou wat ‘n blur op die buurman se televisie sal trek.
Die koeël was toe reeds deur die kerk. Ek moes haar kry … Dis ek wat haar die eerste instant message gestuur het – “ek wil jou hê.” Sy’t voorgestel ons ontmoet in die poskamer, aangesien dit reeds vieruur op ‘n Vrydagmiddag sluit en haar span dan weg is. Die eerste ontmoeting was vinnig verby. Ons was beide so belustigtig dat ek al byna my proppie afgeskiet het toe ek hoor sy sluit die deur.
Ek kan nie wag om haar vandag te sien nie. Sy was vir twee weke weg met studieverlof. ‘n Paar minute na vieruur skakel ek my rekenaar af en stap ongesiens met my aktetas na die onderdakparkeerarea. Ek plaas my tas in die kattebak van die motor en gooi my baadjie op die agtersitplek. Motorsleutel in die hand en genoeg testosteroon in die bloed om my toereteller in die rooi te druk, stap ek stadig na die poskamer.
Sy maak die deur oop en glimlag, die blindings is reeds getrek. Ek kyk haar op en af soos sy die deur sluit en saggies naderkom. “Fok, ek’t jou gemis,” sê sy saggies. Sy’t ‘n heerlike lyf en weer die wit somersrokkie aan met plat sandale. Haar nat mond op myne, laat my asem jaag. My hele lyf brand toe sy my hemp begin oopknoop. Ek lig haar rokkie oor beide heupe en sy glimlag weer … sy’t reeds ontslae geraak van haar deurtrekker. Die rondings om haar boude onder my hand voel die sagste van sag.
Ek tel haar op ek plaas haar op die lessenaar en druk haar versigtig terug. Sy weet presies wat ek wil doen, trek haar bene terug en maak hulle wyd oop. Haar kwakertjie gaap pienk voor my mond en ek ruik haar heerlike vroulikheid. “Bliksem,” fluister sy saggies toe ek haar klit hard in my mond insuig en my duim liggies in haar sfinkter verdwyn. Sy druk haar heupe vorentoe en ek lek haar heerlikheid van bo tot onder met harde slurpgeluide.
Ons seksspel is soos branders op die strand, dit spoel en rol vorentoe en op en af. Sy staan op en stroop haar rok af. Haar borsies met ronde klein tepels staan uitdagend vorentoe. Sy hurk voor my en trek my gulp af. My voël pop uit soos ‘n rek wat losskiet. Dis hard en lyk gevaarlik met die pers geswolle kop. Ek raak effens lighoofdig toe ek sien hoe dit in haar mond verdwyn. Waarom hulle dit ‘n “blowjob” noem weet nugter alleen, want sy suig die lewe uit my uit, tot die sap teen haar ken afdrup.
Toe ek dit nie meer kan hou nie, draai ek haar om en plaas haar een voet op die lessenaarstoel. Sy druk haar boude effens terug en ek stamp my kloppende staaf tot teen die knaters in haar warm gleuf. Ek laat val my broek en onderbroek tot om my enkels. As my bestuurder my nou kan sien … Die klapgeluide van vleis teen vleis vuur ons aan tot hoër hoogtes.
“Ek soek jou manroom in my anus.” Sy trek haar boude effens uitmekaar en my hardheid verdwyn moeiteloos in haar kringspier. Ek sien hoe sy twee vingers in haar poesie glip. Ek kan meer hou nie en maak my oë toe. Met die bekende klemming om my,prewel sy saggies “… ek kom, ek kom …” Daarmee skiet ek my soutslym dat dit suis in my ore.
Oppad huistoe bars ‘n hoëveld storm los en die hemele word donkernag. Ek skakel my iPod aan op die motorstereo, Aynsley Lister sing: “ … well you taste so sweet baby, you’re like chocolate covered cake …”
13 COMMENTS
Geen wonder die pos kom deesdae nie meer so getrou by ‘n mens uit nie! Die mense wat die pakiies hanteer, hanteer ánder se pakkies!
Ek sal vir Elanie sê sy mag nie haar werk afskeep nie!
Ek het hierdie in my lunchtyd gelees en ek sweer as ek nie ‘n panty aangehad het nie dan het ek van die stoel afgegly. Klink dit vreeslik vulger? Want dis die waarheid. Wow lekker spyker storie.
Sandy, vulgêr is mos maar ‘n relatiewe begrip… Ek stel voor jy lees my volgende storie sonder ‘n panty!
Nee, Annelise, wil misverstand uit wegruim….ek is wel deeglik bewus van Saffie en geskiedenis van uitnemende stories……ek het bedoel hoekom ons nie meer en meer stories van Saffie kry nie ! Daar was lanklaas een.
Saffie, jy moet meer skryf, jong ! Fok hierdie storie van jou het my testeroonvlak moer toe gestuur !
Dankie, soos nas sê ‘wat ‘n lekker lusmaak storie’
Saffie het al baie geskryf. Hy is een van ons hoof skrywers. Gaan soek hom bietjie op die site 🙂
🙂
Wille ek wil graag meer skryf, maar my Vrydae volg nou so vinnig op mekaar< ek kry net nie genoeg tyd nie. Dankie!
Kan skielik nie wag vir Vrydag nie! Daar’s hoeka iemand hier by my werk wat kwaai flikkers gooi…
Ramkat, jy hoef nie te wag vir Vrydag nie. Moenie geleenthede laat verbygaan nie…
Joe wat n intense, warm lismaak storie so in die middel van die week! Lekker man. My bek kwyl behoorlik van lis!
Nas dankie. Daai kwylbek kort net jêm!