Loodgieter (8)
deur Jan Pielewiet
(Lees vorige episode HIER)
Daar is ‘n klein badkamertjie reg langs die braaiarea waarheen sy my neem vir ‘n stort. Ek was nog half gebukkend teen die vuur, blasend om seker te maak die houtjies gaan vlam vat, wanneer Lettie agter my kom staan. Sy druk haar hand tussen my bene deur en dan gryp sy my hangende slang agter die kop en trek hom so ver soos hy kan gaan terug. Ek is absoluut magteloos en laat toe dat sy my stuur in die rigting van die deur in die hoek van die braai.
Die badkamertjie is klein, maar smaakvol en prakties. Wanneer jy instap loop jy teen die wasbak vas met die muurhangtoilet op regs en die stort op links. Dit is ‘n multi-kop stort met ‘n aparte handstort en ‘n ingeboude bankie. Die deur skarnier op sy enkele punt sodat dit lekker groot oopmaak. Lettie stuur my in die stort in en beveel my om die water reg te kry. Dan stap sy weer uit en voordat ek die water perfek het is sy terug met twee glas rooiwyn. Ek is reeds lighoofdig, maar verwelkom die koel effense bitter smakie met die vol vrugtegeur wat talm in my kies.
Ons klink die glasies en dan begin ons mekaar te was. Lettie neem eerste die handstort en maak seker ek is mooi skoon onder my arms, agter my ore, tussen my lieste en dan stel sy die kop op ‘n soliede sterk straal wat sy direk tussen my boude inspuit. Die warm water wat sy teen my hol vasspuit en dan effens vorentoe na my knaters wissel veroorsaak ‘n tinteling wat my knieë lam en my piel styf maak. It hits the spot – volskoot op die prostaat.
Voordat ek heeltemal ineenstort gryp ek die kop uit haar hande en dan maak ek seker sy is ook mooi skoon van haar kroontjie tot haar toontjie, ook agter haar ore en voor op haar magie. Wanneer ek dieselfde beweging as sy begin met die water tussen die bene sak sy vooroor en druk met haar hande op die bankie en haar boude in die lug. Haar voete skuif vanself wyer sodat ek vrye toegang het tot elke hoekie en gatjie. Ek speel met die straal water rondom haar perinium en spuit dit binne in haar gapende blom. Dan laat ek dit teen haar prominente klit speel voordat ek weer die proses herhaal, die keer net in trurat. Wanneer ek die derde keer die water teen haar klitoris korrel kan ek sien en hoor hoe haar asem hortent begin uitkom voordat sy bewend en rukkend haar volgende orgasme ontvang. Ek is verstom oor hoe maklik sy kom.
Sy wil weer die stortkop op my gebruik, maar ek keer haar met die verskoning dat die vuur of dood is of die kole seker al reg is, ons sal nou moet braai. Of weer vuur maak.
Sy stem in, beaamend dat ek iets sal moet eet om stamina op te bou, na ete sy het nog ‘n kunsie of twee in haar mou om my te leer.
Ons droog sommer elkeen onsself vinnig af, ek pluk ‘n broek en t-hemp aan en Lettie net ‘n oopknoop manshemp, beide van ons sonder enige onderklere. Dan is ek net betyds om die kole oop te krap en die vier sentimeter dik kruisskuiwe op die hete kole te gooi. Lettie het vooraf al geantwoord dat sy van haar vleis hou presies soos ek ook daarvan hou, bruin buite en rooi binne, maar geen bloed wat nog vloei nie. Wanneer die vleis bykans gaar is haal ek dit af en laat dit so paar minute rus terwyl ons die tafel en borde gereed kry. Lettie het die kort rukkie wat ek gebraai het gesellig lang my gestaan en die geleentheid gebruik om oor my boud en rug te vryf, soos ou getroudes net gesellig saam verkeer. Die leemte van iemand permanent in my lewe het my stil gestem en ek neem aan Lettie het of dieselde gevoel of aangevoel dat ek nie baie lus is vir praat nie. Ekself kon darem ook so keer of wat haar agterkant betas, eers so bo-oor die hemp en die volgende keer onder die hemp deur. Ek kan my altyd verstom aan hoe sag en ferm sommige vrouens se boude is, daai gleufie wat gevorm word waar die boud en die bobeen bymekaarkom is een van my gunsteling plekkies om te bevoel.
Teen die tyd wat die tafel gedek is, is die vleis perfek volgens my smaak en val ons weg aan dit saam met ‘n aartappelslaai wat Lettie al die vorige aand voorberei het. Koningskos, en soveel lekkerder omdat ons vrek honger is na die dag se arbeid en speel voor die braai.
Na ete help ek vir Lettie afdek en terwyl sy skoonmaak was ek gou die skottelgoed, ou gewoonte by my ma geleer dat mens nie soos ‘n aasvoel eet en vlieg nie, maar help om op te ruim, want vele hande maak ligte werk.
As alles netjies is stel Lettie voor ons drink ietsie in haar bed voor die TV en ontspan met ‘n goeie fliek. Sy kies ‘n romantiese komedie wat ons albei laat ontspan en kort-kort laat uitbars van die lag. Haar TV is so opgesel dat mens amper plat moet lê om die beste beeld te kry dus skuif ons laer af, hande op mekaar se bene.
Ons streel mekaar, hande wat dwaal oor liefdessones en sagte dooshare wat gekrap en gekielie word, word afgewissel met speelse knype en vinnige soene as die fliek nie so ernstig gevolg hoef te word nie. Halfpad deur die fliek het ons mekaar al so opgewerk dat ons die fliek stop en mekaar weer bespring.
Lettie druk my op my rug en dan draai sy om sodat ons eers mekaar beide met die mond kan plesier. Ek weet ek sal langer kan uithou omdat ek reeds ‘n keer vroeër vanaand my souse uitgeskiet het, maar haar liefdevolle tong maak dat ek my volgende orgasme reeds voel aankom.
Ek waarsku Liettie dat sy dit stadig moet vat of sy sal moet sluk. Sy reageer deur my piel uit te spoeg en dan vorentoe te kruip tot haar papsopnat doos bokant my prominente horing is waar sy stadig afsak oor my vlammende swaard, Die hitte wat my omvou verteer alle denke en net soos ek opstoot om alles in te kry, beweeg Lettie ook op todat ek maksimum hoogte bereik het. Dan gaan sy nog so entjie op todat ek begin uitgly. Wanneer ek terugsak teen die matras sak sy saam terug en sodra ek weer begin ingly sak sy bietjies vir bietjies verder af en dan op en bietjie verder af. Weer wil ek alles wat ek het so vinnig as moontlik in haar inkry, maar as ek opdruk herhaal die proses homself. Die derde keer wat dit gebeur besef ek eers dat Lettie in beheer is en ek kan niks daaromtrent doen nie. Ek konsentreer daarop om stil te lê en slegs haar uiterse bekwaamheid te ervaar.
Wanneer ek uiteindelik baldiepte in haar is begin sy my rustig te ry. Weereens begin ek saam te naai, maar onmiddelik lig sy haar weer op en ek moet maar terug lê en ontspan. Ek voel hoe die kom amper al kook in my knaters en dan sit Lettie vanuit haar vooroorgeboe houding regop en begin haar klitoris wild te vryf terwyl sy spoed optel met haar pompe op my piel. Ek kan nou nie meer nie en gryp haar heupe heftig vas terwyl ek saam naai. Dan stort ons oor die afgrond van ekstase en ek kom en kom terwyl Lettie haar plesier uitgil.
Wanneer ons uitgewoed het gly Lettie van my papwordende voël af en kom lê langs my, in die waai van my arm. Sy druk pause en dan kyk ons die einde van die rolprent waarna sy knus in my arms aan die slaap raak.