So ongelooflik soos jy
deur Wille Will
Taalversorging deur Lusman
Ek is by een van die eentonige funksies van die departement van inligting. Afgesaagde, sinnelose toesprake van die nuwe regering se kordaat, oningeligte, maar egostrelende pionne is aan die orde.
Daar is ‘n bankettafel met gemufte versnaperings en dooswyn in elegante kraffies. Een bord het egter vars mossels op soutbeskuitjies met ‘n suurroomlagie. Dit staan my nogal goed aan en, gelukkig vir my, trek dié onaangeraakte opdieningsbord die ander gaste ooglopend nie aan nie. Die meeste verkies vleis.
Ek prop met onderdrukte gape van verveling en geveinsde belangstelling elke dan en wan ‘n mosselhappie in my mond. Toe ek weer wil uitreik vir een, sien ek dis die voorlaaste een en daar is vanaf die oorkant van die tafel ‘n slanke, deftig, gemanikuurde hand met ‘n opaalsteenring aan die middelvinger wat ook daarna uitreik!
Ons altwee kyk soos een na mekaar. Daar hang ‘n verskuilde glimlaggie by die kuiltjie op haar linkermondhoek. ‘n Ferm neus en ligbruin onnutsige oë op ‘n simmetriese gesig, omraam met ‘n goudbruin kort kapsel tot in die nek, val op.
“Neem gerus … u is ‘n man, ‘n spesie wat altyd honger is,” glimlag sy groter met ‘n sagte, tog diep vrouestem en spierwit tande.
Ek antwoord met ‘n kort laggie: “Maar dames kry voorkeur; dis waarmee ek grootgemaak is.”
“Dankie,” sê sy en gooi die laaste mosselhappie in haar mond. Ek kyk nog steeds na haar, terwyl sy kou en afsluk en terselfdertyd ‘n papierservet van die tafel af optel en haar mondhoeke liggies tik. Sy kyk weer op. Amper verbaas, omdat ek nog steeds na haar kyk, sê sy: “Kan ons nie gou êrens vars lug skep nie?”
Ek beduie oor my rug na agter waar daar ‘n ‘Exit‘-teken bokant ‘n deur vertoon. Ons stap elkeen aan sy kant van die tafel na agter, tot waar die tafel ophou en sy by my inval. Ons stap sy aan sy tot ek die genoemde deur oopstoot en weer agter ons toedruk.
Dis blykbaar ‘n rookkamer. Daar is net ‘n tweesitplek-rusbank met asbakstaanders weerskante in die vertrekkie. Een bak het nog steeds stompies in. Ek merk ‘n suigwaaier in die plafon bokant die rusbank. Maar die vertrek is toe nie ‘n “varslug”-een nie, want aan die voorkant is die balkonnetjie met ‘n plastiekruit, van ‘n gerookte bruin kleur, toegemaak. Mens kan die verkeer sien beweeg, vier vloere ondertoe.
“Rook jy?” vra ons albei gelyk – en dan bars ons uit van die lag.
Sy gaan sit op die bank. Ek bewonder onderlangs die grasieuse manier waarop sy gaan sit het, met die lang ligbruin bene wat sy nou oor mekaar vou by die knie. Ek stap om na die ander kant van die rusbank en gaan sit ook.
“Mag ek vra in watter hoedanigheid is u hier?” vra ek en skuif, gesig na haar, nader sodat my knie aan hare raak. “U is nie een van die joernaliskoekies nie?”
Sy gooi haar hoof vlugtig agteroor met ‘n oop mond en ‘n geluidlose laggie. Sy buig dan vorentoe met ‘n uitgestrekte hand met die opaalring: “Ek is Julia de Reuck en die publieketoespraak-koördineerder van hierdie departement. En u is?”
Ek neem die slanke hand in myne en voel dis effens klam. “Ek is van ons ambassade in Duitsland … Karel Roets. Aangename kennis,” antwoord ek.
Ons oë lees mekaar vir ‘n lang oomblik voordat sy my hand los.
“Ek is keelvol vir die getjommel hier binne,” artikuleer sy wat ek ook voel. Sy staan op met: “Mag ek u nooi vir ‘n glas Roodeberg in my kantoorsuite op die 12de vloer?” Sy wys met een voorvinger dak toe.
Ek is amper soos ‘n lomp skoolkind wanneer ek vinnig sukkel om van die rusbank orent te kom: “Dit sal ‘n voorreg wees.”
Sy stap vooruit, nadat sy die balkondeur oopgemaak het – reguit tussen die funksiegangers deur – na waar die hysbakke deur ‘n alkoof in die muur waargeneem kan word. Sy kyk nie links of regs nie, maar ek sien dat almal in die vertrek haar skrede met hul oë volg.
Ek skarrel bykans om by te hou by haar. Die hysbakdeure skuif met ‘n pieng reeds oop wanneer ek in tred kom. Ons betree die hysbak en haar vinger verlig 12 se liggie. Die deure skuif geluidloos toe. Ons staar na die flitsende vloernommers soos die hysbak ons met ‘n sagte brom opswiep na bo.
Wanneer die deure weer oopskuif, glimlag sy vir my as ek beleefd met my hand beduie sy kan eerste stap. Sy stap dadelik na links op die dik maroen mat van die gang en stop dan by ‘n deur waarop ‘n houtnaambordjie met “J. de Reuck” in sierletters, vasgeheg is. Sy skuif ‘n toegangskaart deur die meganiese gleuf langs haar naam en die deur klik oop. Sy stoot dit oop en staan dan terug en met dieselfde kuiltjie-glimlag as met ons eerste kennismaking, wuif sy my na binne.
Ek word aangenaam verras met ligte wilgerhoutpanele. Dit word afgewissel met wit panele wat soos ryspapier lyk. Die afwerking bedek al die mure van dak tot vloer. Op elke houtpaneel is daar ‘n ets wat verskillende Japannese tonele uitbeeld. By die volglasmuur, wat uitkyk oor die stad, is haar ‘n sederhoutlessenaar met ‘n regop stoel van verduursaamde rottang daaragter. Daar is ook twee soortgelyke stoele aan die voorkant van die lessenaar. Ek wonder by myself wat is die Japannese verbintenis met die departement van inligting.
Sy stap verby my en beduie na links van my terwyl sy haar modieuse pak se baadjie uittrek.
“Gaan sit daar, dis die gemaklikste sitplek in die kantoor en maak jouself gerus tuis en gemaklik. Ek gaan gou vir ons wyn skink.” Ek merk op hoe sy die baadjie netjies opvou en op ‘n wit leerpoef langs haar lessenaar neerplaas.
Ek tree tot by die donker jasmynkleurige driesitplek-sofa met ‘n lang glastafeltjie voor dit. Die beligting bokant is ingesonke in die plafon, wat ‘n intieme, warm atmosfeer uitsein.
Ek gaan sit en knoop die boonste twee knopies van my hemp oop; ek het nie ‘n baadjie aan nie. Julia verskyn voor my wanneer ek weer opkyk. Sy’t twee kelkies rooi wyn in haar hande en ek merk op dat sy nou kaalvoet is. Sy buig voor my as sy my kelkie vir my gee en vervolg met: “In hierdie mymeringshoekie is ek net Julia … dis my ontvlugtingsplekkie, my privaat wêreld waar ek myself kan wees – sonder protokol.” Haar oë het nou ‘n amberkleurige vonkel wat my laat voel dat sy diep in myne staar. Sy gaan sit langs my.
“Skop uit daai skoene sodat jy ten volle kan ontspan,” probeer sy my gemaklik maak.
Ek hou die wynglas versigtig regop terwyl ek afbuig om met my ander hand my veterlose skoene uit te trek. Wanneer ek weer regop kom, gee sy my knie ‘n drukkie met haar los hand en lig haar wynglas met die ander hand: “‘n Heildronkie op goeie wyn en lekker geselskap.”
“Dankie, ek beaam,” klink ek my glasie met hare.
Sy neem ‘n stewige teug en plaas dan die glas op die tafeltjie. Sy leun terug en kruis weer haar bene en maak die boonste knopie van haar ligblou chiffonbloes los en plaas die ander hand op die leuning van die sofa.
“So-o-o, Karel, het jy al aangepas in Duitsland met hul beeldskone blonde vroue,” vra sy met ‘n laggie. “Of is jy getroud?”
“Soos u … eh … jy, kan sien, ek is nie meer ‘n jongman nie. Ek word 55 in Augustus en my vrou is drie jaar terug oorlede. Die skoonheid van buite is nie meer substansieel genoeg nie … nie eers in Duitsland nie!” glimlag ek terug na haar.
“Is jy getroud?” vervolg ek.
“Nee, en voor jy wonder, ek is 45, onafhanklik en beroepsgedrewe. Ek was ses jaar in Japan as ‘n diplomaatassistente toe ek op my rypste, loopsste, ouderdom was. Maar al bewonder ek die Japannese kultuur, kon ek geen aanknoping of aangetrokkenheid tot Oosterse mans in myself ontketen voel nie.”
Sy buig vorentoe om haar glasie weer op te tel en wanneer sy terugleun en ‘n teugie neem, staar sy ‘n oomblik in my oë, asof sy my opsom en sê dan: “Maar, as ek mag vra, mans het tog soms vrouegeselskap nodig – behoeftes en algemene omgang met die teenoorgestelde geslag. Hoe hanteer jy dit?”
‘n Verskuilde agenda van haar skyn skielik vir my deur. Dit maak my stil-stil só opgewonde dat ek selfs ‘n klein refleks in my lende voel. Ek glimlag vir haar met weerspieëlende oë en vra: “Mens pas maar aan, ofskoon die fisieke soms die geestelike oorheers. Hoe hanteer jý dit?”
“Ons gesprek neig nou na ‘n meer persoonlike rigting. Is jy oukei daarmee?” Sy ledig haar wynglas. “Nog ‘n proetjie Roodeberg?”
Ons staan albei op.
“Sal ek die kans laat verbygaan?” Sy neem my glas. “Ek gaan vir ons bietjie musiek ook speel. Dalk ontketen dit ‘n ander luim tussen ons.” Sy draai om en beweeg uit my gesigsveld, maar nie sonder dat ek haar swaaiende boude met my blik volg nie.
‘n Meesleurende vioolweergawe van “I only want you with me” van Adele vul skielik die vertrek en ek gaan sit weer.
Wanneer sy terugkeer met die twee gevulde glasies, staan ek op. Skielik is ons liggame baie na aan mekaar. Ek neem altwee kelkies uit haar hande en plaas dit op die glastafeltjie. Ek draai om en neem haar hande in myne: “Ons reik al persoonlik uit na mekaar vandat ons daai laaste mosselhappie wou eet.” Ek hoop sy het agtergekom dat ek die klem op “persoonlik” geplaas het. Weer eens bevestigend van my standpunt, beantwoord ek haar vraag uitdruklik: “Ek is oukei met ‘n persoonlike benadering met jou.”
Ek laat sak my mond na haar lippe wat halfoop blink. My hande gaan om haar rug, net onder die skouers. Ons lippe gaan gulsig oormekaar en haar mond se soetheid sypel deur my wanneer sy intree tot teen my lyf. Haar hande gaan op na my skouers. Ek skuif my hande op en af oor haar rug wanneer ons lippe van posisie verander maar mekaar nie los nie. Ek suig haar tong in en ek voel dit speel in my mond.
Haar hande sak af oor my rug en sy gryp my boude vas en druk my lyf teen hare. Ek besef my ereksie (wanneer laas het ek een gehad?) druk nou deur ons klere, hard teen haar, net onder haar maag. Sy gee ‘n verbale sug en stoot my skielik weg van haar. Sy kyk ‘n sekonde lank in my vraende oë en sê dan, terwyl sy ‘n tree na die sofa gee: “Ons is nie meer tieners nie, Karel. Trek uit.”
Ons oë bly vasgenael in mekaar terwyl ons die knope, ek van my hemp en sy van haar bloes, van bo af losmaak. Ek sien, terwyl ek my hemp uit my broek trek en die moue se knope losmaak, sy het haar bloes reeds uitgetrek en op die tafeltjie laat val. Wanneer ek my hemp uittrek en langs haar bloes laat sak, is hande agter haar rug besig om haar buustelyfie los te maak.
Ek trek my asem in as haar bra los is en haar hande voor haar, klemmend aan haar bra, haar twee volronde borste toe hou. Sy laat die bra val en ‘n blos styg op, van onder haar keel na haar wange toe.
“Ek moet erken, ek’s nie gewoond om soos ‘n ontkleedanseres stukkie vir stukkie klere uit te trek nie,” sê sy effe senuagtig. Sy trek die buustelyfie met die een hand weg en laat val dit op die hopie klere.
Ek vryf oor my broek waar my ereksie nou van die lus ‘n warm knop maak. Dis die verruklikste borste wat ek nog in my lewe aanskou het! Vol, spierwit en effens peervormig na die tepels toe. Dié het ‘n ligte rooskleur, saam met die areolas.
“Jou borste is vir my baie mooi,” sê ek saggies. “Vat weg jou hande dat ek hulle ten volle kan sien, asseblief.” Sy vryf met haar hande vinnig op en af oor hulle punte, voordat sy haar hande wegvat en haar bolyf bietjie meer regop laat kom. Die tepels is nou twee harde, uitstaande roosknoppe wat wag om vertroetel te word.
“Dra dit jou goedkeuring weg, meneer?” glimlag sy selfvoldaan vir my. Haar selfbeheer is terug! Wat my die meeste verbaas is dat haar buuste, op haar ouderdom, nie slap hang nie. Hulle is regop soos ‘n jongmeisie s’n!
“Sjoe!” sê ek, “hulle is pragtig!”
“Ek mag seker nou vra vir mý toegiffie,” sê sy in reaksie. “Ek sal graag wil sien wat die Duitse vroue nie beskore is om te sien nie!”
Ek glimlag in die afwagtende bruin oë in en ontgespe my broekgordel. Ek trek die ritssluier sommer tegelykertyd af en skuif my broek oor my boude dat dit om my enkels val. Ek sien haar oë effens rek en haar mond wat begin oopgaan terwyl sy nou ondertoe oor my liggaam staar. Ek kyk ook af en sien my ereksie lê half dwars in my onderbroek. Dis uitgestrek oor ‘n aansienlik deel van die voorkant. Die styfheid daarvan veroorsaak duidelike lyne wat die skag se omtrek en lengte goed vertoon.
“Jy’t beslis voor in die tou gestaan toe dáárdie gereedskap uitgedeel is,” lag sy heserig. Ek voel ‘n trotse warmte wat oor my wange gloei.
Ek kyk op na haar en sien dat sy haar een bors met die linkerhand nou aanmekaar knie en die tepel uitrek. Die ander hand het haar broekpak se broek reeds ontrits. Die wit kantbroekie begin uitsteek onder die stadig afsakkende langbroek en die hand se vingers steek van bo af in die broekie in.
“Jy het gesê ons is nie meer kinders nie, waarvoor wag ons?” My woorde het ‘n dringendheid soos lank laas. Ek laat wag nie en trek my onderbroek uit. My ereksie klap teen my maag soos my onderbroek hardhandig afgetrek word.
Sy skuif beide haar langbroek en die wit amperbroekie sommer saam af en tree daaruit. Die oomblik van welkome naaktheid is vlietend. Ek neem haar weer in my arms en soen haar. Ek voel hoe sy my roede, wat regop tussen ons mae vasgedruk is, in haar klam hand neem en afbuig na haar skede. Ek plaas my hande onder die wange van haar boude en tel haar liggaam op teen myne sodat haar hoof net-net bo myne is. Haar mond is halfoop as sy afkyk na my met lus wat haar pupille vergroot.
Stadig laat ek haar lyf afsak. Haar hand lei my penis in haar poesie in voordat haar voete die vloer raak. Haar buite- en binnelippe vou nat en sag om my. Ek begin in haar stywerige kanaal ingaan. Dan druk sy haar lyf met mening af. Ek voel hoe my voëlkop teen haar serviks vasslaan! “Oh my,” roep sy in Engels uit, met ‘n fyn, hoorbare kreuntjie. “Jy is beslis ‘n boerseun!”
Sy begin my dadelik ry met haar bene stewig om my gevou terwyl my hande haar onder haar boude stut. Haar vingers is van voor in my skouers ingeslaan, haar oë wyd oopgesper soos sy op en af wip op my voël. Hygend kreun sy tussenin: “Ek’t t-te l-lanklaas … uh-uh..d-dis asof … uh-uh dit die e-eerste keer i-is …” Ek voel haar sweet spat in my gesig.
“Maak ek jou seer?” vra ek saggies.
“Ne-ee…dis net s-so verd-domp l-lekker.”
Haar woorde sneller my ook oor tot aksie. Sy’t sovêr alleen gery. Ek tree terug tot ek die sofa teen my kuite voel en sak daarop neer. Sy hou aan ry, nou op haar knieë weerskante van my lyf in die sofa se voue ingedruk.
Julia se wonderheuwels swaai nou sentimeters voor my neus. Ek gryp een en neem die volle roosknop in my mond terwyl ek dit suig en bietjies-bietjies byt. In dieselfde asem slaan ek nou met al my mag en met boude wat ritmies van die sofa lig, so vinnig en hard as wat ek kan my meneer herhalend in en uit haar lyf.
“K-a-rel … o vader, ek gaan kommm!” Julia se liggaam raak spasties soos iemand wat ‘n epileptiese aanval kry. Dit wriemel en buig en vou en strek, buite haar beheer. Haar vingernaels kerf seer in my skouerblaaie in en onaardse kreune kom ritmies uit haar oop mond. Met hierdie ekstatiese vertoon van haar lus verloor ek ook my beheer. My boude lig elke keer hoër op van die bank soos ek dieper en dieper wil stamp. My saad skiet, straal na straal, in haar in. Dis ’n bykans gelyke klimaks vir ons twee. Ons ervaar albei wat die Franse petite mort – die “klein dood” – noem.
My trul gee sy laaste stuiptrekkings en ek probeer weer tot my sinne kom in die nagloed. Maar Julia gee nog ‘n paar desperate stampe met haar lyf, asof sy nie wil hê dit moet ophou nie. Dan sak haar natgeswete voorkop neer op my hoof. Ek voel haar binnepoesspiere nog herhaaldelik klem en los om my stang terwyl ons albei se lywe oënskynlik stil geraak het.
“Ek het die Duitse mädchen voorgespring.” Ek hoor die trots in haar stem. Haar vingers streel tussen die hare op my agterkop en sy fluister, effens uitasem: “Ek het gedink op my ouderdom gaan dit nie meer ‘n verskil maak nie.”
“Ek het gedink ek’t al vergeet hoe ongelooflik lekker dit is,” sê ek, “veral met iemand so ongelooflik soos jy.”
5 COMMENTS
Dankie manne !
Miskien moet ek hierdie verhouding laat voortgaan in 2021….
Sjoe wat n heerlike kantoor raps storie, welgedaan ou Will – ons wag vir die vervolg.
Jou stories is regtig n aansporing vir my, Wonderlik geskryf
Heerlike storie meneer die Storiemaker.
Manne en Vroue wat hulself geniet! Vir my… die altyd onthou oomblik is wanneer ek ‘n vrou se boobs vir die eerste keer sien en aanraak.
Mag daar nooit ‘social distancing’ kom in ons soeke na KOM nie.
Soos gewoonlik wonderlike detail. Uiters jagsmakend