Liggaamsvloeistowwe
deur Homo Erectus
Ek haat kondome. Met ‘n passie. Daar is niks meer oneroties as ‘n kondoom nie. Seks gaan oor baie dinge, maar vir my gaan dit bowenal oor die uitruil van liggaamsvloestowwe. Jy ken nie ‘n vrou as jy haar nog nie geproe het nie. Miskien kruip ‘n mens se wese iewers in sy sappe weg. Nie in die bloed nie, maar in sy liefdesnektar. Na meer as 25 jaar se kaperjolle kan ek dit onomwonde stel: ek is verslaaf aan my vrou se sappe. Ek móét dit eenvoudig gereeld ruik, op my gesig smeer, proe en inkry. Gelukkig is die sentiment wederkerigheid. Daar is bekende vrouens wat lief is vir semen. Soos Heather Locklear. Sy skryf haar mooi gesig toe aan semen facials. Ek dink sy is pragtig, en die blote feit dat sy van semen hou maak dat ek ‘n diep bewondering vir haar het, want ek dink sy verstaan die essensie van menswees. Jare gelede het ek ‘n ervaring gedeel met my mooier helfte wat ons verhouding verdiep het tot op ‘n vlak waar ons kernwesens versmelt het tot een. Ons was in die Alpe op toer met ‘n klein tentjie. Ons was so amper 10 jaar getroud, en die lewe was rooskleurig. Die seks was goed, maar nie noodwendig altyd baie intens en intiem nie. Daar is tog soveel dinge wat mens se gedagtes gevange hou in die daaglikse gejaag na wind, rykdom en roem dat seks baie keer vervlak tot blote rekreasie of ‘n pleister vir ‘n gehawende siel. Fokus ontbreek, en wat ‘n diep betekenisvolle oomblik kan wees, word bloot ‘n refleksaksie. Dis hoekom daar iets soos ‘n wittebrood is. Dit is hoekom daar iets soos vakansie is. Dis alles nodig om ons te laat fokus. Fokus op mekaar, fokus op jouself.
Daardie dag het ‘n aanloop van ‘n week gehad. Daar is min dinge wat ‘n paartjie so laat ontspan soos alleen reis in ‘n vreemde land. Mens ontdek dinge saam, mens lag weer, gesels weer. Geen TV, geen werk, geen kinders, geen familie. Ons het wyn gedrink oggend, middag en aand, alles met die Europese somer as dekor. Alles wat Europa bied het ons in grasie geniet, en snags in ons tentjie ingekruip. Maar, daardie aand was anders. Dalk was dit die skoon berglug, of dalk die asemrowende groen valleie omring deur indrukwekkende pieke. Dalk was dit die glühwein en fondue. Of dalk was dit ‘n kombinasie van die faktore en die feit dat ons geheel en al ontslae geraak het van alle geraas in die stelsel. Ons was gefokus, heeltemal alleen in die heelal. Toe ons inkruip was alles anders. Die aanraking was betekenisvol. Die kykers vol belofte, maar ook afwagting. Die soene was warm, elektries met ‘n smaak van muskus. Ons het mekaar gevry soos nog nooit. Haar borste was tegelyk sag en ferm in my hande, in my mond. Haar klit kloppend tussen my lippe, haar apie nat en glad as ek my tong insteek. Sy het gekom en gekom en nogmaals gekom, terwyl sy haar hande deur my hare streel. Soms saggies, soms dringend soos wat my tong telkens sy teiken vind. Toe sy naderhand nie meer kon nie, druk sy my op my rug en begin my bederf met haar mond soos nog nooit. Ek kon nie meer keer nie. Toe ek kom haal sy my uit haar mond uit en laat my oor haar borste kom. Sy het elke druppel uit my uit gemelk, en dit oor haar hals, borste en maag gesmeer, en toe styf teen my kaal bors kom lê. Toe doen sy iets wat my heeltemal verras. Sy vat haar vingers, druk dit in haar apie en smeer haar sap oor my gesig, elke stukkie daarvan. Oor my voorkop, my ooglede, my neus, wange, lippe, my ken. Elke nou en dan druk sy haar nat vingers in my mond en smeer dit oor my tong se tip.
Daardie nag in die Alpe sal my bybly totdat ek eendag sterf. Wat dit vir ons verhouding beteken het is onmeetbaar. In daardie paar oomblikke het ons iets beleef wat nie van hierdie wêreld is nie. Is dit die goddelike waarna almal nog al die jare op die verkeerde plekke soek? In die Kaballah staan geskryf: God tel elke traan wat ‘n vrou stort. Dit beteken: vrouens huil meer want hulle verstaan die wêreld beter. Vrouens wys hulle verstaan van die wêreld nie net in trane nie. In haar liggaamsvloeistowwe is al die geheimenisse van die wêreld opgesluit.