Is seks nog sexy?
Een van die doelwitte van Kombiekiehier is om saam met die liggaam soms ook die brein te stimuleer. 😉 Een van die maniere waarop ons dit kan doen is om ook akademies oor seks vrae te vra. Ek doen dit al tien jaar lank en sal dit so geniet as ander mense wil begin saampraat.
Hier is ‘n link na ‘n nuut gepubliseerde akademiese artikel oor seks vir die van julle wat belangstel.
1 COMMENT
Die sielkundige woordeskat laat my koud, nie omdat dit koud is nie, net omdat dit eens bekende woorde gebruik in n konteks wat my distansieer van die onderwerp in n oenskynlike poging om kliniese afstand en objektiwisme te bewerkstellig. Of ten minste die skyn daarvan.
Ek dink dit is wel so, die industriele rewolusie, veral, het die man as industrialis en fabrikant vasgeketting, en sodoende tot outomaat wat net op sondae tot spiritualiteit kon keer. Die eintlik doel is die holistiese wese wat hy is, wat geroep is om lewe te bewaar.
Dit het ook die vrou as ondersteuner en bestuurder van alles wat nie industrieel is, en dus geldloos is gevange gemaak tot n minder waardeerde doel… nie die gewer van lewe nie.
So ons is nie meer die gewer en beskermers van lewe nie, maar die john en die slet… beide eintlik verafsku vir die houvas wat dit op die ander het…
blote skadus teen die muur van dit wat moet wees. En so verloor ons die verbintenis met die Godheid in ons self en ons maat… dan raak alles net soos pornografie… altyd n soeke na meer stimulasie want dit wat ons bind en vervul is vergete…