
Die gelukkigste man op aarde
deur Uther Pendragon
“Hoe kan ek meneer help vandag?” vra die blas man vriendelik toe ek by die blommewinkel instap.
“Ek wil graag ‘n bos blomme vir my vrou koop,” antwoord ek en my oog val op die emmer vol rooi rose.
“Hoeveel kos die rose?” vra ek.
“R25 elk, meneer,” antwoord die bloemis, en toe hy my geskokte uitdrukking sien, volg hy vinnig op met: “maar ons het baie soorte blomme, soos hierdie lelies, of wat van hierdie angeliere, of wat van ‘n groot bos heide met proteas?” beduie hy na die bosse blomme in die winkel.
Terwyl ek verward rondkyk terwyl ek die karige R100 in my sak tussen my vingers vryf, volg hy op met: “Wat is die geleentheid – ‘n verjaardag, of ‘n spesiale aandenking?”
“Nee … nee, niks soos dit nie, ons is maar net ‘n maand getroud …” antwoord ek verboureerd.
“O, maar dan vloei die passie nog sterk! Ek sal dan hierdie ruiker met ‘n klomp verskillende veldblomme aanbeveel – ‘n viering van die lewe!”
“Hoeveel is dit?” vra ek huiwerig.
“Vir jou meneer, slegs R120!” antwoord die man geeltand-glimlaggend.
“Ek … ek het net ‘n R100 …” antwoord ek stil.
“Vir jou meneer, vir jou gee ek dit vir ‘n R100!” antwoord hy en trek die kwitansieboek nader. “Meneer se van asseblief?” vra hy terwyl hy begin skryf.
“Groesbeeck, met ‘n c en ‘n k,” antwoord ek.
Die pen stol in die lug en die man kom regop. Ek kan nie die uitdrukking op sy gesig lees nie – dit lyk of hy wil huil of lag – dit lyk asof hy nie self weet hoe hy voel nie. Hy staan so vir seker amper ‘n minuut lank. Dan frommel hy skielik die kwitansie op en woordeloos stap hy om die toonbank na die emmer met die rose. Hy buk af en tel almal uit die water – al druppende druk hy sonder seremonie die hele bondel rose in my arms – seker 50 of 60 van hulle.
Ek vra geskok: “En wat nou?”
Met ‘n skor stem antwoord hy: “Vat hulle – vat hulle net …” En dan draai hy weg en stap vinnig terug, verby die toonbank na sy kantoor en slaan die deur agter hom toe.
Die hele gedoente het my so bietjie onkant gevang, maar die armsvol rose het my gou daarvan laat vergeet. Ek is vinnig huis toe en het triomfanklik die bos rose aan my geliefde Olga oorhandig. Sy het laggend dit ontvang en gesê: “Sjoe jy bederf my so! Jy hoef nie so baie op my te spandeer nie!” sê sy gemaak kwaai. Terwyl sy ‘n vaas uit die kas haal sê sy: “Ek is bly jy het nie vir my simpel Proteas of kommin angeliere of cheapy veldblomme gekry nie. Rose is klassiek en pragtig – jy het sulke goeie smaak!”
Toe sy wydsbeen op my skoot op die bank kom klim en my ‘n nat oopmond soen gee terwyl haar hand my gulp ooprits, kon ek sien hoeveel sy dit waardeer het.
* * *
Ons lê hygend en sweet-nat op die bed. My lyf en brein is nog lam van die intense orgasme. Die kantgordyne beweeg sag in die bries wat deur die oop glasdeure waai. Mens kan die getjirp van die voëls in die boomkruine onder die balkon hoor. Ek soen die nat voorkop van my beminde.
“Ek is die gelukkigste man op aarde,” sê ek.
“Hoekom?” vra sy skalks. “Mens kan nie ‘n man voor ‘n orgasme, tydens ‘n orgasme of na ‘n orgasme vertrou nie!”
“Ons bly in hierdie luukse huis wat jy geërf het, ek het sommer dadelik ‘n werk op die dorp gekry en jy is sekerlik die mooiste vrou op aarde!”
Die garagedeur glip geruisloos agter my toe terwyl my Volla stik en hik in die geteerde rylaan. Ek is lief vir my Volla wat ek tweedehands as student gekoop het en is nie lus om dit te vervang nie, al is ek die enigste persoon in die woonbuurt wat ‘n stokou tweedehandse karretjie het. Maar selfs ek moet erken dat my Volla beter dae geken het.
Vandag beplan ek iets spesiaal. Olga hou daarvan om te kook en ons eet altyd lekker, maar ek is lus vir kerrie en het aangebied om vir ons vanaand te kook.
Die slagter is ‘n ronde bles man met ‘n grys bokbaardjie – saaklik en vriendelik vra hy: “Wat kan ek vir u doen meneer?”
“Ek wil ‘n kilogram skaapskenkels en skaap-kookvleis hê, want ek maak kerrie vanaand,” antwoord ek opgewonde.
Die man vra terwyl hy die vleis onder die vertoontoonbank uithaal en in ‘n sakkie sit: “Ek het jou nog nie voorheen hier gesien nie, is jy ‘n nuwe intrekker?”
“Ja,” antwoord ek. “Ek is met Olga getroud en bly nou op die dorp – ek gee geskiedenis by die hoërskool.”
Die man staan op, rooi in die gesig van die vooroorbukkery en sê: “Stowevleis is OK, maar wat jy eintlik wil hê is dié en daarmee plak hy met sy pofferhand seker so twee dosyn skaaptjops saam in die pakkie.
“Sjoe, wag nou!” sê ek “Ek wou nie so baie vleis koop nie!”
“On the house my maat, on the house,” sê hy en gee vir my die sakkie oor die toonbank aan.
Die skaaptjops was inderdaad baie lekker en Olga sê met vetblink lippe: “Ek is so bly jy het besluit om eerder vir ons skaaptjops as kommin kerrie of mince vanaand te maak!”
Kaalvoet-trippelend dek sy die tafel na ete af en kom sit voor my op die tafelrand met haar voete op my dye. Ek kon sien hoe sy die ete waardeer het toe sy haar dye oopsprei sodat haar kort rokkie opskuif op om haar kaalgeskeerde skaamheuwel te ontbloot. Ek kan haar labia donkerpienk en blinknat sien uitsteek.
“Tyd vir nagereg,” sê sy en gaan lê agteroor terwyl sy haar enkels op my skouers sit.
Dan trek sy haar labia uitmekaar en haar vagina gaap rooipienk en sopnat vir my oop. Ek buk vooroor en lek haar labia en haar dik klitoris tot die slym ‘n nat plas op die tafeldoek onder haar boude maak. Olga is, was en sal altyd die eerste en enigste vrou wees wie se poes ek lek. Ek is verslaaf daaraan. Ek sal haar vir ewig dankbaar wees dat sy my verduidelik het om dit te doen – ek het nooit kon raai dat dit so lekker kon wees nie. Terwyl ek haar lek, weet ek wat gaan volg – nou-nou gaan sy my penis tot diep in haar keel neem en my suig tot ek in haar mond kom. Daarna gaan sy my penis met haar spermbesmeerde lippe en pienk tongetjie skoonlek en ek is gek daaroor!
* * *
Vandag is ‘n groot dag in my lewe – ek gaan ‘n nuwe kar koop. Eintlik is ek hartseer om van my Volla afskeid te neem, maar iemand het vandag my by die werk in reaksie op my advertensie gekontak en die outjie sien kans om hom reg te maak – ek is eenvoudig net nie tegnies genoeg aangelê om nog ‘n paar kilometer uit my getroue ryperd te druk nie. Die tyd het aangebreek om van my studente-rydng na
iets waardiger vir my status op te gradeer.
Op pad huis toe gaan ek by die motorhandelaar om. Die gesprek wat gevolg het was minder waardig. Die motorhandelaar is ‘n groot dik man met ‘n snor. Na ‘n lang gesprek het ons bepaal dat met my onderwyser-salaris ek maar net die goedkoopste van die karre of eintlik beter nog – ‘n tweedehandse karretjie sal kan bekostig, spesifiek ‘n 20 jaar oue Datsuntjie wat al oor ‘n 300 000 km op die klok het.
“Maar Gerrit,” belowe die man my, “hierdie karretjie het net een eienaar gehad – ‘n ou tannie – wat mooi daarna gekyk hett. Ek kan jou waarborg dat die karretjie ten minstens nog soveel kilos sal kan ry!”
Dit is maar ‘n klein stappie beter as die Volla wat meer as dubbel soveel kilos opgehad het. Die tyd vir kontrakte en afbetaalplanne en begrotings en bevestiging van my salaris, ID dokument, bestuurlisensie het aangebreek. Die bestuurder hou my ID in sy hand vas en ek sien hoe dit effens begin bewe.
“Groesbeeck … jy het my nie gesê jou van is Groesbeeck nie …”
Hy sit terug op sy krakende stoel en dan gryp hy die gehoorstuk van die foon op sy lessenaar, dan sit hy dit terug en sê: “Gerrit, ek bedoel meneer Groesbeeck, gaan kry asseblief vir jou ietsie te drinke in ons
ontvangsarea. Daar is ‘n koffiemasjien en water.”
Ek het pas my koffie klaargedrink toe is die motorhandelaar daar. Hy hyg skoon van die vinnige stappie. Hy sit gemoedelik sy groot hand op my skouer en sê: “Kom ons gaan kyk weer na die karre op die vloer.”
“Maar ek dog … wat bedoel u?” vra ek verward.
“Kyk, ek sê nog altyd, dat ‘n man se kwaliteit deur sy kar verteenwoordig moet word. Die kar maak nie die man nie, die man maak die kar! Nie waar nie? En jy meneer Groesbeeck is so ‘n man!” dawer sy stem deur die vertoonlokaal terwyl hy na die BMWs stap.
“Maar dis buite die kwessie!” sê ek verward, “ek sal in my lewe nooit hierdie kar op my salaris kan afbetaal nie! Die rente alleen sal dit onbekostigbaar maak!”
“En daaroor hoef jy nie meer te bekommer nie meneer Groesbeek. Ek was pas op die foon met die bankbestuurder en ons sal ‘n plan maak.”
‘n Uur later parkeer ek die BMW op die teervlak voor die huis en hol na die voordeur toe. My stem eggo deur die voorportaal: “Olga, Liefie, kom kyk wat het ek gekry!”
Sy kom met ‘n groot glimlag van afwagting teen die trappe afgehardloop. Olga springop en af van vreugde en borrel: “Dit is nou ‘n man se kar! Kom ons gaan vir ‘n spin!”
Ons ry uit die dorp in die kontrei rond. Sy por my aan om vinniger en vinniger te ry. Dan beduie sy na ‘n klompie bome langs die grondpad: “Daar, daar – trek daar af!”
Ek stop knarsend in ‘n stofwolk voor die bome en sy spring uit. Olga het net ‘n kort rokkie aan – ek kon reeds by die huis sien dat haar borste los onder die rok swaai en haar tepels sulke punte teen die lap druk. Dit is maar hoe sy normaalweg by die huis rondloop. Sy gaan egter nooit so uit nie en dit vang my bietjie onkant toe sy uit uitpring. Ek klim uit en vra: “Wat is dit my Lief? Dit lyk my jy is skoon uit jou kassie
oor die kar!”
“Jaaaa!” lag sy. “Ek wou nog altyd ‘n BMW hê – so ‘n witte, nes hierdie een!” En dan sê sy dringend: “Naai my – hier op die kar!”
“Wat?” vra ek geskok-opgewonde. “Hier in die openbaar waar enigeen ons kan sien?”
“Daar is niemand vir ki-lo-meters nie!” roep sy uit en gaan lê vooroor op die warm enjinkap terwyl sy haar rok oplig om haar kaal boude te ontbloot.
Ek is onmiddelik styf en trek my gulp oop nadat ek rondgekyk het om seker te maak dat daar inderdaad niemand is nie. Die plek daar onder die bome is ‘n bietjie grillerig ,want daar is leë drankbottels en leë kondoompakkies – en ja – daar sien ek dit tussen die gras – ook gebruikte kondome! Dit lyk asof dit nogal ‘n populêre plek vir die skelm vryers van die dorp is. Maar my geliefde se winkende wit boude maak op vir die smerigheid van die plek.
Ek sit my hande op haar sagte boude en soos ek my piel tussen haar poeslippe indruk sê sy: “Nee, vandag wil ek hê dat jy my in die hol naai!”
“Wat!” roep ek verbaas uit, “maar dis jiggie – en jy sal seerkry!”
“Nee man, dit is nie seer nie! Komaan, druk dit in!” sê sy en trek haar boude oop sodat haar anus pienk oopgaap.
“Maar wat van die…” protesteer ek nog ten spyte van die feit dat my piel nog stywer as ooit word ten aanskoue van my geliefde se vieslike ontbloting.
“Ek het myself skoongemaak voor die tyd …” antwoord sy vinnig.
“Jy bedoel?” vra ek verward.
“’n Enema, ek het myself voor dit tyd ge-enema!” roep sy ongeduldig uit. “Fokkit Gerrit, druk jou piel nou in my hol in! Ek dog mans smag na verbode seks!”
Gelate doen ek wat my geliefde voor vra en voel hoe haar dermkanaal vir my warm oopmaak en smeerglad omring. Ek begin pomp en dit word al hoe lekkerder – my heupe stamp nou hard teen haar sagte boude vas en ek kan voel hoe haar kringspier op en af teen my skag tot teen my eikel wring. Sy steun al hoe harder van lekkerte en dan voel ek haar vingers teen my skrotum wikkel soos wat sy haarself
bevredig. As ek geweet het dat anale seks so lekker is, sou ek lankal ‘n ander kar gekry het!
* * *
Die hoof van die skool is ‘n klein senuweeagtige mannetjie, maar verskriklik vriendelik. Hy het my uitgenooi om saam met hom Saterdag na die gholfklub toe te gaan. Die probleem is dat ek nie gholfstokke het nie en nog nooit, buiten vir putt-putt – as dit tel, gholf gespeel het nie.
“Nee moenie bekommer nie Gerrit!” sê die hoof gemoedelik. “Jy kan my ou stel leen. My vrou het vir my vir ons dertigste trouherdenking ‘n nuwe gholfstel gekoop. Ek doen niks met die oue nie, so jy kan dit maar kry.”
“Ja, maar klubfooie is duur, ek sal dit nooit kan bekostig nie, meneer!” protesteer ek.
Die hoof slaan sy arm om my skouer en sê ernstig en vertroulik: “Gerrit, die lewe wink vir jou! Daar is soveel geleenthede vir jou – jy sal sien, oral sal die deure vir jou oopgaan! Met ‘n vrou soos Olga aan jou sy, sal jy dit nog ver kan vat in die lewe!”
Dit was nogals ’n warm dag in die son, maar ek kon darem ’n paar balle uit die ruveld hou en was nogals ingenome dat ek mettertyd ’n paar daarvan kon sink.
“Sjoe meneer, dit was nou baie lekker. Al het ek nou maar simpel gespeel het ek soveel van gholf geleer vandag. Ek is seker dit sal in die toekoms beter gaan” sê ek toe ons onself in die klubhuis gemaklik maak.
Die hoof bestel drankies. Ek vat Coke en hy vat ‘n dubbel brandewyn.
Die hoof lag gemoedelik en antwoord: “Jy sal beslis mettertyd beter raak – veral omdat jy nou elke Saterdag saam met my gaan gholf kom speel!”
“Sjoe meneer, dis darem baie! Daar is ook ander…” protesteer ek swakkies.
“Nonsens Gerrit!” sny die hoof my af. “Gholf is ‘n suksesvolle man se sport. Daar is min dinge wat aan ‘n man soveel status verleen as sy baansyfer en die feit dat hy gereeld op die baan gesien word!”
“Ek wou nog gevra het meneer …” begin ek.
“Die menerery raak nou vervelig Gerrit – noem my Stefan,” val die hoof my in die rede.
“Stefan?” sê-vra ek.
“Ja Gerrit – ons is mos vriende en vriende noem mekaar op die voornaam, nie waar nie?” antwoord hy.
“By die werk kan jy my maar meneer, maar op die gholfbaan is ons vriende,” verduidelik hy en wink vir die kelner vir nog drankies.
Deur die gesprek heen hoor ek dat die hoof my oor ‘n paar maande wil bevorder na vise-hoof. Dit kom so onverwags dat ek nie mooi weet wat om te sê nie. Ek verduidelik dat ek baie dankbaar vir so ‘n geleentheid sal wees, maar dat ek maar pas dertig geword het en dat ek nie juis ervaring van skoolbestuur het nie.
“Nonsens Gerrit, daardie is kleinighede!” roep die hoof uit en vee die sweet van sy voorkop af. “Ons sal daardie struikelblokkies uit die weg vee – ek sal daar wees om jou te help,” stel hy my gerus.
“Baie dankie meneer – Stefan – dit is so onverwags, ek kan nie wag om vir Olga die goeie nuus te vertel nie!” sê ek en staan op om te gaan.
“Nee wag!” sê die hoof skerp en trek my aan die hand weer terug na my stoel toe terwyl hy na sy horlosie kyk. “Daar is nog baie waaroor ons moet praat,” sê hy en wink die kelner nader.
“Ek wil jou ook oorsee stuur om ‘n paar kursusse daar te doen,” sê hy glimaggend oor sy glas.
“Goeiste meneer, ek bedoel Stefan! Dit is so opwindend dat my kop draai,” antwoord ek dankbaar. “Ek het nooit gedink dat ek so ‘n geleentheid sou gehad het nie! Ek het nooit eens kon droom dat ek werklik oorsee sou kon gegaan het nie!”
Die hoof sê joviaal: “Daar is nog groot dinge wat vir jou voorlê seun!” en gaan dan met groot entoesiasme voort om my loopbaanmoontlikhede uit te lê van skoolinspekteur, tot lektor by die onderwyskollege, en wie weet – selfs eendag die DG van Onderwys! Hy sit sy hand op my knie, en met waterige ogies wat ernstig na my staar sê hy ernstig: “En dink net hoe trots Olga DAN op jou sal wees!”
“Sjoe, Stephan … dit is soveel om oor te dink, ek hou egter van klas …” probeer ek my gevoelens verduidelik, maar hy kyk na sy horlosie en tel sy motorsleutels van die tafelblad op en onderbreek my met: “Tyd om te gaan jonge man!” Hy drink sy glas leeg. Soos ons na die deur stap klop hy my met ‘n grinnik op die rug en sê: ”Jy is sekerlik die gelukkigste man op aarde!”
5 COMMENTS
Ek wonder hoeveel lesers het opgelet dat:
Almal in die dorp vir Gerrit Groesbeeck ken nog voor hy hulle ontmoet.
Hoe al die mans weet wat Olga eintlik wil he – nog beter as Gerrit self.
Dat deure vir Gerrit oopgemaak word selfs al het hy nie daarvoor gevra nie – op maniere wat Olga sal plesier.
Dat mense weet wat hy in sy mees intieme oomblikke vir Olga in die kamer gesê het.
Dat Olga basies selfversorgend is, al sit sy amper nooit ‘n voet uit die huis nie.
En dat Gerrit se baas gaan sorg dat hy elke Saterdagoggend (en deur die week) nie by die huis is nie.
Vang julle die ironie van die storie se titel?
En sou jy wou geweet het wat aangaan as jy in Gerrit se skoene was?
Hy is. So waar
Mmmmm die begin van n interessante storie
Nope, dis die hele storie 🙂
Baie dankie vir n goeie storie, ek het dit regtig geniet. Ek hou van die onverwaggte situasie waar die vrou vir hom verbode vrugte aanbied……