
Onthou
(Hierdie was nog ‘n inskrywing vir Kombiekiehier se storiekompetisie. Onthou om vir die finaliste te gaan stem!)
deur Avanni
Ons ken mekaar al ‘n paar jaar en ons gesprekke was nog altyd vriendskaplik, maar vanaand het daar n ander toon ingesluip.
Jy het uitgevra, aangedring op my reaksie, wou my uitlok om te erken en vir eens was ek eerlik met myself.
Ons het mekaar leer ken deur ‘n webtuiste. Jy’t my genader oor sommige van my kommentaar op artikels en dit was die begin van ons vriendskap.
Jy was berese en belese met ongelooflike algemene kennis, dit het my asem weggeslaan dat een mens so baie oor soveel verskillende en uiteenlopende onderwerpe kon weet, nie skaam om oor jou ondervindinge te praat nie en ‘n ongelooflike sin vir humor.
Ek het jou insae gevra oor ‘n naweekontmoeting met ‘n “vreemdeling.” Ek het jou vertel van die onderklere wat ek gekoop het vir die ontmoeting. Jy’t aangedring om te sien en ek het dit uitgestal op die bed en afgeneem en gestuur, toe laat weet jy, jy wil weet hoe dit aan my lyk. Ek het dit aangetrek, afgeneem en aangestuur – enigste foto ooit van sy soort wat ek met jou gedeel het. Jou kommentaar was eerlik en opreg, wat ek baie waardeer het.
‘n Jaar na ons begin gesels het, laat weet jy dat jy in my omgewing gaan wees vir ‘n “expo” oor die naweek en dat ons mekaar vir koffie kan ontmoet op die lughawe, die Maandag op pad terug. Ek was uit my vel van opgewondenheid om hierdie ongelooflike mens te ontmoet.
Op die Saterdag torring my man dat ek moet saamgaan na die “expo.” Ek sou aanvanklik nie, maar die wete dat jy daar is en dat dit ‘n kwessie van raai, raai gaan wees, laat my opgewonde instem. Ons beweeg deur die uitstallings, luister na n aanbieding of twee, proe aan die wyn en ek koop n boek, wat ek laat teken, maar ek bly in die duister.
Teen drieuur die middag kry ek ‘n boodskap van jou wat vra of ek vandag by die “expo” was en ‘n boek gekoop het. Ek is stomgeslaan en wil weet hoe weet jy hoe ek lyk en jy sê dat jy my al op Facebook gaan soek het – sneaky! Ek kon nie glo dat iemand van jou aansien en statuur tyd sou maak om met iemand so eenvoudig soos ek ‘n vriendskap aan te knoop nie. Die koffie-afspraak het vlot verloop. Die ys was reeds gebreek en ek reeds betower deur jou persona.
‘n Jaar na daardie ontmoeting is jy weer in my omgewing vir ‘n liefdadigheidsfondsinsameling. Jy gee my die besonderhede en ons spreek af dat ek daar sal wees. Ek koop ‘n bottel wyn wat ek weet jy altyd oor skryf en ontmoet jou by die funksie. Jy loop hand aan hand met my tussen die mense. Stel my voor aan jou vriende en dis ongelooflik om jou te sien werk. Hoe gemaklik jy met die mense omgaan, hoe professioneel jy is en hoe gewild jy onder die mense is. Jy glimlag breed vir die bottel wyn. Teen drieuur begin die mense uitmekaar gaan en jy kom vra of ek by jou en jou vriende vir ‘n glas wyn sal aansluit by hulle huis? My hart skree ja, maar my verstand sê nee. Ek vertrou myself nie by jou nie en ek verskoon myself, nie voor ek met ‘n lieflike, talmende soen gegroet word nie.
Vanaand is die dimensie van ons gesels anders. Jy stuur vir my ‘n storie wat jy geskryf het en vra my wat ek daarvan dink. Dis nie die eerste keer nie, maar vanaand wil jy hê ek moet jou vertel hoe dit my laat voel. Watter emosies dit in my opwek, maak dit my lus?
Jy’s nie tevrede met ontwykende of halwe antwoorde nie en jy dring aan om te weet. Dan vertel jy my hoekom jy dit geskryf het, hoe dit jou aan my laat dink en watter uitwerking dit op jou het. Ek vertel jou hoe spyt ek is oor die wyndrink uitnodiging wat ek van die hand gewys het, omdat ek myself nie vertrou het nie. Jy vertel my hoe teleurgesteld jy was. In die storie vertel jy van die beplande ontmoeting, hoe dit sou verloop en wat jy vir en aan my wou doen en jy wil in besonderhede weet hoe ek daarop reageer.
Wel, jy’t my myself behoorlik laat vergryp. Badkamer was nou die enigste privaat plek.
Wou jou naels oor my vel voel en jou mond en tong … die handstort het my daarmee uitgehelp. Kon my verbeel dis jou tong op my klit – dit was hemels! My skoon aan die bewe gehad en wanneer ek die water oor my nippels en vel spuit, kon ek glo dis jou vingers.
Ek het in die warm water in die bad afgesak en die water my voel toevou en gedink aan jou arms om my.
Toe’t ek my hand tussen my bene ingesteek, my poesie omskulp met my hand, my bene weerskante op die bad se rand laat rus en my middel en wysvinger, diep in my opgedruk. Het gewens dit was jy en net die idee het my woes laat naai. Ek wou jou voel. Wou hê jy moet my opgebruik, my iets nuut leer – daar’s verseker baie en terwyl my vingers so fanaties tekere gaan het my hand net onder die pols heeltyd op my klit gedruk. Die was al hiper-sensitief van die handstort en die volgende oomblik toe bars die orgasme deur my lyf … alles het gegloei, gepols en geklop. Ek was lighoofdig en my hart het so tekere gegaan – in ‘n baie lang tyd dit nie so intens ervaar nie.”
Dit was asof jy by my was, ek jou asem, hitte, hande en lyf kon voel. Ek wou die stoute kyk in jou oë sien en daai lieflike lag om jou mond en ek weet jy’t gehou van wat ek jou vertel het.
Jy moet weet watter betowerende, magiese uitwerking jy op my het, vroue oor die algemeen, dink ek.
Jy’t my geleer om my lyf en my seksualiteit te geniet, te eksperimenteer. Jy’t gereeld “ingeloer” om te hoor hoe dit gaan en bietjie van jouself gedeel. Jy’t my selfvetroue herstel, my laat lag met al jou stuitighede en my bekend gestel aan ongekende passie en lus en jy het graag jou ondervindinge gedeel. Jy’t ‘n vuur in my aangesteek wat nooit weer geblus kan word nie en my aangespoor om elke dag voluit te leef, die lewe te oorrompel met my passie en elke geleentheid aan te gryp.
Jy’s onwrikbaar deel van my lewe en jou nalatenskap leef elke dag voort.
4 COMMENTS
Baie dankie vir julle terugvoer.
Waardeer dit opreg
Avanni whaw.
Hierdie storie wil ek glo is die waarheid?
Ek erken ‘n rou eerlikheid in jou woorde wat my saam met jou vat op ‘n reis van ontdekking en ontwaking maar ook hartseer.
Dankie vir ‘n besonders lekkerlees. Ek beskou myself as bevoorreg om vir ‘n baie ‘te’ kort rukkie deur jou oë in jou ‘siel’ te kon kyk. Wat ek sien hou ek van. Ek dink dat die man – wat ek as jou “Soul Mate” wil definieer baie gelukkig is om jou te ken en nie andersom nie.
Hou aan skryf asb.
Mooi en sensueel beskryf… n vrou het net n ander aanslag ne
Baie dankie!!
Hierdie storie van jou het my sommer hartseer gemaak, Avanni. xx