Kombiekieweer Donderdag: Tyd vir Alles

deur Alter Ego

“Ek het nie onderklere aan nie”, fluister sy vir my terwyl ons die hotel se konferensielokaal binnestap.  “Huh?” is al wat ek uitkry.  Sy kyk oor haar skouer en glimlag vir my.

Ek is heeltemal verslae!  Ek vrek oor haar en sy weet dit.  Maar nog altyd hou sy my op ‘n goeie veilige afstand!  Voeg daarby dat ek nog altyd geglo het sy is heeltemal te heilig-en-veilig om sulke openlike flirtasies te doen!   Behalwe dat ons vanoggend saam in dieselfde kar tot hier gery het, doen ons al jare goed alleen saam en daar het net nog nooit so-iets gebeur nie!

Nodeloos om te sê dat ek van die opening en verwelkoming niks kan onthou nie!  My gedagtes was in die wêreld wat ek lankal al vir ons geskep het.  Ek het ‘n baie besliste fantasie-voorstelling van hoe haar vroulikheid lyk en selfs voel.  Ek het ure om gefantaseer oor die liefdesproses tussen ons twee maar in my wildste drome het ons nie saam ‘n vergadering bygewoon terwyl sy langs my sit sonder onderklere nie!  Feit is dat dit blykbaar besig is om te gebeur!

Ek maak ‘n aantekening op die papier voor my: “Is jy ernstig?” en skuif dit oor na haar toe.  “Wil jy voel?” antwoord sy.  My ereksie lê ongemaklik maar ek besef ek kan dit nie regskuif sonder dat iemand my sal sien nie.  Om dieselfde rede kan ek ook nie voel of sy die waarheid praat nie!  Sy het my gedagtes gekaap – ek het nou net een ding op my brein!  Ek vind dit baie moeilik om haar speletjie te verstaan.  Feit is dat sy my totaal onkant betrap het!  Aan die glimlag waarmee sy sit, weet sy dit en geniet sy die situasie terdeë!

Dan besluit ek om haar met haar eie spel te troef.  “Ek het nou ‘n moerse ereksie,” skryf ek op my aantekeninge en skuif na haar toe.  Ek sien die glimlag verander.  “Genuine?” stuur sy terug.  “Wil jy voel?” antwoord ek.  Nou sit altwee van ons met die terdeë glimlag!

Ek staan op en verlaat die lokaal.  In die kleedkamer deel ek eerste met my ongemaklike ereksie.  By ontvangs doen ek navraag en bespreek ‘n kamer.  Terug by die vergadering, sit ek die kamer se sleutel voor haar neer.  Ek kan sien hoe sy bloos en vinnig die sleutel probeer verberg. “?” stuur ek vir haar.  “!” stuur sy terug en ons verstaan mekaar!  Die dertig minute wat volg tot teebreek, is ons elkeen besig met ons eie gedagtes.  Dit voel na ‘n ewigheid!

Soos twee stout kinders, stap ons stadig tot om die hoek in die gang.  Daar vat ek haar hand en ons hardloop omtrent tot by die hysbak wat ons na die vyfde vloer moet neem.  Die hysbak se deur was nog nie toe nie toe ons met ‘n intense voorspel begin.  Haar lippe is sag en ons tonge voer hulle eie liefdesdans.  Ek tel haar rok op in my omhelsing en voel haar naaktheid.  Terselfdertyd maak sy my rits oop en groet haar hande my ereksie.  Ek begin dink die vyfde vloer gaan beslis te ver wees – ons gaan dit nie haal nie!  Dan stop die hysbak en ons betree ons tydelike woning.  Dit was maklik om haar uit te trek – haar rok se rits was reeds afgetrek voordat ons die kamer betree het.  Ek het dit net oor haar skouers gestoot en dit het om haar voete op die dik mat geval.  Haar hande was meer as gewillig om te help om my klere uit te kry.  Ek het haar kaal lyf teen my vasgedruk.  Sy was sag soos wat ek verwag het.  Haar tepels het uitdagend na my gestaar en haar borste was vol in my hande.  Ons moes vinnig op die bed kom!  Sy was baie nat en ek was baie styf!  Diep binne haar het ek myself gevind.

Was heelwat later toe ons ewe sedig weer in die ingangsportaal instap.  Soos die seksgodin dit beplan het, kom die res van die mense juis net toe uit die konferensielokaal en ons kan maar net weer by hulle aansluit.  Die enigste verskil was dat ons baie meer selfvoldaan en gelukkig gelyk het!

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

6 thoughts on “Kombiekieweer Donderdag: Tyd vir Alles

  • October 2, 2018 at 2:55 pm
    Permalink

    Soos ek lees en dit geniet, kan ek niks van die konferensie onthou nie! hahaha

    Reply
  • September 14, 2018 at 12:14 pm
    Permalink

    My tipe van konferensie. Nice man.

    Reply
  • September 14, 2018 at 8:57 am
    Permalink

    Meesleurende goeie storie, dankie Alter Ego!
    Kon my inleef en soete (? swetende!) herinneringe opdiep, het al soortgelyke ervaring gehad!

    Reply
  • September 14, 2018 at 5:48 am
    Permalink

    Mooi geskryf, die beste manier om n fantasie hok te slaan

    Reply
  • September 13, 2018 at 12:25 pm
    Permalink

    Dankie Alter Ego, jou storie het lekker gelees. Soorgelyke fantasie ry my al jare

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)