Seks en die pandemie

Hoe lank gaan ek lees: 4 minute

Die pandemie waarin die wêreld ‘n jaar gelede gedompel is, ry nie net ons finansies, menslike verhoudinge en ons gesondheid nie. Dit begin ook aanleiding gee tot ‘n tweede pandemie – ‘n pandemie van angs en depressie. Hierdie tweede pandemie het dikwels ook ‘n slegte invloed op ons seksuele lewens.

Studies soos HIERDIE en HIERDIE wys hoe die simptome van depressive en angs gedurende die pandemie onder mense toegeneem het. Sosiale afsondering, bekommernis oor jou eie en geliefdes se gesondheid, hartseer, onsekerheid oor die toekoms en bekommernis oor inkomste is maar net ‘n paar van die redes waarom mense sukkel.

Ons rou oor ‘n wêreld wat ons binne weke verloor het en dalk nooit weer terug gaan kry nie en as ons dit weer sal terugkry sal dit waarskynlik nog lank wees.

In een studie in Amerika is bevind dat volwassenes tot drie keer groter kans het om positief te toets vir angs en depressie as ‘n jaar gelede. Simptome van angs of depressie kan ook ander gesondheidsprobleme veroorsaak, kan jou produktiwiteit raak en kan beslis seksueel ook ‘n invloed hê.

Redes waarom jou libido (sekslus) aangetas kan wees:

  • Die stres wat ons ervaar is oorlewingsstres. Dit beteken jou liggaam maak red om te veg of te hardloop. Alles is ingestel op oorlewing. Dit is nie optimale omstandighede vir die liggaam om aan seks te dink nie.
  • Jy en jou seksmaat is dalk nou 24/7 bymekaar waar julle voorheen deur die dag ‘n breek van mekaar gehad het en lus kon word vir die wedersiens.
  • Jou eet- en lewensstyl het dalk verander. Jy gaan nie meer so gereeld (of enigsins) gym toe nie en jy eet anders of ongesonder. Enige so verandering sal ook jou hormone verander wat jo ulus vir  seks sal beinvloed.
  • Jy drink en rook dalk meer en albei is al bewys dat dit ‘n negatiewe invloed op seksuele lus het.
  • Jy het minder seks wat dan sal veroorsaak dat jy minder lus is vir seks. Ongelukkig werk dit so. Hormone veroorsaak dat jy meer lus is vir seks as jy meer seks het.

Wat kan ek doen om my libido weer te laat vlamvat?

  • Maak spesifiek tyd vir seks en probeer deur byvoorbeeld speelgoed ook om dit interessant te hou.
  • Kommunikeer: Vertel vir jou seksmaat hoe jy voel en wat jou behoeftes in hierdie moeilike tye is.
  • Sorg vir jouself. Pamperlang jouself en gee vir jouself plesier.

Ek ken baie van my lesers en is bewus daarvan dat van julle sukkel in hierdie tye – emosioneel en seksueel. Daarom gaan ek hier ‘n facebook update deel wat ek onlangs gemaak het sodat jy kan verstaan dat ek verstaan en selfs ook sukkel:

Ek dink ek het dalk, miskien, vir die meeste van die laaste jaar aan depressie gely.
Of dalk is anxiety so naby daaraan dat jou liggaam en kop nie die verskil kan onderskei nie?
Hierdie jaar was en is hel vir biljoene mense, maar daar is wel mense wat die emosionele stress beter hanteer en sommige wat meer kwesbaar is daarvoor. In my eie lewe is mense wat pragmaties en basies vreesloos of anders stoic daardeur gaan.
Ek is ongelukkig nie een van daardie mense nie en was nog nooit. Ek voel te oorweldigend alles wat om my gebeur, orals – en dit lei na angs.
Ek is nog altyd so. My vroegste angsaanval was toe bomme in Pretoria begin ontplof het naby mense wie ek lief gehad het se werke. Later het angs my vir ‘n ruk oorweldig toe my oupa skielik dood is en my man net daarna army toe is.
Ek het angs en die gevolge daarvan in my lyf leer aanvaar as “normaal” en het nie besef ander mense voel nie so nie.
Toe my pa sy massiewe beroerte gehad het het ek maande lank in anxiety geleef – ook toe hy later dood is en ek oor my ma bekommerd was.
Anxiety het my weer bloots begin ry met iemand se dood twee jaar gelede en toe moer die virus (en worries oor my ma) my laaste stukkie “anti-angs weerstand” plat.
Dis weird dat ‘n mens kan leef saam met iets maar nooit iets daadwerklik daaraan doen nie.
Desember het iets gebeur wat my laat voel het asof my angs my letterlik kan en gaan doodmaak. Dis toe dat ek besluit het om dokter toe te gaan.
Die pille wat sy vir my gegee het, het sy verduidelik, word vir depressie sowel as angs voorgeskryf. As jy gaan google, word hulle dikwels ook so geskryf: depression/anxiety.
Dis nou twee weke later.
Ek het al drie groot regpaktake gedoen wat ek al ‘n jaar lank dreig om te doen. Van my fisiese angs-simptome is al weg. Ek kry dit al meer reg om nie elke oomblik van elke dag aan die dood te dink nie.
‘n Vriendin het nou die dag vir my ‘n positiewe ding oor my anxiety gesê. Sy het gesê ek moet dit embrace, want dit is daar omdat ek liefhet. Dit kom uit n plek van liefde.
Dat iemand na al die jare daardie kon verstaan en dit so vir my iets te maak waaroor ek nie skaam hoef te wees nie, was wonderlik.
So is ek nou op ‘n beter plek – with a little help from my friend en ‘n klein pilletjie.

Ek deel nie gewoonlik met julle iets van my private lewe wat nie met seks te doen het nie, maar in hierdie geval voel ek dis nodig omdat ek bekommerd is oor sommige van julle. En omdat ek omgee. En soms as mens so iets persoonlik deel dan voel ander nie so alleen nie.

Ek is hier as iemand wil praat.

Hier is ‘n klein toetsie wat jy kan doen om te bepaal of jy dalk met jou huisdokter moet gaan gesels: KLIEK

En hier is ‘n bladsy vol nommer wat jy in Suid-Afrika kan bel waar iemand na jou sal luister. Nog mense wat verstaan en wat kan help. Dis heeltemal gratis. KLIEK HIER VIR DIE NOMMERS

 

 

5 thoughts on “Seks en die pandemie

  • Boshcak

    Dankie vir die deel… ek waardeer dit en ek glo ander lede ook. Ons almal ek is redelik seker waardeer jou as persoon ook en hierdie ruimte wat jy geskep het en dat mens net hier kan “wees” nes jy is sonder veroordeling. En ek dink ook mens kan sê as ons kan help met iets… sê net! Al is al wat ons kan bied woorde of ‘n “oor” al is dit so oor die internet.

    Reply
  • Hagar

    My punte het was een 3 en een 4 …. maar dit is nou maar ekke daai.

    Maar wat ek wel agter gekom het … my kinders en hulle omstandighede en dit neig neig na depressie

    Reply
  • Willewill

    Dankie Annelise.
    Jy’t ‘n onderwerp aangeraak wat in hierdie tye van nou so radikaal werklik is dat baie van ons dit liewer wegsteek of selfs ignoreer eerder as om daadwerklik op te tree en poog om dit te hanteer.

    Reply
  • Grensloos

    jou insetsel is pragtig, gv

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)