Seesout
deur Saffie
Sunel sit die strandsak neer en skop haar plakkies uit. Die klippies op Agraristrand voel warm onder haar voete. Die vlug van Athene na Mykonos was gelukkig kort en sy kon ‘n bietjie slaap ook op die vliegtuig. Die maande se uitsien na die somervakansie in die Griekse eilande het aangebreek en nie ‘n oomblik te vroeg nie. Dit was ‘n helse jaar. Haar werk by die beleggingsmakelaars raak meer stresvol en veeleisend by die dag. Sedert sy en Ewaldt twee jaar gelede uit mekaar is, het sy nog geen vakansie gehad nie.
Sy gooi haar ligte rokkie af, handdoek op die strandbed en maak die bostuk van haar bikini los. Die strand is nudiste vriendelik, maar sy wil darem net eers ‘n bietjie gewoond raak aan haar omgewing voor sy poedelnakend lê en sonbrand.
Die egskeiding met Ewaldt het diep sielkundige letsels gelaat. Sy het eers die afgelope paar maande weer begin uitgaan met mans. Sy ervaar dit as ‘n groot aanpassing om weer daardie hele spel te speel. Sy kan haarself in elk geval help op seksuele gebied. Sy mis egter ‘n man se aanraking. Die opwinding en voorspel van seks. En die meeste om weer heeltemal vrou te voel.
Na haar eerste swem, keer sy terug en stroop haar bikini af en gaan lê op haar rug. Die son steek skerp op haar vol borste. Sy voel ‘n tinteling in haar lende met die son wat bak op haar skaamlippies. Sy merk die man op die strandbed langs haar, maar probeer om nie openlik te staar nie. Sy naakte lyf is lank, donker en harig. Seker van Griekse afkoms, dink sy. Toe hy omdraai, sien sy uit die hoek van haar oog hoe sy manlikheid slap lê op die donker skrotum. Hy’s effens geset om sy middel, maar glad nie oorgewig nie. Die hande trek egter haar aandag. Dis groot hande en die are bult onder die olyfvel. Sy voel ‘n hol kol op haar maag. Dalk tyd om terug te gaan hotel toe.
Sy en Ewaldt het ‘n aktiewe sekslewe gehad. Dis waarom sy nooit kon verstaan waarom hy haar gelos het vir so ‘n vaal meisietjie nie. Sy staan onder die stort na haar hare gewas is en haar hand beweeg onwillekeurig tussen haar bene. Sy gly haar middelvinger oor haar klitoris en voel die heerlike sensasie op haar hele lyf. Toe sy haar oë toemaak en dink aan daai vreemdeling se hande, glip haar vinger diep in haar skede en sy begin hard masturbeer tot haar asem jaag. Sy’s ewe skielik totaal belusting, draai die stortkrane toe en gaan staan op die badkamervloer voor die spieël. Sy neem die langwerpige badolie bottel en kyk na haar eie beeld en druk dit so diep as sy kan in haar nat koekie. Haar klimaks is intens en feitlik onmiddellik.
Sy’s effens teleurgesteld toe die vreemdeling nie op die strand is die volgende dag nie. Sy swem, lees en WhatsApp ‘n paar van haar vriendinne en net voor middagete maak sy bietjie haar oë toe. ‘n Skaduwee oor haar gesig maak haar wakker. Haar oë neem ‘n tydjie om aan te pas by die skerp son. Sy’s effens verbaas om die vreemdeling te sien staan langs haar strandbed … en hy’s poedelnakend. “I’m Hesperos, my friends call me Peros” en daarmee steek hy sy hand uit en groet haar. Sy Engels is swak, maar sy kom agter hy’s van Athene en sy ouma het ‘n B & B op die eiland. Dis vir haar effens ongemaklik om so nakend te staan en praat met ‘n vreemde man. Terselfdertyd is dit wonderlik bevrydend en sexy.
Hulle gaan swem saam en keer terug na die standbeddens. Sy’s uitgehonger vir ‘n man se geselskap en hulle praat aanmekaar. Die feit dat hulle mekaar helfte van die tyd nie verstaan nie, maak nie saak nie. Hulle vul die leemtes met uitbundige lagbuie. Peros staar elke nou en dan openlik na haar voulikheid en sy voel hoe sy gloei in haar nek en wange. Hy bind sy sarong om sy middel, “come I show you nice beach, no people …” Sy trek net haar bikini en plakkies aan en volg hom met die voetpaadjie oor die rant. Dis bitter warm weg van die see in ‘n landskap wat haar herhinner aan die Karoo. Die strandjie is eintlik net ‘n klein inham in die ruwe rotse. Die sand is geel en sag onder haar voete. Hulle staan eers in die vlak water om af te koel.
Ewaldt het begin verander na ongeveer drie jaar van getroude lewe. Laat terug van sy gholfdae en altyd onder die invloed van drank. Die stryery en argumente het hewiger geword. Sy’t haarself begin onttrek en net op haar werk gekonsentreer. Vir periodes het dit weer goed gegaan, totdat sy ontdek het dat hy ‘n verhouding het met ‘n ou skoolvriendin. Dit was die begin van die einde.
Sunel word byna paniekerig toe Peros van sy lendekleed ontslae raak en haar in sy arms neem. Sy vind hom egter onweerstaanbaar. Die son, see, sand en sy vreemde stem trek haar aan en sy verloor die klein bietjie inhibisies wat sy nog oor gehad het. Sy boude voel glad en ferm onder haar hande. Hulle lippe ontmoet en sy proe die eerste keer sy nat seesoutsmaak en stoppelbaard. Hy trek haar bikini behendig van haar lyf af en sy sidder saggies met hulle naakte lywe teen mekaar.
Toe Peros voor haar kniel en haar een been oor sy skouer haak, verloor sy alle sin van plek en tyd. Sy tong is soos ‘n kool vuur in haar vroulikheid. Hy lek en suig haar gulsig tot haar bene bewe van lus. Die feit dat hulle buite in die oop lug is, maak haar oneindig opgewonde. Sy’s soos ‘n voël hoog in die lug wat afkyk na hul seksspel op die strandjie. Hy bied sy harde manlikheid vir haar aan en sy aanvaar dit gretig. Sy sluk die gladde sappe van sy kloppende horing en beide kerm saggies van genot.
Sy en Ewaldt se sekslewe het natuurlik getaan en tot stilstand gekom. Dis die groot pyn van alles. Iets wat eers so perfek was en toe totaal gebroke. Hoekom gebeur dit? Die enigste oplossing was ‘n egskeiding. Gelukkig was daar geen kinders nie, anders was dit soveel erger.
Sy’s op haar rug op die sarong en Peros tussen haar bene. Hy plaas sy groot hande in die waaie van haar bene en druk dit ver terug, dat haar knieë byna aan haar skouers raak. Haar skoongeskeerde vrouevrug sit oop en uitlokkend voor hom. Sy gee nie om nie. Sy’s ‘n teef op hitte. Onbeskaamd. Jags. Sy wil hom hê …
Hy druk sy skag tot teen sy lyf diep binne haar. Dit voel of hy haar hele ingewande vul. Die ritmiese pomp van sy heupe dryf haar tot naby ‘n afgrond. Peros prewel iets in Grieks. Sy hoor hoe woorde uit haar mond ontsnap, maar dis asof dit nie sy is wat praat nie: “… naai my harder asseblief …” Die pompery raak driftiger en die see se gedruis byna oorverdowend soos die adrenalien hulle sintuie verskerp.
Die son verblind haar byna, maar hulle kyk mekaar stip in die oë, terwyl hul koppeleer soos oerdiere. Sy sien ‘n byna hulpelose uitdrukking op sy gesig en toe voel sy hoe hy in haar lende klop soos hy sy saad uitspuit. ‘n Wind suis in haar ore en sy hoor net dofweg die sagte gekerm uit haar keel: “ … ek kom, ek kom, ek kom …”
Sunel staan onder die stort en was die seesout en sand van haar lyf. Sy kyk na die rooi, opgehewe knypmerk op haar linkerbors en sy glimlag breed. Môre moet sy onthou om ‘n bottel water saam te neem wanneer sy en Peros weer na hulle strandjie gaan.