Koekeloerder in die tuin

Hoe lank gaan ek lees: 6 minute

deur Maxx von Breitenbach

My kar kom tot stilstand. Ek het die hoofligte reeds vyftig meter vroeër afgeskakel en in totale donkerte nader gery en gestop. My klere is donker, so as ek uit my kar uitklim, is ek amper onsigbaar.

Ek stap in die straat af na die huis wat ek geteiken het. Die rooi hekkie is nie gesluit nie en ek maak dit stadig oop om seker te maak dat dit geen geraas maak nie. Die digbegroeide paadjie hou my agter die bosse versteek  terwyl ek haar venster bekruip. Daar kom ‘n sagte gloed deur die gordyne. Die meeste van die ruite is deur hulle bedek, maar ek sien een area wat oop lyk.  Baie versigtig kruip ek nader. O ja! Daar is genoeg opening vir my om in die kamer in te loer. Ek kan die voorwerp van my begeerte sien. Onmiddellik begin my voël styf word.

Sy is in haar middel veertigs en het kort rooibruin hare. Haar groen oë is nie sigbaar nie weens die gebrek aan skerp beligting. Maar ek kan daardie liggaam sien en dit is in absolute ooreenstemming met my smaak. My tydsberekening is perfek. Ek kry die plek  waar ek die beste uitsig oor die kamer het en net
op daardie oomblik begin sy uittrek. Sy trek haar bloesie oor haar kop en ontbloot haar kant-bra en haar klein, maar vol borsies. Haar vel lyk sag in die dowwe lig. Dan draai sy haar rug na my wegkruipplek van waar ek haar afloer en laat haar romp afgly en op die grond val waarna sy haar vingers in haar broekie haak en dit aftrek. Terwyl sy vorentoe buig, gee sy vir my ‘n perfekte uitsig oor haar wulpse gat, en ek kan duidelik haar poesie se lippe van agter sien. Hulle is geswel en blink van natheid. Dit is so duidelik dat sy jags is en ek weet sommer hier kom iets wat ek graag wil sien.

My piel is stokstyf en staan reeds op aandag. Ek sien dat sy kousbande en sykouse dra.  My fok, maar die vrou is sexy. My jagsheid wil oorneem. Sy loop om die bed en gaan sit. Vir ‘n oomblik voel dit asof sy direk na my wegkruipplek staar. Sy begin om tartend-stadig die kousband se knippe los te maak en die sykouse by haar bene af te rol. Terwyl sy dit doen, maak sy haar bene genoeg oop dat ek ‘n onbeperkte uitsig van haar poesie het. Dit is duidelik dat sy baie nat is en haar lippies is pragtig opgeswel.

Ek is geskok! Stil-stil maak ek my gulp oop en haal my voël uit. Soos ek aan die kop raak, kan ek voel hoe die voorkom oor my vingers loop. My oë is vasgenael op wat binne die kamer gebeur. My hand trek stadig my voorvel oop en toe. Dit voel asof ek elektrisiteit het wat deur my voël pols. My kop is hipersensitief en die gevoel van my hand wat daaroor streel is hemels.

Haar hande beweeg agter haar rug en knip haar bra los.  Sy gooi dit langs haar op die bed en die volgende oomblik is haar stunning tieties heeltemal oop vir my plesier. Hulle is pragtig en presies soos ek daarvan hou. Om dit te kroon het sy harde tepels wat duidelik haar jagsheid wys. Daar is ’n pink gloed oor en om haar tepels. Dooie donner, maar sy is mooi. Sy lig een bors en sirkel haar tepel met haar tong! Terselfdertyd het sy die ander tepel tussen haar vingers en sy draai daai tepel baie hard en rof. Ek moet my lip byt om te keer, want ek wil skreeu: “O, fok, ek wil jou spyker.”

Die volgende oomblik gly haar linkerhand afwaarts. Twee vingers verdwyn in haar nat poesie.  Sy  begin haarself vinger.  My hartklop verdubbel in spoed. Ek kan die bloed in my ore hoor pomp.  Haar twee vingers verdwyn oor en oor in haar poesie in en dan trek sy haar vingers uit en maak ‘n paar draaie oor haar nat en opgeswelde klit. Dan duik haar vingers weer in haar poesie in. Sy hou aan met dit en ek sien hoe haar maagspiere begin bewe van lekkerkry.  Haar bene is baie wyd oop en ek kan sien hoe loop haar poesie sappe tussen haar boude in.  Ek is so jags dat ek baie stadig staan en draadtrek.  Maar nog ‘n verrassing was op pad.

Sy skuif haar hand onder die kussing in en haal iets daar uit. Toe sy terugdraai, sien ek ‘n pers, hasie-oor vibrator in haar hand. Sy haal ‘n botteltjie van die bedkassie af en gooi van die inhoud daarop, wat dit blink en glad maak. Dan lê sy terug teen die kussings, trek haar knieë op en sprei haar bene nog wyer oop. Die volgende oomblik sien ek hoe die vibrator in haar poesie verdwyn. Ek is in die perfekte posisie om direk na haar mees private dele te kyk.

Sy beweeg die pers vibrator stadig en maak seker dat die vibrerende ore direkte kontak met haar klit maak. Haar bene maak sy nog verder oop.  Ek sien duidelik hoe daai speelding haar poesie rek.   Haar klit staan uit soos ‘n klein pielietjie. Haar lippe is diep rooi en opgeswel van jagsheid. Sy trek dit uit tot net voordat dit heeltemal uitglip en dan begin sy dit weer stadig indruk tot die haas-oortjies teen haar klit vasdruk. Ek kyk hoe haar koekie-lippe ooprek om die speelding in te laat. Die klein geluidjies wat uit haar mond kom, bereik my ore deur die vensterruit. Sy klink  soos ‘n hondjie wat huil. Ek kan sien hoe haar maagspiere saamtrek. Dan begin haar bobene om erg te bewe. ‘n Massiewe orgasme storm deur haar liggaam. Haar mond is oop. ‘n Diep kreun ontsnap tussen haar geklemde tande en toe hoor ek: “Oooo, fffôôôkk, fôôôk, fôôôk fffôôôôôôôôôkk!”

Sy stoot haar heupe in die lug in asof sy meer van daai pers monster in haar wil hê.   Sy hou aan met kom en skielik kan sy nie meer nie.  Sy los die vibrator en die drukking van haar poësie wat nog besig is om te kom, laat hom uitskiet en dit land op die bed tussen haar bene.  Haar kom drup af op die bed en als is nat. Ek sien hoe haar poesie klop en self haar anus trek saam met elke hartklop. Dit is so mooi.

Ek streel my voël terwyl ek kyk hoe hierdie pragtige toneel voor my oë afspeel. Dit is skoonheid in perfeksie. Ek is so naby aan kom dat ek myself moet dwing om op te hou om met my voël te speel . Ek wil nie nou kom nie. Ek wil later vanaand hierdie stywe voël in my vrou se poesie indruk. Ek is so jags dat ek haar wil spyker soos ’n wilde dier.

Sy is nog nie klaar nie. Terwyl ek staan ​​en kyk, het sy die vibrator terug waar dit haar soveel plesier verskaf. Ek het die gevoel gehad sy weet sy word dopgehou. Sy kyk direk na waar ek staan. Ek is seker sy kan my nie sien nie, maar sy glimlag toe sy haar pers speelding weer in haar poesie indruk en dit dan daar hou met die twee haas-oortjies teen haar klit. Sy druk hom styf teen haar klit en beweeg dit nie eers ’n sentimeter nie. Die fokus is net op haar klit. Haar lyf begin weer bewe en ek weet sy is op pad na haar volgende orgasme. Haar mond gaan oop en ek sien hoe haar oë agtertoe rol in haar kop. Haar lippe trek styf en weer begin sy brul.

Ek  kan nie langer uithou nie en glip deur die klein hekkie en hardloop na my kar toe. Deur die handrem los te maak rol my kar vorentoe totdat ek by die rooi hekkie stop. Ek spring uit, sluit my kar en draf-stap na haar voordeur. Ek draai die sleutel.  Die deur swaai oop en ek roep: “Liefie, ek is tuis!”

My vrou antwoord vanuit die slaapkamer: “Word kaalgat en kry jou jagse lyf nou hier in! Ek soek daai stywe voël en ek soek dit nou!”

Ek laat my klere in die gang val stap en kaalgat by die slaapkamer in met my klipharde piel wat die pad aanwys. “Jy het jou pret gehad om na my te loer deur die venster, jou pervert! Maak nou die gordyn toe
en kom spyker my. Jy het my so jags gemaak omdat ek weet jy kyk vir my. Ek weet sommer datjy gestaan en draadtrek het terwyl jy vir my loer. Ek is reg, né?”

Sy haal die pers vibrator uit haar nat poesie en trek my aan my voël nader en druk hom in haarlyf in. Ek gly met een stoot so diep in dat my knaters teen haar gat klap. Ek kan nie onthou dat my vrou al ooit so nat was nie. Ek trek terug tot net voor my voëlkop uitgly, hou hom daar tot sy begin kerm en stoot dan stadig weer terug tot my knaters teen haar gat lê. Ek doen dit weer en hou die kop net in die opening van haar poesie. Sy bewe onder my en dan skreeu sy op my.

“Druk die fokken ding in voor ek mal word. Spyker my!” Ek gryp haar skouers vas en pomp haar met alles wat in my is. My voël is so sensitief dat dit voel asof ek net uit ‘n voëlkop bestaan. Sy kerm van plesier terwyl my horing haar martel en dan kom ek.  Dit voel asof daar strome kom deur my voël spuit.  My vrou brul soos ‘n gewonde leeu terwyl sy saam met my kom en ek hoor my eie gebrul bo hare uitstyg.

En dan is daar stilte.  Net die klank van ons asems.

Ons is albei mal oor hierdie speletjie. Ek is so dankbaar dat ek ‘n vrou het het wat my soveel plesier verskaf en wat dit geniet om vir my ‘n show op te sit terwyl ek haar afloer. Moenie toelaat dat iemand vir jou vertel dat seks in die huwelik vervelig is nie.

3 thoughts on “Koekeloerder in die tuin

  • Lekker jags maak storie. Ek hou daarvan

    Reply
  • Baie netjies en lekkerjagsmakend !…… baie geniet Maxx…doen maar weer !

    Reply
  • Hehehehehe mooi geskryf!!!

    Reply

Leave a Reply to JACK Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)