
Donderdagoggend – vroeg
deur Sybrand van der Lus
Daardie knaende impuls wat jou in die middel van die nag dryf om jou minnares aan te raak, terwyl haar borste swel met die sagte tempo van ‘n rustige slaap. ‘n Gevoel van warmte wat stil, platonies begin – en wat jags, woes eindig.
Dit was net so.
Ek het omgedraai en op ‘n impuls die gladde lyne van haar dy met my vingerpunte gestreel. Sy sug gelukkig, slaperig en vloei na my toe. Ons bene gly tussen mekaar s’n – gemaklik, fluweelagtig, suggestief.
Ek’s nie seker wat die skakelaar gedruk het nie – en of daar werklik ‘n skakelaar is nie. Sensualiteit in die vroeë oggendure is meer van ‘n proses as ‘n gebeurtenis. Dit is nie onderhweig aan gesprek, of die bedreiging van buite invloede nie. Dis net jy, jou minnares, die liggame wat julle geleer het om te verstaan, die begeertes wat julle deel en … onbeperkte moontlikhede.
Ek het kop-eerste onder die komberse ingekruip en haar been oor my linkerskouer opgelig terwyl my mond haar gleufie gesoek het. Haar jagse reuk in my neusgate.
Almal het sekere goed… onvergeetlike oomblikke wat in hul seksuele geheue voortleef. Vir my is dit so as sy haar na my mond toe lig en in haarself onbeteueld aan my mond en gesig vryf. Die toneel wat hom in my gedagtes afspeel terwyl ek dit skryf, is genoeg om my te laat tintel. Die gevoel dat my slaafagtige mond vir haar bevredigend is, dat sy my selfsugtig gebruik – soos ‘n speelding. Dis presies wat sy gedoen het. My lippe, my wange, my neus, my ken, is almal nat. Haar afwaartse blik en passievolle: “ja, ja, jaaa …” soos sy haar vloeistowwe op my vel bespeur en die onbeskaamde wellus in my oë sien.
Hoe sy op met my mond kom is ook die moeite werd om te deel. Sy antisipeer die aankoms en as gevolg daarvan, doen ek ook. Haar asemhaling staak vir drie of vier sekondes, amper soos iemand wat by ‘n spreekwoordelike afgrond wag om te val. Dis pragtig, maar nie so pragtig soos die skerp, herhaalde uitaseming wat ontsnap as sy in woedende, druppelende endorfine glorie inval nie.
Fok.
Die verwoestend-ongelooflike ekstase van lek, asemhaal, gly, streel and natword – om letterlik met my mond binne-in haar plesier te wees. Kan daar meer kosbare beelde wees as dié? Ek het geleer om te soek vir die eerste teken van hipersensitiwiteit. Terwyl my mond op haar is, streel my vingers haar mooi tepels – maar sy word na ‘n kort rukkie gans te sensitief vir verdere kontak. In haar klimaks probeer ek om te antisipeer wanneer dit tyd is om te stop. Dikwels is ek gelukkig – en dit kom eers na die tweede of derde orgasme. Ek voel asof ek haar lyf ken wanneer ek stop voordat sy my, deur woord of gebaar, vra.
En dan, net so stil soos wat dit aangekom het, is die oomblik verby en ons dryf terug die warm, klamme nag in.
3 COMMENTS
Belustig !
Sybrand, n tong en n klit is groot maatjies. Dit werk elke keer. Absoluut womderlik.
Great