
Liedjiestorie: Fattie, bum, bum
deur Ramkat Erasmus
My suster trou vir die derde keer. Haar eerste man is dood in ‘n motorongeluk, haar tweede het haar gelos vir ‘n jong laaitie (I kid you not!) Haar derde se naam is Barries, hy’s ‘n loodgieter, welvarend, vriendelik en ek hou sommer baie van hom. Ons dam se ganse. En te oordeeel aan die geluide wat laataand uit die spaarkamer uitkom as sy hom aan ons kom voorstel, hou hulle nogal van mekaar ook. Omtrent die enigste ding wat ek teen hom kan hou is dat hy die Stormers ondersteun …
Die groot naweek breek aan, en ek vlieg Kaap toe. Op die lughawe kry ek my gehuurde motor en ry volgens Barries se aanwysings na sy huis toe. Dis ‘n groot plek in Kuilsrivier en as ek myself by die hek aankondig kom Barries uit en wys vir my waar om te parkeer.
Ons gaan in en hy wys my my kamer en dan stel hy my aan ‘n pel, twee broers en verskeie, diverse, aanhangers, voor. Na ‘n ruk gee ek op om name en verbintenisse te probeer onthou en vat dankbaar die glas wyn wat Barries aanbied. Dan verdwyn almal na hulle kamers toe en begin regmaak vir die troue.
Ek stort, trek my netjiese broek en Madiba-hemp aan en ry dan agter die konvooi aan na die kerk toe. Ons gaan in, sit en wag. Dan begin die orrel die troumars speel, my sussie kom alleen in (ons pa is lankal dood) en sy lyk asemrowend. Ou Barries staan bewerig op en hulle doen die soen-ding en gaan staan voor die kansel. Die predikant praat mooi en sinvol en dan soen Barries vir Kleinsus en hulle word amptelik gesweis verklaar.
Die onthaal gebeur in ‘n gehuurde saal en ek kry my naam op die sitpleklys en gaan soek my tafel. Ek sien my sussie se keurige hand in die versiersels en die spyskaart en die feit dat daar plekname is by elke sitplek. Ek kry my tafel en my aangewese stoel en gaan sit. Die pleknaam langs myne is Ella aan die eenkant en Werner aan die anderkant. Werner en sy vrou, Rina, kom in en ons stel mekaar oor en weer voor. Op die laaste nippertjie, net voor die bruidspaar inkom kom ‘n uitasem Ella in. Sy groet–groet almal om die tafel en gaan sit. Dit blyk dat sy Barries se suster is, en soos hy het sy mooi groot gekom. ‘n Duidelike vrou in XXXL.
Ons gesels naderhand lekker, lag vir die seremoniemeester se flou grappe en geniet die heerlike kos. Weereens kan ek Kleinsus se hand duidelik in alles sien. Ons dans en Ella is verbasend ligvoetig vir so ‘n groot vrou. Dan groet die bruidspaar en vertrek eers huistoe om iets anders aan te trek en dan lughawe toe om die vlug na Mauritius te haal.
Die partytjie wen af en almal begin huistoe mik. Ella gee vir my ‘n besigheidskaartjie en verduidelik dat sy vir ‘n firma werk wat motors verhuur, so as ek ooit weer in die Kaap is en motor nodig het … Ek bedank haar en ry terug na Barries se huis toe. Die onderskeie gaste drink nog ‘n iets en gaan kruip dan almal in. Die volgende oggend is ek al terug in Johannesburg en kry Ella se kaartrjie in my beursie. Ek sit dit in ‘n lessenaarlaai.
-0-
‘n Maand of so later moet ek weer Kaap toe vir ‘n kongres. Ek bel my gewone gastehuis en dan die plek waar ek altyd motors huur. Hulle het niks beskikbar nie as gevolg van die kongres. Dan onthou ek vir Ellla. Ek krap in die laai, kry haar kaartjie en bel. Sy klink bly (verras?) om van my te hoor en ek verduidelik my dilemma. Sy maak aantekeninge van my vlug ensovoorts en sê daar sal vir my ‘n kar wees.
As ek die volgende dag lughawe toe ry bel sy en vra dat ek haar bel sodra ek my bagasie gekry het, sy sal my dan by die op-en-aflaai area kry met ‘n voertuig. So gemaak en so gedaan.
Ek stap uit met my rekenaarsak oor my skouer en sleep my ander tas agter my aan. Ek soek-soek na die Yaris waarvoor ek gevra het as Ella langs my stop in ‘n nuwe Jag met ‘n afslaankap. Ek herken haar amper nie, want op die troue het sy blonde hare gehad en nou is sy ‘n rooikop.
“Klim!” bevel sy en trek die hefboompie om die kattebak oop te maak. Ek sit my tas in, maak toe en klim in die passasiersitplek in. Ella trek weg en ons sny in die verkeer in.
“Ek het die baas omgepraat om vir jou die Jag te gee teen dieselfde prys as die Yaris. Nice nê?”
Ek lag. “Baie gaaf van jou…”
Sy stop by haar kantoor en klim uit. Ek stap om en vat die sleutel by haar. “Jy skuld my ‘n ete…”
Ek knik en reël dat ek en sy die volgende aand kan gaan eet. By my gastehuis bel ek Beluga en maak ‘n bespreking. Dan vat ek die pad na die konferensiesentrum toe en doen die goed wat mens doen as jy ‘n kongres bywoon.
Soos gewoonlik is van die sprekers vervelig. Party nie so vervelig nie en een of twee regtig die moeite werd om na te luister. Laatmiddag glip ek uit en ry, met die Jag se dak af, om Chapman’s Piek. Ek kry ‘n klein restaurantjie in Houtbaai en eet ‘n baie lekker visgereg en keer dan terug na my gastehuis. Ek en die gastehuiseienaar gesels oor die kar, drink ‘n glas wyn en dan gaan klim ek in die bed.
Die volgende dag doen ek my lesing en mense lyk of hulle dit geniet. Ek gaan in ‘n gesprekgroep in en ons behandel verskeie sake voor ek weer in die Jag spring en terugry gastehuis toe.
Ek stort, trek gemakliker klere aan en ry na Ella se kompleks toe. Die sekuriteit laat my in en as ek voor haar eenheid stop kom sy uit en sluit haar voordeur. Sy het ‘n tamaai leersak oor haar skouer en dra ‘n stywe toppie en los romp. Haar XXXL bo-lyf maak die toppie goed vol en ek kan haar boude sien beweeg onder die romp as sy om die kar se neus loop en inklim.
Ete is heerlik, die diens goed en die wyn koud. Ons gesels lekker en ek besef dat ek myself regtig geniet. Sy is mal oor my kleinsus en bly dat haar broer so ‘n goeie vangs gemaak het.
Ons maak klaar en ek ry eers teen Tafelberg op voor ek koers kies na haar woonstel toe. Die sekuritiet laat ons in en ek stop voor haar eenheid.
“Kom drink eers koffie…” gebied sy en ek klim uit en sluit.
Haar woonstel is ruim, gemaklik en mooi ingerig. Daar is blompotte met vars blomme oral en een of twee blomskilderye teen die mure. Ella is duidelik ‘n blom-meisie.
Sy vra of ek koffie of iets anders wil hê en noem dat sy ‘n bottel baie ou Glenfiddich het. Ek stem vir die whiskey en sy wys my waar die glase, ys, ensovoorts is.
Terwyl ek begin skink gaan sy gou badkamer toe. As sy terugkom het sy haar klere verruil vir ‘n rooi satyn kimono.
“Hoop nie jy gee om nie …” sê sy en wys na die japon
“Gladnie …” Ons klink glasies en sy beduie dat ek moet sit.
Nou ja … dom is ek nie. Ek gaan sit ek kyk hoe Ella se japon strategies oopval en sommer baie van haar mildelike lyf wys.
Ek drink my whiskey klaar en staan op.
“Gaan jy nou al?”
Ek sê niks, loop net nader en hou my hand na haar toe uit. Sy kyk my vraend aan en steek dan haar hand ook uit. Ek trek haar regop, vat haar whiskey glas, maak dit leeg en soen haar. Sy soen ywerig terug en druk haar lyf teen myne aan.
Ek glip ‘n hand voor by haar japon in en soek na ‘n tepel. Wanneer ek hom vasvat en knyp, snak sy na haar asem. Ek draai haar om en stoot haar voor my uit in die gang af.
Sy loer met groot oë oor haar skouer na my, maar ek weet wat gaan aan en druk haar om vinniger te loop. Ons loop in haar slaapkamer in en ek stoot die deur toe. Dan vat ek haar japon se gordel en trek dit los. Die ding val oop en ek trek haar met een gladde beweging uit die japon uit.
“Sjoe!” gee sy ‘n gilletjie.
Sy het ‘n g-string panty aan in swart kant en uit die aard van die saak is dit ‘n groot meneer. Ek kyk na haar lyf. Sy het groot swaar borste, ‘n magie wat heel proporsioneel onder haar tiete sit, groot dye en kuite wat amper te klein is vir haar lyf.
“Sit die lig af asseblief …” sê sy pleitend.
Ek glimlag net en begin my hemp uittrek. Dan trap ek uit my skoene uit, pluk my kouse uit en trek my broek en onderbroek in een beweging af.
My horing staan reeds lekker orent en ek druk hom teen haar lyf vas soos ek haar agtertoe druk tot sy op haar boude op die rand van die bed gaan sit. Ek druk haar skouers agtertoe tot sy op haar rug lê, met haar voete op die mat. Ek druk haar kniëe uitmekaar en kniel tussen haar bene. Haar poes is kaal geskeer en ek kan die nattigheid op haar skaamlippe sien. Ek trek hulle uitmekaar uit en dan skrik ek amper as ek haar klit sien. Soos die res van haar is die ding groot. Eintlik enorm. Hy sit aan die bokant van haar poesie soos ‘n klein pielietjie. Dis so lank en dik soos my duim!
“Sit die ligte af asseblief!” sê sy weer.
“Noddefok” sê ek. “Ek wil alles van jou sien …”
Sy kreun. Van ontsteltenis of blydskap weet ek nie. Ek bekyk die klit wat soos ‘n pielietjie daar sit.
Lank terug, toe ek nog op varsity was het ek ‘n jong dame geleer om tottie te suig. Ek besluit dat dit die enigste manier is om hierdie klit aan te pak. Ek buig my kop vorentoe vat die klit aan sy basis en raak aan hom met my tong. Dan begin ek my tong in sirkels om die ding se kop draai en dan trek ek hom in my mond in en begin ritmies suig.
Ek besef skielik ek is besig om ‘n vrou se klit ‘n blow-job te gee en begin amper lag. Maar dan begin ek bewus raak van Ella se geluide en bewegings en ek besef dit is ernstige sake die. Die vrou rol en kreun, steun en stamp en ek bsef ek moet vasklou of sy gooi my af. My blow-job tegniek op die klit werk blykbaar baie goed! Dan kom sy met ‘n brul.
“Naai, my asseblief. Naai my nou! Naai my hard.!”
Nou ‘n man laat hom nie twee keer nooi as die vrou so mooi vra nie en kruip teen haar lyf op en druk my piel in haar in. Nou kyk. Ella is groot. Daar is meer as genoeg van haar vir enige man. Sy’t ‘n pragtige ronde gesiggie met amandel oë, maar die res van haar is groot! Groot tiete, groot heupe, groot alles. Maar toe ek my piel in daai poesie insteek besef ek daar is een ding aan haar wat klein is. Dis een van die warmste, snoesigste poesies wat ek nog ooit die voorreg gehad het om te naai. En het ek hom nie genaai nie!
Hoe lank dit aangehou het en hoeveel keer ons gekom het weet ek nie. Maar die volgende dag was ek op. Op, op op. Voosgenaai. En toe sy opstaan en kaalgat badkamer toe loop met die son wat deur haar gordyne begin skyn toe kry ek weer ‘n horing.
Ek’s agter haar aan in die badkamer in en het haar vir oulaas staan-staan teen die wasbak genaai.
Terug in Johanneburg het ek haar gebel en gevra om verlof te neem en vir my te kom kuier. Sy het. Ons het vir ‘n week nie uit die slaapkamer gekom nie.
En ek het ‘n nuwe temaliedjie …
7 COMMENTS
Puik storie ! Herinner my aan wedervaring met oorgewig dame. Dis waar die binnepoesie is heerlik en styf. Was van die lekkerste in my hele lewe !
Briljant!!!! Daar is geen twyfel dat fuller figure dames baie sexy is. Die lekke vol dye gee lekke vashou plek. En doggy is tops veral as dit lyk die heupe vibreer. Dit por jou aan pm harder te pomp!!!!! Dankie puik storie.
Ai sekere manne kan maar net nie verby die uiterlike kyk nie. Baie dankie Ramkat vir ‘n realistiese super sexy storie. Van ‘n XXXL dame wat ‘n super sexy brein het.
Bly jy’t dit geniet!
Dalk was dit ‘n effens ouer Jag…. Sorrie.
Of dit nou n knoppie, hefboom pf skakelaar was maak nie saak nie. Die resultaat is belangrik.
Lekker gelees soos altyd.
Net een dingetjie: Nuwe Jaguar se boot maak nie met ‘n hefboompie oop nie.