Jou hande
deur Annelise
Jou hande
Dis jou hánde wat ek onthou. Ek weet nie watter kleur jou oë is nie. Het jy kuiltjies as jy glimlag? Weet jy waar Kiribati is en hou jy van wolke? Eendag wil ek weet. Maar nou droom ek oor jou hande.
Jy het nie pottebakkers hande nie. Jou vingers is nie lank genoeg om met die van ʼn pianis verwar te word nie. Hulle is nie uitermatig groot of grof nie. Maar ek kan nie ophou om aan hulle te dink nie. Ek dink dit is omdat hulle bedoel was om te ontmoet. Jou hande en my lyf.
Ek wil myself aan jou hande opdra. Net jou hande. Is hulle opgewasse?
Ek staan voor jou. Jou hande is om my gesig gevou. Jou vingers verken die lyn van my ken, dwaal oor my wang en trek dan tien tintelende paadjies deur my hare. Ek maak my oë toe, want jou hande is al wat nou belangrik is. Jou een hand gly agter om my kop terwyl jou ander hand my mond ontdek. My lippe raak lewendig onder jou vingerpunt se streling en dan maak ek hulle oop sodat ek kan proe. Jy is effens sout op my tong net voordat ek jou vinger liggies met my tande vasvat. Ek voel nog honger wanneer jou vinger my mond verlaat om ʼn klam streep teen my nek af te trek.
Jou hande het nou albei die boonste knoop van my bloes bereik. Ek kan hulle hitte deur die dun materiaal voel. Jou vingers bewe effens teen my as jy stadig die knope begin losmaak. Een, twee, drie, vier, vyf – die lug is koel op my as jy my bloes oopvou en oor my skouers laat afsak sodat dit op die grond agter my val. Jou hande gly om my middel en rits my romp los sodat dit op ʼn hoop op my voete val.
Ek is mal oor jou hande.
Jy het om my geloop, jou hande sukkel bietjie om die hakie van my bra los te maak. Na ʼn rukkie kry jy dit reg en ek voel hoe my borste effens sak as dit loskom. Jy staan nou op jou knieë, want jou hande is besig om my broekie teen die kante van my bene en oor my voete af te werk.
Jou hande verdwyn en ek maak my oë oop. Ek staan kaal voor jou – jou hande se toedoen. Jy vou jou hand oor myne. Ek is ʼn slaaf van jou hande en volg hulle tot op die groot bed in jou kamer.
Die bed is sag onder my sodat ek effens daarin wegsak. Jy vat mý hande styf in joune vas en stuur hulle tot agter my kop waar jy hulle los. Dan vee jy jou vingers liggies oor my ooglede sodat ek my oë weer toemaak. Die bed duik in wanneer jy op jou linkersy langs my kom lê sodat jou regterhand met sy opdrag kan voortgaan. Jou palm beweeg na my borste en vou oor my. Wanneer jou vingers uiteindelik die sagte middelpunt bereik, kan ek die kreun nie meer terughou nie. Eers is jou aanraking so sag dat ek dit skaars kan voel, maar dan raak jou vat fermer. My tepels is vuur in jou hand wat van die een na die ander beweeg en ek voel hoe die hitte van daar af deur die res van my lyf versprei. Ek krom my rug om nader aan jou hand te kom.
Jou hand laat my alles behalwe my liggaam se drang vergeet.
Ek kan jou asem naby my hoor jaag as jou hand van my borste af oor my maag beweeg. Jy stop vir ʼn oomblik by my naeltjie om ʼn paar towersirkeltjies om hom te trek voordat jou hand verder gaan. Elke senuwee van my wag dat jou hand sy bestemming moet bereik. Dis my enigste begeerte.
Ek voel hoe jy langs my beweeg en dan is albei jou hande op my. Hulle druk my bene van mekaar af weg. Vir ʼn oomblik streel jy syerig oor my voordat jou vingers tussen my sagte voue verdwyn. Jou hande toor lawa uit my lyf. Ek beweeg my heupe en nooi jou vingers diep binne my in. Jou hande se eerste vat was aan ʼn vreemdeling, maar meer intiem kan hulle my nie ken nie. Niks is meer privaat nie. Ek voel jou in my dieptes en gee myself aan jou hande oor. Ek hoor myself uitroep en dan vloei ek oor jou vingers.
Ek maak my oë oop as jy jou vingers uit my trek … en fokus op jou mond.