Die Affêre (6)
deur Ramkat Erasmus
Op pad terug van die klub af, gesels ons oor Gert en Tina en hulle aweregse seksuele verhouding. Hy is duidelik mal oor haar, maar het geen probleem daarmee dat sy sommer ‘n hele rits mans aanvat as sy lus is nie. Sy reaksie tydens ons speletjie het dit duidelik genoeg gemaak.
Hy is ook nie impotent nie, want hy het gemasturbeer en gekom tydens ons sessie, so daar moet iets anders wees…
“Dalk hou het net nie daarvan om te naai nie,” sê ek by gebrek aan iets meer intelligent.
Natasha knik haar kop en kyk by die venster uit. “Hy hou daarvan om te kyk hoe ander mans haar naai. Dis sy ding.”
“Vrouens ook”, en ek vertel haar van sy reaksie toe sy en Tina in die voyeurkamer was.
“Hoe meer dae….”
Sy kyk weer by die venster uit.
“Wat pla,” vra ek.
“Niks”.
“Jy’s bietjie stil. Iets pla jou”, sê ek.
Sy draai haar hele lyf na my toe. “Sal jy daarvan hou om te kyk hoe ‘n ander man my naai?”
Ek soek die Mona Lisa glimlag, maar daar is geen sweempie van nie. Ek dink hard, kyk weer na haar ernstige gesig en antwoord dan.
“Ek weet nie.”
“Maar wat dink jy? Sal dit nie vir hou eroties wees om te sien hoe ‘n ander man my naai nie?”
Ek kry die gevoel hierdie is een van daai oomblikke waar ek baie mooi moet dink voor ek antwoord. Amper soos “lyk ek vet in die broek…”
“Jy is ‘n baie sensuele en seksie vrou. Ek sit partykeer by die werk en dink aan jou sonder klere aan, en dan word ek lus. Ons geniet mekaar, en jy weet, en ek weet, nie een van ons het vreeslik grense as dit by seks kom nie, maar om jou die eerlke waarheid te sê … As jy wil hê ek moet kyk hoe iemand jou naai sal ek kyk, maar dit sal nie vir my lekker wees nie…”
“Hoekom nie?”
“Ek sal jaloers wees.”
“Maar ek dog dan ons verhouding is no strings?’” en die keer glimlag Mona Lisa.
“Daar is nie toutjies nie. Jy kan doen wat jy wil. Maar ek wil nie sien hoe ‘n ander man jou naai nie.”
Sy leun nader en soen my op die wang. Dan sit sy terug en Mona Lisa speel om haar mond.
-0-
Ons moet ‘n paar weke wag voor ons weer kan wegglip. Intussen stuur ons vir mekaar onskuldige boodskappies en foto’s en grappies. My lewe begin amper weer normaal voel, as ek haar boodskap kry dat sy kan wegglip op ‘n Woensdag.
Ons tref reëlings en ek laai haar weer by Virgin Active op en ons ry. Die klub is leegerig, maar daar is darem een of twee bekende gesigte. Irma vra of ons van Tina en Gert gehoor het, en ons sê nee. Irma lig ons in dat hulle besluit het om te emigreer en hulle gaan ‘n groot spesiale partytjie hou, en ek en Natasha is genooides. Ons sê dankie en gaan sit in die kroeg. Die Britse paartjie wie ek tydens my eerste kuier ontmoet het kom nader en vra of ek hulle onthou. Ek bieg dat ek nie hulle name kan onthou nie en hulle sê dis Tanya en Rob. Ons gesels oor die klub en die mense en waarvan ons hou en nie hou nie. Na ‘n ruk stel Rob voor dat ons in die swembad gaan klim en verder kuier.
Ons kry handoeke, sluit ons klere toe en gaan swembad toe. Rob en Tanya wag ons in. Hulle laat hulle handdoeke val en ek merk dat Rob ‘n enorme wa aan hom het. Tanya is effens geset en haar borste hang ‘n bietjie, maar sy is steeds ‘n aantreklike vou. Ons klim in en gaan sit op die trappe, met Natasha aan my buitekant, en Tanya tussen my en Rob. Die bo-stuklose kroegmeisie bring vir ons nog ‘n rondte drankies, en Rob sê dat hy enTanya op pad terug is Brittanje toe. Dis hulle laaste kuier by die klub en hulle het SA vreeslik geniet.
Ek voel ‘n hand op my voël en besef dis Tanya s’n. Sy wil weet of ons dalk bietjie saam met hulle wil gaan speel. Beide sy, en haar man, vind ons baie aantreklik, en hulle dink dit sal ‘n gepaste afskeid wees.
Ek kyk vir Natasha en na ‘n ruk knik sy instemmend. Ons maak ons drankies klaar, kry handoeke en stap na een van die speelkamers toe. Op pad vertel Rob een of ander obskure grap waarvoor Tanya uitbundig lag, maar wat ek nie verstaan nie. Ons kry ‘n oop deur en gaan in. Ek wil nog vra hoe ons dit gaan doen, maar die Britte laat val eenvoudig hulle handdoeke en draai na ons toe. Tanya vat Natasha aan die hand, trek haar nader en soen haar vol op die mond. Ek staan effe verbaas na die vinnige beweging en kyk, as Rob voor my kniel en my piel in sy mond neem. Dit is inderdaad ‘n eerste vir my…
Ek kyk verdwaas op en Tanya is nou besig om Natasha se tiete te liefkoos. Natasha kyk my vol in die oë, kyk af na die man op sy kniëe voor my, met my piel in sy mond, en dan glimlag Mona Lisa vir my.
-0-
Die volgende uur gaan in ‘n warboel van lywe en hande en monde verby. Flitse en figmente bly teen my retinas vaskleef. Tanya wat op my sit en my ry terwyl sy aan haar eie tepels knyp en trek en in Cockney Engels vloek. Rob wat Natasha se poesie lek en haar heeltyd verseker dat sy ‘n “lucious cunt” het. Rob wat vir Tanya hondjiestyl naai met sy enorme horing. Natasha wat nie haar mond om sy pielkop kan kry nie en Tanya wat demonsteer hoe dit gedoen moet word. Ek en Natasha wat met ons arms om mekaar gevou heen en weer wieg tot ons amper saam kom. Rob wat vir Natasha hard naai terwyl ek vir Tanya spyker. Natasha se gille as sy kom… My piel in Rob se mond.
-0-
Ek en Natasha ry huistoe.
“Hoe voel jy?” vra sy
“Moeg. Jy?”
“Bietjie seer. Daai was ‘n monster…”
Ek knik, konsentreer op die pad.
“Hoe het jy gevoel” vra sy.
‘Hoe bedoel jy”
“Toe Rob jou suig?”
Ek dink ‘n bietjie. “Weet nog nie. Hy weet hoe…”
Sy lag. “Nou is jy een voor my…”
Ek kyk vraend na haar.
“Ek sal nooit weet hoe dit voel as ‘n man my piel suig nie…”
Ons lag. Dan vra sy hoe ek gevoel het toe Rob haar naai.
“Soos ek gedink het. Jaloers.”
“Oor die feit dat hy my genaai het, of die feit dat hy so ‘n groot voël het?”
Ek kyk na haar om te sien of sy spot, maar daar is g’n teken van Mona Lisa nie.
“Bietjie van beide.”
“Ja? En?”
“Die enigtse rede hoekom ek dit nie gestop het nie, is…”
“Is wat?”
“Dat jy my naam geskree het, en nie syne nie!”
En dan is Mona Lisa daar.
1 COMMENT
Lekker geilmakende storie. Goed geskryf, met realistiese uitbeelding en raak woordgebruik. Net hier en daar ‘n spel/tipo-foutjie.
En wat ‘n fantastiese wenk om die vertroue van jou vaste maat te behou en jaloesie af te weer as julle ruil: Sorg net dat jy sy/haar naam êrens laat val as jy woorde in jou geilheid uitkraai, veral as jy luid uitkreet as jy kom.