Die swembad was die begin (3)

deur Wille Will

(Lees vorige episode HIER)

Riaan stoot homself orent op die bed en sit en kyk af na Rozaan. Aan die reelmatige deining van haar borsies lyk dit asof sy dalk sluimer, haar hande gevou oor haar maag met haar poes net daaronder wat nog blinknat is van hul liefdemaaksessie.

Hy skuif saggies van sy bed af en gooi die beddeken wat op die stoel lê oor haar naaktheid. Met haar oë nog toe draai sy op haar sy en wikkel haar gemaklik in die deken in met net haar een hand wat bo uitsteek en die deken vashou. Hy buk en skuif ‘n kussing onder haar kop in en vee haar blonde hare weg uit haar gesig en plaas ‘n soentjie op haar wang.

Wanneer hy regop kom kyk hy af na sy eie natgeswete liggaam en besluit om te stort. Na hy homself afgedroog het trek hy vinnig net ‘n paar skants oor sy onderlyf en loer bed se kant soos wat hy uitloop uit die kamer. Sy slaap nou rustig en daar is ‘n glimlaggie op haar lippe. Hy wonder of sy dalk van hom droom en dan stap hy af met die trappe kombuis toe.

Hy raak doenig voor die werksvlak langs die stoof en slaan ‘n Paella aanmekaar wat hulle vir brunch kan eet. Toe alles begin braai en sis in die panne, skuif hy sy hand deur sy kuif en kyk by die kombuisvenster uit.

Hy glimlag as hy ‘buurvrou’ langsaan sien wat besig is met ‘n snoeiskêr by ‘n roosboom. Sy’t nou ‘n liggroen, pastelkleur kort, kortbroekie aan. Dit sit so styf dat dit in haar gleuf aan die voorkant ingevou het. Die hamburgerbroodjies van vanoggend flits deur sy gedagtes. Bolangs het sy net ‘n deurskynende chiffonbloes oorgegooi en hy kan die donker tepels op die groot borste duidelik sien. Hy kan nie haar gesig sien nie net die vaag rooibruin hare soos sy vorentoe afbuk en kyk waar sy versigtig snoei.

Hy besef skielik dat hy alweer ‘n moerse horing in sy onderbroek het maar die spek in die een pan skiet nou gevaarlik en hy gee weer aandag aan die kosmakery. Terwyl hy die pers uie, eiers en die groen en geel rissies aanhoudend roer terwyl dit braai wonder hy waarom die ‘buurvrou’ aanhoudend in sy gedagtes opgekom het, selfs toe hy die behaaglikste seks gehad het met Rozaan ?

Wanneer hy al die bestandele, half-gaar en sommige nog rou in die paella-pan platgedruk het stoot hy dit in die oond waar dit vir 20 minute moet bak. Hy stel die stoofalarm. Die lekker geure wat in die kombuis reeds hang laat hom besef hoe honger hy eintlik is! Hy kom orent van die oond en sy blik gaan weer deur die venster. ‘n Lenige man staan nou by ‘buurvrou’ met net ‘n swembroek aan.

“En wie bederf ons só?” sê Rozaan agter hom en hy swaai amper te vinnig om asof hy skuldig voel oor iets. Sy lyk prentjie-mooi met die deurmekaar geslaapde krulle wat oor die eenkant van haar gesig val en die wit tande wat uit die mondjie vir hom lag en die groot blou oë. Sy hou die deken, waaronder sy geslaap het, vas om haar lyf met die een hand. Hy besef sy moet seker nog steeds naak wees daaronder.

Sy kyk hom op en af en stap nader terwyl sy met die ander hand haar hare uit haar gesig stoot.

“Ek sien v’more was nie genoeg nie, jy’t ook niks verander nie,” tuit sy haar lippe vir ‘n soen as sy bykans teen hom tot stilstand kom en haar een hand styf om die knop in sy skants vou.

Riaan besef dis die ereksie vir buurvrou se lyf in sy klein ‘skants’ wat haar dit laat sê. Hy voel die ritsel van die deken wat grond toe val as sy altwee haar hande om sy gesig vou en sy lippe nadertrek vir ‘n soen.

Hy soen haar met oorgawe terug en sit altwee sy arms om haar lyf en trek haar vas teen hom. Hy voel hoe sy stokstywe voël nou indringend plat druk teen haar koek. Hy skeur sy lippe los, kyk ‘n oomblik in haar oë en draai dan haar lyf om en skuifelstap met haar tot by die tafel in die middel van die kombuis. Sy buk dadelik oor die marmerblad en gaan lê met haar bo-lyf daarop en draai haar kop op haar een wang op die blad en strek haar arms uit na die kante dat sy die tafelrand deeglik kan vashou in elke hand, weerskant. Haar boude stoot op in die lug dat hy haar poesie kan sien net onder haar winkende opening. Hy neem sy stingel in sy een hand uit die skants en sit die ander palm plat op haar boude neer. Hy vee met sy penis ‘n paar keer deur haar opening dat dit oop en toe gaan soos ‘n anemoon.

“Sit nom flippem im,” mompel sy dringend deur haar platgedrukte lippe op die tafelblad. Hy bedink homself egter op die nippertjie omdat sy nog droog sal wees en hy geen lubrikant naby het nie. Hy strek haar poeslippe oop soos hy sy voël in haar koek indruk so diep hy kan.

“Bliksem, dis lekker!” skree sy nou met haar kop opgelig en die kneukels van haar hande wat wit word op die tafelkante. Hul lywe beweeg nou soos een in en uitmekaar uit. Riaan gryp met sy een hand Rozaan se een boud vas en spêr haar agter oop terwyl hy nog steeds met diep hale in en uit haar stoot met sy penis. Hy sit sy ander hand se voorvingers in sy mond en bedek dit met soveel spoeg as wat hy kan voor hy dit na haar opening bring en die spu smeer om en in die opening. Hy pluk sy stam uit haar doos, maar sy hou nie op met die ritme nie. Met die hulp van sy hand wat hy styf om sy voël klem net agter die groot pers kop druk hy sy meneer stadig agter in haar in.

“…skies as dit eers seer is,” roep hy. Sy gee ‘n gedempte gil-snak soos sy voël deur haar nouer anuskanaal ingaan. Hy gee haar harde klappe op albei boude dat die binnespiere kan verslap. Dan begin hul hortend in en uit beweeg in mekaar en as die aksie begin vloei verskuif Rozaan een hand van die tafelrant af en sit sy dit af tussen haar bene in en begin haar klit prikkel met haar vingers. Kerm geluidjies kom uit haar mond met elke in-en-uit beweging en sweetdruppels val van Riaan se voorhoof op haar boude soos hy die pas versnel. Dit voel asof sy stam vas geklamp word maar saam met seer is dit weerbarstig lekker.

“R-i-aan…Ri-aaaaan, “ klimaks sy weer die oggend en huilgeluidjies volg haar uitroep.

Hy pomp nog ‘n paar keer tydens haar klimaks en soos sy die piek bereik en weer gil voel hy sy kom ook opstoot. Hy pluk sy voël uit en skiet lang strale oor haar boude en haar rug. Haar onderlyf ruk nog ‘n paar keer alleen in die lug en dan voel dit of haar kniëe gaan knak.

Hy sit sy hande net betyds om haar middel en lig haar lyf op dat sy met haar rug teen sy bors rus terwyl hy haar ferm vashou. Haar kop val agteroor teen sy skouer en hy sit sy wang teen haar voorkop en prewel saggies: “My Rozaan … my Rozaan”

Die oond se alarm skril skielik agter hulle.

Sy stoot haarself weg van sy lyf en sê: “Na hierdie sessie sal ek gou moet gaan stort … kan jy jou heerlike dis vir tien minute warm hou … ek’s rasend honger?” Sy wag nie vir ‘n antwoord nie en stap by die kombuis uit.

Hy buk by die stoof se vensterjie en sien dat die Paella met die geel, groen en rooi bo-laag en swart puntjies van die sampioene, borreltjies lukraak opstoot en hy draai die temperatuur af na ‘lou’. Hy merk ook dat sy voël wat nog steeds aan die kant van die skants uithang slymerig nat is met ‘n kom druppel wat nog aan die punt hang.

Hy stap deur die ander kombuisdeur na die toilet reg langsaan en vee sy voël met wet wipes mooi skoon af, pie gou en bêre hom dan weer in die onderbroek. Terug in die kombuis loer hy weer vinnig by die oond en kyk weer by die venster uit as hy regop kom.

‘Buurvrou’ sit nou op haar kniëe langs die swembad en beweeg die donkerkop, lenige man se buitengewone lang besnyde penis op en af voor haar mond met albei hande terwyl sy met haar tongtippie in en om die gleufie lek. Hy merk hoe donkerbruin sy voël is in vergelyking met sy ligbruin liggaam. Sy hande is op sy heupe en hy staar in die lug in asof hy hom nie veel steur aan wat by sy onderlyf gebeur nie.

“Interessante bure,” verklap Rozaan haar terugkeer as sy haar arms van agter om sy lyf slaan en hom ‘n drukkie gee. Haar heerlike parfuum omvou hulle weer soos in ‘n kokon.

“Kom ons eet,” sê Riaan en buk af met oondhandskoene om die dis uit die oond te haal. Hy merk dat sy darem ‘n deurtrekkertjie om haar bekken getrek het.

Hy rangskik die eetgerei en skep groot porsies op die borde voor hy dit op die plekmatjies neersit. Sy staar nog na die bure en hy merk hoe sy met een hand sirkels vrywe op haar magie. As hy gaan sit roep hy haar naam weer en sê met ‘n glimlag: “Het jy nog nie genoeg gehad v’more om nog na jou bure se kafoefel ook te kyk nie?”

Sy neem plaas oorkant hom met ‘n lekker laggie: “Brêkgat!“

Hulle begin eet en met al die honger wat hul opgebou het is dit stil buiten die vurke en messe se skraapgeluide.

“Dis heerlik, Rieks,” gebruik sy haar troetelnaam vir hom en plaas nog ‘n vurkvol in haar mond.

“Nie te ‘bad’ nie,” gee hy erkenning en skep vir himself nog ‘n porsie in.

Wanneer sy haar mond met ‘n servet afvee en ‘n stukkie rissie wat op haar een bors geval het ook opvee, leuen sy terug in haar stoel en sê: “Sjoe, nou’t ek heerlik ge-eet!”

“Het jy al ons bure ontmoet enigsins?“

“Nee,” antwoord Riaan. “En jy?”

“Jy sal nie glo nie, maar ek het die man erken. Hy is‘n kliënt by ons Bank. Ek behartig sy portefeulje. Hy is ‘n skatryk beesboer uit Argentinië. Hy het al vir my foto’s gewys van sy vrou en drie kinders in Saladillo, die hoofdorp vir beesboere in sy land.”

“En?” vra Riaan, maar hul albei weet reeds dat ‘buurvrou’ se man nie haar man is nie!

Rozaan bars uit van die lag: ”Hy het altyd ‘n drie-stuk snyerspak aan in my kantoor, dis die eerste keer wat ek hom naak sien!” proes sy.

“Nogal ‘n fokken wa aan hom, né?” Riaan staan op en neem die twee borde met messe en vurke na die wasbak toe. Sy volg hom en met haar wang teen sy rug sit sy haar arms om sy lyf en kommetjie sy geslagdele met altwee haar hande.

“Hierdie is genoeg en die enigste vir my,” sê sy. ”It’s not the size that matters but how you use it, sê hulle in die classics.”

Riaan draai om en soen haar op haar voorkop terwyl sy nou sy eiers liefderik rondskommel in hul sakkie. Hy voel sy ereksie alweer begin lewe kry.

Haar oë kyk direk in syne as sy saggies sê: ”Ek het nog nooit iemand groter as jy en daarby nogal besnyd, in my gehad nie.”

Die intimiteit van die oomblik laat hom toe om te vra of sy eerlik al ooit daaroor gewonder het.

Haar sagte hande beweeg nou stadig op en af oor sy skag wat nou tot volle ereksie gegroei het.

“Miskien,” sê sy skalks “Hoekom vra jy?”

Sy vingernaels maak nou sensuele op en af strepe oor haar rug soos die genot styg van haar behendige hande om sy penis.

Hy vou sy arms om haar lyf en druk haar styf teen hom vas.

“Ag niks nie, sommer ‘n stupid gedagte wat skielik by my opgekom het,” antwoord hy.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

3 thoughts on “Die swembad was die begin (3)

  • September 18, 2017 at 7:29 am
    Permalink

    Dankie Ysbeer en veral Lusman, julle aanmoediging is soos roomys op ‘n helse warm dag ☺
    Lusman jou kritiek is elke slag vir my nog ‘n stappie vorentoe in die leerskool van skryf, word hoogs waardeer.hoor !
    Groetnis

    Reply
  • September 17, 2017 at 2:23 am
    Permalink

    Willie Will,

    Dankie vir hierdie storietjie. Dis goed geskryf en voer mens mee. Die situasies is baie eg en raak beskryf. Die sensualiteit van die oomblik word goed aangeblaas deur die kosmakery, wat jy so goed beskryf. Jy het die holnaaiery nogal meesterlik subtiel ingelei met “haar poesie wat hy onder haar winkende opening kon sien”. Ook die beeld van haar poephol wat “oop en toe gaan soos ‘n anemoon” as hy met sy vool daaroor vee, was kostelik. Die toneel van die druppel kom wat na die tyd aan die punt van sy vool hang, terwyl hy met die kosmakery besig is, is ook ‘n juweeltjie. Haar fokus op sy geslagsdele met haar hande — die op en af strelery oor sy skag en, na die stootsessie, die wyse waarop sy sy geslagsdele met al twee haar hande “kommetjie” en sy “eiers in hul sakkie rondskommel” — het ‘n egte waardering vir sy plesiergewende toerusting van haar kant geïllustreer. Daai “kommetjie” as werkwoord is ‘n wenner; mens sien in jou geestesoog hoe haar hande van agter om hom reik en haar bak hande sy slap vool en ballas simmetries toemaak.

    Ek het net nie gehou van die onnodige Engels nie vir: “Dis nie die grootte wat saak maak nie, maar hoe jy dit gebruik.”

    Hou aan met die erotiese skrywery!

    Reply
  • September 13, 2017 at 5:30 pm
    Permalink

    Will my ou maat, weereens perfeksie op sy beste. Ons wag in spanning.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)