Poplap stap die mooiste stap
deur Annie Kekkelbek
Vyf-en-twintig-duisend vroue wil vandag saam met my deur die strate van Centurion stap. So ek sal drastiese planne moet maak om nie tussen hulle almal weg te raak nie. ‘n Mens moet altyd aan sulke dinge dink, want 24 999 ander vroue is darem baie competition, doll. Ek sal seker moet maak dat my boyfriend naby my bly. Mens weet nooit wanneer sy hande dalk agter sy oë aan sal dwaal nie.
Dit is tyd vir my pienk leeuveltiertert t-shirt. Daai stywe ene.
Anyway, ek is mos nou nie eintlik die heavy oefen-tipe nie – ek is mos blessed met goeie genes – maar my een boyfriend sleep my saam na dié soort goed toe. Hy het gesê dis die mooiste race in die wêreld en dat ek dan mos daar hoort. Nou hoe sê mens nou nee vir so goeie argument?
Die SPAR Women’s Challenge 2014 se Pretoria byeenkoms word in en om Supersport Park gehou in tipiese boere-bourgeoisie styl. Alles is blou (25 000 t-shirts en die lug en ballonne) en Jakaranda-pers (die 7de Laan banner en tutu’s en die radiostasie se advertensieborde).
Dis nog lank voor die race begin en ek en my boyfriend mik eers na die stage toe waar ene Du Preez Theuns Jordaan moves gooi. Mense hang histeries oor die heining voor die verhoog om van die free waterbottels te kry wat uitgedeel word, maar ek kan sommer sien dis die verkeerde kleur vir my outfit. Ek gebruik die tyd om die mense om my uit te check.
Om my is vroue van alle kleure, vorms en ouderdomme, maar die organizers van die race het dit reggekry dat almal amper dieselfde lyk. Want t-shirts. Almal om my dra die amptelike Spar Women’s Race t-hemp wat net in een size uitgekom het – groot – wat beteken almal om my het dieselfde vorm- vormloos. Wat my laat smile. Want my tieties.
My eie boobs is nie diep onder ‘n blou lap weggesteek op die dag wanneer vroue se deugde nogal juis gevier en besing word nie. My boobs vier hulself deur fier en trots teen my t-hemp vooruit te beur – hulle doen dus presies wat van hulle verwag word. En hulle doen dit ten spyte daarvan dat hulle duidelik koud kry – dis waarom ek hulle soms my Racheltjies noem – dapper vroulike vegtertjies. 😉
Anyway, Du Preez channel nou vir Steve wat Neil Diamond channel en die mense vang wyd gees. Tannies met haelskade en dogtertjies met strikke en meisies met bellydans-lappe kap dit voor die verhoog uit. En dan net wanneer mens dink dinge kan nie cooler raak nie, styg die vlakke van awesome met honderd. Want 7de laan!
Binne ‘n oogwink staan die handtekening- ry amper om die pitch. Jinne jille! Dit was so fricken amazing! En niemand is eens mean met mekaar nie. Almal chat oor hulle fav actors terwyl hulle so nou en dan bietjie sommer so in die ry begin strek het vir die race (dit is after-all waarvoor ons hier is, doll). Ek is so op gewonde dat ek vir Dr. Quinton Meyer en oom Okkie gaan sien. Een boob vir elke handtekening …
Ek en my boyfriend wissel mekaar in die ry af. Hy is nou by die verhoog waar die Mevrou Suid-Afrika finalist vertel hoe hulle die wêreld ‘n beter plek gaan maak en dan gaan hy weer hier kom staan wanneer ek gaan Zumba. Ek weet nog nie mooi of my t-shirt, soos die ander girls s’n, genoeg plek het vir al die celebs om op te teken nie, maar ek sal ‘n plan maak.
Ek tune vir die vrou voor my dat ek dink daai oom Okkie nogal hot is vir sy ouderdom en sien sy kyk so skeef vir my. Ek dog eers dis oor my boobs, want meisies kan soms so nasty wees as hulle jealous is, maar toe hoor ek hoe sy vir die vrou langs haar vra of dit nou Binnelanders of 7de laan se mense daar voor is.
Eish doll, ek was maar bietjie rooi hoor! Toe lag ek maar so vir die wind asof ek net gegrap het, maar ek dink sy weet. Anyway, ek is mos maar ‘n halwe vol glas met ‘n goue randjie soort van meisie en toe fokus ek op die eintlike prys. Eintlik worry ek mos nie so erg oor die actors nie. Ek is ‘n brawn-meisie en daar is iemand anders wie se handtekening ek meer wil hê. Iemand wat helemal te tough is vir 7de Laan of Binneblêrrielanders ….
Ek is so bietjie uitasem en effens natgesweet wanneer ek net betyds weer my plek in die ry inneem. Ons het nou-net met Zumba opgewarm en ek het dit gerock, want ek gym mos, doll. Ons Zumba tweekeer per week saam met Martino. Hy sal so trots wees op my. Anyway, ek is nou drie mense van my hero af. Ek hoop hy sal van my t-shirt like, want dis amper soos die trui wat hy in gespeel het net voordat hy beseer is. En dit lyk anders as al die ander wat hy nog die hele oggend geteken het.
Ek lose dit amper wanneer ek voor Pierre Spies staan. Jissie, hy is so groot en lank en jissie, daai biceps. Jissie. Die pen waarmee hy op my hemp gaan skryf lyk so klein in sy hand en ek sien die spiere oor sy voorarm speel as sy hand al nader en nader beweeg aan waar ek vir hom gewys het hy moet teken … en die pen griffel so op teen my boob en oor my nippel en dan weer aan die anderkant af en wanneer hy klaar is kan hy sien hoe happy ek is om hom te sien 😉 .
Nou sleep my boyfriend my na die wegspringplek toe. Ag nee! Moet ek regtig gaan stap? Kan ek nie maar hier in die stadion vir hom wag nie? Hy lyk bietjie moerig as ek dit vir hom sê so toe sjarrap ek maar so bietjie al is hierdie race eintlik vir vroue en hoef ons vandag nie te sjarrap nie. So nou stap ek agter hom waar vroue op ander dae mos kamstig hoort en kyk na sy boudjies wat onder sy geel tutu uitsteek. Hulle hop so op en af in sy stywe ski-pants en ek is sommer lus om hulle te betas, maar ek hou myself in, want soms is ek mos feitlik ordentlik.
Hy vleg vir ons ‘n pad tussen die mense deur wat seker al ure hier by die wegspringplek moes staan om so ver voor te kan wees. Hier tussen die stappers wat opline sien ek nou ook so paar ander mans wat soos vroue aangetrek is. (Jy moet of ‘n vrou wees of soos ene aangetrek wees om te kan deelneem.) Ek verwonder my aan al die boobs wat ek nou skielik kan sien. In die vroue-race waar mens nie een regte boob sien nie omdat almal onder vormloosheid weggetreek word, is die enigste boobs op display die wat mans op hulle eie lywe gepraktiseer het. Weird. Daar is baie ballon-boobs en ook van daai plastiek boobs wat mens by costumeshops kry. Terwyl ek reg voor die wegspringplek gaan staan wonder ek hoekom mans so weird is. Hulle like boobs, bestudeer dit, vertroetel dit, drool daaroor, maar wanneer hulle die dag speel-speel boobs aan hulle lywe moet plak dan kan hulle dit nooit op die regte plek plak nie. Dis altyd hier hoog op hulle harige borskaste – so asof hulle so nou en dan dalk daaraan wil lek of iets. Nole.
Anyway, die kar voor my in die pad se horlosie staan op nul en daar is ‘n man met sy hand in die lug en dan klap die skoot. En skielik voel ek soos ‘n atleet. Skielik weet ek hierdie is die dag wanneer ek my innerlike sportvrou gaan ontdek. Ek sien al die headlines. Onbekende doll, maak marathon geskiedenis op debuut funrun. Adrenalien bruis soos ‘n orgasme deur my are. Ek skud die bangles om my regterarm so bietjie om vir die mense voor my te waarsku dat ek in hulle nekke gaan blaas, skuif my kuif onder my pet reg sodat ek nie helmet-hair sal hê op die foto wat op die voorblad gaan verskyn nie en grou in my sak vir my lip-ice. Nou waar is my … ?
Wanneer ek weer opkyk is daar omtrent miljoen mense voor my. Waar de hel kom hulle almal vandaan? Hoekom is hulle so flippen haastig – watter deel van fun en stap verstaan hulle nie?
Dit is twee ure later wanneer ek die wenstreep voor my sien. Ek gee nie meer om oor my lip-ice nie. Die koerante se moer. My boyfriend het al lankal vooruit gehardloop. Hy sê as hy stadiger beweeg gaan hy begin reverse. Sy moer ook. Ek worry nie. Al waaroor ek worry is dat Pierre se handtekening nie moet smudge nie, want ek sweet nou nie meer sexy nie. Ek sweet soos ‘n sog. Maar ‘n boere-doll maak mos ‘n plan. Ek het al die goed wat Spar vir ons gegee het uit die sak gegooi en die sak om my boobs gebind. Die handtekening is veilig. Sweet binne, Pierre buite. Als is fine. Die einde is tien tree ver. En ek kan dit doen. Want vrou.
So paar foudies van die dag se mense:
1 COMMENT
Lekker man, Lekker! Volgende jaar stap ek saam!