
Padkos
deur Whale
Ek kry die bekende tinteling in my ruggraat as ek die 911 GT3 RS se petrolpedaal tot teen die vloer trap en die snelbaan vat. Dit is een van die baie min lekker dinge van single wees met ‘n job wat jou die wêreld vol vat … geld, en baie geld daarby. Maar behalwe vir die Porsche en my vliegtuig is daar niks anders waaraan ek kan dink wat sê dat ek my geld geniet nie. Want die werk vereis dat ek as duiker meer onder die see is as by my huis in Plattekloof. En dis wat vir my die grootste irritasie is van my werk.
-0-
Die beskeie meenthuis van my vriend en sy meisie doem voor my op as ek deur die kompleks se hekke ry en links draai. Ek sien die rook van die vuur wat hy reeds aangesteek het oor die muur waai, hoor die kinders wat langsaan speel en verder af in die pad ‘n stoepkakker wat met sy gekef ook wil stem dik maak. En die geluide bring weer die hartseer van die verlies terug. Hoeveel aande het ek en Valma nie ook so by ons huisie gekuier saam met pelle nie. Tot sy op daai trip moes gaan en hulle vliegtuig in die see in gebliksem het. Ai … ek skud my kop vererg en liaseer weer die herinneringe van vier jaar terug diep in my geheue. Ek besef dadelik ek is overdressed as Elanie by die deur uitstorm in ‘n somerrok en kaalvoet. Haar reus van ‘n boyfriend volg kort op haar hakke. Ek voel ongemaklik in die jean en t-shirt wat ek aanhet, maar probeer om dit nie te wys nie en stap agter hulle in die koel huis in waar waaiers die Kaapse hitte uit die huis probeer dryf. Daarna volg die gewone ritueel van kry-‘n-bier-en-staan-by-die-vuur-en-kak-praat.
-0-
Na ete vra Elanie of ek nie iets gemaklikers wil aantrek nie. Divan se broeke behoort my te pas. Ek stem in en stap agter haar die gang af. Fokkit sy het mooi bene … en daai gatjie wat so parmantig teen die rokkie se agterkant wip maak dinge wakker wat ek tot dusver met moeite onderdruk het. Dit lyk of sy ‘n g-string aan het, en dit maak my nog jagser. Ek wonder hoe sy proe…
Sy hou die kortbroek na my toe uit, draai dan om as ek dit by haar vat en praat oor haar skouer dat ek net kan roep as dit nie pas nie. Ek knik, sluk droog. En wip-wip stamp haar boudjies weer teen die rokkie as sy by die deur uitstap. Ek is nie verbaas om te sien ek het ‘n volbloed horing as ek my jean aftrek nie, en wonder vir ‘n onbesonne oomblik of ek nie maar myself eers moet gaan service in die en suite badkamer nie. Ek besluit daarteen en trek die kortbroek aan. Dit pas, maar mens kan duidelik my horing sien. Ek besluit om maar my gesig te gaan afspoel in die badkamer en hoop dat dit my korrasie ook sal demp.
Die geluksgodin is egter orals behalwe aan my kant. Met die intrapslag sien ek die swart g-string op die grond langs die wasgoedmandjie, en nadat ek eers oor my skouer geloer het (what the fuck?) tel ek dit op en sien die tekens dat sy nat was toe sy die ding aangehad het. Dit is nog klam, ‘n aanduiding dat sy defintief vroeër nog hierdie ding aan haar lyf gehad het. Ek vryf liggies daaroor, en voel hoe my voël styf in my broek klop. Ek dink vlugtig daaraan dat ek nou besig is om kak aan te vang, maar kan om die dood nie ophou nie. Eers toe sy agter my praat besef ek hoeveel kak ek nou aangevang het, en ek draai yskoud om. Sy staan in die badkamerdeur, en haar oë rek effens toe sy sien waarmee ek besig is. Ek sien gehipnotiseerd hoe haar oë afsak en vol op my voël tot stilstand kom, weer effens rek en weer terugkeer na my gesig toe. Daar is ‘n glimlag om haar mondhoeke, maar ek vertrou die vrede nie. Vir ‘n paar sekondes wat soos ‘n ewigheid voel staan ons daar voordat sy so stadig nader stap dat ek dink ek verbeel my dit. Eers toe haar gesig byna teen myne is besef ek dis nie my verbeelding nie. Ek beweeg nie, te bang vir … wat? Ek weet nie, maar ek roer nie.
Ek sien nie haar hand afsak nie, eers toe sy veerlig aan my voël vat en ek onwillekeurig snak kom ek agter sy staan met haar hand op my voël en haar oë wat myne uitdaag. Ek sluk, sy sien dit.
“Hy het gaan Coke koop” antwoord sy die vraag wat ek nog in my kop probeer formuleer het.
“Try as jy wil” sê sy en ek weet nie hoe ek dit weet nie, maar ek weet wat sy bedoel. Ek steek my hand onder die somerrokkie in, tot teen die stoppels van ‘n koekie wat ‘n dag laas geskeer was. Ek snak … sy het nie ‘n panty aan nie! Sy glimlag skalks.
“Dit was vir later vanaand bedoel, maar nou is ook ‘n goeie tyd”. Ek weet weer wat sy bedoel, en wil wegtrek, maar sy klem skielik my voël so styf vas, ek dog sy wil my aanrand. Sy druk haar lippe teen myne, en forseer gulsig my lippe met haar tong oop voordat sy dit in my mond instoot en ek die heuning van haar lus op haar tong kan proe. Ek begin ontspan, en begin my tong in ritme met hare beweeg.
Ek kan om die dood nie onthou hoe dit gebeur het nie, maar toe ek my weer kom kry penetreer ek haar sopnat vroulikheid van agter terwyl sy met haar elmboë op die wasbak druk. Ek probeer uithou vir al wat ek werd is, maar voel die druk in my eiers bou. Haar poesie klem skielik om my skag, dan kreun sy hard terywl haar sappe uit haar stroom en teen haar bene afloop. Ek pluk uit en skiet my lading oor haar rug. Sy draai om, sak af en suig my voël so skielik en hard, my knieë knak en ek moet haar kop vasgryp. Sy suig en lek totdat dit voël ek het niks meer oor in my nie, staan op en vee oor haar mond.
“Nou weet ek ook hoe jy voel” glimlag sy en sy stap uit.
-0-
By die huis maak ek die klein koelsakkie wat sy gepak het oop. Onder die kosblik met braaivleis lê die swart g-string met ‘n briefie.
“Ek hoop julle kom sê hallo as jy terug is”. Die woorde ‘julle kom’ is onderstreep om die dubbelsinnigheid daarvan te beklemtoon. Fok! Ek klim more-oggend weer op die vliegtuig Ierland toe. Ek sug, vloek en gaan stort, haar sappe nog taai op my voël. Dan kom die trane.