Mymeringe van ‘n weduwee (5)

deur Wille Will

Lees vorige episode HIER

Maria tel weer die pen op en skraap die ander name op die lys. Sy sit en speel met die pen se knoppie terwyl sy weer nadink oor Van Beek, Willem … sy glimlag …”Will, dis gemakliker.”

Sy staan op en stap oor na een van die plante. Sy trek dooie blaartjies van die potplant wat staan by die venster wat op die agterplaas uitkyk. ‘n Beweging trek haar aandag buite en sy sien hoe Will ‘n groot doos voor sy kamerdeur neersit. Hy kom regop en vee sweet af van sy voorhoof en gaan sit dan op die doos. Hy is nou kaalvoet en hemploos, slegs ‘n bruin kuitbroek aan sy lyf. Sy bewonder sy natgeswete bo-lyf wat met soepel spiere nie ‘n greintjie vet vertoon nie. Hy vee sy twee hande deur sy kuif en staan op.

Sy kan ‘n bultende knop in die dun broek nie miskyk nie, net voor hy omdraai en in die kamer instap. Sy ferm boudjies laat haar innemend glimlag voordat hy buite sig is.

“Stadig, Maria, hy’s ‘n werknemer, ignoreer die duiwel se fluister in jou oor,” betig sy haarself en stap kombuis toe om bietjie tee te maak. Terwyl sy wag vir die ketel om kookpunt te bereik, onthou sy hoe sy daardie tyd nie die moed gehad het om haar Pa van Arí se skokkende besluit te vertel nie en slegs vir hom gesê het Arí wil hom sien toe sy vir hom tee gevat het slaapkamer toe, die oggend na haar laaste besoek aan Arí .

** Pani se week het hand-omkeer verander na haar Pa van Arí teruggekom het. Hy het vir haar ma en Dmitri vertel wat nou aangaan en dat hy baie trots op haar is. Haar ma het eenkant gestaan met haar een hand oor haar mond en bekommerde, seer oë waaruit die trane vrylik gevloei het terwyl die ander hand haar voorskoot se rand opfrommel.

Dmitri het haar warm teen sy eie lyf vasgedruk en gesê: “Baie geluk ek hoop jy sal gelukkig wees.” Maar sy stem was effe skôr en het gebewe asof hy nie seker daarvan was nie.

Die reëlings het holderstebolder plaasgevind en met die aanbreek van die volgende Saterdag het ‘n priester hul huwelik volbring en bevestig op Arì se seiljag wat altyd in Lesvos se kaai vasgemeer is wanneer hy daar is.

Maria Stavros was nou amptelik Maria Panayotta Chemédes. Met die laaste afskeid voor die boot op ‘n onbestemde reis sou vertrek , het haar Pa ‘n verweerde seilsak in haar hande gestop en haar teen sy bors vasgedruk.

“Gebruik jou weeklikse geldjies waarvoor jy so hard gewerk het, vir iets spesiaal.” Sy oë het nat geblink toe hy omdraai en van die boot afstap na haar Ma wat met rukkende skouers en neergeslane hoof in die waai van Dmitri se een arm op die kaai gestaan het. Dmitri het huiwerig met sy ander hand vir haar gewaai.

** Die ketel fluit en sy maak vir haarself bietjie aromatiese tee. Op die ingewing van die oomblik maak sy die kombuis venster oop en roep: “Will! Kom drink bietjie tee.”

Hy kom ingestap en daar is nou ‘n vuil streep dwars oor sy kaal bors. “Sorry dat ek só lyk, maar ek’t so bietjie gesukkel met iets, maar dis nou gefix.” Hy glimlag onder die deurmekaar kuif en die fel bloues kreukel saam. Sy kan haar nie voorstel dat hy so netjies en skoon tydens die onderhoud was nie!
Sy glimlag net en gee sy tee vir hom aan. “Dis aromatiese tee, ek het dus niks bygevoeg nie.”

“Ek is mal daaroor, dankie, dit sal goed afgaan.” Sy oë soek weer diep in hare, maar sy kyk weg en tel haar eie koppie op en sê: “As jy wil, kom klim in my Jacuzzi wanneer jy klaar is dan kan jy jou liggaam bietjie ontspan.”

“Dankie, dis ‘n goeie voorstel. Ek is amper klaar. Ek sal klop by die agterdeur. Sal dit u nie verontrief nie?”

“Nee ek gaan bietjie rus in my kamer. Stap sommer net by die gang af en net na die toiletdeur sal jy die bad op jou regterkant sien.” Sy draai om en loop uit.

In haar kamer het sy haar klere alles uitgetrek en net in haar kant geborduurde broekie op haar hemelbed gaan lê met die dakwaaier wat saggies “whir”teen die plafon. Sy moes weggesluimer het, want sy skrik wakker toe sy ‘n gespat in die borrelbad hoor wat ook aangrensend aan haar kamer is met ‘n glas skuifdeur wat toegang daartoe bied.

Sy stap oor die volvloermat en loer versigtig deur die blinders voor die glas-deur. Will moes seker sopas weer in die bad geklim het, want met sy rug na haar sien sy net die blink, nat gespierde skouers as hy afsak en weer in die Jacuzzi gaan sit en half agteroor lê. Sy voel lus om by hom aan te sluit, maar besluit daarteen. “Sy moet die afstand behou, mnr. duiwel!” Sy glimlag, maar stap ook nie weg van die blinders nie.

Hy staan skielik op en vee met sy hande oor sy nat hare. Sy besef hy is poedelkaal wanneer sy nou daardie oulike boude in die vlees sien. Sy is so vasgenael dat sy nie eers besef dat haar een hand nou met haar een bors se stywe tepel speel nie.

Dan draai hy om asof hy wil uitklim. Haar oë vergroot en sy trek haar asem in wanneer sy vir die eerste keer in haar lewe ‘n onbesnyde péos(penis) sien! Dit is effe verkrimp van die water met ‘n opgefrommelde huid aan die punt, maar dit hang nogtans soos ‘n dik salami tussen sy fris bo-bene en sy skat dit so agt sentimeter lank!

Sy voel pyn en besef dat sy haar tepel nou hard knyp. Sy onthou hoe sy graag “nou ‘n man by haar sou wou hê” v’more langs die swembad. Dit voel asof ‘n vuur begin opvlam in haar onderlyf. Sy koepel haar mons en skuif die glasdeur seepglad halfpad oop en met een tiet wat onbewustelik uithang en wys, leun sy uit van agter die blinders en sê hard na sy kant toe: “Het jou liggaam nou al bietjie ontspan, meneer?” Haar vingers gly in haar koek in agter die blinders en sy begin haar klitteraar ritmies vrywe.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

4 thoughts on “Mymeringe van ‘n weduwee (5)

  • Avatar
    Jan 4, 2019 at 7:44 pm
    Permalink

    Briljant geskryf Will….ek geniet die weduwee…

    Reply
  • Avatar
    Jan 4, 2019 at 1:03 pm
    Permalink

    Will jys nou erger as die SABC. Knip die storie op die beste tyd. Moenie ons so martel nie asb.

    Reply
  • Avatar
    Jan 4, 2019 at 6:58 am
    Permalink

    Hahahah ja…. hier kom n lekker ding!

    Reply
  • Avatar
    Jan 3, 2019 at 3:47 pm
    Permalink

    O fok kannie wag vir die genaaierey nie!!

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)