Ons verbintenis

Hoe lank gaan ek lees: 11 minute

deur Wille Will

(Taalversorging deur Lusman)

Ek en Dyna is nou al drie jaar saam. Ons deel ‘n woonstel in ‘n blok nie te ver van die middestad af nie, maar tog ook nie in die midde van Sodom nie – die misdaadsyfer is te hoog daar. Ons werk albei as makelaars by ‘n finansiële maatskappy.

Vanaand staan ons albei, langs mekaar, op ons 10de-verdieping-woonstel se balkon net toe dit skemer begin raak. Ons staar uit oor die stad en die liggies wat oral begin aangaan.

Ek dink al die hele dag aan die afgelope drie jaar. Dinge tussen ons het eienaardig begin – begin maar ook nie juis gevorder nie – toe ek nog in my eie woonstel gebly het en Dyna in haar meenthuis.

Dit het so begin: By die werk wissel ons een van die miljoeners in die maatskappy se portefeulje, mnr. Ace Mabuko, se lêer voortdurend tussen ons – sou daar ‘n “goue geleentheid” opduik. Op intuïsie het ek, nadat aandele in ‘n nuwe petroleummaatskappy, Fuel Force, skielik begin styg het, vir Dyna gevra om dit aan Ace voor te lê. Want ek moes Kuala Lumpur toe vlieg om ‘n transaksie te beklink.

Teen die tyd dat ek teruggekom het, het die belegging wat Dyna vir Ace gedoen het verdriedubbel. Met die massiewe kontantbonusse en die felisitasies van oral, het hy ons toe genooi om dit saam met hom te vier met ‘n viergangete by ‘n vyfsterhotel.

Die maaltyd was uiteraard hoogstaande, met wit tande wat tydens smulhappe tussen ons drie geflits is. Ongelukkig is Ace halfpad deur die ete dringend opgeroep om ‘n vlug Dubai toe te neem vir ‘n “klein krisissie van $100 000” wat daar opgeduik het. Hy het hom verskoon, maar ons versoek om die maal en drankies sonder hom te geniet en af te handel – en geen koste in ag te neem nie.

Laataand het ons die restaurant verlaat, maar tog besluit om ‘n laaste “sukses-dop” by Dyna se meenthuis te gaan drink. Ons wou ons geluk en welslae ten volle voltooi en afsluit.

Ek het Dyna tot op hierdie stadium nog nooit uit ‘n fisieke gesigspunt beskou nie. Ek het haar eerder vir haar skerp oordeelsvermoë en ondersteunende kollegiale bystand gewaardeer en bewonder. Ons was bewustelik ook hegte vriende.

Maar die gode het die wiel gedraai. Met die hulp van die drankies, wat ons inhibisies laat verslap het, en die euforie van die geldelike hupstoot en loopbaanvooruitsigte, het ons skielik, poedelnaak, saam op haar dubbelbed neergesak!

Dyna was slank – eintlik maer – met baie klein tietiejies en heupbene wat effens uitstaan. Alhoewel ek ‘n volborste-man is wat hou van sagte vashouplek aan die lyf, was die oomblik oorweldigend. Ek het my voël diep in haar poes ingestoot.

“Here, Wille, dit was dêm seer,” het sy geskree toe my voël die eindpunt bereik.

Ons het begin naai met geweld en spoed. Dit was asof ons uitgifte val op die aandelemark en ons dringend daaraan aandag moes gee! Haar benerige hande en vingers was oral oor my agterlyf en om my skouers. Soms was haar naels op pad ondertoe met my rugstring langs en haar hande dan uitspreidend om my boude. Een hand was selfs in my kuif en die ander in my holgleuf, asof sy ‘n vinger in my hol wou steek. Ek kon voel hoe haar maer, uitstaande heupbene seer klap teen my dye, maar ek wou net die eindpaal bereik! Ek het my handpalms onder haar skouerknoppe ingeskuif en haar lyf vaster teen my bors gedruk. Terselfdertyd het ek my onderlyf effens gelig, sodat my ingangshoek lekkerder is. Ek kon nie anders nie as om geleidelik harder in en uit haar te gaan.

“Kan ek in jou … kom-m …” hyg-skree ek wanneer ek my saad voel opstoot, reg om deur my penis gelanseer te word.

“Nee-e-e!” skree sy, “ek’s nie beskermd nie! … O God, ek kom, ek kom-m-m.”

Sy stoot my weg van haar lyf en ek pluk my groot lat met moeite uit haar uit. Maar sy’t geen beheer oor haar orgasme nie – haar onderlyf slaan nog steeds meedoënloos teen my bekken. Ek voel hoe my komstrale uitskiet tussen ons, ook oor my eie bene.

Na ons albei se klimaks het ek natgesweet op my maag langs haar neergeval met my gesig in die kussing. Here, wat was dit nou alles? flits dit deur my brein.

“Lig jouself bietjie op … asseblief. Ek wil net my arm onder jou lyf uittrek,” sê Dyna dringend.

Ek lê met leë gedagtes, gesig in die kussing en voel my hartklop terugkeer na normaal. Dan voel ek beweging aan die matras. Wanneer ek my hoof oplig en omkyk, sien ek Dyna van die bed af klim. Haar hand vryf oor haar koek waar haar haarstoppeltjies nat blink. Dan draai sy om en stap badkamer toe.

Ons was skielik ongemaklik stil nadat ek ook gaan stort het en ons ten volle geklee oorkant mekaar gaan sit het.

Ek roer my koffie voor my op die tafeltjie om en om met ‘n teelepel. Sonder om op te kyk sê ek: “Dit moes nie gebeur het nie.”

“Ek weet,” sê Dyna stram. “Gaan dit ons vriendskap belemmer?”

Ons oë lig tegelykertyd en ons staar na mekaar as ek antwoord: “Ek dink ons moet dit aanskryf as iets op ons pad saam, as ‘n dinamiese finansiële duo.”

Haar wimpers sluit haar oë vir ‘n sekonde. Maar dan kyk sy weer reguit in my oë as sy praat: “Jy’s reg Wille, ons moet konsentreer op ons “finance magic” wanneer ons saam is.”

***

Nou, drie jaar later, soos ons hier op die balkon van die woonstel staan, kan ek en Dyna terugkyk op ons finansiële sukses.

Die spanwerk tussen my en Dyna het die afgelope drie jaar van krag tot krag gegroei. Die maatskappy het ons die vryheid gegee om tuis te werk en net een keer ‘n week verslag te doen by die kantoor.

Na deurdagte samesprekings en met slegs besigheidsoorwegings in gedagte, het ek en Dyna ooreengekom om saam ‘n drieslaapkamer-woonstel te huur waarvan die derde slaapkamer as ‘n kantoor benut sou word. Ons sou koste bespaar en a.g.v. ons noue samewerking voortdurend ons vingers op die pols van ons kliënte se transaksies behou.

Die werksdruk het toegeneem en sommige dae het ons mekaar nie eers gesien nie, net ‘n deur hoor toeklap, badwater wat intap of ‘n toilet se na-roggel.

“Gaan jy uit of kan ons ‘n dop saam drink?” vra ek terwyl my oë steeds na die flikkerende liggies staar.

“Dit kan net lekker wees! So-o-o lanklaas!” lag Dyna, “Ek gaan net eers gou stort. Orraait met jou?”

Ek stoot haar vooruit wanneer ons terug in die woonstel instap en sy in haar suite in verdwyn.

Ek stap in my kamer in, trek my hemp uit en spuit bietjie eau-de-cologne onder my arms. Kykend in die spieël besluit ek om net my kortbroek aan te hou. Ek vee deur my hare en stap terug voorkamer toe en agter die kroegie in.

My gedagtes dwaal na die “een-maal-‘n-week” wat ek saam met ‘n paar pelle bymekaar kom en ’n paar doppe drink by ‘n privaat kroeg wat aan een van hulle behoort. Daar is ook dan en wan baie gesofistikeerde dames wat na ons ouens (en ons behoeftes!) omsien. Ek het al ‘n paar keer van hulle gebruik gemaak, maar jy moet daarop ingestel wees dat dit vir seks is en niks anders is nie.

“Dit hou die lus in toom en die loop skoon,” glimlag ek by myself terwyl ek twee sopies jenewer, een sopie vermoet en ‘n skeut suurlemoensap vermeng in ‘n lang glas gevul met ys. Dit was altyd Dyna se gunsteling. Ek skink vir myself ‘n Chivas Regal skoon, met net een blokkie ys om dit te verkoel.

Ek druk die afstandsbeheer van die stereostel. Billy Joel sing sy heimweë-ballade “Piano man”.

Ek hoor ‘n deur klik. As ek opkyk, kom Dyna na die kroegie gestap … nee, eerder geswééf!

Sy’s gegiet in ‘n pêrelkleurige satynjapon. Haar uit-die-stort-hare hang drooggekartel in groot krulle wat haar gesig omraam. ‘n Bypassende pêrelkleurige lipstiffie versier haar lippe. Die inham op die japon, tussen haar bene, maak sensuele skadu’s terwyl sy nader stap.

My mond hang seker oop, want toe sy by die toonbank kom sê sy, intiem, terwyl sy my wang met haar een hand streel: “Ag toe jy … jy’t al meer as dit van my gesien.” En dan, met ‘n laggie: “Of kan jy dit nie eers meer onthou nie?”

“Ja, fok … ek bedoel … sjit! Hier’s jou dop!” sê ek half verbouereerd en stoot haar glas oor die toonbank na haar. Ek lag ‘n bietjie geforseerd.

Sy leun met haar voorlyf op die kroegblad. Die japon gaan oop waar haar borste twee vol wit mane vertoon teen die oppervlak. Ek kan nie help om met lus te staar nie. Want my gedagtes roep twee tieties wat te klein was toe ek hul laas gesien het in herinnering.

“Ek sien verbasing op jou gesig, Wille?” murmel Dyna.

“Wel…e-ek onthou jou lyf effens anders … van die vorige keer waarna jy so pas verwys het,” sê ek half binnensmonds.

Sy lag van agter uit haar keel en neem ‘n sluk van haar drankie.

“Mmmm…heerlik!” smak sy haar lippe. “Jy’s die enigste ou wat ooit my dop 100% kon skink!” Sy buig weer vorentoe en neem haar twee buuste uit die japon en laat hulle op die toonbank rus.

Ek plaas my Chivas stadig neer. “Maar hoe?”

My oë is vasgenael op die wit globes met die fyn blou aartjies daaroor versprei en die dik wynrooi tepels wat op hul areolas erek aan die punte vertoon.

Ek’s bewus van my eie ereksie. Hy staan stokstyf in my kortbroek.

“Mag ek daaraan vat?” Ek wag nie vir ‘n antwoord nie en kielie die tepels aan die punte met my voorvingers.

Haar hande omsluit my polse. “Kyk vir my,” sê sy saggies, maar ferm. My oë ontmoet hare met vraagtekens.

Sy’t ‘n besliste trek om haar mond wanneer sy diep terugkyk en sê: “Dis nie plastiek nie.”

My tong lek oor my lippe wat skielik droog is. Ek kyk weer af na haar vingers om my gewrigte.

“Ek sal jou alles vertel, maar dan wil ek eers weet waarnatoe hierdie … mm … ons … kom ons noem dit maar “verhouding”, gaan lei – indien enigsins.”

Ek kyk weer op in die amper swart kykers.

“Dyna …” Ek sluk. “Ons kollaborasie as ‘n werkspan het geen gelyke nie en dit is omdat ons vriendskap en vertroue in mekaar rotsvas is.” Haar duime vryf oor my gewrigte asof sy my aanmoedig.

“Miskien fok ek dit alles nou op … maar dis soos ‘n drif in my om dit nou verder te vat as net vriendskap – amper asof ons dit aan mekaar verskuldig is.”

“Is jy gereed vir so ’n verbintenis?” Haar oë is vraend. Sy tel my twee arms op en plaas ‘n handpalm op elke bors. Sy hou haar hande stewig oor myne as sy vervolg met: “Dis nie net ‘n fisieke drif nie, maar ook ‘n geestelike genoegdoening uit dit wat ons mekaar kan gee en ontvang as enersdenkende mense. Dink jy nie so nie?”

“Ek glo so,” antwoord ek saggies en plaas my lippe oor haar pêrel mond en soen haar innig. Haar hande glip af van myne op haar borste en gaan om my nek. Ons tonge onderstreep ons opregtheid met lus soos hulle om mekaar knoop en suig.

Sy ruk haar hoof terug met ‘n snak na asem en sy gryp my hande van haar borste af as sy ferm sê: “Kom om hierdie kroeg.”

Haar hand los myne nie wanneer sy my met ons hande in die lug van agter die toonbank uit laat stap. Haar japon het heeltemal oopgeval en ek sien haar gladgeskeerde opgehewe doos wanneer ek amper teen haar is. Ons oë is vurig in mekaar voordat sy afkyk na my lende. Dan trek sy my aan die hand agter haar aan, in die rigting van haar kamer. Met ‘n groot glimlag lei sy my in haar kamer in.

Ek kyk af na myself wanneer ons by die voetenent van die bed tot stilstand kom. Ek bloos amper met ‘n stil laggie. My wa het in passie uit my kortbroek geworstel by die een broekspyp. Dit staan soos ‘n projektiel, gereed om gelanseer te word, in die lug!

“Soen my weer asseblief, Wille.”

Dyna trek my hande om haar lyf en plaas dit op haar boude. Haar mond gul weer oop vir my en ek drink die heuning van haar mond terwyl sy my gesig aan my wange weerskante met haar hande vashou. Ons altwee proe hierdie soen soos ‘n voorgereg by ‘n feesmaal. Ons lywe is styf teenmekaar.
Sy wil ‘n tree terug gee terwyl sy die japon oor haar skouers begin afstoot. Maar ek trek haar liggaam weer teen myne. Ek stroop dan die japon oor haar arms van haar lyf af, dat dit op die vloer val. My ereksie staan vertikaal teen haar maag op, vasgedruk, en ek kan voel die kop is baie nat en halfpad uit sy skede.

“Kom ons lê eers, toe,” sê sy saggies op na my gesig en druk aan my elmboë.

Sy gaan sit op die bed se sy-deken. My harde meneer wip op en af toe dit skielik los is, soos ‘n veer wat ontspan word. Sy neem dit in haar een hand terwyl sy hoër opskuif op die bed en haar rug laat sak. Ek skuif gedwonge op die bed op met my knieë tot tussen haar bene, wat soos ‘n skêr oopgemaak het.

Ek wil afbuk om my arms weerskante van haar lyf te plaas, maar haar ander handpalm wys ek moet wag. Sy begin my masturbeer. My vel gly soepel oor my stang. Ek voel die bloed daarin druis soos hy nog stywer word. Haar ander hand rus nou teen my bors en ek voel hoe sy met my borshare speel.
“Will … jy het ‘n baie mooi penis wat mens laat sidder van lus. Maar die vorige keer,” sug sy, “daai enigste keer … het dit my seergemaak.”

Haar hand skuif my voorvel nou met lang hale op en af. Genot vibreer deur my.

“Ek het toe nog nooit vantevore so ’n groot voël in my gehad nie, en miskien was ek nog nie nat genoeg gelube nie.”

Haar hand wat op my bors was val na benede, na haar poes toe. Ek sien hoe sy haar lippe oopskuif en met ‘n vinger haar klit begin bewerk.

“Ek wil hierdie keer net plesier ervaar. Dus kan jy solank doen wat jy wil, maar hou hom net terug tot ek vir jou sê om in te sit.”

Nog steeds op my knieë tussen haar bene, leun ek vorentoe. Ek neem haar hand van my penis af terwyl ek fluister: “As jy nie hiermee bietjie terughou nie, gaan my voël ontplof en dan is ek ‘n nul op ‘n kontrak vir ons liefdesessie.”

Nog steeds lêend op haar rug, skuif haar vingers skuif saggies op en af in my lies. Hulle raak-raak aan my balsak. Ek plaas my handpalms om haar middel met die duime na haar naeltjie gedraai. Met sagte drukkies skuif ek hulle op totdat hulle onder om haar borste vou. Ek skuif die ander vier vingers oor haar tiete en begin hulle ritmies knie.

Ek merk aan haar borskas dat sy vinniger begin asemhaal. As ek opkyk, is haar hoof sywaarts gedraai met die oë toe en ‘n tong wat net-net by haar oop mond uit en in gaan. Ek het nou, vorentoe leunend op my linkerarm langs haar, tot teen die kern tussen haar oop bene geskuif. Ek begin my balsak op en af skuif teen haar hand waarmee sy nog steeds met haar klit speel. My regop piel beur by die voue van haar doos. Ek trek effens terug en laat sak my onderlyf. Dan begin my onderlyf liggies beweeg. Ek raak ritmies aan haar buitelippe met my pielkop.

Haar hande kom vinnig op en sy gryp haar borste. Sy bied my die tepels aan met: “Suig hulle … asseblief, eet hulle!”

Met beide my linker- en my regterhand wat nou op die matras weerskante van haar druk en by bolyf stut, laat sak ek my kop. Ek neem die linkertepel in my mond en rol dit met my tong.

“Aa-a-a …” kreun sy. Dan ruk sy die bors weg en plaas die ander een in my mond. Ek wissel tussen die twee tiete – al hoe vinniger met suig-, knibbel- en lek-aksies.

“Jissus, dis lekker!” hyg Dyna. Haar hande klem om my hoof en help my om van bors tot bors te spring. Sy gee hyggeluidjies elke keer as ek een van die tepels byt.

Met my linkerhand my lyf steeds stuttend op die matras, plaas ek met my regterhand haar hande skielik op haar borste. Dan, met my twee hande weer langs haar op die bed, begin ek tussen die borste soen en lek. Ek volg ‘n paadjie af na haar maag toe, my lyf-ondersteunende hande versittend op die matras. My mond fluister oor die laaste vou van haar maag. Ek proe die begin van haar poesstoppeltjies. Ek lek met my tong heen en weer oor die stukkie vel net bokant haar gleuf se begin.

“For fuck’s sake!” kreun sy hard. Die volgende oomblik ruk haar hande my aan my hare en dwing my gesig vol in haar poes in! Haar muskusagtige feromeenreuk is skerp in my neusvleuels, soos swael by ‘n vulkaan wat enige oomblik gaan uitbars. My hande is skielik ook daar. Met my duime blaai ek haar buitelippe effens verder oop, maar hulle is reeds ontluik soos tulpblare.

Met net die tippie van my tong gly ek ‘n paar keer op en af oor haar nat gleuf. My tong wriemel plek-plek in die gleuf in.

“Wille! … W-i-l-le …” kreun sy skor, “ek k-k-kan nie meer nie!”

Die volgende oomblik is my coup de grâce. Ek omring haar klit ten volle met my mond en suig hard!

Haar gil weergalm deur die vertrek en haar hele liggaam gaan in spastiese rukslae in. Haar oë rol en sy byt haar lippe dat die bloed loop. Haar hande gryp waansinnig rond na ‘n anker. Ek trek my gesig weg van haar lyf, maar haar orgasme oorheers alles. Ek sien ‘n pisstraal wat uit haar koek spuit terwyl sy haar borste met albei hande gryp en heen en weer ruk. Haar hoof lig op. Dit buig met ‘n harde ruk oor na haar poes, so gewelddadig dat dit haar rugstring in die lug in opruk. Sy grynslag!

Dit voel vir my asof dit te erg gaan raak. Ek plaas my arms albei baie sterk om haar liggaam en druk haar teen my lyf vas dat sy bedaar. Sy rem nog aan my lyf met sterk rukslae.

Skielik is haar klimaks verby. Haar liggaam verslap. Sy bars uit in trane. Ek maak my bene oop en skuif hulle om haar liggaam asof dit ook troos bied. Dan druk ek haar hoof teen my bors en voel haar trane vrylik vloei, oor my lyf. Sy lê soos die bondeltjie van ‘n nuwe baba in my arms.

My hand vryf teer oor haar hare teen die kant van haar gesig.

“Ons verbintenis kan hiervandaan net groei tot volmaaktheid,” fluister ek in haar oor.

Ek besef dat my penis warm en nat in my lieste lê. Ek het ook weer gekom.

6 thoughts on “Ons verbintenis

  • Geriatrix, Jack en Safari Joe : Dankie vir die opbouende kritiek. Dit gee mens woema om ‘n volgende staaltjie aan te pak. “Cheers”

    Reply
  • Safari Joe

    Ek het jou storie nou werklik geniet, Will! Jou Afrikaans is so stylvol en elegant, en dit tesame met die opwindende inhoud – uitstekend! Baie dankie!

    Reply
  • Asof die storie vir my geskryf is. Maar ja, die tieties?

    Reply
  • Dankie Annelise vir die kompliment
    .Nee ek noem dit nie want sy’t maar met ‘n aanvullende dieet begin saam met isotopiese oefeninge en haar liggaam het begin uitsit en ‘n fikser, ander vorm aangeneem. ( ek praat kak maar laat dit maar as verduideliking dien….hahaha!) ………ek het dit seker maar misgekyk !

    Reply
  • annelisePost author

    Nice storie Will en dankie vir die versorging Lusman (welkom terug 🙂 ) .
    Ek weet net nie of ek dit heeltyd mislees nie, maar word daar ooit verduidelik waarom haar borste nou groot is en hoe dit moontlik is as dit ne plastiek is nie?

    Reply
    • Geriatrix

      Skerp soos ‘n potlood se punt!

      Reply

Leave a Reply to Safari Joe Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)