Leesweerwoensdag: Amanda
deur Muisfluisteraar
Mans in hulle middel-laat veertigs laat nie meer vrouens heelnag skree nie. Tensy jy haar iewers toesluit. Of nakend langs die pad aflaai en telkens 100 m wegry. Daarom, na maande se warm gesels op facebook en BBM, staan ek met kloppende hart voor die hoteldeur in Jeffreysbaai … daai hotel wat so oor die see troon. Ek gaan so oor Amanda troon, as die troon wil saamwerk.
Om Amanda tot in ‘n hotelkamer te skryf, is alreeds ‘n prestasie. Sy’s immers berug en bemind vir haar erotiese skryfwerk … en wat kan ‘n gewone ou soos ek bied wat sy nie lankal onderneem, ondergaan, of aan onderwerp was nie?
Ek het baiekeer gewonder of ons nie eerder aangrensende kamers moes boek nie, dan skryf ek haar tot daardie meervuldige orgasmes wat sy oor skryf, en sy ry heelnag onversadigbaar op my ystere ereksie … op bbm, en dan kan ons etes deel en dalk langs die strand gaan stap.
Ons het onderneem om nie eers te groet nie. Sy gaan die deur ooplos en nakend op die bed wag. Ek gaan ingestorm kom en ons eerste kontak gaan wees as ek diep in haar wegsak. Maar dit los ‘n praktiese probleem, hier voor die deur. Die diep wegsakker is meer die effens sweterige opkruller. Ek gaan eers moet plan.
Shit. Ek het hierdie laas op skool gedoen. Saksnoeker. En toe was daar nie CCTV-kameras in die gang nie. Dink, André. Ferm tieties, Klam driehoekies met ‘n krulletjie skaamhaar wat onder satyn uitloer. Sagte sug. Pizza. Pizza? Ek moes geëet het.
Daar … Icarus. Sonder die brandpyn … ek leef kuis, meestal by gebrek aan geleentheid. Fok. Inteendeel. Ek is nou ten volle in die oomblik, want ek onthou die pienk van haar nipples, die pienk meer intiem as sy vir my foto-offer en ek onthou haar heserige fokmy-piepgeluide op die voicenote wat ek uit haar moes smeek.
Sy het soos ‘n tiener geklink, met daardie vol lyf en ruim borste wat sy beloof bietjie gekneus mag word. Seerkry is liefde. Donker is ons bruidskleur. Die bed is ons troukansel, en die wit van haar rekmerke ons trourok. Dis hoe ons beloof het.
Ons het onderneem dat ons vinnig en innig mag soen, dat ons dadelik vir orgasme gaan jaag en dat ons later die liefkoos-ding sal doen. Ek onthou nog my woorde: “Liefkoos? Fok Koos. Dis ek wat in jou hoort, lief.”
Dan sou ek haar omdraai. Skemer word donker en ek weet ons begeer al beide so lank om die grense te verskuif. Sy gaan onbeskaamd die taboe offer en ek gaan dit neem. Daar. Waar almal fantaseer. Ons. Gaan. Ek en Amanda. En sy gaan voor help, vingers taai en gretig ongeskik-nat ek fok en engel en dan gaan ons kom en sal sy myne wees, amen en al daai.
Nou. Oopmaak. In. Vinnig. Kamer, soos verduidelik. Amanda. Groter as haar foto’s. Ouer. Kaal. Nee. Naak. Weerloos. Kyk my. Maak arms oop. André … jy’s lieflik. Nee, jy is. Kom. Omhels. Eers huil. Vashou. Here, so mooi, hierdie ryp vrou.
2 COMMENTS
En ekke het dieselfde fantasie……
Baie mooi aanslag dankie