Musiek vir die Maangodin
Kombiekiehier wil graag hierdie webwerf gebruik om ‘n groot aankondiging te maak. Julle hoor dit heel eerste, want hierdie is vir mense soos julle gemaak.
Ons stel met trots Musiek vir die Maangodin bekend.
Musiek vir die Maangodin is die eerste erotiese CD in Afrikaans. Musiek vir liefdemaak.
Die idee vir Musiek vir die Maangodin het uit ‘n laataandgesprek tussen Dirk Ace en Annelise ontstaan. Die maan se strale het waarskynlik deur die venster op hulle geskyn en die regte sterre het in die regte patroon gaan lê, want van daardie eerste dag af was dit asof hierdie CD bedoel was om te gebeur.
Annelise, beter bekend as ‘n skrywer van erotiek, het lirieke geskryf vir hierdie eerste CD van sy soort in Afrikaans. Dirk Ace, reeds lankal bekend in musiekkringe vir sy betrokkenheid by die Voëlvrykonserte en Oppikoppi en ‘n musikant en vervaardiger in eie reg, het die musiek gekomponeer, self vier liedjies geskryf en die produksie behartig.
Musiek vir die Maangodin is iets wat nog nooit voorheen gedoen is nie. As die eerste erotiese CD in Afrikaans wil dit ‘n nuwe genre tot stand bring.
Erotikaans (nw). Erotiese prosa of poësie wat in Afrikaans verskyn of aangebied word.
Musiek vir die Maangodin is musiek wat al jou sintuie verlei terwyl jy iemand verlei of deur iemand verlei word.
Musiek vir die Maangodin sal van 15 Januarie 2017 af beskikbaar wees. Ons neem voorafbestellings. Die CD kos R150 plus R100 posgeld vir oornagversending en verpakking. Die eerste druk is ‘n spesiale uitgawe vir julle en ons vriende. Daar is geen barcode op nie en dit kan ook nie deur radiostasies gespeel word nie.
As ‘n baie spesiale aanbod sal ‘n getekende kopie van die boek Weerloos saam met Musiek vir die Maangodin aan die eerste DERTIG kopers gestuur word.
Gaan lees gerus meer oor Musiek vir die Maangodin HIER.
Die CD kan HIER gekoop word, of jy kan my direk by kombiekiehier@gmail.com kontak vir bankbesonderhede.
(Weet julle ooit van Kombiekiehier se “winkel”? Die link na Koopbiekiehier is in die menu van die webwerf. Gaan loer gerus na al die erotiese produkte. En gaan bestel jou kopie van Musiek vir die Maangodin daar.)
4 COMMENTS
Hierdie is GROOT , manne en maninne !
Hierdie site gaan nou vir Platinum status.
En êrens in die verte laat val ‘n man sy bier, ‘n dame spring opgewonde van haar stoel af op en ‘n jong paartjie laat los mekaar vir ‘n oomblik om saam met die heelal kliphard uit te skreeu: “Gee daai vrou ‘n Bells!”
🙂 🙂 🙂 Koop liewer die CD sodat sy haar eie drank kan koop 😉
Maar wag ons nie nog vir n foto van die dame nie…Kan gebruik vir CD omlaag…..