
My Beminde
deur Uther Pendragon
Ek het haar die eerste keer gesien toe ek by die plaas opgedaag het. Die skoonheid van die meisie het my heeltemal van my verskriklike dors laat vergeet. Sy het by die put gesit en haar lang swart hare gekam. Sy het haar sygladde hare met haar fyn hand agtertoe gevee en twee groot bruin oë het my aangestaar. My fokus is deur die jillende warboel kinders en jong mense wat my omring het onderbreek.
Ek het myself aan die vader van die familie voorgestel en hy het aangedring dat ek hom as Oom moet aanspreek. Nadat hy my lank na my familie uitgevra het, het hy my rondgewys en aan die verskillende familielede voorgestel. Almal het my verwelkom en ek het vinnig tuisgevoel. Die familie is net so gulhartig as wat dit groot is en by hulle het ek toe huisvesting, kos en werk gekry.
Sy dogters was opgeskote en ongetroud. Hy het my ook aan hulle voorgestel. Die ouer dogter is vet en het donkerrooi krulhare en groen oë. Maar ek kan nie my oë van die jonger dogter – die een wat ek by die put gesien het – wegskeur nie. Haar swart hare hang soos ‘n sygordyn oor haar skouers en halfpad teen haar smal rug af. Ek drink elke beweging van haar in. Haar slanke lyf beweeg grasieus soos dié van ‘n bokkie wat versigtig na die water toe stap om te drink. Haar oë is donkerbruin poele waarin ek wil verdrink. Ek hoor net die musiek van haar stem sonder om te verstaan wat sy sê. Ek sien hoe haar lippe beweeg en dan hoe die hoeke van haar lippe in ‘n glimlag trek en die laaste woorde van die sin dring tot my deur: ”… lyk vir my bra na ‘n stommerik.”
Die Oom slaan sy arm om my skouers en soos ons wegstap sê hy: ”Die oudste is die deuglikste jong vrou wat jy ooit sal ontmoet – sy kan net so hard soos enige man werk, sy is wonderlik met die kindertjies, sy is ‘n verpleegster, ‘n trooster, ‘n versorger, maar sy is ook daarby een van die beste kokke in die gebied – vra maar vir enigeen wat jy raakloop. My jongste dogter hou nie juis van kinders, kook of huiswerk nie. Sy gril ook vir diere dus is sy nie regtig geskik vir die plaas nie en daarom dink ek dat sy sal beter deug as ‘n stadsmens. Daar sal sy sommer naby die opwinding, baie mense en winkels wees, want dinge verveel haar maar hier en sy hou van vermaak en om nuwe goed te koop.” En toe sê hy iets wat my in ‘n baie donker luim stel en my met ‘n besete wil vul om vooruit te kom: “Ek dink ek sal ‘n ryk man vir haar in die hande kan kry, want soos jy kan sien is sy beeldskoon.”
Ek sit op ‘n hoogtetjie in die skaduwee van ‘n rots en kyk oor die vlakte waar die bokke tussen die bossies wei. Die warm bries verander die sweet op my lyf in salpeter-poeier. Dis ‘n nederige werk dié, maar dis nie te veel om te betaal in ruil vir ‘n veilige hawe en water en kos daarby nie. Dan is daar natuurlik die swartkop – vir haar sal ek enige beproewing deurstaan. Hulle ma’s verskil net soveel van mekaar as hul dogters – die een is groot en vet met rooi hare en die ander is fyn en skraal met swart hare met amper onsigbare lyntjies grys daartussen. En dan word my gedagtes gevul met beelde van die donkerkopmeisie.
***
Ek is so dors. Na drie dae in die wildernis keer ek terug huis toe. Die tog was onsuksesvol – daar was eenvoudig geen wild om te skiet nie. Telkemale word ek daaraan herinner dat ek nie my broer is nie. Hy is in elke opsig my meerdere, dink ek wrokkig. Ek het gister laas water by ‘n brakkerige fonteintjie gedrink. Alles is ‘n waas voor my en ek kan beswaarlik fokus. My tong skuur oor my droë lippe. Ek word bewus van ‘n stem, ‘n besorgde stem nog voor ek die rooi krulle sien of die hand op my skouer voel.
“Hier, drink dit.”
Ek is te swak om die kalbas na my mond te bring, maar sy hou dit op vir my en die koel lafenis vul my mond en stroom oor my ken en borskas soos ek gulsig sluk. Ek steun op haar en sy help my na die koel skadus van die nedersetting. In die verbygaan sien ek in ‘n waas my Beminde se gesig deur die gaping van ‘n gordyn na my loer.
Dit vat ‘n paar dae om die hitte en die dors uit my liggaam te verdryf. Nou en dan word ek uit my beswyming wakker wanneer iemand my lyf, nek, gesig en voorkop met ‘n nat lap afvee. Ek kom agter ek lê nakend in ‘n tent met die flappe opgelig sodat die bries kan deurwaai sodat die klammigheid van my vel verdamp. Nou en dan voel ek die sagte arms my kop oplig en dan maak ek my mond oop sodat die water uit die beker kan inloop. Mettertyd verdwyn die hoofpyn en kan ek weer regop sit en die wêreld om my aanskou en aan die ironieë van die lewe dink.
Die suster jaag die kinders gemaak-kwaai uit die kookskerm en sit ‘n pot stomende skaapbredie op die mat voor my neer. Ek is honger en skep gulsig uit die pot – die vleis was eers gemarineer en toe lank gestowe. Ek word eers bewus van haar toe ek die laaste sous in die pot met die laaste kors van die varsgebakte brood opvee. Sy staan daar en kyk met ‘n gemoedelike glimlag na my.
“Dankie vir die kos,” mompel ek met ‘n vol mond. Sy staan nog vir ‘n rukkie asof sy wag vir iets om te gebeur, of vir my om nog iets te sê, dus vra ek maar vir wyn. Sy gaan haal vir my.
***
Die dae is lank en warm. Mens bly maar altyd besig op die plaas maar dinge raak eentonig en vervelig. Ek vind enige verskoning om my Beminde te sien en met haar te gesels. Haar antwoorde is altyd respekvol, maar sy het nooit tyd om lank te gesels nie, sy is eenvoudig net te besig. Een keer het ek haar op die mat sien sit terwyl sy besig was om die wol vir haar weefwerk uit te sorteer. Haar rok was om haar heupe en haar slanke wit bene met die smal enkels en delikate voetjies was weerskante van die hoop wol oopgesper. Ek het bloot kon staar totdat sy van my teenwoordigheid bewus geraak het en dadelik haar rok oor haar bene getrek het. Sy is seker maar skaam of nie baie spraaksaam nie, want ek doen meeste van die werk en klets oor ditjies en datjies terwyl sy net nou en dan iets beaam.
Die eentonigheid word jaarliks onderbreek deur die Oesfees. Dan kom families van heinde en ver by mekaar aan om fees te vier. Hierdie jaar is dit die Oom-hulle se beurt. Daar is tente en staanplekke reggemaak vir almal. Daar gaan goed feesgevier word vanaand – ek kan sien hoe die vrouens werskaf in die kookskerms, diere word geslag en skoongemaak, brode word gebak, potte word heen-en-weer gedra. Selfs die wynkruike word uitgehaal en in die skadu met die punte in die sand staangemaak en met water natgegooi sodat dit kan afkoel. Oral klink die geroesemoes van stemme op.
Die vure word aangesteek toe die blou aandlug die hemelruim verdonker. Vure word aangesteek en die vonke van die vlamme skiet op tussen die sterre in. My Beminde kom uitgestap – sy het haar mooiste klere aan – die rokke vloei om haar soos wind wat oor ‘n koringland swiep. Sy gaan staan en gesels met haar neefs en niggies en ek kan sien hoe sy oopmond lag vir hulle kwinkslae. Alhoewel ek naby hulle gaan staan word die kring nie vir my oopgemaak nie. Sy is so besig om te gesels dat sy vergeet om my voor te stel. Ek gaan maar help in die kombuis – dit kan ek darem doen.
***
Saans, in die maande na die oestyd, hou ek my met houtwerk besig. Ek wil graag hê dat die mense moet sien dat ek vir meer deug as bloot net boerdery. Die stoeltjie wat vir die bok-melkery gebruik word was oud en het gebreek en ek maak dit nou reg. Groen oë kyk dankbaar na die stoeltjie toe ek dit vir haar aangee en sy sê sag: “Baie dankie – dit gaan baie help.”
My aandag word afgetrek deur iemand wat my arm gryp – en my hart spring toe ek sien wie dit is – dis my Beminde! Die tingeling sprei deur my arm tot in my lendene. Sy staan dig teen my en ek voel haar warm lyfie teen my.
Sy vra met groot bruin oë: “Wanneer maak jy vir my dan iets?”
Ek vra: “Wat wil jy graag hê?”, terwyl ek eintlik wil uitroep: “Ek sal vir jou enigiets gee – die son, maan en sterre – selfs my lewe as jy dit vra.”
“Maak vir my ‘n kis met ‘n deksel,” vra sy.
“Ek sal,” beloof ek.
Ek werk vir maande aan die kis, want dit is moeilik om hout in die hande te kry. Die hout wat ek kon optel was of verrot, of het termiete of houtboorders ingehad. Ek moes ‘n boom vind om af te kap, ek moes planke saag en met ‘n dissel afwerk en dit toe laat droogword voor ek eens dit aanmekaar kon sit. En dit het nie maklik gegaan nie – die dissel het van ‘n kwas afgespring en my in die skeen getref – gelukkig net skrams anders was my voet af.
Ek swets en druk ‘n lap op die spuitende wond. Ek roep vir hulp en mense kom aangehardloop.
“Hou die drukking op, ek gaan haal verbande,” hoor ek iemand sê.
Ek kyk op na die kring gesigte en sien my Beminde tussen almal. Sy draai om en ek hoor: “Bloed maak my naar.”
Ek lê agteroor en kort daarna voel hoe sagte hande met bekwame vingers die bloed afvee en koel water oor my wond spoel. Ek sit regop en sien hoe my wond sekuur verbind word. Sy vee die sweet en die rooi krulle wat daaraan vasplak van haar voorkop weg en sê: “Jy sal vir ten minstens twee weke nie kan loop nie.” Toe ek protesteer hou sy my hand vas en sê: “Jy moet kies – of twee weke in die bed, of sonder ‘n voet, of dalk erger. Maar moenie jou daaroor bekommer nie – ek sal vir jou sorg.”
En inderdaad – ek kon nooit kla oor die versorging nie – elke dag was my wond skoongemaak en weer verbind. Ek was ook elke dag trommelik gevoer met allerlei kosse en spesiale bederfies. Ek het dit nogal geniet terwyl ek daar teen die opgeplompte kussings gesit het en die sypanele van die kis gekerf het.
Uiteindelik is die kis klaar en ek bekyk dit in die lamplig. Dit glim goud-geel van die byewas, terpentyn en oliemengsel wat ek daaraan gesmeer en daarna opgepoets het. Ek het die kante gekerf met allerlei patrone. Ek tel dit op en sleepdra dit na haar. Sy kyk op toe ek inkom en sê: “Dankie, sit dit maar daar neer” en beduie na die hoek van haar slaaparea.
Ek wil nog langer bly, met haar praat en net ‘n glimmer van wederkerige aangetrokkendheid in haar woorde, stemtoon of gebare waarneem. Maar sy het reeds van my weggedraai en met haar weefwerk voortgegaan. Sy is so mooi my hart wil skeur – ek wil net aan haar raak – ek wil net haar aanraking voel.
***
Saans gaan ek vroeg bed toe, maar ek gaan nie dadelik slaap nie. Ek maak die lig dood en trek dan die behangsel wat my slaaparea van die ander skei op ‘n skrefie oop sodat niemand dit raaksien nie en dan loer ek na my Dierbaarste se plek. Ek staar deur die skrefie totdat ek die gloed van die lamp ‘n paar treë weg tussen die behangsels rondom haar slaaparea kan sien skyn. Ek voel hoe my hart in my keel begin klop – ek wil graag net weer een keer haar sien ontkleë of was soos daardie keer. Maar elke keer word my hoop in die as geslaan as die lig afgaan en alles in donker gehul word. Nou is nog net ek en die huilende jakkalse wakker.
Een oggend gaan ek na die spruitjie ‘n ent van die nedersetting – daar waar ons die vee laat water drink. Dit is ook waar die vrouens wasgoed was. Ek sien haar eers raak toe ek in die laagtetjie kom. Die wasgoedbondel staan opgestapel langs haar terwyl sy op haar knieë langs die stroompie klere was. Ek sien haar rok voor oopgaap en ek kan van die kant haar groot swaar borste sien soos hulle heen en weer swaai en skud terwyl sy skrop. Ek stap deur die stroompie om voor haar te kom om behoorlik te kan sien. Sy word bewus van my nabyheid en kyk op, sy vee ‘n sliert rooi hare uit haar oë en kyk na my en groet vriendelik. Dan buk sy weer vooroor terwyl ‘n blos oor haar nek en bors sprei. Sy bedek haarself nie en ek kan haar borste tot by haar groot bruin tepels sien soos haar hals oopgaap. Sy gaan weer met mening aan met die wassery en ek verbeel my nog meer driftig as tevore sodat haar borste erg skud. Ek word uit my gedagtegang gewek deur ‘n stem – dis die stem van my Beminde!
“Wat staan jy so rond en ginnegaap? Almal is reeds besig met hulle dagtake, maar jy nie! Die bokke wag vir jou bokwagter!” Ek mompel iets en loop om my dagtaak te verrig. Natuurlik is sy reg.
Maar my geduld het tog vrugte afgewerp! Daardie aand lê ek soos gewoonlik in die donker op my bed met my gesig na die smal gaping in my behangsel gekeer. Ek sien die lig van haar lantern haar slaapkwartier van binne verlig soos sy ingaan. En toe gebeur dit! Sy druk per ongeluk die behangsel opsy toe sy afbuk om iets op te tel en daar is ‘n groot gleuf van sowat twee span wat oopsper. Ek kan haar nou sien soos sy nou en dan verby die gaping beweeg terwyl sy vir slaaptyd voorberei. Elke keer is sy naakter as die vorige keer. Eers verwyder sy haar bo-jurk en nou sien ek haar met haar wit onderrok rondloop. Die lamplig skyn deur die dun onderrok en ek voel hoe my roede verstyf toe ek die silhoeët van haar slanke lyf deur dit sien. Ek begin om myself te vryf terwyl ek na die wonderlikste wese op aarde staar. En dan trek sy die onderrok oor haar kop en ek sien haar pragtige bene ontbloot word en dan die kurwe van haar bo-bene en dan waar die sagtheid van haar dye bymekaar kom sien ek selfs die donsies wat haar geheime plekkie bedek! Ek vryf myself nou hard en toe die rosyntjie-grote tepeljies op die gepunte stywe borsies verskyn toe kon ek dit nie meer inhou nie – hortend skiet ek my saad op die grond met een wete – ek moet haar hê!
Ek is permanent so jags dat ek kan doodgaan. Om vir jare lank net te masturbeer is nie ‘n grap nie. My Beminde was elke keer saam met my in my gedagtes. In die nag wanneer ek alleen is en ek aan haar dink word ek styf en dan moet ek masturbeer. Ek onthou dan elke detail wat ek sorgvuldig in my herinneringe bewaar het – haar lyfie, haar borsies, haar tepeltjies, haar ferm boudjies, haar donsige skaamhaartjies en dit maak my mal van wellus. Dis daar, maar net buite my bereik en ek moet dit hê.
***
“Maar Oom, ek is lief vir haar – ek sal goed na haar kyk.”
“Jonge man – jy is darem voor op die wa. Jy is ‘n vreemdeling in hierdie land en jy kan op niks aandring nie.”
“Maar Oom weet hoe hard ek hier op die plaas werk – sê maar hoe lank ek vir haar moet werk.”
“Goed Neef – hier is my aanbod dan: ek gee toe jy is ‘n knap jong man en jy werk nou al jare vir my. Jy het al jou eie kudde vee opgebou en ek is seker jy sal goed vir my dogter kan sorg, maar ek is bevrees ek gaan jou nie toestemming gee om met haar te trou nie.”
“Maar Oom, waarom nie?”
“Haar suster is ouer en dit is belangrik dat sy so gou moontlik ‘n man moet kry voor haar beste jare verby is.”
“Maar Oom, ek is nie lief vir haar nie …”
“Mense trou nie omdat hulle lief is vir mekaar nie – waar kom jy daaraan? Daar moet kinders wees anders verloor ons als waarvoor ons so lank en hard gewerk het. Sy is ‘n goeie meisie en het nog nooit ‘n man gehad nie. Sy is fluks en sy kan kook, bak en sal mooi na jou kinders kan kyk.”
***
Die seremonie is afgehandel en almal is dronk van die wyn en dikgeëet. My bruid wag op die groot troubed wat met groot sorg voorberei is. Traag loop ek daarheen.
Die rolle van haar pienk lyf glim in die lamplig. Sy is sag en haar arms gaan oop vir my. Sy ruik na anys en jasmyn. Sy beduie vir my dat ek my op die beddegoed langs haar moet neervlei. Ek lê daar uitgestrek in die soel aandlug, my kop lig van die wyn. Sy sit langs my en streel my lyf met haar warm hande. Ek voel haar mond op my orgaan – dit is warm, nat en baie lekker en ek word styf. Ek voel haar asem op my gesig toe sy prewel: “Ek is joune, ek gee myself gewillig aan jou.”
Sy rol op haar rug en haar groot borste hang swaar kant toe. Die donkerbruin tepels is soos dik gerimpelde pruimedante saamgetrek. Haar vet bene sprei oop en ek sien die swart bos kroes hare pers-rooi en vlesig oopspleet. Die see-stank oorweldig die anys en jasmyn. Haar plomp arms trek my na haar toe en sy soen my met haar vol lippe oral oor my kop. Ek voel die nattigheid van haar soene en op die dik lippe wat uit haar spleet peul. Maar my gedagtes is elders en ek voel hoe my orgaan opbeur in haar warm binneste in. My roede beur teen haar maagdevlies en dié skeur met ‘n snak van haar asem. Sy kerm sag terwyl ek diep in haar nat warmte indruk.
Ek pomp haar sagte lyf en ek sluit my oë om haar haar swetende blosende gesig en vol lippe en groot skuddende tiete met hulle dik tepels uit my gedagtes te sny. Ek probeer om die sagte warm dye wat my vasklem te ignoreer, die sagte warm hande wat my rug en skouers streel te ignoreer, die hygende asem te ignoreer terwyl beelde van stywe borsies met klein tepeltjies, donshaartjies, slanke bene en stywe boudjies deur my kop flits. Die vuur bruis deur my en ‘n weerligstraal flits deur my brein, my rug tot in my orgaan wat nou wild spuit. Ek krys ek een woord uit – die naam van my Beminde.
Toe ek uitrek en wegtrek sien ek die trane wat oor haar ronde wange biggel. Woordeloos draai ek my rug op haar. Wat verwag sy van my? My naam is na als Bedrieër.
* Bygaande beeld: Egon Schiele, 1911. Swarthaar meisie met opgeligte rok.
3 COMMENTS
Uther, weereens manjifiek ou maat.
Annelise dit is uiters aangenaam om weer iets van Uther te lees, ek’s ook ‘n groot aanhanger!
Hy stel soos gewoonlik nie teleur nie.
Meesleurende storie!
Fantastiese storie deur een van my gunsteling Kombiekiehier Vreesloo skrywers. Ek is so bly jy het weer kans gekry om te skryf, Uther. 🙂 Vir ‘n slag kan die lesers van Kombiekiehier ook jou werk lees. 🙂