Digter en boer
deur Geriatrix
Taalversorging deur Lusman
Ek sit mos nou laas Saterdagaand op die stoep van die “koshuis vir ou mense.” Goed, dit het glo ‘n ander naam, maar dit is soos ek die plek sien. Die radio is op RSG en U eie keuse is aan die gang. Die omroeper speel Von Suppé se “Digter en boer.” Elke keer as ek die meesleurende akkoorde van die ouverture tot “Digter en boer” hoor, gaan my gedagtes terug na daardie onstuimige jare van my jeug. Dit was toe ons twee in ons verbeelding die boer en digter was – soms is sy die boer en ek die digter en dan weer omgekeerd.
Op skool was ek nie een vir sport nie en ek het dus nie saam met die manne onder die storte gestaan nie. Ek dog my meneer is maar soos al die ander. Later moes ek hoor dat my meneer eintlik wat lengte en omtrek betref in die boonste twee persent val.
Net ter agtergrond: Ek het in ‘n baie konserwatiewe huis grootgeword. Die woord “seks” is nie een keer ooit genoem nie en die herkoms van babas nie eers gemeld nie. Die ouers van die meisie met wie ek later getroud is en my ouers was vriende. So ons het van kleintyd af saam gespeel en later toe ons albei gaan studeer het, was dit byna vanselfsprekend dat ons as nooi en kêrel uitgegaan het.
Nie een keer nie – en ek is bereid om op hoeveel heilige boeke hieroor te sweer – het ek met my hand verder as haar elmboog of haar knie gekom nie! Die eerste keer wat ek ‘n naakte vrou gesien het, was die aand van ons huwelik. Wat ‘n wonderlike gesig! Ek kon my verkyk aan die pragtige borste en daardie afwaarts wysende driehoek tussen haar bene! Toe let ek op hoe haar oë groter en groter word soos sy na my kyk – eers met verbasing en toe amper angsvol. Vir die eerste keer in my lewe (wragtig ek lieg nie), staan ek daar met ‘n ereksie wat ten hemele skreeu. Ons kyk albei na die ding en toe, sonder om eers iets verder te probeer, druk ek haar op haar rug en storm met die bewende swaard op haar af. Ek het eers nie mooi geweet waarna om te mik nie, maar toe steek ek maar in die bos in en hoop dat ek die teiken sou tref.
Ek het naastenby geweet waar die teiken moet wees, maar ek kon dit weens die digte bos nie sien nie. Ek het met my meneer in die algemene rigting gestoot met die hoop dat hy sal weet waarheen om te gaan. Maar hoe meer Meneer probeer, hoe meer trek die teiken terug – en die meisie knyp toe vir al wat sy kan. Toe kry die meneer dit wat soos ‘n kloof voel, maar hoe meer ek probeer, hoe meer knyp die kloof toe. Hy het so amper ‘n halfduim gevorder, maar toe is daar net soliede teenstand.
Dis toe die omroeper weer ‘n romantiese lied begin speel dat ek skielik een van die jonger niggies onthou. Sy is onverwags uit die kollege om te gaan trou. Ek het nogal gewonder hoekom. My jonger broer was meer maats met haar as ek. Hy vertel my toe die storie: Hulle twee was in die inry en het toe bietjie hard gevry. Sy het op sy skoot gaan sit en toe glip net die puntjie in. En daar sit sy bo-op die paal. Ek luister en vra hom toe of dit regtig so was. “Ja,” antwoord hy, “dit is wat sy gesê het.” Later kom hy by my en sê: “Daardie storie van net die puntjie – ek glo dit ook nie meer nie!”
My gedagtes is weer terug by die huweliksnag met die vrou wat ek getrou het. Daar was toe meer as net effense weerstand; van haar en van die teiken se kant af. Ek was desperaat. Op daardie oomblik was daar net een pad: vorentoe en met alle mag. Effense teenstand volg, maar toe gly ek in die heerlikste sagtheid in – net om met omtrent die tweede stoot ‘n moerse klomp vloeistof in die teiken te laat beland. Van daardie oomblik af was ek gehaak – sy nie!
Met die volgende paar dae het ek elke moontlike en onmoontlike geleentheid gebruik om haar te spyker, te steek en soms selfs net rustig te naai.
Na so ‘n week kon ek agterkom dat iets nie pluis is nie. Sy het by elke geleentheid probeer om uit die storie te kom terwyl ek nie kon wag om op haar te spring nie. Ek kan nie onthou of dit die Maandag van die tweede of derde week was nie, maar toe ek by die huis kom was daar net ‘n nota dat sy terug is na haar ouers toe. En verder, dat ons maar liewer nie meer met mekaar kontak moet hê nie.
My ouers was sommer gou by my en wou weet presies wat aangaan en hoekom ek dan sulke skande oor hulle gebring het. Geen verduideliking was egter aanvaarbaar nie; ek moes haar terugneem en met ons huwelik voortgaan.
So gemaak, so gedaan, maar weet jy hoe sleg dit is om saam onder dieselfde dak te wees, maar nie onder dieselfde kombers nie? Op daardie stadium was ek so versot op seks dat enigiets sou deug. Maar my konserwatiewe agtergrond het my weerhou om van die beskikbare bronne gebruik te maak. Dit was lank voor die tyd van SMS’e en klubs in die middestad.
Iemand vra my nou die dag wanneer hierdie dinge gebeur het. Weet jy, met hierdie probleempie en met die geheue wat kom en gaan, weet ek soms presies watter dag dit was en waar ek was. Dan is daar weer ‘n dag wanneer ek nie so mooi weet nie. Wat ek wel kan onthou, is dat dit voor die tyd van die Hugenote-tonnel was. Want as Vrystater gewoond aan die plat aarde was die Du Toitskloof se pas iets wat nie vir gewone mense gemaak is nie.
Ons twee het toe maar ons sekslose huwelik volgehou tot ons albei se ouers dood is – gelukkig nie lank na ons troue nie – en ons kon skei. Daarna het ek vinnig ‘n ander meisie gekry wie se behoeftes amper by myne gepas het – ons het elke moontlike posisie in die Kama Sutra op elke denkbare plek probeer. Ons was redelik gelukkig. Dit was net dat ons op intellektuele terrein mekaar nie kon vind nie.
Op daardie stadium het my letterkundige loopbaan koers gekry en ek is na simposiums en praatjies genooi. Onvermydelik was daar vrye geeste onder die deelnemers en ek het kans gekry om my repertoire uit te brei.
By een van hierdie byeenkomste het ek hierdie redelik slonserige dame gesien. Sy was nie aantreklik nie, maar ook nie onaantreklik nie. Sy het bloot net nie uitgestaan tussen die ander nie. Met een van die besprekings kom ons agter dat ons dieselfde uitkyk op die lewe en filosofie het; ons gedagtes het soos perfekte ratte ingekam. Ons sit een middag tydens een van die voordragte toe sy meteens sê: “Dit is fokken vervelig. Kom ons gaan naai.” Was ek verbaas? Natuurlik, maar ook opgewonde.
Ons is toe by die saal uit en sommer direk na my kar toe. Halfpad was haar bloes al oop en haar romp se knope los. Sy het nie ‘n bra aangehad nie en ook nie ‘n broekie nie. Haar filosofie was dat dit alles net in die pad van seks is en daarom geen doel dien nie.
Soos ek gesê het, sy was nou werklik ‘n bohémien – het nie regtig aan seep en water geglo nie. Volgens haar het sy nooit in haar lewe ‘n bra gedra nie. En dit terwyl sy nogal groot borste gehad het.
Sy het by verste deur van die saal af op die agtersitplek neergeval, haar bene oopgemaak en gesê: “Moenie net kyk nie – steek my.”
Daardie dae het byna geen meisie geskeer nie. Maar by haar was dit anders: Dit was die eerste keer dat ek die teiken in sy volle glorie kon sien. Die meneer spring dadelik op aandag en ek verkyk my aan die toneel voor my – die teiken in sy volle glorie sonder enige kamoeflering! Die twee walle wat so effens oop staan en die ertjie daar eenkant in die hoek. Maar alles is sopnat en net reg!
“Is jy doof? Ek is so jags ek kan skreeu en jy staan en kyk of jy nog nooit ‘n doos gesien het nie! Druk daardie ou grashalmpie in dat ek kan sien wat jy kan doen!”
Nou kyk, die meneer is al baie goed genoem, maar wragtag nog nooit ‘n grashalmpie nie. Hy besluit net daar hy gaan hierdie girl wys wat ‘n meneer kan doen. Nie eers ‘n vinnige voel nie – net die yslike kanonloop wat op die gat afstorm. Kans vir mik is daar nie, want sy het hom vas en stuur die bloukopkoggelmander reguit in daardie nat, gladde gat af. Ek wil nog eers probeer om die omgewing te toets, maar sy druk en trek tot die meneer heel onder is en nie meer verder kan gaan nie – want my maag stamp teen hare vas.
“Ag nee man, so dik en dan so kort!”
Hel, nou moet jy weet in die ou dae toe ‘n duim nog ‘n duim was, het ek gereeld met die liniaal gemeet. Dit was net ‘n kwart duim minder as die volle lengte van die liniaal. Met die stamp en stoot raak een van ons twee aan die kasset in die speler en hier begin Von Suppé se “Digter en boer”.
Ek weet die musiek duur net minder as tien minute en toe dit stop, stoot ek die tiende (of was dit die elfde?) skoot kom in daardie gat in. Ek het lankal opgehou tel hoeveel keer sy gekom het, maar dit was met byna elke slag van die tromme. Ek trek toe stadig uit. Ek verkyk my hoe die lippe half aan die meneer vassuig en saam uitstulp. Met ‘n plof ruk die meneer los en jy sien net kom en sop spat.
“Eet my. Kom nou man, ek kan nie so weer terug in die saal ingaan nie – jy sal my moet aflek.”
Vir die eerste keer in my lewe proe ek my eie kom. Dit was nogal lekker, so ek het haar toe skoongelek. Ek moet sê, haar doos was toe amper skoner as die res van haar onderlyf.
Nadat ek klaar was het sy my, met my skoonlekkery, ‘n wederdiens bewys. Al was dit baie lank terug, kan ek nou nog daardie gesuig goed onthou. Ek het daarna baie trilsmulle gehad, maar nog nie een kon haar dit nadoen nie.
So met die terugstap sê sy: “Ek is bly jy hou ook van die ‘Digter en boer’. Wie was nou die digter en wie was die boer?” Voor ek kan antwoord, sê sy: “O ja … my naam is Anna.”
Daar stap ons twee rustig die saal in en luister verder na die vervelige toesprake.
Ek weet ek kan met woorde werk, maar hierdie meisie werk nie met woorde nie; sy goël met hulle, in enige taal, enige vorm. Jy noem dit en sy goël daarmee. Nou net so goed as haar talent met woorde was, was haar talent met seks, naai, spyker – noem dit net wat jy wil. Nie twee keer na mekaar was sy dieselfde nie. Met seks was sy soos ‘n regte heks. Ek dink vandag nog sy is ‘n seksheks – as daar so ‘n ding is.
Tydens die seminaar het ons nog vier keer gou kar toe gestap en Von Suppé gaan luister. Soms was sy die digter en ek die boer en dan weer ek die digter en sy die boer. Soms was ons albei gelyk digter of boer. Maar dit maak nie saak nie, die seks was nie van hier nie. Nou dat ek terugdink, die Engelse naam van die stuk “Poet and Peasant” is miskien meer gepas. Want ons was meestal soos twee barbare.
Daarna het ons nog 245 keer na die musiek geluister. Ek weet daar is mense wat beweer dat ons altesaam 252 keer seks gehad het, gespyker het of sommer net pleinweg genaai het. Ek weet dit is 249, want ek het boekgehou. Eenkeer was sy so dronk en bedwelmd dat sy nie eers haar bene kon oopmaak nie. Die ander keer was dit ek wat so baie rooiwyn gedrink het dat sy glad nie die meneer kon laat opstaan nie. Die derde keer het ons sommer net so opgehou, elkeen ‘n sigaret aangesteek en begin wyn drink. Tegnies was daar dalk 252 keer geprobeer, maar die regte amptelike getal is 249 – einde van die storie.
Wat wel waar is, is dat ons elke keer (selfs die paar keer in die begraafplaas) na Von Suppé geluister het. En as ons die dag meer as een keer gespyker het, het ons elke keer die musiek aangesit. Ek is seker haar bure ken die wysie uit hulle kop!
Ons het mekaar selde gesien, maar as ons die kans gekry het, het ons dit goed gebruik. Haar drank- en dwelmmisbruik het al hoe erger geword en daarmee saam haar bad- en wasgewoontes. Partykeer was sy so vuil en het sy so sleg geruik dat ek amper nie kans gesien het nie. Maar as sy eers daardie skoongeskeerde doos met die oopgesperde lippe teen my begin vryf, het ek alle beheer verloor. Ek kan tot vandag toe nog daardie muskusreuk herken. Elke keer as ek muskus ruik, kom Meneer op aandag. Maar waar dit lank terug net ‘n kwart duim van die voorkant tot by die punt van die liniaal was, is dit nou meer. Dit voel ook vir my of die liniale van vandag nie meer so reguit is as die wat ek geken het nie. Snaaks, sy het soms vir weke nie gewas nie, maar haar doos was altyd skoongeskeer.
Dis wonderlik hoe die musiek van U eie keuse vanaand nog ‘n gedagte met betrekking tot hierdie vrou terugbring: Eenkeer bel sy my uit die bloute en sê daar is groot fout en ek moet dadelik kom. Toe ek daar kom, was sy reeds poedelkaal. Net daar sit ek die kasset in en begin spyker. So ongeveer halfpad deur die musiek het sy opgestaan, haar doos met my onderbroek afgevee en toe gesê: “Dit is nou genoeg.” Sy het haar rok oor haar kop getrek en by die deur uitgestap. Ek het haar nooit weer gesien nie.
Net hier stop die musiek oor die radio en die nagsuster roep: “Kom julle Alzheimers, dit is tyd om te gaan slaap … ek wil toesluit. Julle sit seker al weer en dink aan meisies en die goed van julle jongdae. Dit is oukei, want selfs al kry julle ‘n horing, sal julle nie meer weet wat om daarmee te doen nie.”
4 COMMENTS
‘n Storie wat roep dat dit op waarheid gebaseer is. Uiters aangename ervaring, ‘n kykie in ‘n besondere verhouding. Maar soos die Klitkykers bespreek het op hul blad sal mens graag meer wil hoor van “Anna” en haar doen en late en waar sy tans haar seks uitleef.
Miskien wil Geriatrix haar terugroep na sy die laaste keer weggestap het en haar meer gedetaileerd beskryf en enige verdere seks avonture?
Of miskien het Geriatrix nog meer ander vroue ontmoet wat net so interessant is en julle net so erg sal … bekoor. 😉
Willewill,
Ek wou die volgende by die foto plaas: “Regtig gedink ek het al die foto’s van haar verloor maar toe spoor jy wragtag dié een op.” Dit is presies wat ek in gedagte gehad het.
En nee, ongelukkig is dit nie op enige waarheid gegrond nie – bloot gedagtes.
Het vanmiddag tydens die soveelste kragonderbreking aan Anna se storie gewerk – sal dit later aanstuur. Geriatrix
Ek neem aan Annelise het vir die foto gesorg. Dankie daarvoor – uIteindelik ‘n vrou soos ek daarvan hou! Vir al die gewone vrouens wat hierdie webwerf besoek – onthou net dat alle mans nie van vrouens, wat soos maer pre-pubescent meisies lyk, hou nie. Weet dat jy seksie is net soos jy is – wees trots op wie jy is en vry vrolik voort!