Angsaanval
deur Saffie
Sedert sy van Deon geskei is, kry Annerie gereeld hierdie beklemmende angsaanvalle. Dit kom gewoonlik wanneer haar stresvlakke verhoog. Sy’t gedog dit sal ophou na die egskeiding, maar helaas wou dit net nie verdwyn nie. Sy’t tot nou toe enige medikasie vermy. ‘n Goeie Afrikaanse vrou, wie in ‘n soliede Afrikanerhuis groot geword het, kan op haar eie twee voete staan en het nie chemikalieë nodig nie.
Dit was vir haar traumaties om te weet Deon verlaat haar vir iemand anders. Sy weet sy was dalk nie die seksbom waarna hy gesmag het nie, maar sy’t net nooit geweet hoe om haarself vir hom aan te bied nie. En ter verdediging, het sy later na die egskeiding besef dat hy maar ook net soveel tekortkominge gehad het. Gelukkig is hul enigste kind nou uit die huis en sy’t baie tyd beskikbaar om op te lees oor die dinge.
Deesdae vind sy dat sy meer en meer fantaseer oor mans. Die skuldgevoelens het gedreig om haar te oorrompel nadat sy dit nie meer kon weerstaan om een Saterdagoggend die woordjie “porn” in Google op haar iPad te tik nie. Sy’t haarself wysgemaak sy’s ‘n volwasse vrou en dis bloot uit nuuskierigheid. Toe die eerste video op haar skerm begin flits, was sy totaal verbaas oor haar emosies. Dit was soos haar eerste soen. Sy’t liggies gebewe en was skoon kortasem. Sy kon nie ophou kyk hoe ‘n man ‘n klein petite Oosterse vrou van agter in haar anus penetreer nie. Die beeld van sy stokstywe penis wat in en uit haar sagte nat vou glip, het haar byna mal gemaak. Haar hand het onwillekeurig na die klammigheid tussen haar bene beweeg en sy’t hard begin masturbeer … die eerste keer weer op 43 jarige ouderdom, sedert sy ‘n jong dogtertjie was.
Sy het voorheen orgasmes gedurende haar getroude lewe ervaar, maar dit was min en glad nie intens nie. Die keer kom sy skielik sonder moeite en haar hele liggaam ruk van die plesier. Die beste van als is, sy bly lus. Sy hou aan om haarself harder te vinger en met trane wat oor haar wange rol, klimaks sy weer, met die gekerm van die meisie en die man se growwe taal in haar ore.
Daardie aand sit sy op die sitkamerbank met ‘n glas wyn en haar skuldgevoelens. Sy probeer om haarself uit die klemmende onsigbare hand te kry en skakel die televisie aan. Sy krap deur die stapel DVD’s in die tv-kabinet. Sy’t min tyd gehad om DVD’s te kyk met haar dogter nog in die huis. Sy kom af op Philip Kaufman se film “Unbearable lightness of being.” Halfpad deur die film en met genoeg Sauvignon Blanc in haar sisteem, kan sy haarself totaal vereenselwig met Sabina, een van die hoofkarakters in die film. Sy voel meteens ook baie ligter. Sy voel ‘n vreemde sensasie van euforie oor haar spoel. Sy kyk die film klaar en skakel die televisie af.
Buite drink sy haar laaste glas koue wyn by die swembad in die warm aandlug. Wanneer sy haar oë toemaak, dink sy aan ‘n man. Sy kan hom nie regtig in haar gedagtes beskryf nie, maar sy hoor sy diep stem, voel sy harde armspiere, die hare op sy bors, die geur van sy naskeermiddel in haar neus en ‘n vreemde sensasie in haar buik toe sy verbeel hoe sy haar hand saggies oor sy harde manlikheid in sy broek streel.
Voor Maandagoggend se direksievergadering voel sy verbasend goed. Dis gewoonlik die tyd dat haar angsaanvalle dreig. Sy het steeds die bekende hol kol op haar maag, maar sy voel meer in beheer. Sy dink daaraan om vanaand na werk ‘n paar porn video’s te kyk wat meer vroue vriendelik is. Om die waarheid te sê, sy soek ‘n man. ‘n Regte man met wie sy kan seks hê. Anders as Deon, moet hy haar neem en totaal syne maak. Hy moet maak met haar wat hy wil. Hy moet haar domineer. Totaal in beheer wees.
Na die vergadering maak sy haar kantoordeur toe en skuif agter die rekenaarskerm in. Sy roep weer die webtuiste op waarna sy oor die naweek gekyk het. Daar is verskeie name en foto’s van mans en hulle dienste. Sy besluit om te skakel. ‘n Vriendelike vrouestem antwoord. Sy beskryf sy soek vanaand ‘n man … Afrikaans, donker gelaatstrekke en hy moet haar kan domineer. Nadat sy haar besonderhede gegee het sê die vrou, “Ons stuur Jandré vir jou. Hy’s ‘n bietjie jonger as jy, maar baie volwasse en weet hoe om vrouens te hanteer. Hy drink graag whisky en hou van seekosse. Die besoek is vir twee ure, maar jy kan verder met hom onderhandel indien nodig. Jandré verkies wit onderklere … ”
Daardie aand vir die eerste keer in jare, staan sy langs haar voorkamertafel in die rooi rok wat sy een Valentynsdag gedra het, jare gelede. Sy kyk vir haarself in die groot spieël en met die wit deurtrekker wat oor haar heuwel span, voel sy totaal vroulik en seksueel. Byna soos ‘n leeuwyfie wat speels onder die Afrika-son lê en wag vir haar maanhaarleeu. Sy streel haar hande oor haar borste en haar tepels voel hard in die wit kantbra.
Sy kyk vir oulaas of daar genoeg ys in ysbak is en haal die plastiek af van die bord seekos wat sy oppad huistoe by Woolworths gekoop het. Toe die voordeurklokkie lui, gee haar hart ‘n sprong en sy staan vir ‘n oomblik stil om haarself te kalmeer. Jandré is in sy middel dertigs, lank, met donker hare wat hy agteroor kam, stoppelbaard. Hy’s gekleë in blou denims, swart skoene, wit hemp en swart baadjie.
“Hi, ek’s Jandré” en daarmee gee hy haar ‘n piksoen op die wang. Sy nooi hom binne.
“Whisky?”
“Asseblief”
Sy skink vir haarself ‘n glas witwyn.
Hulle gaan na buite by die swembad en pik uit die seekosbord. Hy vra ‘n bietjie uit oor haar, kinders, werk en die huis. Na nog ‘n glas whisky, sê hy skielik: “Gaan na die kamer, maak die skuifdeur oop en wag vir my, ek gaan haal net gou iets uit my motor”.
Sy staan langs die spieëltafel toe hy inkom met ‘n paar silwer boeie in sy een hand en ‘n groot bondel rooi lint in die ander. Sonder seremonie sit hy dit op die bed neer en kom staan voor haar. Hy kyk haar in die oë, sit sy hande om haar en trek die ritsluier van haar rok af. Sy word verswelg deur sy manlikheid en die reuk van sy parfuum. Haar hart klop vinniger wanneer sy voel hoe haar rok om haar enkels val en hy haar bra losmaak en dit eenkant toe gooi.
Voor sy haar kom kry, is haar hande vas aan die koperkatel bo haar kop met die boeie wat koud voel om haar gewrigte. Sy weet hy kan die natkol voor op haar deurtrekker sien, terwyl hy besig is om haar beide haar bene met die rooi lint aan die bed se pote vas te maak. Sy gee nie om nie. Sy lê oopgespalk. Reg om haarself te offer vir ‘n vreemde man. Sy’s so aangedraai, sy’t hoendervleis orals op haar lyf en haar tepels staan hard op haar borste.
Jandré staan terug asof hy na sy handewerk wil kyk en trek sy klere uit. Hy’t ‘n welige bos borshare, maar sy manlikheid is skoongeskeer. Hy’t nog nie ‘n volle ereksie nie, maar sy kop steek reeds by die voorvel uit en sy wil dit met alle geweld lek. Hy kniel langs haar op die bed en sit sy voël in haar mond. Sy suig gulsig en hard aan hom. Sy kreun in haar keel toe hy oorbuk en haar deurtrekker na die kant trek en twee vingers in haar sopnat vroulikheid druk. Hy laat glip sy vingers in en uit terwyl hy hard op haar klitoris druk met sy duim.
Dit raak wasig voor haar oë en sy klimaks met haar maagspiere wat ruk van die plesier en ‘n gedempte gil uit haar keel. Jandré trek sy stokstywe ereksie uit haar mond. Sy pluk aan die boeie. Die magtelose gevoel verplaas haar in ‘n ander wêreld. Hy kniel tussen haar bene. Sy dog sy gaan alle beheer verloor toe hy albei sy groot hande onder haar boude sit en een van sy duime in die opening van haar anus druk.
Sy’s nou onbeskaamd jags. ‘n Teef op hitte. ‘n Hoer wat genaai wil wees. Sy druk haar heupe so ver vorentoe as wat die linte om haar enkels toelaat. Sy bied haar oop poesie vir hom aan. Sy wil hê hy moet haar vlesige pienk rosie eet. Hy druk sy tong so diep as wat hy kan in haar druppende spleet.
“Liewe fok…. naai my ASSEBLIEF”.
Met haar deurtrekker wat nou oor een boud getrek is, klim Jandré op haar en begrawe sy paal tot teen sy lyf binne in haar. Hy dryf homself telkemale so diep binne haar as wat hy kan. Dit voel of hy by haar keel uitkom.
“Ek gaan jou nou oor die afgrond ry” grom hy, terwyl hy beide haar borste in sy hande neem en vinniger pomp. Die wellus oorweldig haar nogmaals en sy voel hoe haar kwakertjie om sy skag klem en sy weer klimaks.
Met asems wat jaag, trek hy homself uit haar en kom kniel weer langs haar. Hy vryf sy gladde, stywe piel oor een van haar tepels, terwyl hy homself pluk. Met ‘n groot sug blaas hy sy saad oor haar borste. Die wit en warm sous loop oor haar borste en teen haar nek af op die kussing. Sy moet haar oë knip om ontslae te raak van die lighoofdigheid.
‘n Paar maande later stap Annerie uit die Maandagoggend direksievergadering. Sy maak die kantoordeur agter haar toe, reg om nou die gereelde oproep na Jandré se selfoon te maak. Skielik slaan dit haar, sy kan nie onthou wanneer laas sy ‘n angsaanval gehad het nie …
1 COMMENT
Lekker baie moontlik realisties. En jagsmakend!