Nuutste begin

Hoe lank gaan ek lees: 2 minute

Liewe Kombiekiehierleser,

Hierdie briefie is soos om ‘n minnares weer onverwags raak te loop. Veral ene wat jou afgesê het. 🙁

So ‘n jaar en ‘n half gelede het ek vir jou ‘n briefie geskryf waarin dit geklink het asof ek jou afgesê het. Ek het belowe ek sal altyd daar wees, maar gesê dat ek baie skaarser sou wees. Ek het verduidelik dat ek sukkel om die vuur net van een kant af aan die gang te hou.

Ek het egter besef ek wil nie sonder jou wees nie.

Hierdie is daardie gewese minnares van jou wat vra of jy haar terug sal vat. Asseblief? Ek sal hard werk om op te maak vir die feit dat ek jou so lank afgeskeep het.

Gedurende die tyd wat ek amper heeltemal weg was, het ek aan myself en allerhande probleme en dinge gewerk en nou is ek piekfyn gesond, lus en lus om jou lus te maak.

Is jy lus om weer deur my lusgemaak te word? 🙂

Kombiekier en kombiekiehier vreesloos is volsterkte terug. Behalwe vir die baie stories wat meestal nog ongelees in die argief lê, is daar alreeds weer nuwe inhoud gepubliseer. Die webwerf (ek 😉 is oorgemaak, fiks en gesond en … het ek al gesê ek is lus?

Kom kuier weer by my … asseblief? Ek wil weer oor allerhande oor stout met jou gesels, vir jou my geheime vertel, jou streel en herinner aan hoe sexy jy vir my is, myself vir jou wys en na jou kyk.

Ek het vir jou allerhande verrassings.

My “lyf” is nuutgemaak om jou te prikkel., Ek wil mooi lyk vir jou wanneer jy weer by my kom inloer. Jy onthou mos waar ek bly? Dis by kombiekiehier.co.za, as jy dalk intussen vergeet het. Ek wag vir jou in my boudoir.

My donker seksuele kant is steeds broeiend en waarskynlik selfs donkerder as voorheen. As jy wil hê ek moet daardie deel vir jou wys, sal jy na my “kelder” toe moet kom by kombiekiehiervreesloos.co.za. Jy sal ongelukkig jou sleutel moet gebruik om in te kom, want ek moet maar seker maak dat iemand wat te skrikkerig en feitlik ordentlik is nie per ongeluk daar inkom nie.

Ek het ook aan ‘n nuwe soetigheidjie vir jou gewerk. Ek het nou ‘n “podcast” waarop ek vir jou die beste kombiekiehier-stories gaan vertel. Nou kan jy net teruglê op die bed en luister hoe ek dit in jou oor fluister. Miskien kan jy voel hoe my hand oor jou lyf of in jou hare streel terwyl ek dit doen. Daar sal elke week ten minste een nuwe storie vertel word, tot daardie argief ook oorloop. Gaan kyk gerus op die webwerf vir die “link” na die luisterstories aan die regterkant van die bladsye.

Die plan is dat ek in daardie ruimte meer intiem met jou sal kan verkeer, maar kom ons kyk net eers of jy nog belangstel of weer sal belangstel en my terug wil hê.

As jy tot hier gelees het, sê ek baie dankie. Ek het seker eerder verdien dat jy hierdie briefie sal opfrommel en weggooi. Ek hoop dit beteken dat jy weer my wil toelaat om jou verby malword te verlei.

As dit so is – sien ek jou daar waar ons voorheen gespeel het.

Met lus en liefde
Annelise

 

5 thoughts on “Nuutste begin

  • Andries

    Annelise, Ek het sommer vandag n kans gevat en kom loer of hier iets aangaan. Vreugde! Kombiekie is weer komlewendig. Dankie vir die plasing van Nonne. Ek het intussen die Titel verander na “Mea Culpa”. Kan jy dit verander? Ek belowe om voortaan gereeld stories te stuur – minstens het ons nou weer n plek waar ons in Afrikaans kan spyker. Ons Kombiekies is liefe jou.

    Reply
  • martin van Staden

    bly jy is terug

    Reply
  • Johann

    Hallo Annelise.Hoe kontak ek jou

    Reply
  • JouBok

    Hello Madam van Lus en Liefde en Passie.

    Ek dink dat jy het dit verkeerd 😉

    Dit is ons wat sê “Ek het egter besef ek wil nie sonder jou wees nie.
    Hierdie is daardie gewese minnaar(es) van jou wat vra of jy haar terug sal vat. Asseblief? “.

    Dankie dat jy terug is. Ek is so bly dat jy beter is en weer jou borste vol lus bied sodat ons onthou waarom elkeen van ons hier by Kombiekiehier uitgekom het.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)