Adverteer op Kombiekiehier

Hello daar geliefde lesers 🙂

Ek wil julle net gou van iets anders vertel. Iets wat nie noodwendig direk met seks te doen het nie. :p Dit gaan julle dalk nie prikkel en lus maak nie, maar dalk is daar tog iemand onder die duisende Kombiekiehierlesers wat belang sal stel hierin.

Volgends statistiek is Kombiekiehier baie suksesvol. As jy hits gebruik om ‘n website se sukses te meet, dan werk hierdie webwerf al amper van die begin af fantasties. As gevolg van die volwasse inhoud van die webwerf is dit egter nogal moeilik om adverteerders te kry. Mense is maar bang vir die goeie naam van hulle produk of besigheid en tieties en goeie name gaan blykbaar nie saam nie 😉 Google Ads wil nie eens die site goedkeur nie.

So nou het ek ‘n besluit geneem. Wat help dit ek kan duisende rande per advertensie vra, maar ek kan dit nie kry nie? So nou gaan ek vir die wat belangstel dit basies verniet weggee. 🙂

Hierdie is my aanbod:

Ek sal ‘n advertensie vir ‘n produk in die regtekantste kolom (onder die soekfunksie) vir R500 per maand verkoop (vooruit betaalbaar).

‘n Advertensie daarbo (aan die regterkant van die slider) vir R700 (vooruit betaalbaar.)

‘n Advertensie aan die regterkant van die Kombiekiehier – wat sal lyk asof dit die hoofborg van die webwerf is vir R1500 per maand (vooruit betaalbaar.)

Vir die aantal lesers wat die webwerf per dag lees is hierdie pryse basies verniet. Dis minder as tien persent vat wat volgens aanvaarde formules gevra kan word.

Dit is ook moontlik om ‘n produk te “mention” op Twitter wat deur meer as 7 000 mense gevolg word. Kontak my vir ‘n kwotasie of om ‘n campaign uit te werk.

Hier is so bietjie statistiek oor Kombiekiehier net om julle te wys hoe goeie deal hierdie is.

Kombiekiehier kortliks …

  • Webwerf het op 22 Januarie 2014 as ʼn WordPress blog begin.
  • Op 26 Februarie 2014 skop die Kombiekiehier.co.za webwerf af.
  • Inhoud sluit verhale, kommentaar op nuusgebeure, raad, humor, visuele stimulasie, musiek, kuns, memoirs, meningsartikels, filosofie en nuus in.
  • Hoofsaaklik eksklusiewe bydraes.
  • Kombiekiehier bied unieke inhoud oor en toegang tot ‘n niche genre wat op geen ander plek beskikbaar is nie.
  • Advertensie moontlikhede.

Statistieke …

  • Meer as 50 000 unieke besoekers binne die eerste jaar en sonder enige advertensies en bemarking.
  • Meer as 2 235 640 “page views” tot 1 Oktober 2017.
  • Hulle bly gemiddeld 5,7 minute lank op die webwerf.
  • Gemiddeld 14 000 besoekers per maand. (Word nog élke maand meer)
  • Tussen 110 000 en 120 000 “views” per maand.
  • Tussen 3 500 en 4 500 lesers per dag.
  • Ongeveer 45% nuwe gebruikers en 55% terugkerende gebruikers.

 

Daar is nog moontlikhede vir advertering op die webwerf. Dit is moontlik om ‘n hele campaign vir ‘n adverteerder te doen. Julle kan dit HIER gaan lees en my by kombiekiehier@gmail.com kontak. Julle kan sien ek is oop vir onderhandeling.

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

9 thoughts on “Adverteer op Kombiekiehier

  • April 14, 2018 at 2:13 pm
    Permalink

    Smaak my hierdie storie gaan nog uitlloop op n vleisie braai. Klink heel pretigl

    Reply
    • April 14, 2018 at 10:31 pm
      Permalink

      Hahaha!

      Reply
  • April 14, 2018 at 12:23 am
    Permalink

    Die tê-ta-têt tussen julle 2 is kostelik ☺
    Met hierdie baie goeie advertensie tariewe moet ons almal net ons oë oop hou en ons ore vir geleenthede waar ons iemand kan ompraat om te adverteer !
    Saam staan ouens en girls, dis min wat Annelise ons iets vra, dis gewoonlik ONS wat kerm, kla en gunsies vra ! Ons moet ons bes doen, ons blad en A. verdien dit !

    Reply
  • April 13, 2018 at 4:51 pm
    Permalink

    Ek sal vir jou brood saambring!!!
    Ekt ‘n Afrikaanse brood wat baie soos ‘n lang Franse brood lyk, en hy “rys” nogals mooi!

    Reply
    • April 13, 2018 at 8:33 pm
      Permalink

      Hahahaha! Funny :p

      Reply
  • April 13, 2018 at 3:05 pm
    Permalink

    Man, die enigste onderhandeling wat ek met jou wil doen het niks met advertensie te doen nie, en jy weet dit! 😘😘
    XOXO

    Reply
    • April 13, 2018 at 3:06 pm
      Permalink

      🙂 🙂 Maar hoe gaan ek brood koop?

      Reply
      • April 14, 2018 at 2:41 pm
        Permalink

        Haha jy kan BAIE maklik betaal en genoeg “brood” he vir ‘n paar jaar… 🙂

        Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)