Chandri (2)

deur Jakkie

(Lees die eerste episode HIER)

Ek het na twee dae in die area weggery en gedink dat Chandri nie ‘n indruk op my gemaak het nie. Ok, ek het my in haar ingedruk en dit baie geniet, maar nie gedink dat daar veel ander indrukke was nie. Ek is op kantoor en doen admin. My foon se Whatsapp biep en ek kyk na die boodskap. My foon ken nie die nommer nie, maar al wat op die boodskap te sien is, is die vlinder en die deel van haar bors met die nipple wat half uit fokus is. Ek besef dadelik dit is Chandri en “save” die nommer onder haar naam op my selfoon. Die volgende boodskap sê-vra: “Verlang jy na my soos ek na jou?”

Ek is nogal onkant gevang. Ek tel die kantoorfoon op en bel haar nommer. Sy antwoord aan die ander kant in ‘n baie professionele stem, want sy weet mos nie wie bel nie. Toe sy my stem hoor verander haar stem dadelik na so ‘n “sexy stemtoon.” Sy vra wanneer ry ek weer in haar rigting. My antwoord is oor so drie weke. Die drie weke gaan verby en ons het so nou en dan geWhatsapp. Sy het so drie keer vir my ‘n foto van haar panty gestuur wat op die stoel lê en ek het twee keer vir haar ‘n foto van my onderbroek deurgestuur, maar niks anders nie. Soos die tyd verbygaan raak ek al hoe meer opgewonde oor die volgende keer wat ek Chanri gaan sien.

Dis die aand voor ek ry. Chandri se nommer gee my ‘n aanduiding dat sy ‘n Whatsapp-boodskap gestuur het. Ek maak oop:

Chandri: “Sien ek jou more?”
Ek: “Verseker”.
Chandri: “Great, ek kan nie wag nie. Ek het vir jou ‘n verrassing.”
Ek: “Gee my ‘n voorsmakie”.
Chandri: “Foto’s volg.”

Biep, vertel my foon my daar is ‘n boodskap. Ek maak die boodskap oop en weet daar gaan iets interessant wees. Dis ‘n foto van haar nipple met die vlinder in die agtergrond, so effens “blurred.” So effense kriewel in my broek.

Ek kan nie wag vir die tweede boodskap nie. Ek maak dit oop. Ek sluk swaar aan my keel. Daar is so donkerblou pantylyn en ek sien die twee bene wat die panty na onder laat verdwyn. Ek sluk weer. Die panty is deursigtig en ek kan sien dit lyk asof die hare wat verlede keer so snaaks na binne toe gesny was nou nie daar is nie. Biep, maak my foon. Ek maak die boodskap oop. “Net vir jou kaal geskeer, kan nie wag nie.” Ek voel dadelik hoe ek kliphard word in my broek.

My boodskap aan haar is: “Mooi foto’s, ek kan nie wag nie. Ek is vanaf Maandag tot Donderdag daar by julle.” [Stuur]

Biep, weer ‘n Whatsapp foto: Dis ‘n foto van haar bene, effens oop, onder haar rok/skirt in met dieselfde kleur panty van die vorige foto. My plesierstok druk kliphard in my broek. My mond voel so half droog.

Biep. Volgende boodskap: “Kry ek nie ‘n foto nie? Met so gesiggie wat nadenkend is.”

Ek trek my broek af en stuur ‘n foto van die onderbroek met die knop van die stywe plesierspier. Ek stuur ‘n boodskap wat lui: “Kyk wat doen jy aan my. Ek is seker hy sal afbreek so styf is hy as ek hom te ver afdruk. [Stuur]

Biep: “Ek kan nie wag nie. Ek sal moet help om die drukking te verlig” Smiley face. Biep: “Ons sal moet kyk om jou so bietjie te skeer. Mans wat geskeer is maak my mal.” Weer die gesiggie wat nadenkend is.

Ek ry die Maandagoggend na die platteland met ‘n afwagting wat ek nie kan verduidelik nie. Ek stop by die Wimpy, soos altyd. Bestel die Special Breakfast, soos altyd. Werk deur my dagboek, soos altyd. Bevestig die afsprake, maar wil nie Chandri bel nie. Ek doen die afsprake en teen ongeveer twaalfuur die middag ry ek na Chandri se besigheidsperseel toe.

Ek rapporteer by die ontvangs, sit in die ontvangsarea en wag vir Chandri, maar my plesierspier hou aan om te druk teen my broek se gulp. Ellie doen die normale “laat jou welkom voel” – geselsies. Ek het al my dae om te probeer om nie gespanne te lyk nie. Ek antwoord vriendelik terug, maar ek dink Ellie kan aanvoel dat ek nie kan wag dat Chandri opdaag nie. Ek hoor Chandri in die gang vanaf haar kantoor aangestap kom. Sy kom in die ontvangsarea ingestap en ek sien dadelik dat die romp wat sy aan het net tot in die middle van haar bo-bene kom. My gedagtes gaan dadelik na die foto van die panty wat sy gestuur het. Ek staan op, ons groet saaklik sodat Ellie nie snaaks moet dink nie.

“Stap saam na my kantoor toe,” sê Chandri. Ek stap agter haar. Haar parfuum vul my neus en my oë is op haar boude. Ek soek na ‘n pantylyn, maar sien niks. Ek kyk of ek die lyn van haar “g-string” kan sien, maar sien niks. My voël druk reeds teen die voorkant van my broek.

In die kantoor draai Chandri om en druk haar skielik in my arms in. Ek het my hande dadelik op haar boude en ons soen is warm en voel of dit nie kan ophou nie. Ek voel haar borste teen my borskas, proe haar mond se smaak en met my hande soek ek weer na ‘n panty se rek. Ek voel niks nie. Chandri draai om terwyl sy steeds in my arms is en sit sy haar arm om my nek. Met haar boude druk sy terug teen my stywe voël wat voel of hy kan bars so styf is hy.

“Ons moet ophou, ons is in jou kantoor,” fluister ek in haar oor.

“Ja, maar ek het na jou verlang,” antwoord-fluister sy in my oor.

Met my hande lig ek die romp op en ek raak intens bewus daarvan dat ek vrye toegang het tot haar lekkerte. My vinger kry dadelik vrye toegang tot die natheid van haar spleet en toe ek aan die klitoris raak maak sy ‘n kreungeluidjie in my oor.

“Ek het solank my panty uitgetrek toe jy vroeër die Whatsapp gestuur het om te sê jy is op pad.”

Ek is nou so jags ek sal ‘n land omploeg soos my voël teen haar druk.

Ons raak skielik bewus van die voetstappe wat op die houtvloer in die gang hoorbaar word en Chandri loop na haar tafel toe en gaan sit. Ek loop na die gemakstoel wat voor haar tafel geskuif is. Sy gaan sit agter haar tafel en ek op die stoel. As die tafel se toe kant net nie daar was nie kon ek na haar lekkerte kyk daar waar ek sit. Die eienaar van die besigheid stap in haar kantoor in en ek staan op om hom te groet. Toe ek my hand uitsteek om hom te groet besef ek dat my vinger nou-nou nog met Chandri se klitoris gespeel het …

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

3 thoughts on “Chandri (2)

  • September 28, 2017 at 9:48 am
    Permalink

    Jakkie ou maatjie – jy is nou netr soos die stories op TV. Op die spanenste omblik los jy ons. Moenie dat ons nou weer so lank moet wag nie. Baie goeie storie.

    Reply
  • September 27, 2017 at 12:59 pm
    Permalink

    Stop sommer net so op ‘n lekker gedeelte. Inderdaad goeie storie.

    Reply
  • September 27, 2017 at 9:40 am
    Permalink

    Jakkie jou los-lit skryfstyl maak jou stories nog lekkerder !
    Welgedaan, moenie dat Chandre ons storie plek verlaat nie, ons wil haar nog beter leer ken ! Hou so aan, jou stories is blink.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)