
Katvrou
deur Saffie
Die blinddoek maak haar oë effens seer. Dis stikdonker, maar die vertrek voel heerlik warm. Snaaks genoeg die feit dat sy so styf vasgebind is op die bed, maak haar nie seer nie. Sy voel opgewonde, maar terselfdertyd effens gespanne diep in haar maag. Vir die soveelste keer bly dit steeds vir haar ‘n ongelooflike ervaring en sy weet sy sal vir maande nog daarop teer.
Lorraine het al hierdie spel verskeie kere gespeel. Vir haar is dit ‘n totale ontlading en ‘n ontsnapping van haar saai lewe. Die reëls is eenvoudig – sy’s hier op uitnodiging, almal bly anoniem, geen name, geen gesprek, dis altyd in ‘n privaatwoning en nooit dieselfde plek nie, sy moet elke keer inwillig om vasgebind en geblinddoek te word. Belangrikste van alles is, sy moet elke keer bevestig voor die spel begin, dat sy deur mans en vrouens betas mag word, met multi penetrasie.
Met haar aankoms is sy deur ‘n vrou met ‘n katmasker by die voordeur ontmoet en onmiddelik geblinddoek. Sy moes alles soos in die sms gestel, bevestig. Sy’s daarna deur die “katvrou” ontklee en geinspekteer. Sy’t haarself volgens instruksies totaal laat onthaar. Die haarverwydering rondom haar anus bly vir haar beide ‘n pynlike en genotvolle ervaring.
Sy’s in stilte na ‘n kamer gelei en beveel om op ‘n bed te sit. Na ‘n paar minute lê sy oopgespalk. Sy wikkel aan die sagte toue om haar polse en enkels, maar sy kan skaars beweeg. Die donkerte en stilte omhul haar en sy kan byna haar hartklop hoor. Die deur gaan saggies oop en sy ruik onmiddelik ‘n vrou se parfuum. Sy voel hoe die vrou langs haar op die bed kom sit. Vir ‘n lang tyd sit sy net doodstil. Die afwagting maak haar baie opgewonde.
Uiteindelik voel sy beweging en die vrou neem beide haar borste in haar hande. Haar tepels staan regop onder die aanraking. Sy voel ‘n rilling deur haar liggaam toe die vrou saggies haar warm asem oor haar tepels blaas. Sy sug hard en lank onder haar aanraking. Die hande gly teen haar sye af tot onder haar boude. Sy druk haar onderlyf vorentoe en bied haar oop vrug aan vir wie dit wil hê.
Een hand trek haar skaamlippies saggies oop en die vrou blaas hard op haar klitoris. Die lus borrel in haar lyf en dit voel of sy al voller word. Voller soos ‘n warm lemoen in die son wat wil oopbars. Sy hoor nog mense die kamer binnekom. Iemand maak die toue om haar enkels en polse los. Sy weet nie hoeveel mense daar in die kamer is nie. Almal mans? Ten minste vier? Vir haar voel dit of die hele kamer vol mense is. ‘n Vrou fluister in haar oor om hande-vier-voet op die bed te staan, met haar bene so wyd uit mekaar as wat sy kan.
Sy voel ‘n man onder haar inskuif en iemand se nat, warm tong die opening van haar kringspier verken en toe haar hele vroulikheid gulsig begin lek. ‘n Hand onder haar ken lig haar kop op en ‘n man druk sy ereksie in haar mond en begin haar ritmies ry. Die man onder haar se horing klop teen haar druppende skede. Iemand se hand kom van agter en speel met sy horing deur haar glibberige spleet. Meteens stamp hy homself tot teen sy lyf binne haar en pomp hard. Sy’s oop en lus. Sy wil almal hê. Hard en genadeloos genaai word.
Sy verstik byna aan die harde ereksie in haar mond toe nog ‘n man oor haar kom staan en haar anaal met een stamp penetreer. Haar bene bewe en sy klimaks met ‘n roggel in haar keel, toe sy voel hoe daar warm saad in haar mond spuit. Iewers giggel ‘n vrou saggies. ‘n Vrou se mond voel eers koud op hare, voor die warm tong die man se sappe van haar lippe en ken aflek.
Die dubbele penetrasie in haar koekie en anale spier dryf haar soos ‘n vasgekeerde dier. Sy wil skree en nog hê, maar daar’s reeds weer ‘n dik piel in haar mond. Die wêreld om haar begin draai. Sy’s geblinddoek, maar ‘n helder lig verblind haar oë. Haar hart klop in haar kop en sy hoor net dofweg die gehyg rondom haar. Sy voel die man agter haar se volle gewig met sy hande op haar heupe. Dit voel of hy haar verskeur soos hy haar boude ooprek.
Iemand begin haar hard op die boude slaan en die mans onder en agter haar begin harder hyg. Sy ruik die drank op die een se asem onder haar en voel hoe sy hele liggaam verstyf. Dit klop diep binne haar soos hy sy klimaks bereik. Die man agter haar pluk homself uit en sy voel die warm skoothale op haar rug.
Met haar tweede orgasme verloor sy alle beheer, toe die man in haar mond, haar skielik op haar rug platdruk en sy kom oor haar borste skiet. Sy klap haarself hardhandig tussen haar bene en kerm rukkend van genot.
Wat na ‘n ewigheid voel, word die blinddoek van haar oë verwyder en die katvrou bied vir haar ‘n klein handdoekie aan om haarself en die natkol onder haar droog te maak.
Lorraine staan in haar kombuis en kyk uit by die venster na die grys vibracrete muur. Sy hoor hoe haar man van die werk terug arriveer en die motorhuis se deur oopmaak. Sy skuif haar somersrokkie reg en stap om hom by die voordeur te ontmoet. Hy groet haar met ‘n piksoen op die wang. In die kombuis herhinner hy haar dat dit volgende maand hulle jaarlikse afsluitingsfunksie by die werk is. Mense word aangemoedig om aan te trek asof hulle na ‘n maskerbal gaan. “Ek dink jy moet vir jou een van daai katmaskers kry” sê hy…..